Alles in die getuienis van Jesus in die boek Openbaring is n kooperatiewe liggaam .
Behalwe die Satan, Apollo die Antichris en die dier profeet.
Openbaring 11: 1,-19
Rev 11:3 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer.
Met sakke bekleed hulle is van alles ontneem.
Rev 11:4 Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.
Rev 11:5 En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.
Rev 11:6 Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie;en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.
Rev 11:7 En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;
In die verborgenheid van die twee getuies neem God die twee en in n paralelle verborgenheid maak Hy dit vier getuies let op die twee olyfbome en die twee kandelaars maak die getuies uiteiendelik vier elkeen het n bediening as n getuie wat sal getuig gedurende die verdrukking. Wat God dan weer in n paralelle verborgenheid weer net twee maak, wat ek later verduidelik. en uiteidelik op die eiende word alles een in Christus.
Rev 11:3 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd vyf en sestig dae lank sal getuig.
Die twee getuies is nie Moses en Elia soos die kerk leer nie. Op die getuienis van twee of drie sal n saak vas staan en Jy kan volgens wet slegs getuig van wat jy gesien en gehoor het. Moses en Elia kan niks getuig van die nuwe testament nie hulle het niks daarmee tedoen gehad nie, hulle was profete van die ou testament daaroor kan hulle dus wel getuig. Die twee olyfbome en die twee kandelaars is albei kooperatiewe liggaame in die wereld. Daar is slegs twee olyfbome op aarde en dit is die geestelike kooperatiewe kerk en die kooperatiewe Israel wat weer ingeeent sal word op die oorspronklike olyfnoom. Nie Moses of Elia was ooit olyfbome genoem nie slegs die twee geestelike kerke is olyfbome en die is die twee kandelaars. Die twee olyfboom getuies wat voor die God van die Aarde staan is twee eientyd kooperatiewe getuies en vorm deel van die geestelike kerk op die eiende
Rev 1:13 en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel.
Hy verenig die twee kandelaars in Hom staan tussen hulle dit is die geestelike Israel kerk wat nog sal kom en die huidige geestelike kerk uit die heidene die christendom. Die twee kandelaar getuies.
Die huidge Israel is nog steeds uit gesluit
Dit is belangrik om te weet wie die kandelaars is.
Rev 1:20 die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.
Dit is die twee geestelike kerke .
Rev 11:1 En ‘n riet soos ‘n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.
Die maates van die natuurlike tempel was bekend.
Die geestelike tempel van God is die Christendom Die altaar is die !44000 wat daarin aanbid.
Waar hulle ook onder verskyn na hulle gedood is.
Rev 6:9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
Hierdie verborgenheid is groot.
Hierdie is n geestelike tempel waarvan gepraat word en die wat daarin aanbid sal ons later verder behandel dit is n belangrike verborgenheid in die twee getuies. Daar is soos ek gese het baie min in die boek Openbaring wat nie n kooperatiewe liggaam is nie.
Belangrik
Die Evangelies verteenwoordig die eerste drie en n halwe jaar van die verdrukking, en handelinge die laaste drie en n half jaar. Alles sal weer net so gebeur in die eiendtyd.
Kom ons begin.
Deu 19:15 Een getuie mag nie teen iemand optree insake enige misdaad of enige sonde by enige misstap wat hy begaan nie; op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal ‘n saak van krag wees.
En terwyl hulle hieroor in verleentheid was, staan daar twee manne by hulle in blink klere.
Luk 24:5 En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?
Die twee manne getuig dat Christus lewe en nie meer dood is nie. Weer twee getuies wat dit bevestig.
Luk 24:6 Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was:
Die hemel vaart.
Act 1:9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.
Act 1:10 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle.
Die twee manne lewer getuienis dat Christus weer net so sal kom.
Act 1:11 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
Sal my getuies wees.
Exo 31:18 En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.
Om die rede was daar twee klip tafels van die getuienis wat deur God gegee is. Om te bevestig dat dit deur God Geskryf is.
Daar kan geen veroordeling wees op die getuienis van een persoon nie slegs op die getuienis van twee of drie. Hierdie wet van God is ook van krag in die kerk en die verkondiging van die getuienis van Christus.Waar meer as een persoon getuig van die dinge aangaande Christus. Om die twee getuies te verstaan moet ons kyk waaroor getuig word.
Mat 10:1 En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.
Mat 10:7 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Luk 10:1 En ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom.
Twee getuies——-Die sewentig dui op n kooperatiewe liggaam van getuies. En nie n enkel getuie nie.
Act 13:31 En gedurende baie dae het Hy verskyn aan die wat saam met Hom opgegaan het van Galiléa na Jerusalem, en hulle is sy getuies by die volk.
n Kooperatiewe liggaam van getuies.
Act 10:38 met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag.
Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.
Act 10:39 En ons is getuies van alles wat Hy gedoen het in die Joodse land en in Jerusalem. En hulle het Hom omgebring deur Hom aan ‘n kruishout op te hang.
En ons is getuies n kooperatiewe liggaam van getuies. Die liggaam van Christus (gemeente die kerk) getuig van wat hulle gehoor en gesien het. Nadat Christus van hulle af weggeneem is. En die Kerk doen presies die selfde in die eiendtyd, as die Man Seuns weg geneem is.
Wat hulle gesien en gehoor het.
Lees die verborgenheid van die Man Seuns Dawid waarvan ek nou hier net n klein gedeelte gaan behandel.
Die Man Seuns gebore uit die vrou (Openb 12:1) een van die belangrikste gebeure in die eiendtyd vir die kerk.
Die getuienis van twee getuies.
Act 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
Die liggaam van Christus sy dissipels gemeente die twee kandelare sal sy getuies wees oor die hele aarde, ook in die eiendtyd met die verdrukking. Dit is baie duidelik dat die getuies sal getuig, van dit wat hulle gehoor en gesien het
Openb11: 3-19.
Rev 11:3 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer.
In die sewe jaar van die verdrukking. Die eerste twee getuies die twee olyfbome wat voor die God van die Aarde staan getuig eers die een olyfboom in die eerste drie en n half jaar van die verdrukking. en die ander olyfboom getuie in die laaste drie en n halwe jaar van die verdrukking, hulle bring Israel in op die eiende, dit is die uit die twaalf stamme in die laaste drie en n halwe jaar van die verdrukking die twee kandelare getuig ook in die laaste drie en n half jaar van die verdrukking. Daar moet altyd twee of meer getuies wees.
Eerste die wat gebore en voortkom uit die vrou die Christendom.
Rev 12:2 en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.
Rev 12:5 En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; –
Rev 12:6 En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.
Sy gee geboorte aan die 144000 Manseuns aan die begin van die verdrukking,
Die ander 144000 kom eers later in die verdrukking na vore.
Rev 7:3 en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.
Rev 7:4 En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel
Hulle kom eers te voorskyn in die laaste drie en n halwe jaar van die verdrukking.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
Hierdie is een van die mees belangrikste verse as jy die verborgenhede van die getuienis van Jesus in die boek Openbaring wil verstaan,daar is glad niks nuuts onder die son nie. Net soos wat dit was in Jesus se tyd, toe die Apostels getuig het van die koningkryk van God, sal die Man Seuns die selfde ook doen, toe die Apostels nie meer daar was nie, het die christene die kandelaar gemeente oor die koningkryk van God en Christus getuig. Die bruid en die liggaam van Christus God se volk sal getuig van dit wat hulle gehoor en gesien het van die manseuns en sal al die kennis dra van Christus in die eiendtyd.Vernaamlik gedurende die verdrukking, van wat hulle gehoor en geleer het by die Man Seuns gebore uit die vrou bekleed met die Son. Dit is nou duidelik dat slegs op die getuienis van twee of meer n saak vas staan, en getuienis gelewer kan word, dit is volgens die wet van God en so ook oor enige saak of aanklag in die kerk. Dit maak die lering van Moses en Elia as getuies absurt.
Die openbaring van die twee geslagte Manseuns die twee olyfbome.
Let op Jesus praat van Sy twee Olyfbome en nie n enkel olyfboom nie.
Daar is net twee olyfbome die afgekapte takke van die olyfboom Israel wat weer terug geeent sal word op die eiende op hulle oorspronklike olyfboom, en die geestelike olyfboom die christendom. Uit die geslag van Dawid. die kerk die geestelike olyfboom getuie, en die Israelietiese geestelike kerk die geslag van Jakop as getuie uit die twaalf stamme die ander olyfboom en die Israel kerk kandelaar wanneer hulle Jesus aangeneem het.
Hierdie is uiters belangrik om die verborgenheid die weg gesteekte waarheid teverstaan.
Daar is twee weggesteekte olyfbome binne die raamwerk van Sy getuienis.
Jy kan nie enige ander olyfboom in bring in sy getuienis nie jy mag nie by sy getuienis by voeg nie.
Hier is die twee olyfbome binne Sy getuienis
Eerste
Hierdie groep saam met Hom is die geroepe geregverdige verheerlikte olyfboom uit die Christendom.
Openb 14: 1 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.
Die geslag van Dawid uit Christus.
Uit die geslag van Jakop die tweede olyfboom
Rev 7:4 En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel.
Op die voorhoof verseel. die selfde as die 144000 uit die geslag van Dawid.
Rev 7:5 uit die stam van Juda twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Ruben twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Gad twaalf duisend verseëldes;
Rev 7:6 uit die stam van Aser twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Náftali twaalf duisend verseëldes;uit die stam van Manasse twaalf duisend verseëldes;
Rev 7:7 uit die stam van Símeon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Levi twaalf duisend verseëldes uit die stam van Issaskar twaalf duisend verseëldes;
Rev 7:8 uit die stam van Sébulon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Josef twaalf duisend verseëldes;uit die stam van Benjamin twaalf duisend verseëldes.
Let nou op daar is geen ander olyfbome getuies binne Sy getuienis in die boek Openbaring nie.
Rev 11:3 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer.
M.A.W. drie en n halwe jaar, in die eerste helfde en in die tweede helfde van die sewe jaar van die verdrukking.
Rev 11:4 Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.
M.A.W. twee olyfbome en twee kandelare = is vier, wat God in n paralelle verborgenheid weer twee maak wanneer hulle saam is.
Die Man Seuns, is die twee olyfbome; die geslag van Dawid wat gebore word uit die vrou. En die geslag van Jakop kom eers in die verdrukking na vore en word dan verseel.
Rev 12:1 En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof n kroon van twaalf sterre;
Rev 12:2 en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.
Rev 12:5 En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.
Manlike kind gebaar n MANSEUN, OF GENOEM, A MANCHILD, the first fruits die eerste vrugte hulle word uit die mense geroep as eerstelinge vir God en die lam.
Staan in die volle beeld van Christus het Sy karakter geaartheid en gesintheid dra Sy naam en God se naam.
Rev 14:4; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
Hulle dra God en Christus se naam op voorhoof is in die volle beeld van Christus en is Sy broers.
Heb 2:11 Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie,
Ek verduidelik verder.
2Ch 13:5 Behoort julle nie te weet dat die HERE, die God van Israel, die koningskap oor Israel aan Dawid vir EWIG gegee het, aan hom en sy seuns as ‘n soutverbond nie?
Sy seuns die Manseuns wat al die nasies sal regeer hulle heers as konings saam en sit lings en regs van Christus as konings. Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.
Rev 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.
Vir die kerk.
2Co 4:11 Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.
Heb 6:1 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan.
Die Man Seuns is die eerste wat die volheid in Christus bekom, en op hierdie wyse gebore word uit die vrou bekleed met die son. Hulle bereik die volheid volwassenheid in Christus in hulle geestelike liggaam eerste daarna die verheerliking van die vleeslike liggaam Wanneer Hy Hom self binne in hulle inkaneer.
2Th 1:10 wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.
Kom ons kyk na skrifte wat die volwassenheid in Christus aanspreek.
Dit geld vir elke gelowige om tekom
2Co 4:10 Ons moet nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,
Jy moet geestelik groei totdat geloof nie meer nodig is nie, maar die volle versekerheid oorneem van die werlikheid van God, tot volwassenheid.
Die volgende is n belangrike skrif.
Eph 4:13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
Die eerste gebeurtenis van die Man Seuns is volwassenheid in die geestelike liggaam waaraan hulle geboorte gee. Die onverganklike saad van Christus wat in jou is te laat groei, totdat jy Christus se gestalte verkry. Christus se saad kan slegs Christus voort bring. Totdat volwassenheid van die saad van Christus so in jou geestelike liggaam groei dat jy kan kom tot die mate van die volle grootte van Christus. Die geboorte van die Man Seuns. Open 12: 1
Word uiteiendelik deur verheerliking en inkarnasie van Christus vinnig tot die volle volheid gebring. Die wie Hy geroep het.
Die seuns van Dawid.
Rev 12:1 En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre;
n Groot teken beteken sy is nie n enkel vrou nie maar n kooperatiewe liggaam
Rev 12:2 en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.
Joh 16:16 ‘n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ‘n klein tydjie, en julle sal My sien, –
Rev 12:5 En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.
Die vrou van Joh 16:21 en die een bekleed met die Son Openb 12: 1 is die selfde vrou waar van Hy praat
Joh 16:21 ‘n Vrou het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat ‘n mens in die wêreld gebore is.
n manmens gebore is.
Die geboorte van die Manseuns uit die liggaam van Christus die Kerk.
Rev 11:1 En ‘n riet soos ‘n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.
Meet die tempel en die altaar en die wat daarin aanbid. Die wat by die tempel en altaar aanbid is die Man Seuns wat gebore is uit die vrou, hulle word getel gemeet Hulle getal is 144,000 , Hulle is ook die eerste seel wat Christus oop maak. Openb:6:2 En ry die wit perd.
Openb 6:1 En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ‘n donderslag:
Kom kyk!
Rev 6:2 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.
Dit is hulle wat volwasse in Christus in die gees geword het en in die kennis van Christus. Hulle word deur God geroep, en is uitverkies, as eerstelinge vir God en Christus. Hulle aanbid by die altaar en is getel 144000. opgeneem na God en sy Troon waar hulle by die altaar aanbid, daar is ook n geestelike gebeurtenis wat binne in die liggaam gebeur wat slegs die geroepe Manseuns ervaar.
Rev 14:1 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.
Hierdie berg Sion is n geestelike berg wat jy nie met hande kan aanraak nie, die is binne in die mens.
Rev 12:13 En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het;
Hy begin die verdrukking en die eerste manseuns het verskyn is gebore en is gereed om die vrou te beskerm.
