Waarna Soek Jy In Jou Christenskap

Dit is asof Christene op hou soek het, en n plek in hulle geestelike lewe bereik het waar mee hulle tevrede is. Sommige is dood goed en ander is goed dood en ander as hulle wel soek, streef hulle na iets groot, om hulle self tebewys as Christen. Hierdie strewe is verkeerd, die werklike doel van elke Christen is om n dieper verhouding met God te verkry en hom te leer ken.

Joh 17:3  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.

God verlang dat jy in n meer intieme verhoudig met Hom moet staan , as om net sy gawes te ontvang. As jy God slegs soek om jou sonde vergewe te kry, en hemel toe tegaan en nie hel toe nie mis jy geheel en al die rede vir jou redding. Selfs die grootste geestelike dinge wat ons soek is tydelik, dit kom en gaan. Daar is niks makliker as om in die regte verhouding met God tekom nie. Behalwe as jy tevrede is met die wyse van jou eie verhouding met Hom, ek is Christelik genoeg en leef n goeie lewe, of is n goeie mens. Of ek is n Gods mens plaas jy jou self op n vlak wat jy nie verstaan nie. Dan is jou verhouding nie gebasseer in God nie maar in wat Hy jou kan gee.

As jy nog net by daardie punt is, waar jy sekere dinge van God vra, is jy nog nie daar op die plek waar jy in die minste verstaan, wat oorgawe aan Hom beteken nie. Jy het dan n Christen geword op jou eie voorwaardes. Jy protesteer ek Bid maar ontvang niks, ek vra vir die doping in die Heiligegees maar het dit nie ontvang nie. Hy het ook nie vir my die rus en vrede gegee wat ek verwag het nie. Ander ontvang dit maar ek nie, en ek weet nie hoekom nie , dit is seker maar vir ander en nie vir my nie. Maar daar is n groter rede, jy soek hoegenaamd nie die Here nie , jy soek iets vir jou self, wat jy op eis en verwag dat dit jou toekom. Sonder om enige bydra tebring. Hierdie denke is gevaarlik en is geestelike hoogmoed. Jesus het gese vra en vir julle sal gegee word, Hy het ook gese soek die dinge wat daarbo is en nie dit wat hier onder is nie. Soos wat ons opgroei in God vra ons , maar hoe nader ons aan Hom beweeg, sal jy naderhand heeltemal ophou om dinge tevra. Want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra. Waarom moet jy dan vra , sodat jy Hom kan leer ken. God verwag van ons n volle oorgawe, en as jy nie ontvang nie is dit omdat jy nog nie ten volle aan Hom oorgegee het nie. Is dit teveel gevra, en is jy bereid om jou af tevra wat jy van God wil he en waarom.

God ignoreer altyd jou huidige vlak van volmaaktheid ten gunste van jou toekomstige volmaaktheid. Met ander woorde dit wat ek nou bereik het steur God hom nie meer aan nie, Hy wil jou neem na n ander hoogte wat jy moet bereik. Hy is nie daarop ingestel om jou nou gelukkig te maak nie, maar Hy werk voortdurend Sy uiteiendelike volmaaktheid in jou. Totdat jy uiteiendelik op hou soek en jy Sy eenheid met Hom beleef en jy dit kan verkry. Sodat hulle een kan wees soos ons een is. Dit is wanneer die volkome rus in Hom n werklikheid vir jou word en uiteiendelik het jy ophou soek. Of het jy ophou soek en is  daar nie meer n verlange nie is jy tevrede met jou Christenskap. Soek jy net dit wat jou nou gelukkig kan maak en jou behoefte vervul, terwyl jy eerder die dinge moet soek wat daar bo is, verlang jy na geestelike groei of het jy geen begeerte na die volmaaktheid wat God verlang nie. Wat verwag jy van jou Christenskap. Waarna verlang jy, kan jy eerlik na jou verhouding kyk, en wat sal jy doen om dit te bereik. Is jy gelukkig in jou verhouding, is daar n verlange na n dieper en hoe’r  en meer intiemer verhouding. Is jy tevrede met jou christenskap.

Paulus het die volwassenheid in Christus, oor en oor beklemtoon

1Co 3:1  En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.

Wat moet die eiendoel van my Christenskap wees.

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;

Dit is God se begeerte vir die volmaaktheid van jou Christenskap.

Eph 4:14  sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

2Co 4:10  Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.

2Co 4:11  Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.

Die werklike Christenskap is altyd die opgroei van kindskap na volwassenheid na volmaaktheid. daar is niks wat jou so kan bevredig as die strewe na volwassenheid in Christus nie. Of het jy gestagneer is daar geen soeke meer nie, het jou verlange na geestelike groei opgehou. Dan is my vraag steeds wat verwag jy van jou Christenskap.

Soos altyd liefde in Christus
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment