God spreek tot die mens deur drome en gesigte.
Job 33:14 Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie.
Wanneer en hoe spreek God tot die mens.
Job 33:15 In die droom, in ‘n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed,
Job 33:16 dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;
God spreek tot die mens in sy slaap.
Jop se,
Job 7:14 dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte,
Die werklikheid van droom gesigte.
Die gesig van die profeet Sagaria wat hy ontvang het.
Zec 1:7 Op die vier en twintigste dag van die elfde maand, dit is die maand Sebat, in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die HERE tot die profeet Sagaría, die seun van Berégja, die seun van Iddo, gekom en gesê:
Zec 1:8 Ek het in die nag ‘n gesig gesien—daar was ‘n man wat op ‘n bruin perd ry, en hy het gestaan tussen die mirtebome wat in die diepte was; en agter hom was daar bruin, vos en wit perde.
Zec 1:9 Toe sê ek: Wat beteken dit, my heer? En die engel wat met my gespreek het, antwoord my: Ek sal jou toon wat dit beteken.
Zec 1:10 En die man wat tussen die mirtebome gestaan het, het aangehef en gesê: Dit is hulle wat die HERE gestuur het om die aarde te deurkruis
Zec 1:11 Daarop het hulle die Engel van die HERE, wat tussen die mirtebome gestaan het, toegespreek en gesê: Ons het die aarde deurkruis, en kyk, die ganse aarde is stil en rustig.
Die perde en ruiters in die boek Openbaring doen nou die teenoor gestelde. Hulle deurkruis nou ook die aarde maar bring nou natuur rampe, opstande oorlog, hongersnood en neem die vrede weg.
Kom ons kyk na die werklikheid van die gesig van Nebukadneser, die gesig van Nebukadnesar wat hy van die hemel ontvang het. Hy se die volgende
Dan 4:4 Ek, Nebukadnésar, het rustig in my huis gelewe en was voorspoedig in my paleis.
Dan 4:5 Ek het ‘n droomgesig gesien wat my verskrik het—droombeelde op my bed en die gesigte van my hoof het my verontrus.
Hy ontvang hierdie gesigte in sy slaap in beelde. Nebukadnesar verduidelik die gesig aan Daniel wat beltsasar genoem word.
Dan 4:9 Béltsasar, owerste van die geleerdes, van wie ek weet dat die gees van die heilige gode in jou is en dat geen enkele geheim jou kwel nie, vertel my die droomgesigte wat ek gesien het, naamlik die uitlegging daarvan.
Dan 4:10 Wat nou die gesigte van my hoof op my bed betref—ek het gesien, en kyk, daar was ‘n boom in die middel van die aarde, en sy hoogte was groot.
Dan 4:11 Die boom het groot geword en sterk, en sy hoogte het tot aan die hemel gereik, sodat hy tot aan die einde van die hele aarde sigbaar was.
Dan 4:12 Sy blare was mooi en sy vrugte baie, en aan hom was vir alles voedsel; onder hom het die diere van die veld skaduwee gesoek, en in sy takke het die voëls van die hemel gewoon, ja, alle vlees is daardeur gevoed.
Dan 4:13 Ek het in die gesigte van my hoof op my bed gesien, en kyk, ‘n bode, naamlik ‘n heilige, het uit die hemel neergedaal;
Dan 4:14 hy het hardop geroep en só gesê: Kap die boom om en kap sy takke af, trek sy blare af en verstrooi sy vrugte; laat die diere onder hom uit wegvlug en die voëls uit sy takke.
Dan 4:15 Maar laat sy penwortel in die aarde staan, en dit met ‘n band van yster en koper in die groen gras van die veld; en laat hy deur die dou van die hemel natgemaak word en saam met die diere deel hê aan die plante van die aarde.
Dan 4:16 Laat sy hart anders word as dié van ‘n mens en ‘n dierehart aan hom gegee word, en laat sewe tydperke oor hom gaan.
Die bodes
Dan 4:17 Op ‘n besluit van die bodes berus die bevel, en ‘n woord van die heiliges is die saak, met die bedoeling dat die lewendes kan erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil, en die nederige onder die mense daaroor aanstel.
Die bodes boodskap draers het hierdie besluit geneem en die bevel gegee en n woord van die heiliges het dit bekragtig, dat die lewendes kan erken dat God mag het oor die koningskap van die mens.
God stel die swakste aan as n land se bevolking in godeloosheid verval het.
Dan 4:17 The sentence is by the decree of the watchers, and the demand by the word of the holy ones; to the intent that the living may know that the Most High ruleth in the kingdom of men, and giveth it to whomsoever he will, and setteth up over it the lowest of men.
Daniel le die gesig uit
Dan 4:18 Dit is die droomgesig wat ek, koning Nebukadnésar, gehad het; en jy, Béltsasar, sê my die uitlegging,
Die koning het daarop gespreek en gesê: Béltsasar, laat die droom en die uitlegging jou nie verskrik nie.
Dan 4:20 Die boom wat u gesien het—wat groot en sterk geword het, en waarvan die hoogte tot aan die hemel gereik het en wat vir die hele aarde sigbaar was,
Dan 4:21 en waarvan die blare mooi en die vrugte baie gewees het, en waar voedsel vir alles aan was, waaronder die diere van die veld gehou en in die takke waarvan die voëls van die hemel gewoon het—
Dan 4:22 dit is u, o koning, wat groot en sterk geword het, wie se grootheid toegeneem het en reik tot aan die hemel en u heerskappy tot aan die einde van die aarde.
Dan 4:23 En dat die koning ‘n bode, naamlik ‘n heilige, uit die hemel sien neerdaal het met die woorde: Kap die boom om en verwoes hom, maar laat sy penwortel in die aarde staan, en dit met ‘n band van yster en koper in die groen gras van die veld, en laat hy deur die dou van die hemel natgemaak word en sy lot saam met die diere van die veld wees totdat sewe tydperke oor hom heengegaan het—
Dan 4:24 dit is die uitlegging, o koning, en dit is die besluit van die Allerhoogste wat oor my heer die koning kom:
Dan 4:25 Hulle sal u uit die mensdom verstoot, en u woning sal saam met die diere van die veld wees, en hulle sal u soos die beeste plante laat eet; en u sal deur die dou van die hemel natgemaak word, en sewe tydperke sal oor u heengaan totdat u erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil.
Dan 4:26 En dat hulle bevel gegee het om die penwortel van die boom te laat staan—u koningskap sal vir u bestendig wees vandat u erken het dat die hemel heers.
Dan 4:27 Daarom, o koning, laat my raad u welgevallig wees en breek met u sondes deur geregtigheid en met u ongeregtighede deur genade te bewys aan die ellendiges as daar verlenging van u rus moet wees.
Die waarheid bevestig in n gesig.
Dan 4:33 Dieselfde oomblik het die woord in vervulling gegaan oor Nebukadnésar—hy is uit die mensdom verstoot en het plante geëet soos die beeste, en deur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak, totdat sy hare lank geword het soos die vere van arende, en sy naels soos dié van voëls.
Dan 4:36 In dié tyd het my verstand in my teruggekeer; en wat die eer van my koningskap betref—my majesteit en my glans het in my teruggekeer, en my raadsmanne en my maghebbers het my opgesoek; en ek is in my koningskap herstel, en buitengewone grootheid is my toegevoeg.
Dan 4:37 Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.
Dan 4:1 Koning Nebukadnésar aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon: Mag julle vrede groot wees!
Dan 4:2 Dit behaag my om die tekens en wonders wat die allerhoogste God aan my gedoen het, te verkondig.
Dan 4:3 Hoe groot is sy tekens, en hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag!
Dan 4:17 The sentence is by the decree of the watchers, and the demand by the word of the holy ones; to the intent that the living may know that the Most High ruleth in the kingdom of men, and giveth it to whomsoever he will, and setteth up over it the lowest of men.
Wanneer n volk in goddeloseheid verval gee God hulle die swakste en die slegste om oor hulle te regeer.
God praat met die profeet Esegiel in n gesig. Esegiel sien in die gesig die sonde van Israel.
Eze 12:26 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
Eze 12:27 Mensekind, kyk, die huis van Israel sê: Die gesig wat hy sien, is vir baie dae, en hy profeteer van tye wat ver is.
Eze 12:28 Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Geeneen van my woorde sal meer uitgestel word nie; wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur, spreek die Here HERE.
Eze 8:2 Ek kyk toe—en daar was ‘n gestalte wat soos vuur gelyk het; van wat soos sy lendene gelyk het en ondertoe, was vuur, en van sy lendene af en boontoe iets net soos ‘n hemelglans wat soos blinkende metaal geskyn het.
Eze 8:3 Toe steek Hy iets uit wat die vorm van ‘n hand het, en vat my aan die kuifhare van my hoof; en die Gees het my opgehef tussen die aarde en die hemel en my in gesigte van God na Jerusalem gebring, by die ingang van die binneste poort wat na die noorde toe kyk, waar die plek was van die afgodsbeeld van ywer wat ywer verwek.
Eze 8:4 En kyk, die heerlikheid van die God van Israel was daar, ooreenkomstig die verskyning wat ek in die laagte gesien het.
Eze 8:5 En Hy sê vir my: Mensekind, slaan tog jou oë op in die rigting van die noorde; en ek het my oë opgeslaan in die rigting van die noorde—en daar was aan die noordekant van die altaarpoort daardie afgodsbeeld van ywer by die ingang!
Eze 8:6 En Hy sê vir my: Mensekind, sien jy wat hulle doen, die groot gruwels wat die huis van Israel hier aanrig, dat Ek ver van my heiligdom af moet weggaan? Maar jy sal nog ander groot gruwels sien.
Eze 8:7 Daarop bring Hy my by die ingang van die voorhof. Ek kyk toe—en daar was ‘n gat in die muur.
Eze 8:8 En Hy sê vir my: Mensekind, breek tog deur die muur heen. En ek het deur die muur heen gebreek, en kyk, daar was ‘n deur.
Kyk wat Esegiel doen in die gesig breek hy deur n muur.
Eze 8:9 Daarop sê Hy vir my: Gaan in, en kyk na die growwe gruwels wat hulle hier doen.
Eze 8:10 Ek gaan toe in en kyk—en daar was allerhande afbeeldinge van afskuwelike kruipende en viervoetige diere, en allerhande drekgode van die huis van Israel wat al rondom op die muur uitgesny was.
Eze 8:11 En sewentig manne uit die oudstes van die huis van Israel het daarvoor gestaan, en Jaäsanja, die seun van Safan, onder hulle; en elkeen het sy wierookpan in sy hand gehad, en die geur van die wolk van reukwerk het opgegaan.
Eze 8:12 Toe sê Hy vir my: Het jy gesien, mensekind, wat die oudstes van die huis van Israel in die duisternis doen, elkeen in sy kamers met beeldwerk? Want hulle dink: Die HERE sien ons nie; die HERE het die land verlaat.
Eze 8:13 En Hy sê vir my: Jy sal nog ander groot gruwels sien wat hulle doen.
Eze 8:14 Hy het my toe gebring na die noordelike ingang van die poort by die huis van die HERE, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween.
Eze 8:15 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie, sien.
Eze 8:16 Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van die HERE; en kyk, by die ingang van die tempel van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig man, met hulle rug na die tempel van die HERE en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste.
Son aanbidders wat God verwerp.
Eze 8:17 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Is dit dan vir die huis van Juda te gering om die gruwels te doen wat hulle hier bedrywe, dat hulle die land met geweld gevul en My nog meer geterg het? En kyk hoe hulle die druiwetak by hulle neus hou!
Eze 8:18 Daarom sal Ék ook in grimmigheid handel; my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; en al roep hulle hardop voor my ore, nogtans sal Ek na hulle nie luister nie.
Esegiel sien die gesigte terwyl hy dit gewys word, word hy mensekind genoem. Hy beleef dit in werkliheid deur die gesig hy sien hoe Israel sondig en van God afdwaal. Esegiel n profeet vir Israel en profeteer hy ook oor Israel se eiend besteming in ons tyd. Wat hy hier noem gebeur alles in die gesig.
Eze 37:1 Die hand van die HERE was op my, en Hy het my uitgebring deur die Gees van die HERE en my neergesit in die laagte; en dit was vol bene.
Eze 37:2 En Hy het my by hulle laat verbygaan na alle kante toe; en kyk, daar het ‘n groot menigte oor die laagte gelê, en kyk, hulle was baie dor.
Eze 37:3 Toe sê Hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word? En ek antwoord: Here HERE, U weet dit.
Eze 37:4 Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die HERE!
Eze 37:5 So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word.
Eze 37:6 En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ‘n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Eze 37:7 Toe het ek geprofeteer soos my beveel was. En sodra ek geprofeteer het, was daar ‘n geruis, en kyk—’n beroering! En die bene het nader gekom, elke been na sy been.
Eze 37:8 Toe kyk ek en—daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en ‘n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie.
Eze 37:9 Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word.
Eze 37:10 En ek het geprofeteer soos Hy my beveel het. Toe het die gees in hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan—’n ontsaglike groot leër!
Eze 37:11 Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê: Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons!
Eze 37:12 Daarom, profeteer en sê aan hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! En Ek sal julle bring in die land van Israel.
Eze 37:13 En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk!
Eze 37:14 En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek en gedoen het, spreek die HERE.
God spreek hier en hy gebruik n voorbeeld van n opstanding vir n toekomstige gebeurtenis wat nog sou plaas vind waarin Hy Israel weer sal herstel deur n simboliek tegebruik, wanneer Hy Israel weer sal hervestig en terug sal bring in hulle land.
I Will Be Their God, They Shall Be My People
Eze 37:15 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
Eze 37:16 En jy, mensekind, neem vir jou ‘n stuk hout, en skrywe daarop: Vir Juda en vir die kinders van Israel, sy bondgenote; en neem ‘n ander stuk hout en skrywe daarop: Vir Josef (die hout van Efraim) en die hele huis van Israel, sy bondgenote.
Eze 37:17 Voeg hulle dan vir jou bymekaar, die een by die ander, om een stuk hout te wees, en laat hulle een word in jou hand.
Eze 37:18 En as die kinders van jou volk met jou spreek en sê: Sal u ons nie te kenne gee wat u met hierdie dinge bedoel nie?
Eze 37:19 sê dan vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand.
Hierdie gesig wys op die eientyd wanneer Die geestelike Israel die kerk uit die stam van Juda een sal word met die twaalf stamme van Israel, dan is daar nie meer twee nie maar net een Israel. God noem dit dan net Israel wanneer die twee een word, hierdie gesig is nog nie vervul nie en sal vervul word aan die eiende van die verdrukking.
Eze 37:20 So moet dan die houte waar jy op skrywe, in jou hand wees voor hulle oë;
Eze 37:21 en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land.
Eze 37:22 En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie.
Die Manseuns sal konings wees oor die hele wereld.
Rev 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.
God praat hier van Israel.
Eze 37:23 En hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en Ek sal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig. So sal hulle dan vir my ‘n volk wees, en Ek vir hulle ‘n God wees.
Eze 37:24 En my kneg Dawid sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel.
Dit verwys na die manseun Dawid as koning.
Eze 37:25 En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, húlle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle vors wees vir ewig.
Eze 37:26 En Ek sal ‘n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal ‘n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig.
Eze 37:27 En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees en hulle vir my ‘n volk wees.
Eze 37:28 En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees.
Hierdie sal vervul word na die verdrukking in die duisend jarige vrederyk.
Daniel se droom gesigte saam met sy vriende.
Dan 1:17 En hierdie vier jong seuns—God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome.
Daniel verduidelk n droomgesig wat hy ontvang het.
Dan 4:5 Ek het ‘n droomgesig gesien wat my verskrik het—droombeelde op my bed en die gesigte van my hoof het my verontrus.
Dan 7:2 Daniël het gespreek en gesê: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring;
Wat beteken die gesig, die groot see.
Rev 17:15 En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, is volke en menigtes en nasies en tale
Dan 8:1 In die derde jaar van die regering van koning Bélsasar het aan my, Daniël, ‘n gesig verskyn ná dié een wat die vorige keer aan my verskyn het
Dan 8:2 Ek het naamlik in die gesig gesien—terwyl ek kyk, was ek in die vesting Susan wat in die provinsie Elam lê; en ek het in die gesig gesien dat ek my aan die Ulairivier bevind het.
Daniel is op sy bed in n slaap, maar tog in die gesig bevind hy hom in die provinsie Elam by die Ulairivier. Wat sien en beleef hy.
Dan 8:3 En ek het my oë opgeslaan en gesien, en kyk, daar staan ‘n ram voor die rivier; en hy het twee horings gehad, en die twee horings was hoog, ook was die een hoër as die ander, en die hoogste het laaste uitgekom.
Dan 8:4 Ek het die ram sien stoot na die weste en na die noorde en na die suide, en al die diere kon voor hom nie standhou nie, en daar was niemand wat uit sy mag gered het nie; maar hy het gedoen net wat hy wou, en het magtig geword.
Dan 8:5 Terwyl ek daarop ag gee, kom daar ‘n bokram uit die weste aan oor die oppervlakte van die hele aarde, sonder om aan die grond te raak; en die bok het ‘n aansienlike horing tussen sy oë gehad
Horings verteenwoordig konings.
Dan 8:6 En hy het na die ram met die twee horings aangekom wat ek voor die rivier sien staan het, en hom in die woede van sy krag stormgeloop.
Dan 8:7 En ek het hom gesien hoe hy tot by die ram kom en op hom verbitterd word en die ram stoot en sy twee horings verbreek; en daar was geen krag in die ram om voor hom stand te hou nie, sodat hy hom teen die grond gegooi en hom vertrap het, en daar was niemand wat die ram uit sy mag gered het nie.
Dan 8:8 En die bok het uitermate magtig geword; maar toe hy sterk was, het die groot horing afgebreek, en vier aansienlike horings het in sy plek uitgekom na die vier windstreke van die hemel.
Dan 8:9 En uit een van dié het ‘n horing, eers klein, uitgekom, maar dit het baie groot geword na die suide en na die ooste en na die Pragtige Land toe
Die horing is die koms van die Romeinseryk en uit eiendelik die Rooms katelieke Kerk.
Dan 8:10 En dit het groot geword tot by die leër van die hemel en het sommige van die leër, naamlik van die sterre, op die aarde laat val en hulle vertrap.
Dan 8:11 Selfs tot by die Vors van die leër het dit groot geword, sodat die voortdurende offer Hom ontneem en sy heilige woning neergewerp is.
Dan 8:13 Toe hoor ek ‘n heilige spreek; en ‘n ander heilige het aan die een wat spreek, gesê: Hoe lank sal die gesig duur—van die voortdurende offer en die ontsettende goddeloosheid—sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word?
Dan 8:14 En hy het vir my gesê: Twee duisend drie honderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word.
Dan 8:15 En toe ek, Daniël, die gesig gesien het, het ek probeer om dit te verstaan, en kyk, daar het iemand voor my gestaan wat soos ‘n man gelyk het.
Dan 8:16 En ek het ‘n mensestem gehoor uit die Ulai wat geroep en gesê het: Gabriël, laat hierdie een die gesig verstaan!
Dit word aan Daniel gegee om teverstaan.
Dan 8:17 Toe kom hy by my staanplek; en toe hy kom, het ek geskrik en op my aangesig geval. En hy het vir my gesê: Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde.
Dan 8:18 En terwyl hy met my spreek, het ek bewusteloos met my aangesig op die grond geval; toe het hy my aangeroer en my op my staanplek opgerig
Daniel beleef alles in werklikheid.
Dan 8:19 en gesê: Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde.
Dit wat hy gesien het betrekking
Dan 8:20 Die ram wat jy gesien het met die twee horings, is die konings van die Meders en die Perse.
Dan 8:21 En die harige bok is die koning van Griekeland; en die groot horing wat tussen sy oë was, dit is die eerste koning.
Dan 8:22 En dat dit gebreek is en vier in sy plek ontstaan het—vier koninkryke sal uit sy volk ontstaan, maar nie met sy krag nie.
Dan 8:23 Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal ‘n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan.
Hierdie gedeelte van sy gesig moet nog vervul word, die wereld moet nog eers meer goddeloos word.
Dan 8:24 En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie; en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges.
Dan 8:25 En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste, maar hy sal sonder toedoen van mensehand verbreek word.
Dan 8:26 En die gesig van die aande en die môres waarvan gespreek is, dit is waarheid; en jy, hou die gesig geheim, want dit sien op ‘n verre toekoms.
Daniel sien nog n gesig.
Dan 9:21 terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabriël wat ek, uitgeput van vermoeienis, ‘n vorige keer in die gesig gesien het, na my gekom omtrent die tyd van die aandspysoffer.
Dan 9:23 By die begin van jou smekinge het ‘n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel, want jy is ‘n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig.
Dan 9:24 Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf.
Dan 9:25 Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors, is sewe sewetalle; en twee en sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid.
Dan 9:26 En ná die twee en sestig sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ‘n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.
Die antichris.
Dan 9:27 En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.
Daniel sien nog n gesig.
Dan 10:4 En op die vier en twintigste dag van die eerste maand, terwyl ek op die wal van die groot rivier was, dit is die Hiddékel,
Dan 10:5 het ek my oë opgeslaan, en daar sien ek ‘n man met linne bekleed, en sy heupe was omgord met goud van Ufas.
Dan 10:6 En sy liggaam was soos chrisoliet, en sy aangesig soos die geflikker van bliksem en sy oë soos fakkels van vuur en sy arms en sy voete soos blink geskuurde koper en die geluid van sy woorde soos die gedruis van ‘n menigte.
Dan 10:7 En ek, Daniël, alleen het die gesig gesien, maar die manne wat saam met my was, het die gesig nie gesien nie; nogtans het ‘n groot skrik hulle oorval, sodat hulle gevlug het om hulle te verberg.
Dan 10:12 Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom;
Dan 10:14 Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms.
Dan 12:1 En in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.
Dan 12:2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
Dan 12:3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.
Dan 12:4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.
Dan 12:5 En ek, Daniël, het gesien, en kyk daar het twee ander gestaan, die een duskant op die wal van die rivier en die ander oorkant op die wal van die rivier.
Dan 12:6 En een het aan die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, gesê: Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly?
Dan 12:7 Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: ‘n Tyd, tye en ‘n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.
Die heiligevolk is die christendom, hulle mag word verstrooi gedurende die laaste drie en n halwe jaar van die verdrukking.
Dan 12:8 En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge?
Dan 12:9 En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.
Dan 12:10 Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.
Dan 12:11 En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend twee honderd en negentig dae verloop.
Dan 12:12 Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend drie honderd vyf en dertig dae bereik.
Van die dag af wat die ewigdurende offer afgeskaf word wat beteken enige redding of predeking in die naam van Jesus word afgeskaf en verbied strafbaar met die dood.
Die gesig van die Apostel Petrus
Act 10:1 En daar was in Cesaréa ‘n man met die naam van Cornelius, ‘n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling.
Act 10:2 Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.
Act 10:3 Hy het duidelik in ‘n gesig omtrent die negende uur van die dag ‘n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius!
Act 10:4 En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom.
Act 10:5 Stuur dan nou manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word.
Act 10:6 Hy is tuis by ‘n sekere Simon, ‘n leerlooier, wie se huis by die see is. Hy sal jou sê wat jy moet doen.
Act 10:7 En toe die engel wat met Cornelius gespreek het, weg was, roep hy twee van sy huisbediendes en ‘n vroom soldaat van die wat altyd by hom was,
Act 10:8 en vertel hulle alles en stuur hulle na Joppe.
Act 10:9 En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid;
Act 10:10 en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar ‘n verrukking van sinne oor hom gekom:
Act 10:11 hy sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word.
Act 10:12 Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel.
Act 10:13 Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet!
Act 10:14 En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie.
Act 10:15 En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
Act 10:16 En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem.
Act 10:17 En terwyl Petrus by homself daaroor verleë was wat die gesig tog kon beteken wat hy gesien het, staan die manne wat deur Cornelius gestuur was, daar by die poort en verneem na die huis van Simon.
Act 10:18 En hulle roep en vra of Simon, wat ook Petrus genoem word, daar tuis is.
Act 10:19 En terwyl Petrus nadink oor die gesig, sê die Gees vir hom: Daar is drie manne wat jou soek.
Die inspraak van die heiligegees in die siel van die gelowige.
Act 10:20 Staan dan op, klim af en gaan saam met hulle sonder om te twyfel, want Ek het hulle gestuur.
Act 10:21 En Petrus het afgeklim na die manne wat deur Cornelius na hom gestuur was, en gesê: Kyk, dit is ek wat julle soek. Wat is die rede waarom julle hier is?
Act 10:22 En hulle sê: Cornelius, ‘n hoofman oor honderd, ‘n regverdige en godvresende man, wat ‘n goeie naam het by die hele Joodse nasie, het ‘n goddelike openbaring ontvang deur ‘n heilige engel, om u te laat haal na sy huis om te hoor wat u sal sê.
Act 10:23 En hy het hulle binnegenooi en geherberg. En die volgende dag het Petrus saam met hulle afgereis, en enkele van die broeders uit Joppe het met hom saamgegaan.
Act 10:24 Die dag daarop het hulle in Cesaréa aangekom. En Cornelius was hulle te wagte, en hy het alreeds sy familie en besondere vriende bymekaargeroep.
Act 10:25 Toe Petrus dan binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan en aan sy voete neergeval en hom hulde bewys.
Act 10:26 Maar Petrus het hom opgerig en gesê: Staan op, ek is self ook maar ‘n mens.
Act 10:27 En onderwyl hy met hom spreek, gaan hy binne en vind baie wat vergader het;
Act 10:28 en hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir ‘n Joodse man om met iemand van ‘n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie.
Act 10:29 Daarom het ek, toe ek gehaal is, gekom sonder om teë te spreek. Ek vra dan om watter rede julle my laat haal het.
Act 10:30 En Cornelius sê: Vier dae gelede was ek besig om te vas tot op hierdie uur, en die negende uur het ek in my huis gebid,
Act 10:31 en meteens staan daar ‘n man voor my in ‘n blink kleed en sê: Cornelius, jou gebed is verhoor en jou aalmoese is voor God in herinnering gebring.
Act 10:32 Stuur dan na Joppe en laat Simon haal wat ook Petrus genoem word. Hy vertoef in die huis van Simon, ‘n leerlooier, by die see; as hy kom, sal hy met jou spreek.
Act 10:33 Ek het toe op die daad na u gestuur, en u het goed gedoen om te kom. Ons is dan nou almal voor die aangesig van God aanwesig om alles te hoor wat deur God aan u opgedra is.
Gentiles Hear the Good News
Act 10:34 En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,
Act 10:35 maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
Act 10:36 Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal.
Act 10:37 Julle weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het en van Galiléa af begin het, ná die doop wat Johannes gepreek het,
Act 10:38 met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.
Act 10:39 En ons is getuies van alles wat Hy gedoen het in die Joodse land en in Jerusalem. En hulle het Hom omgebring deur Hom aan ‘n kruishout op te hang.
Act 10:40 Hom het God op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou verskyn
Act 10:41 nie aan die hele volk nie, maar aan getuies wat deur God vantevore verkies was, aan ons wat met Hom saam geëet en gedrink het nadat Hy uit die dode opgestaan het.
Act 10:42 En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode.
Act 10:43 Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.
The Holy Spirit Falls on the Gentiles
Act 10:44 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.
Die gesig van die Apostel Paulus
Act 9:3 En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ‘n lig van die hemel af;
Act 9:4 en hy val op die grond en hoor ‘n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?
Act 9:5 En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
Act 9:6 En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.
Act 9:7 En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.
Act 26:12 Toe ek dan daarvoor na Damaskus op reis was, met volmag en opdrag van die owerpriesters,
Act 26:13 het ek, o koning, in die middel van die dag op die pad ‘n lig uit die hemel gesien, sterker as die glans van die son, wat my en my reisgenote omstraal het.
Act 26:14 En toe ons almal op die grond val, hoor ek ‘n stem met my spreek en in die Hebreeuse taal sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
Act 26:15 Toe sê ek: Wie is U, Here? En Hy sê: Ek is Jesus wat jy vervolg.
Act 22:17 En toe ek in Jerusalem teruggekom het en besig was om in die tempel te bid, het ek in ‘n verrukking van sinne gekom
Act 22:18 en Hom gesien, en Hy het vir my gesê: Maak gou en gaan haastig uit Jerusalem uit, want hulle sal jou getuienis aangaande My nie aanneem nie.
Daar is n verskil tussen n gesig en n trans wat gepaart gaan met verrukking van sinne wanneer die Heiligegees geheel en al die mens oorneem en die verstand vrugteloos is , vir daardie oomblik is die mens geheel en al oorgeneem.
n Gesig kan op verskillende maniere gebeur wanneer jy slaap of insluimer, op daardie oomblik is die liggaam in n slaap toestand ,terwyl die geestelike liggaam alles beleef in werklikheid, die geestelike liggaam is op daardie oomnlik glad nie afhanklik van die vleeslike liggaam nie. Die geestelike liggaam is bewus van alles wat gebeur en kan na enige plek geneem of gestuur word om opdragte uit tevoer deur die heiligegees, of kennis te ontvang, die geestelike liggaam kan sekere dinge gewys word of in interaksie met enige hemelse wesse gesprek voer of vrae vra, wanneer die geestelike liggaam terug keer of terug gebring word, is die gebeure n oorheersende werklikheid, dit verskil van n droom wat maklik vergeet word, alhoewel God ook deur n droom met jou kan komenikeer of waarsku.
n Gesig kan jou oor n baie ver distansie neem wat deur Daniel bewys word. Hy was na n ander provinsie geneem. Gesigte kan ook gebeur terwyl die persoon wakker is, dit gaan gewoonlik vooraf met die verukking van sinne.
Dit is n goddelike ingryping in n hoeer christen verhouding, soos verduidelik.
Daar kan n interaksie tussen Christus en n persoon wees deur n gesig of trans manefestasie, in alby gevalle. kan engele ook betrokke wees soos in boodskappe, onderigting, openbarings kennis opdragte, word so ontvang. soos met Gideon, manoag, Moses,en die profete. n Stem kan met jou komenikeer, sonder dat die hemelse wese gesien word. Dit het met my gebeur toe ek op geneem was.
Versoeke kan gebeur soos met Manoag.
Jdg 13:8 En Manóag het tot die HERE gebid en gesê: Ag, Here, laat tog die man van God wat U gestuur het, nog ‘n keer na ons toe kom, dat hy ons kan leer hoe ons moet maak met die seun wat gebore sal word.
Die Apostel Paulus.
Act 16:9 En Paulus het ‘n gesig in die nag gesien—daar staan ‘n Macedóniër wat hom smeek en sê: Kom oor na Macedónië en help ons!
Die Here praat hier met Paulus.
Act 18:9 En die Here het deur ‘n gesig in die nag aan Paulus gesê: Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie;
Dit gaan nou makliker wees om die dinge wat met my gebeur het teverstaan.
Een aand in my slaap roep die Here my, en HY se SHORTY MY VOLK GAAN TEN GRONDE WEENS N GEBREK AAN KENNIS.Ek se toe Here dit is waar, dit is verskriklik. Toe se Hy is jy bereid om die ou wyn weg tegooi en nuwe wyn ontvang eknog voor ek kon antwoord het hy gese as jy bereid is om dit tedoen sal Ek jou dinge wys en leer wat jy nie ken nie . toe het ek geantwoord Here ek sal dit doen, van daardie oomblik af het alles verander ek is dinge gewys en is geleer wat ek nooit geken het nie. Ek het soms wakker gele en gewonder wat kan ek doen, die bruid van Christus hardloop agter elk wind van leering aan. As dit nie die toronto blessing is nie, dan is dit die Jabes gebed, of prosperity preaching, of die di vinci code, dis altyd iets anders maar nooit Christus nie. Sy weet nie wat vir haar wag nie sy het bitter min kennis van Christus en word deur baie predekers misbruik en soos n prostetiet gebruik om soveel geld as moontlik uit haar te kry. Wanneer gaan sy haar bruidegom ontdek en die vervulling van alles, wat sy begeer in Hom vind? Sy is verwaarloos en verinneweer maar steeds kom sy nie na Hom toe nie, sy is tevrede op die plek waar sy haar bevind, en met haar christenskap en gaan ten gronde.
Nuwe wyn verborgenhede weggesteekte waarheid
en die eientyd openbaring in Sy getuienis alles het verander my verhouding met Hom gesigte wat ek ontvang het gebeurtenisse wat ek gewys is, Sy verskyning aan my in gesigte in my slaap ek het eiendelik ondek wie ek is in Christus Jesus, my lering as n manseun die stryd en oorloe wat ek moes veg die pleit en smekking vir hulp die trane die alleenheid die eensaamheid maar ook die vreugde die blydskap die groei in my verhouding die werklikheid dat ek geroep is die bevestiging daarvan alles wat ek beleef en gesien het. dinge buite my self
My liefde vir God, en Christus en die Heiligegees die engele wat aan my verskyn het dit alles was die swaar kry werd die aanvalle van die vyand wat lyk my nooit klaar kry nie. Openbaring 6 ek het uitgegaan as n oorwinnaar en om te oorwin, Die dankbaarheid en eenheid met Hom alles alles die moeite werd. Sy belofte aan my en uiteiendelik die vervulling daarvan wat sal kom wanneer ek by Hom sal wees amen.
Net soos wat die Here aan my gese het in n gesig – My volk gaan tengronde weens n gebrek aan kennis. Ek het terug gepraat en gese Here dit is so dit is verskriklik. Toe het die Here gese – As jy bereid is om die ou wyn weg tegooi om nuwe wyn te ontvang sal ek jou dinge toon wat jy nooit geken het nie. Ek het die Here geantwoord Here ek sal ek sal alle ouwyn weggooi. Toe se die Here as jy dit doen sal ek jou dinge wys wat jy nooit geken het nie. Ek het soos ek gese het dit dadelik gedoen.
Daana is aan my gesigte gewys en het die Here my verborgenhede gewys, dinge wat ek nooit geken het nie. Ek sal van die gesigte wat ek ontvang het hier verduidelik wat nou makliker verstaan sal word.