Jesus vewys nerens dat die Satan met sy geboorte op die aarde neer gewerp is nie, dit is n gebeurtenis wat nog gaan gebeur soos ek verduidelik. Die Satan sal eers op die aarde neergewerp word, dit gebeur net voor die begin van die verdrukking, dan eers vervolg hy die vrou (die kerk) wat geboorte gegee het aan die seuns.
Rev 12:7 En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;
Rev 12:8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.
Rev 12:9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.
Rev 12:12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.
Rev 12:13 En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het;
Hy vervolg die vrou nie die seuntjie nie.
Ek hoop nou dat gesien kan word dat die gebeurtenis in die toekoms in die eientyd gebeur. Eers as die seuntjies in n groot getal gebore word net voor die verdrukking vervolg die Satan die vrou let op die Satan vervolg nie die seuntjie nie. Die vrou wat met die Son (Christus) bekleed is; Die kerk Gemeente van Christus sy gee geboorte aan n MAN SEUN . Soos voorheen al gese is die vrou is nie die maagd nie, en die seuntjie is nie Jesus van nasereth die gekruisigde nie Hy getuig nie weer oor Homself nie. Lees die Man Seun Dawid wat meer volledig is. Hierdie seuntjie is nie Jesus nie Hy is 2000 jaar terug al gebore, die seuntjie is n kooperatiewe liggaam van seuntjies en word in die eientyd gebore uit die liggaam die kerk van Christus. EN WORD DAN DEUR DIE SATAN wanneer dit hulle tyd is VERVOLG IN DIE VERDRUKKING, en dood gemaak. Deur die Antichris en die Valse profeet. OPEN;13-1,en 13,-6 as hulle die vrou die kerk klaar versorg beskerm het in die woestyn wildernis in die plek wat God voorberei het in die eerste drie en n halwe jaar van die verdrukking word hulle gedood en weg geneem. En dan daarna vervolg die Satan die vrou en haar nakomelinge die Manseuns uit die twaalf stamme van Israel en word hulle dood gemaak en wanneer hulle nie meer daar is om haar te beskerm nie. vervolg hy die hele gesamentlike geestelike kerk, dit is die ergste tyd vir die christendom, daar is geen beskerming oor nie.
Rev 7:9 Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
Rev 7:13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?
Rev 7:14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.
Hulle is uit die plek van beskerming uit gehaal, en vlug nou in die wildernis. woestyn
Was eers in die plek van beskerming.XXX
Wat ek nou hier se is van die uiterste belang om tedoen om die eerste drie en n halwe jaar van die verdrukking te ontvlug.
Rev 12:6 En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.
Rev 12:14 maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, ‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd.
Die wereld stel vliegtuie beskikbaar om die kerk na die plek wat God voorberei te neem in die wildernis lUISTER nou baie mooi wanneer dit gebeur huiwer jy nie jy maak dat jy op daardie vliegtuig kom, God se koningkryk het gekom jy gaan in n nuwe stad woon die hemelse Jerusalem van God. Die drie en n halwe jaar in die begin van die verdrukking IS DIE WAT GEVLUG HET VEILIG. en is hulle ook by die Manseuns, dit sal die wonderlikste tyd ooit vir die kerk wees.
Terwyl hulle nog veilig is sal hy die ander nakomelinge die uit die twaalf stamme gaan vervolg en uit eiendelik ook dood maak
Rev 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.
Die nakomelinge is 144000 uit die twaalf stamme van Israel wat in die laaste drie en n halwe jaar van die verdrukking Israel tot bekering bring die stomp die oorblyfsel sal Hom erken en aanvaar die res sal dood gemaak word
Zec 13:8 En in die ganse land, spreek die HERE—twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly.
Zec 13:9 Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos ‘n mens silwer smelt en hulle toets soos ‘n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is my volk! En hulle sal sê: Die HERE, my God!
Die eerste manseuns is gedood en onder die altaar.
Rev 6:10 En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
Rev 6:11 En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.
Die medediensknegte en broers
Die Manseuns geroep deur God. Wanneer die 144000 uit Israel se getuienis afgehandel is word hulle ook dood gemaak onthoof.
Rom 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;
Die Manseuns is n kooperatiewe liggaam van seuns ,wat gelykvormig is na die beeld van sy seun Jesus Christus .
Rom 8:30 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het,dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.
2Th 1:10 wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.
Jesus inkaneer verheerlik Homself in hulle en hulle word Sy broers. Die wat Hy vantevore verordineer geroep het om gelykvormig te wees na die beeld van sy Seun. Die Man Seuns is die een getuie, hulle getuig van wat hulle gesien en gehoor het by Christus, en getuig van die wederkoms van Christus en sy Koningkryk wat op hande is, en beskerm die bruid en die kerk in die verdrukking.
Rev 14:1 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.
Rev 14:4 Dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
Daar is geen ander doel vir die 144000 nie hulle is Christus se herders vir sy skape ,wat Hy self uit gesoek het.
Jer 3:15 En Ek sal aan julle gee herders na my hart, wat julle sal oppas met kennis en verstand.
DIE MANSEUNS DIE EEN GETUIE. Die honderd vier en veertig duisend met sy naam en die naam van sy Vader op HULLE voorhoofde geskrywe.Hulle is in sy volle karakter gesintheid en natuur. Jy kan nie jou self n Manseun maak nie hulle word deur God geroep.
Daar is twee geslagte Man Seun getuies. Ek verduidelik. God gebruik n paralele Openbaring wanneer hy twee geslagte vat en dit een maak, die twee geslagte Man Seuns, wat Hy op die eiende een maak in Christus. Die twee olyfbome.
Rev 11:3 En Ek sal aan my twee getuies gee.
Rev 11:4 Hulle is die TWEE OLYFBOME en die TWEE KANDELAARS wat voor die God van die aarde staan.
As een getuie.
Ons behandel die twee kandelaars later.
Die 144,000 uit die vrou is nie die 144,000 uit die natuurlike stamme van Israel (Jode nie) Die natuurlike Israel word later gedurende die verdrukking verseel; Terwyl die op die berg sion saam met Christus sy naam en die naam van sy Vader het, op hulle voorhoofde geskrywe. Die 144000 Man Seuns saam met Christus kom uit die geslag van Dawid terwyl die ander 144000, natuurlike Jode uit die geslag van Jakop kom, uit al die stamme van Israel, B.V.B.uit die stam van Naftalie Juda,Simeon Ruben ens.12000 uit elke stam Openb 7 :4. Die twee geslagte (Man Seuns) getuies uit die geslag van Dawid en uit die geslag van Jakop die twee olyfbome.
Jer 33:25 So sê die HERE: As Ek my verbond met dag en nag, die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie,
Jer 33:26 dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm.
Die twee geslagte, een uit Jakop, en die ander uit (Dawid. 144000) En (Jakop 144000). Die Israeliete. Die twee geslagte van God.
Openb14:1 en Openb7:4 Al by groepe is Man seuns. Die uit Dawid kom deur die geslag van Juda, uit wie Christus ook kom en ons kom deur Christus wat ons ook die nageslag van Dawid maak deur Christus.
Die geslag uit Dawid deur Christus is die kerk (liggaam van Christus) die vrou bekleed met die son (Christus) 144000 manseuns. Die uit Jakop deur die twaalf stamme van Israel 12000 uit elke stam 144000 manseuns. Wanneer die twaalf stamme Hulle mesaih Christus aanneem word hulle deel van die liggaam van Christus die kerk dan word hulle saam met ons een in Christus. Hier is n verborgenheid wanneer die twee groepe manseuns die twee olyfbome deur God in Christus ,weer net een getuie word. En ek sal my twee getuies gee die twee olyfbome word een getuie en die twee kandelaars die ander getuie word ook later een.
Rev 11:4 Hulle is die TWEE OLYFBOME en die TWEE kandelaars wat voor die God van die aarde staan.
Rev 11:3 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd ensestig dae lank sal profeteer. Die twee olyfbome.
In die laaste drie en n half jaar die kerk die kandelare. Alles word hulle ontneem , het niks oor nie behalwe Christus en hulle getuienis Hierdie twee getuie kandelare is nie enkel persone nie MAAR N KOOPERATIEWE LIGGAAM van getuies. Net soos wat ons een is in Christus, maar ook n kooperatiewe liggaam van Christus is M.A.W. baie dissipels maar een in Christus.
Dan 11:33 En die verstandiges onder die volk sal baie tot insig bring; maar hulle sal struikel deur swaard en vlam, deur gevangenskap en berowing, dae lank.
Ek weet hierdie word baie herhaal maar uit eiendelik sal jy alles verstaan daar kom elke keer nuwe kennis.
Bly net by my soos ons aangaan sal u dit beter verstaan.
Kom ons kyk meer na die twee olyfbome en die twee kandelaars.
Zec 4:1 En die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos ‘n man wat uit die slaap opgewek word.
Zec 4:2 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar ‘n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op om; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is.
Zec 4:3 Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan.
Zec 4:4 Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer?
Zec 4:6 Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die HERE aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.
Deur die Gees, sê die HERE van die leërskare.
Die Manseuns werk slegs deur die gees wat op hulle rus.
Hierdie skrif onder is n verwysing na die twee olyfbome binne die raamwerk van Sy getuienis
Zec 4:11 Daarop het ek begin spreek en aan hom gesê: Wat beteken hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die kandelaar en aan die linkerkant daarvan?
Zec 4:12 En ek het toe nogmaals gespreek en vir hom gesê: Wat beteken die twee olyftakkies aan die kant van die twee goue pype wat goud uit hulle laat uitstroom?
Zec 4:13 Toe antwoord hy my en sê: Weet jy nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.
Zec 4:14 En hy sê: Dit is die twee gesalfdes wat by die Here van die ganse aarde staan.
Rev 11:4 Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.