Die Here begin met my nuwe onderig
Shorty jy moet bereid wees om die ou wyn weg te gooi en nuwe wyn in n nuwe wyn sak te ontvang,. Jy sal alles moet verkoop en gaan soek die skat in die saailand en as jy dit gekry het koop die saailand, en ook soek die kosbare perel en as jy hom gekry het verkoop alles wat jy het en koop dit. Dit was die eerste les wat ek moes leer, dat al dink jy jy weet iets, weet jy eiendelik niks, ek moes alles weg gooi en die skat en perel in n nuwe wyn sak sit, en Christus leer my volwassenheid in hom is n skat, en n kosbare perel, jy kan nie bly by die eerste beginsels nie.
Heb 6:1) Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,
Heb 6:2) van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.
Eph 4:13) totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
Eph 4:14) sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;
Dit was die eerste les wat ek moes leer dat ons kan opgroei in Christus tot sy volwasse beeld volle gestalte.
Die Here begin met my nuwe onderig.
My eerste lering.
Gesig ontvang drie rotse, goud uit rots in rivier.
Gesig drie rotse, Vader Seun en Heiligegees, Christus die goud uit die rots in rivier In n gesig een aand nadat die Here met my gepraat het, loop ek langs n rivier. Aan die oorkant van die rivier is daar drie klein hoewes grond langs mekaar. Mense wat grond wil koop wil he ek moet hulle soontoe vat. Daar is n brug waamee jy oor die rivier kan kom, maar die is baie ver weg en ek stel voor ons gaan af in die rivier en probeer op n manier oor die rivier kom. Niemand wil dit egter doen nie, en almal se nee, hulle gaan loop tot by die brug en sal daar oor gaan, ek se goed julle kan gaan, maar ek gaan hier oor die rivier. Ek het met die wal afgegaan en by die water gekom. Dit was helder skoon soos kraan water, en ook nie baie diep nie. Daar was drie rotse in die rivier, die een so n meter hoog, en die ander een langs aan n bietjie groter, en die laaste een was baie groot. Ek het op die eerste een geklim en op na die tweede rots. Van die water het nou en dan op die rotse gespat. Toe ek bo op die tweede rots staan, sien ek reg in die middel van die rots, n gat so groot soos n sokker bal, en binne in blink iets. Ek het neer gekniel en my hand in die gat gesteek, dit was vol suiwer goud. Toe begin ek my sakke vol goud maak, en het van die goud voor by my hemp in gegooi, ek was naderhand besmeer van goud. Die goud in die rots het nie klaar geraak nie, maak nie saak hoeveel ek uit haal nie, en dit het vir my gelyk asof daar geen eiende aan is nie. Toe klim ek op die derde rots, vandaar kon ek die mense nog steeds sien loop op pad na die brug. Ek het op die wal gaan staan en na my self gekyk, my arms en gesig en my lyf was besmeer van goud. Ek het na die mense geroep maar hulle wou nie luister nie. Ek het na die grond gekyk wat te koop is en gedink, as die mense saam met my gegaan het deur die rivier, kon hulle ook nou van die goud gehad het, toe word ek wakker.
Wat beteken dit,–as jy nie bereid is om na die water van die lewe te gaan nie, Christus is die helder water van die rivier, sal jy niks ontvang nie. Die drie rotse verteenwoordig die heiligegees, die eerste rots wat ek nodig gehad het om my te help, om op die tweede rots te klim, wat Christus verteenwoordig. In Christus is alles, al die verborgenhede, en hy is die skat wat as jy hom gevind het, die geestelike rykdom, die goud in die rots wat nooit klaar raak nie, wat joune word. Die derde rots verteenwoordig God die vader, wat ook die grootste rots was en vanaf die tweede rots kon ek by God uitkom en veilig op die wal gaan staan. As ek nie die grond wou koop nie, so ek alles gemis het. Daar is so min mense wat Christus wil soek en moeite wil doen, almal wil moeiteloos oor die brug loop, in die hoop om Christus te vind en dan alles mis. Wat het Christus my hieruit geleer? As ek hom wil verkry sal ek moeite moet doen en dit gaan nie maklik wees nie. Ek moet ook nie mense volg nie, laat hulle die pad loop wat hulle wil.
Ek het my verhouding in my binne kamer, my gebeds lewe waar ek met God en Christus kan praat elke aand, dit is my lekkerste tyd. Ek moes ook leer om stil te bly en te luister, my onder rigting het dan ook gebeur. Daar het soms n hele paar maande verby gegaan voor daar weer iets gebeur het, ek moes bly grawe en soek. Christus wou ook eers seker maak ek verstaan voordat hy verder gaan.
Gesig vrou gee geboorte aan seuntjie.
My heel eerste onder rigting van waaroor die boek Openbaring gaan.
Eenaand terwyl ek slaap verskyn die droom gesig. Ek en Jannie Brummer n Evangelis is weer besig om te werk, en hy preek in n saal. Ek staan heel agter in die saal en naby my is n vrou wat baie ver swanger is. Sy staan nog so en luister, en die volgende oomblik breek haar water, en dit loop by haar bene af, en oor die vloer, ek gaan na haar toe en help haar om op n bank te gaan le, waarop die mense sit wat leeg was. Die volgende oomblik gaan sit ek by haar en help haar, want die baba is besig om te kom. Hy word in my arms gebore, dit is n seuntjie. Wat my verstom is hoe groot hy is, sy oe is klaar oop en hy kyk na my en glimlag. Die volgende oomblik begin hy woorde se, en ek tel hom op en se, Jannie kyk dis n seun en hou hom so dat almal hom kan sien en druk hom teen my vas.Ek is verstom hy word voor my oe groot, toe word ek wakker.
Ek beleef in die gesig die koms van die man seun gebore uit die vrou Ope
Om die nuwe wyn te ontvang moet jy die ou wyn en sy sak weggooi, n nuwe sak met nuwe wyn in neem. As jy die nuwe wyn in n ou sak wil gooi, beteken dit jy wil nog steeds jou ou leerstellings behou, en nie die nuwe leerings ontvang nie. Jn ;12 —My opleiding is nou op n bonatuurlike manier, en op die staduim weet ek nie regtig wat dit beteken nie, en eers later sal ek verstaan.
(Rev 12:1) En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre;
(Rev 12:2) en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.
(Rev 12:5) En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.
Die vrou is die kerk, die gemeente die bruid. Wanneer sy geboorte gee aan die seuntjie, ek help en hy word gebore, voor my oe word hy baie vinnig groot, en begin om te praat.Hy kyk na my asof hy my ken, asof ek verbind is met hom, en ek hou hom vas en tel hom op om vir almal tewys. Ek sit hom neer en hy begin om te loop. Sy ma, die vrou, het hom glad nie vas gehou nie, dit was asof sy net geboorte aan hom moes gee. Die man seuntjie wat uit die kerk die vrou bekleed met die Son gebore word.
Die Here begin om my aandag daarop te vestig oor seunskap. Dit is n moeilike les en beteken ek moet my verhouding op vat boontoe, waar Christus is die man seun kom van bo af en word deur God geroep. Ons sit saam met Christus in hemelse plekke. Slegs daar is dit net jy en Christus. My opleiding gebeur nou in n ander demensie met nuwe openbaringe.
Rom 8:19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die seuns van God.
Rom 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;
Rom 8:30 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.
Die bevestiging deur Christus van my manseunskap.
Terwyl ek slaap ontvang ek die gesig.
Ek word opgeneem boontoe ek bevind my tussen twee groot olyfbome ek staan tussen die twee bome, aan elke bome hang daar n ketting wat vas gemaak is hoog in die elke boom. Aan die onderpunt van die ketting by my hang daar n kandelaar vasgemaak aan elke ketting, dit brand spier wit. Ek staan tussen die twee bome en kandelare, een aan my regterhand en die ander aan my linker hand ongeveer twee meter weerskante van my af. Agter my rug het daar n digte wolk gevorm. Dit het gekom soos n miswolk, so dig dat ek nie daardeur kon sien nie. Skielik roep praat n stem uit die miswolk wat ek nie ken nie en hy se dit kliphard. Sal ons hom se dat hy n manseun is sodat hy kan glo? Toe praat n ander stem uit die wolk, die stem ken ek, dit is die Here, en hy se mensekind, die sesdag kom na die vyfde dag. toe vervaag alles en ek het wakker geword. Ek het verstaan dat ek n manseun is en ek glo dit met my hele hart, maar het nie verstaan wat dit beteken wat die Here gese het nie. Ek het gaan bid en die Here gevra wat beteken die sesdag kom na die vyfde dag. Hy het my nie geaantwoord nie, ek het besef ek sal dit self moet ondek. Vir baie lank het ek dit bebeiens en besef die Here het vir Petrus Johannes en Jakobus op die sesdag saam met Hom geneem na die berg van verheerliking toe. Die Manseuns ontvang Drie troon ondervindings, die eerste troon ondervinding is geloof op n baie dieper verhouding. Die tweede troon ondervinding is kennis, die derde troon ondervinding is verheerliking. Die eerste twee is op die vyfde dag en verheerliking kom op die sesde dag.
Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.
Rom 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;
Rom 8:30 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.
Eph 4:13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christ
Ek wou so graag verheerlik word en het die Here in gebed bly vra, ek het besef dat heiligmaking belangrik is, ek het my self bly ondersoek, maar dit het nie gebeur nie. Ek het begin moedeloos word. Ek het die eerste twee troon ondervindings ontvang en deur gemaak. Een sondag besoek ek kruis kerk daar is n ingang voor by die kerk by die verhoog, en n ingang agter by die kerk. Net voor Steven die predeker begin met sy boodskap, kom die vrou ingeloop en gaan staan voor die preekstoel. Sy kyk na waar ek sit, en se die volgende, jy moet heiligmaking verkry om verheerlik te word, toe draai sy om en stap uit na buite,
Die selfde vrou het op n ander geleentheid ook vir my n boodskap gebring, sy het ook na die boodskap omgedraai en uit gestap, ek het dadelik op gestaan en by die deur agter in die kerk na buite gegaan maar kon die vrou nerens kry nie,.Ek het na Heila die predeker se vrou gegaan en vir haar gevra wie die vrou was, maar sy het nie geweet van wie ek praat nie, toe het ek besef dit is n engel. Niemand was bewus daarvan dat daar n engel in die kerk was nie. Die vlak van Heiligmaking stel sy eie eise in, jy leef by die vlees uit en by die gees in, dit is n hoeer en dieper heiligmaking.
Hierdie verheerliking sluit die inkarnasie van Christus in jou in.
Die onderrigting deur Christus gebeur stelsel matig deur die verborge woord kennis, vernaamlik in Gods bewussyn wat my in neem in die geestelike realm. Ek leef nie meer in die natuurlike wereld nie, maar in die geestes wereld wat die wereld ken as die mirror world. Jy is oorheersend bewus van God en Christus die Heiligegees is aktief in my lewe ek leer om sy stem uit te ken. Hy is die sagste dierbaarste wese wat jy kan ken.
Een aand in gesig in my slaap verskyn Hy in n ander gedaante. Gesig hasie staan op agter pote, en se jy gaan nog baie wonderlike tye beleef; ek se “ek kan nie wag nie”, hy se ons kan nie wag nie.
Die opleiding gebeur soms op die snaakste manier, wanneer ek besig is met die woord, of waneer ek kyk na bybel verhale wat ek baie lief is om na te kyk. Somtyds sal die Here my iets laat lees wat iemand geskryf het, en my dit laat bepeins of dit reg of verkeerd is. Ek kry my onderrig in volwassenheid en die eientyd, terselfde tyd sit die Here die erns van dit alles in my hart. Ek besef die verwaarlosing van Christus se volk, en dat sy agter elke nuwe lering aan loop. Sy word misbruik deur baie predekers wat haar net gebruik om geld uit haar te kry. Sy weet niks van haar verlosser bruidegom af nie, en glo goed soos die wegraping wat haar ontneem van enige begeerte om die boek Openbaring te ondersoek, terwyl Christus die volgende van die boek Openbaring se.
Rev 22:10 En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby
Rev 1:3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Rev 22:11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.
Rev 22:18 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.
Rev 22:19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.
Hierdie boek Openbaring is spesial deur Christus vir sy volk gestuur, en is een van die belangrikste boeke vir haar om kennis te verkry, en geestelik te groei en om Christus te leer ken. Daarom het Christus aan my verskyn en gese Shorty my volk gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis, ek het geantwoord Here dit is so, dit is verskriklik. My opleiding en onderrig het in alle erens in 2004 begin, en ek is nog nie klaar nie. Ek weet baie keer is ek die oorsaak van tyd wat vermors word, as dit my so lank vat om in n les te oorwin. Gelukkig dryf die heiligegees my en se die Here altyd; Shorty kom, kom net, ons moet vorentoe gaan. Ek moes ook oorwin om in die volgende demensie te kan kom, wat slegs kan gebeur as jy oorwin. Dit is ook dan wanneer jou stryd werklik begin. Die satan is glad nie daarmee gediend nie, en maak dit vir jou so moeilik as moontlik. Hierdie gesig wat ek gehad het was juis in so n staduim in die nag. Terwyl ek slaap, kom n Hasie na my. Hy staan redelik hoog op sy agter pote, omtrent n meter hoog. Die volgende oomblik praat hy soos n mens, en hy se; Jy gaan nog baie wonderlike tye beleef, hy is so vol blydskap toe hy dit se ,en ek se vir Hom; ek kan nie wag nie.
Hy beweeg sy voorpote vorentoe en agtertoe langs sy sye ,en se opgewonde; Ons kan nie wag nie,bedoelend ek en Hy. Toe word ek wakker. Ek is so opgewonde daaroor. Die heiligegees kom na my in n gedaante van n haas, omdat n hasie reinheid en ontskuld voor staan. In hierdie geval was dit dan ook so. Of in die gedaante van n duif, soos op Jesus. Jy kan nie nuwe openbarings in n ou sak sit nie, jy gaan nie een van die twee behou nie.
Die aanvalle van Satan word al heftiger ek gaan bid daaroor en ontvang die nag die gesig.
Gesig loop saam met drie leeus verbond en offer
Die Here het die skrifte vir my al meer en meer oop gemaak oor Openbaring, en waarop die skrifte betreking het in die ou testament. Hy het my die sleutels laat kry om die verborgenhede te verstaan, dit was vir my ongelooflik lekker, en ek kon nie genoeg kry nie. Elke oomblik wat ek kon het ek gebruik om die woord te ondersoek. Soms dan gee die Heiligegees my n skrif uit die bloute, dan kan ek nie wag om te gaan kyk waar pas dit in nie. Soms het ek net uitgeroep, Here u verstom my, kan dit wees dat ons so bo oor alles gelees het. In die aande dan bid ek vir insig en vra die Here, open my verstand asseblief om dit alles te kan verstaan. Elke keer het die Here my dit laat sien asof ek dit in die verte kon groet. Die Here maak aan my duidelik —- Dit wat was sal weer wees. Ek word onderig wie is Die antichris ,die wederkoms van Christus, die seuns van die verderf, die hoer van babilon, die manseun (Dawid) Die bruid (vrou in die lug), Die heiligestad Jerusalem, ens.
Ek word al meer en meer op gelei en my kennis verbreed, deur die sleutels om die ou testament en die nuwe testament te verstaan, en waarop hulle betreking het te gebruik. Dit is n stryd en nie altyd maklik nie, en die satan beproef my, en probeer twyfel saai in drome en nagmerries – ek verstaan nou waarom hy my besoek het in die badkamer in Witbank.
Die drie leeus.
Eenaand in n gesig bevind ek my self op n grondpad met n oop veld langs my. Ver voor in die pad is n heuwel. Langs my loop drie leeus, een aan my linkerkant, en twee aan my regterkant. Die leeu aan my linkerkant is n verskriklike groot mannetjie. Hy is seker een en n kwart meter hoog en soos wat hy loop beweeg die spiere onder sy vel. Aan my regterkant loop n leeu wyfie. Sy is n bietjie kleiner maar net so verskriklik sterk. Haar oe lyk soos vuur wat gloei, daar is by haar geen vrees nie. Aan haar regterkant loop n kleiner leeu, meer sag geaard. Ons stap saam op hierdie pad en hulle loop langs my, Toe ons naby n heuwel in die pad kom, kom daar n groep mense oor die heuwel, bewapen met spiese en pangas. Ek kon sien aan hulle geskree en dreigende houding dat hulle my wil dood maak. Die leeu wyfie aan my regterkant het haar ore plat getrek en onmiddelik n dreigende houding in geneem, dit het gelyk of haar oe soos twee gloeiend kole word. Sy het haar nek vorentoe uit gerek, en haar ore plat getrek reg om aan teval. Die volgende oomblik het die mannetjie leeu aan my linkerkant, vorentoe op die mense afgestorm met so n geweld op sy aanval, dat hy van hulle binne in n oomblik in n stofwolk gedood het, en die ander het skreeuend gevlug en hulle wapens neer gegooi. In n oomblik was dit alles oor, toe het ons weer begin aanstap. Toe ons oor die heuwel gaan, kom daar n seuntjie met skape aan wat hy aanjaag. Ek gaan na hom toe en se; kan ek een van die skape by jou kry? Sonder huiwering se hy; ja vang vir jou een, wat ek toe doen. Dit het begin skemer raak en die son was besig om onder te gaan, toe neem ek by die seuntjie n groot mes, en deel die skaap in drie dele, en sit elke deel op drie klippe as n offer aan die drie leeus, op elke klip een deel. Ek het iets gesien soos n blou vlam wat tussen die klippe beweeg, toe word ek wakker. Dit was so werklik ek sien die drie leeus nou nog voor my. Daar was n verbond gemaak tussen my en die drie leeus. Op drie geleendhede het die satan probeer om my dood te maak. In Zanzibar gooi n man, toe ons by hom verby ry, ons kar met n klip, en die venster aan my kant was oop. Hy tref toe die pilaar net agter my kop. Was dit vorentoe het hy my sekerlik dood gegooi. Ons ry op die snelweg hier in George en vermy n botsing net betyds, elke keer bewaar die Here my. Hy het ook my besigheid verwoes maar God het my uit gered. Ons eet uit by n vis restaurant en ek kry voedsel vergiftiging deur die vis wat ek geeet het. Die reaksie op my liggaam is so erg my liggaam ruk onbedaarlik en ek het geen beheer daaroor nie. Isabel vat my hospitaal toe en ek word onmiddelik behandel en opgeneem. Die dokter se dit is die ergste wat hy nog ooit tee gekom het. Baie inspuitings later bedaar dit en is hulle besig om te wen. My hart klop was so hoog hulle was bang ek gaan dit nie maak nie, maar ek was nie alleen nie, ek behoort aan Christus en word die volgende dag onslaan. Hy kon nie slaag in sy doel nie.