Die twee gesalfdes wat ek later meer sal verduidelik.
Die twee olyfbome.
Zec 4:11 Daarop het ek begin spreek en aan hom gesê: Wat beteken hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die kandelaar en aan die linkerkant daarvan?
Openb14:1
Die twee olyfbome aan die regter en linkerkant is die twee geslagte manseuns uit Jakop en Dawid. 144000 uit die geslag van Dawid deur Christus gebore uit die vrou bekleed met die son (Christus) die son van geregtigheid.Met Sy naam en God se naam op die voorhoof geskrywe.
Openb 7;1.
En die ander olyfboom die 144000 uit Jakop se geslag die twaalf stamme van Israel
Rev 7:4 En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel .
Dit is die twee groepe manseuns wat aan die regterkant en linkerkant van die kandelaar staan. Wanneer God die manseuns vat uit die ou testament die geslag van Jakop en uit die nuwe testament die 144000 en hulle een maak in Christus praat Hy van een getuie My twee getuies in enkelvoud Openb 11:4 albei groepe manseuns getuig van Christus. Hierdie is n paralelle Openbaring God gebruik die twee olyfbome en hulle word uit eiendelik een net soos met die twee kandelare. Die olyfbome vorm deel en is verbind aan die kandelaar, en verbind aan mekaar is broers Net soos Christus verbind is aan sy gemeente, is die Man Seuns verbind aan alle kerke Christus is onlos maakend verbid aan die twee olyfbome en twee kandelaars en staan tussen hulle.
Ons behandel die twee kandelaare later.
Zec 4:12 En ek het toe nogmaals gespreek en vir hom gesê: Wat beteken die twee olyftakkies aan die kant van die twee goue pype wat goud uit hulle laat uitstroom?
Zec 4:13 Toe antwoord hy my en sê: Weet jy nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.
Zec 4:14 En hy sê: Dit is die twee gesalfdes wat by die Here van die ganse aarde staan.
Hierdie twee gesalfdes is die twee groepe Manseuns gesalf met die selfde salwing as Moses en Elia. Kom ons kyk eers na Moses en Elia, in die ou testament, voor die kruisiging.
Mar 9:2 En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle alleen op ‘n hoë berg in die eensaamheid geneem; en Hy het voor hulle van gedaante verander,
Mar 9:3 en sy klere het blink geword, baie wit soos sneeu, wit soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie.
Mar 9:4 En daar het aan hulle verskyn Elía saam met Moses, en hulle was in gesprek met Jesus.
Die verborgenheid van Moses en Elia. Die gees wat op Elia en Moses gerus het ontvang die manseuns nou in die nuwe testament. Kom ek verduidelik verder. Die paralelle Openbaring van Elia en Moses op die twee getuies die olyfbome.
Mat 11:9 Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ‘n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, ook baie meer as ‘n profeet!
Mat 11:10 Want dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak.
Presies wat die Manseuns ook sal doen die bruid en kerk gereed kry vir Christus se wederkoms.
Mat 11:12 Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.
Mat 11:13 Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer.
Mat 11:14 En as julle dit wil aanneem: hy is Elía wat sou kom.
Hier is Johannes die doper Elia,was hy regtig Elia, nee. Hier is die Openbaring, dit was Elia se gees wat op Johannes die doper gerus het. Dit is n paralelle Openbaring waneer Elia Johannes die Doper word.
Luk 1:17 En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here ‘n toegeruste volk te berei.
Presies wat die twee getuies Manseuns sal doen. Dit wat was sal weer wees en dit wat gebeur het sal weer gebeur. Waar het dit nog gebeur.
2Ki 2:1 En toe die HERE Elía in ‘n storm na die hemel sou opneem, het Elía met Elísa uit Gilgal uitgegaan.
2Ki 2:4 En Elía sê vir hom: Elísa, bly tog hier, want die HERE stuur my na Jérigo. Maar hy sê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie!
En hulle het in Jérigo aangekom.
2Ki 2:6 En Elía sê vir hom: Bly tog hier, want die HERE stuur my na die Jordaan. Maar hy sê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle twee het gegaan.
2Ki 2:8 Toe neem Elía sy mantel en rol dit op en slaan op die water; en dit is na weerskante verdeel, sodat hulle twee op droë grond deurgegaan het.
2Ki 2:9 En nadat hulle deur was, sê Elía vir Elísa: Begeer wat ek vir jou moet doen, voordat ek van jou af weggeneem word. En Elísa antwoord: Laat dan tog ‘n dubbele deel van u gees op my kom.
2Ki 2:10 En hy sê: Jy het ‘n harde saak begeer. As jy my sien wanneer ek van jou af weggeneem word, laat dit dan so met jou wees. Maar so nie, dan sal dit nie wees nie.
2Ki 2:12 En Elísa het dit gesien en geroep: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters! En toe hy hom nie meer sien nie, het hy sy klere gegryp en dit in twee stukke geskeur.
2Ki 2:13 Daarna tel hy die mantel van Elía op wat van hom afgeval het, en hy draai om en gaan op die wal van die Jordaan staan;
2Ki 2:14 en hy neem die mantel van Elía wat van hom afgeval het, en slaan op die water en sê: Waar is die HERE, die God van Elía, ja, Hy? En toe hy op die water slaan, is dit na weerskante verdeel, en Elísa het deurgegaan.
2Ki 2:15 En die profete-seuns wat in Jérigo was, het dit op ‘n afstand gesien en gesê: Die gees van Elía rus op Elísa! En hulle het hom tegemoetgekom en voor hom na die aarde gebuig.
Die gees van Elia rus op Elisa. Hier is die openbaring .Die gees van Moses en Elia rus ook op die twee getuies, en hulle doen presies die selfde wonderwerke,wat Moses en Elia gedoen het. Moses se gees wat op die Man Seuns rus, sy tekens.
Exo 7:16 en sê vir hom: Die HERE, die God van die Hebreërs, het my na u gestuur met die boodskap: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien in die woestyn. Maar kyk, u het tot nou toe nie geluister nie.
Die vrou en die bruid vlug ook na die woestyn waar sy God sal dien. Onder beskerming van die Man Seuns net soos dit was onder Moses.
Exo 7:17 So spreek die HERE: Hieraan sal jy weet dat Ek die HERE is. Kyk, ek sal met die staf wat in my hand is, op die water slaan wat in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word.
Exo 7:19 Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê vir Aäron: Neem jou staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle strome, hulle kanale, hulle waterkuile en oor al hulle versamelplekke van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Egipteland wees, ook in hout— en in klipbakke.
Die gees van Elia en moses rus op die Man Seuns, en hulle doen die selfde tekens.
Die Man Seuns.
Rev 11:5 En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.
Rev 11:6 Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.
Moses se gees,rus op die Man Seuns en hulle doen sy tekens.Bloed en allerhande plae soos wat hy in Egipte gedoen het, hierdie keer gebeur dit op die hele aarde. Moses en Elia is hier in n verborgenheid, God gebruik hulle twee in n paralelle verborgenheid in die twee getuies. Kom ons gaan verder. Kom ons kyk eers wie het vuur uit die hemel geroep en sy vyande verslind.
Elia se gees en tekens. Daarop sê hy vir hulle: Hoe was die voorkoms van die man wat opgekom het julle tegemoet en hierdie woorde met julle gespreek het?
2Ki 1:7 hulle antwoord hom: ‘n Man met ‘n harige mantel en omgord met ‘n leergord om sy heupe. toe sê hy: Dit is Elía, die Tisbiet!
2Ki 1:9 En hy het ‘n owerste van vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En toe hy na hom opklim, terwyl hy juis op die top van die berg sit, En hy se vir hom: Man van God, die koning spreek: Kom af!
2Ki 1:10 Toe antwoord Elía en sê aan die owerste oor vyftig: As ek dan ‘n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer!
En daar het vuur van die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer.
2Ki 1:11 En hy het weer ‘n ander owerste oor vyftig met sy vyftig na hom gestuur; en die het begin spreek en vir hom gesê: Man van God, so sê die koning: Kom gou af!
2Ki 1:12 Daarop antwoord Elía en sê vir hulle: As ek ‘n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het die vuur van God uit die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer.
2Ki 1:13 En hy het weer ‘n owerste van ‘n derde vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En die derde owerste oor vyftig het opgeklim en aangekom en op sy knieë voor Elía gebuig en hom gesmeek en vir hom gesê: Man van God, laat tog my lewe en die lewe van u dienaars, hierdie vyftig, kosbaar wees in u oë!
2Ki 1:14 Kyk, vuur het van die hemel neergedaal en die eerste twee owerstes oor vyftig met vyftig verteer maar laat my lewe nou kosbaar wees in u oë!
2Ki 1:15 Toe sê die Engel van die HERE vir Elía: Gaan saam met hom af; wees nie bevrees vir hom nie. En hy het opgestaan en saam met hom na die koning afgegaan
Die man seuns doen die selfde tekens as getuies.
Rev 11:5 En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op die selfde manier gedood word.
Rev 11:6 Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reënval nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.
Die gees van Elia.
1Ki 17:1 En Elía, die Tisbiet, uit Tisbe in Gílead, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie,behalwe op my woord!
1Ki 18:42 En Agab het opgetrek om te eet en te drink; maar Elía het op die top van die Karmel geklim en hom op die grond neergebuig en sy aangesig tussen sy knieë gesteek.
1Ki 18:43 Daarop sê hy vir sy dienaar: Klim tog op, kyk uit na die see. En hy het opgeklim en uitgekyk en geroep: Daar is niks nie. Toe sê hy: Gaan weer—sewe maal.
1Ki 18:44 En die sewende maal roep hy: Daar gaan ‘n wolkie soos ‘n man se hand op uit die see. Toe sê hy: Gaan op, sê vir Agab: Span in en trek af, dat die reën jou nie terughou nie.