Skryf eksamen en bly dop
In die tyd begin die Here my al meer en meer aan moedig. Wanneer die Here n verborgenheid aan my openbaar, is ek so verstom en opgewonde, ek bepeins elke nuwe leering en begin om geestelik na volwassenheid te groei. Elke keer se die Here; Shorty kom, ons gaan vorentoe;ek, besef dat om te groei ek die berg Sion so moes klim, en die Antichris in my vlees dood maak. Die Here open my oe sodat ek die tweede demensie fiesies kan aanskou, wat ook weer sy probleme bring. Ek begin om uit die vlees te leef en by Christus in te leef, so sit ons by Christus in hemelse plekke. Toe kom die drome, ek is in die skool en moet matriek skryf. Elke keer sukkel ek, en kom nie deur nie, dan moet ek dit weer oor doen. Die drome kom so gereeld ek se naderhand vir Isabel ek het laas nag weer gedroom, wanneer sal ek dan eendag deur kom. Dit is nou al hoeveel maande dat ek die gesig oor en oor kry. In n gesig se die onderwyser wat die klas gee toe vir my; toe maar jy sal deur kom. Dit voel naderhand vir my ek is die oudste in die klas. Ek bid; Here ek verstaan nie wat moet ek dan doen, dan kom die stem van die Here en se; Shorty moet nie bekommer nie kom, kom net. Ek skryf die hoeveelste eksamen en die onderwyser laat almal vorentoe kom en hy se vir my; veels geluk Shorty jy het geslaag en is deur, jy kan jou sertifikaat by die hoof gaan haal. Dit is ook die laaste dag van die jaar en die skool gaan sluit, vir die vakansie. Ek begin om al my goed by mekaar te kry. Skielik is ek hartseer, en weet nie wat ek nou daar buite gaan doen nie, al my maats is hier en ek gaan hulle nie weer sien nie. Ek loop by die skool hek uit sonder om my slaag sertifikaat by die hoof te gaan haal. Dit was toe al meer as 2 jaar wat ek die gesigte kry. Die Here het met my begin in 1996 om my te onderrig en nou is ek eiendelik gereed. Skielik sit ek met al hierdie kennis, en ek weet nie wat doen ek daarmee nie. Ek het wel skrifte gefotostaat en dit uit gesny en in n boek geplak en baie openbarings daar in geskryf. In die tyd wil die Here he dat ek moet begin om dit wat ek geleer het aan die bruid te gee, en haar te help. Ek is onseker en traag om te begin. Die Here se; Shorty dit is tyd. Dit voel vir my ek hardloop weg en kom nie aan die gang nie, ek sou egter nog een mal droom. Die skool begin weer en ek besluit ek wil liewers terug skool toe. Toe ek daar op daag is die onderwyser verbaas en vra my wat soek ek hier. Daar is bitter min van die wat ek mee saam skool gegaan het daar. Ek se vir die onderwyser ek wil weer eksamen skryf, nou maar reg se hy, en sit n vrae stel voor my neer. Toe ek klaar is vat hy dit en merk dit; jy is deur en hoef nie weer te kom nie, daar is niks vir jou hier meer nie, jy kan nie meer hier skool gaan nie. Het jy dan nie jou sertifikaat gaan haal nie? Ek se nee, ek loop af na die hoof se kantoor en klop aan. Hy vra my wat wil jy he, ek het my slaag sertifikaat kom haal, hy vra my naam en neem n boek met goud omslaan blaai deur. Wanneer is jy deur vra hy, lankal antwoord ek, hy kry my slaag sertifikaat onder in die boek, skeur dit uit en gee my bewys aan my. Ek vat my goed en loop by die skool uit. Vir n oomblik het ek gaan stil staan en gedink dit was tog lekker toe ek geleer het, toe word ek wakker.
Ons sal hulle omkoop.
Ons is nog steeds in zanzibar en die Here werk met my oor die valse profeet. Ek wonder hoe is dit moontlik dat die predekers hom sal volg. In die aand slaap ek soos gewoonlik, dit is dan wanneer ek soms in n gesig onderrig word. Die volgende oomblik in die gesig is ek in n ander land, ek staan onder by trappe van n tempel soos dit vir my lyk, amper iets soos n romeinse tempel met groot pilaare ,met baie trappe wat op gaan na twee reuse deure. Ek klim op met die trappe tot by die deure en gaan staan, daar kom drie mans ook met die trappe op, hulle maak die reuse deure oop en gaan in. Die een het n toga en wit boortjie aan, hy lyk vir my soos n rooms katolieke priester en is die leier. Die ander een het ook n toga aan die lyk soos n budus en die ander een het n gewone suit aan, lyk soos predikant. Hulle is onbewus van my naby aan hulle, toe praat een van die mans, en hy se aan die leier; hoe gaan ons al die predekers kry om hulle gemeentes na ons toe oor te bring? Die leier antwoord; ons koop hulle om. Die ander man se; weet jy van hoeveel geld praat jy. Die priester lag klip hard en se; wie se ons gaan hulle betaal. Hulle bars almal uit van die lag en loop die gebou binne. Ek word wakker en hoor nog steeds hoe hulle lag. Hulle gaan die wereld se predekers om koop met reuse bedrae geld om hulle gemeentes by die united religions of the world te laat aan sluit, beloftes van geld wat hulle nooit gaan sien nie. Ons kom terug van Zanzibar af en die Here wil he ek moet begin onderrig.
Ronde wit wolk met tou wat in die middel afhang tot op die aarde, ek klim met die tou op boontoe.
Ek besef dat daar so baie in Christus is, verborgenhede wat die kerk nog nooit gehoor het nie. Hoe meer ek van hom leer hoe meer wil ek weet. Geen wonder dat Paulus se, as hy hom tog maar net nog beter kon leer ken. Om saam met Christus in hemelse plekke te kan sit is so n groot geestelike ervaring. My grootste problem was om gedurig deur te bid vir vergifnis en my verkeerde dade te belei, askuus vir dit en askuus vir dat, dat ek baie tyd vermors het, tot op n staduim dat die Here gese het ek moet nou asseblief daarmee op hou, Hy stel nie daarin belang nie. Toe ek ophou daarmee, vind ek uit dat die satan dit gebruik, sodat jy jou self so kan beskuldig, en hy slaag goed daarmee, sodat jy jou daarmee kan besig hou en nie kan vorentoe gaan nie. Ek is so bly vir die kennis, ek besef ek moet nog meer op klim hoeer op teen die berg Sion en nie onnodig tyd vermors nie. Geestelike groei vind slegs plaas hoe hoeer jy op gaan na die teenwoordigheid van God op die berg Sion. Terloops die berg sion is binne in ons.
In die gesig wys die Here my die belangrikheid daarvan.
In die nag terwyl ek slaap verskyn die gesig, daar is n ronde wolk in die hemel, amper iets wat soos n dounut lyk maar dit is n wolk. Binne in die sirkel is daar ook n bedekking van n ligte vlies wolk waar deur ek nie kan sien nie. In die middel uit die wolk hang n tou tot op die aarde, die tou is spierwit. Ek kyk op en sien dat die wolk baie hoog in die hemel sit, ek neem die tou en begin my self daarmee optrek. Op een staduim is ek moeg en toe ek afkyk, sien ek dat ek al reeds baie hoog en ver van die aarde af is. Ek is nou nader waar die tou in die vlies wolk verdwyn. Toe word ek wakker.
Met hierdie gesig moedig die Here my aan om op te gaan boontoe. Dit gaan nie maklik wees nie en ek sal moeg word, ek kan nie weer afklim nie, ek is nou nader aan my doel boontoe.
Ek praat nog steeds elke donderdag met n groep broers en susters oor die eiendtye en Openbaring soos die Here my onderrig het. Daar gaan nuwe kennis vir hulle oop en hulle is baie opgewonde en neem soveel as moontlik in. Dit wat hulle hoor se hulle is nog nooit in die kerk gepreek nie, en hulle is verstom en groei na nuwe geestelike hoogtes. Hulle leer nuwe openbarings, en weet nou meer van die eiendtye as enige iemand in die kerk, ook is die boek openbaring nie meer vir hulle so n verborge boek nie, en verstaan hulle nou meer wie hulle in Christus is. Ook leer hulle hom beter ken in verborgenhede wat hulle nog nooit voorheen gehoor het nie.
Gesig sien wit duiwe saam met man, Hy los rooiduif ek los swart duif, Hy se dit is gedoen.
Ek sit op die stoep en terwyl ek besig is om te gym, al my gym goed staan op die stoep, sien ek die bome aan die oorkant van die huis in die natuur reservaat waar die natuurlike bos dik is en die bome is op daardie oomblik almal groen. Ewe skielik is al die bome verdor en verbrand, sommige is swart gebrand, ander is bruin en dood, Dit is net vewoesting so ver as wat ek kan sien is al die bome verbrand. Ek gaan in die huis en vertel vir my vrou Isabel wat ek gesien het. Ek stap weer uit en gaan kyk, al die bome is weer groen soos hulle was. Drie dae later is daar n brand, dit begin aan die berg se kant. Alles verbrand, naderhand is die brand tussen die huise en die plantasies is almal aan die brand. Dit kom ook af in die natuur reservaat en brand tot by my huis. Die brandweer en baie inwoners is besig om die vuur te keer, ook huise brand af. Die volgende more is al die bome verbrand vir sover as wat jy kan kyk, daar is niks oor nie, alles lyk soos wat ek dit gesien het. Al wat ek kon se is; Here God van my hart.
Daar het nou al twee jaar verloop vandat ek begin het om met die gemeente van Christus te praat oor dit wat kom. Dit is die jaar 2008 februarie toe ek in die nag hierdie gesig ontvang. Ek staan in n vierkant met n muur regom my, in die middel van die vierkant is daar n swembad en n grasperk regom die swembad. Op die grasperk loop daar die mooiste wit duiwe, ek het nog nooit sulke mooi wit duiwe gesien nie. Daar is n hele klomp by mekaar. n Man kom na my en Hy kom staan aan my linkerkant, ek besef dit is die Here, sy klere se kleur is soos ou bloed. In sy hand het Hy twee duiwe, die een is n rooi duif, die ander een is swart, Hy gee my die swart duif en ek hou hom vas. Die volgende oomblik gooi HY die rooi duif op in die lug, Die duif vlieg weg en sirkel drie keer bokant ons in die lug en kom sit weer in die Man langs my se hande. Ek sien sy gesig net van die kant af, ek weet ek moet my swart duif ook op gooi en doen dit. Hy vlieg ook op en sirkel drie keer in die lug toe kom hy af en kom sit ook in my hande. Die Man : Here : se hardop; Dit is gedoen; toe word ek wakker. Dit was so werklik dat ek my hande gevat het en daaraan geruik het, ek kon die duif se reuk aan my hande ruik. Ek het begin om te wonder Here wat beteken dit. Die volgende dag bel ek vir Dina, een van die susters wat saam met ons donderdag aande is, en vertel haar, sy is miskien ook die enigste een wat ek toegelaat word om soms goed mee te deel.
Ek bid daaroor en weet dat dit wat nou gaan gebeur, n geweldige invloed gaan he. Niemand sal dit kan stop nie en dat dit die hele wereld gaan raak. Ek besef ook dat die duiwe n beeld is van die Perde in openbaring 6:1-6, hoekom dit duiwe is weet ek nie net die Here sal weet. In die tyd is die ekonomie van die wereld en van ons land voorspoedig, dit sal egter nie so bly nie. Agustus maand stort die wereld ekonomie in mekaar en maatskappye moet toe maak, leterlik duisende mense verloor hulle werk en alles word onsetend duur. Mense verloor hulle huise en hulle besittings en brandstof word net so duur. Ons is nou in die jaar 2009 en dit gaan nog erger word. Die wereld soos ons hom geken het gaan nooit weer die selfde wees nie.
Wat het die gesig beteken.
Die wit duiwe is eerste, die Manseuns wat God oprig. Die manseuns ry ook n wit perd .
Die rooi duif neem die vrede weg (konflik gaan vermeerder in die wereld tussen lande) opstande wat ook tussen Israel en die palestyne gebeur, en ook wereld natuur rampe wat alles nog meer gaan vererger.B.V. oorstromings pessiektes, en aardbewings n vuurspuuende berg wat n groot invloed gaan he op die aarde. Die swart duif is die ekonomie van die wereld, en behels hongersnoot, siekte, swaar tye en epedemies, en alles word net onbetaalbaar duur en werk skaars. So moet niks beskadig nie, dit gaan baie duur wees om dit weer reg temaak.
Die duiwe het drie keer gesirkel wat beteken dit raak die hele wereld; Vul die hele wereld; En vervul n Godelike besluit.
Rev 6:1 En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ‘n donderslag: Kom kyk!
Rev 6:2 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.
Hierdie wit perd het niks te doen met Christus nie, Hy ry n ander wit perd. Dit is die man seuns gebore uit die vrou; Die wit duiwe.
Rev 6:3 En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk!
Rev 6:4 En ‘n ander perd, ‘n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak en ‘n groot swaard is aan hom gegee;
Die rooi duif;
Rev 6:5 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n swart perd; en hy wat daarop sit, het skaal in sy hand.
Rev 6:6 En ek het ‘n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ‘n Rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie.
Die swart duif;
Wereld resesie, in een storting van die wereld ekonomie, alles word onbetaalbaar duur .Hongersnoot, water skaarste, droogte.
Rev 6:8 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.
Die duif is nie deur ek of die Man gelos nie, alhoewel die perd aansluit by die voorafgaande, die wilde diere van die wereld is nie diere soos ons dit ken nie; bv leeus, hienas of luiperds nie,maar leiers wat soos diere moor en verwoes (wilde diere van die aarde) bv Mugabe van Zimbabwe is n dier. Godelose leiers sonder gewete.
Ons het oor gegaan in die eindtyd, alhoewel alles nog nie in plek is nie, maar dit is die begin.
Rev 6:9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
Die dood van die man seuns in die verdrukking.
Rev 6:10 En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
n kooperatiewe liggaam van man seuns.
Op hierdie wit perd ry Christus. Openb.19:11
Rev 19:11 Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.
Rev 19:12 En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.
Rev 19:13 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.
Rev 19:14 En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.
Die wederkoms van Christus.
Rev 19:15 En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.
Rev 19:16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.
Die troon van God op die berg Sion
Ek het geslaap toe my geestelike liggaam op geneem is, ek het my op n berg bevind en ek was heeltemal nakend. Die berg het geskud soos met n aardbewing, bo op die berg was daar weerligte en donderslae wat die berg geskud het. Ek het begin opklim na waar die weerligte en donderslae was, ek was onsettend bang maar het tog op geklim. Hoe nader ek aan die kruin gekom het hoe erger en harder was die donderslae en weerligte, alles om my het gebewe en geskud. Paulus praat ook van n berg en hy het stemme gehoor, die donderslae het nie vir my na stemme geklink nie. Ek was nou naby aan bo, n digte mis het gemaak dat ek net die weerligte en donderslae was skrikwekkend, alles het geskud ek het bevrees geword. Die mis het my bedek, ek kon niks deur die mis sien nie slegs die geflits van die weerligte. Ek het bevrees plat gaan le op my maag, daar was n heerlikheid van God wat my oorweldig het. Ek het stil gaan le en nie meer beweeg nie. Ek was so naby aan die bopunt van die berg, wat met my sou gebeur het as ek wel nog op geklim het weet ek nie, ek sou moontlik nie weer terug gekom het nie. Op en ingegaan nie.
Ek is terug gebring en was verstom, as ek nou terug kyk is ek spyt ek het nie tog maar nog.
Jer 30:21 en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek die HERE.
Job 26:9 wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.
Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren MS.