Die Man Seuns doen die selfde tekens.
Rev 11:6 Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met—allerhande plae so dikwels as hulle wil.
Hierdie keer oor die hele wereld. Die Man Seuns het mag oor plae so dikwels as hulle wil oor die hele wereld om die kerk te beskerm in die verdrukking.
Die gees van Aaron en Moses.
Exo 8:6 En Aäron het sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en daar het paddas opgekom en Egipteland oordek.
Egipteland verteenwoordig die hele wereld.
Exo 8:17 En hulle het so gedoen: Aäron het sy hand met sy staf uitgesteek en die stof van die aarde geslaan, en daar het muskiete gekom op die mense en op die vee. Al die stof van die aarde het muskiete geword in die hele Egipteland.
Exo 8:24 En die HERE het so gedoen: dik swerms steekvlieë het in die huis van Farao en in die huis van sy dienaars en in die hele Egipteland gekom; die land is deur die steekvlieë verwoes.
Exo 9:8 Verder het die HERE aan Moses en Aäron gesê: Neem julle twee hande vol roet uit die oond,en laat Moses dit na die hemel uitstrooi voor die oë van Farao;
Exo 9:9 en dit sal fyn stof word oor die hele Egipteland en aan mense en diere swere veroorsaak wat in blare uitbreek, in die hele Egipteland.
Exo 9:18 Kyk, Ek sal môre omtrent sulke tyd ‘n baie swaar hael laat reën soos wat in Egipte nie gewees het van die dag af dat dit gegrond is tot nou toe nie.
Exo 9:22 Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal hael wees in die hele Egipteland, oor mense en diere en oor al die plante van die veld in Egipteland.
Exo 9:23 En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en die HERE het donder en hael gegee, en vuur het na die aarde uitgeskiet; en die HERE het hael op Egipteland laat reën.
Wat gebeur in die verdrukking.
Rev 16:21 en groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.
Exo 10:22 Toe Moses sy hand uitsteek na die hemel, kom daar ‘n dik duisternis in die hele Egipteland, drie dae lank.
In die verdrukking
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
Die selfde wonders van plae wat moses en Elia gedoen het gees rus op die Manseuns om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil. En as hulle weggeneem is dan getuig die bruid en kerk kandelaar van wat sy gesien en gehoor het. Totdat haar getuienis volbring is, en sy ook betaal met haar bloed, wanneer die heiliges oorgelewer word aan die Antichris en die vals profeet.
Verborgenheid van die twee kandelare
Zec 4:1 En die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos ‘n man wat uit die slaap opgewek word.
Zec 4:2 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar ‘n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is.
Zec 4:5 En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.
Die kandelaar heeltemal van goud,en sy olie kan bo-oor hom,en sy sewe lampe op hom. Hierdie sewe lampe kandelaar is die sewe gemeentes. Wat uit eiendelik op die eiende net twee kandelare word , die twee kerke. Dus n verborgenheid wat u net nou sal verstaan.
Rev 2:1 Skryf aan die engel van die gemeente in Éfese: Dít sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat wandel tussen die sewe goue kandelaars:
Rev 1:12 Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het,sien ek sewe goue kandelaars,
Rev 1:15 en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.
Rev 1:16 En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.
Hier gee Christus die verborgenheid.
Rev 11:3 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle —-
Rev 11:4 Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.
Die twee groepe van getuies
Rev 1:20 die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die SEWE KANDELAARS wat jy gesien het, IS DIE SEWE GEMEENTES
Hier het jy die verborgenheid van die sewe kandelaars. Die sewe goue kandelaars is die sewe gemeentes die liggaam die geestelike kerk van Christus. Die tweede getuie, die twee kandelaare wat een word wanneer Israel die Jode Christus aanneem eers dan word hulle een met die geestelike kerk. Daar het jy die openbaring. die sewe kandelaars is die sewe gemeentes. M.A.W. Die huidige liggaam van Christus sy kerk,die gemeentes en die bruid. Sy is een van die twee getuies. Die Joodse minnora het drie pype aan die linkerkant en drie aan die regter kant, wat beteken Christus is in die middel van die lamp met die ou Israel as n kandelaar aan die linkerkant en die geestelike Israel die kerk aan die regterkant waneer Hy uiteiendelik die twee kandelaars een maak in Hom. Die kerk aan die eenkant , en die Jode (Israelliete) die ou kerk wat in die verdrukking Christus aan neem aan die anderkant. Die twee kandelare, uit die twee geslagte,wat dan een word in Christus, en dan saam met die twee olyfbome getuig in die verdrukking AS DIE TWEE GETUIES. Die twee Olyfbome as een getuie en die twee kandelare as een getuie, My Twee getuies.
Ek hoop dit is nou vir u duidelik dat die ander een van die twee getuies, Die sewe kandelaars , Die kerk is M.A.W. die bruid die liggaam van Christus. Die disippels; Wat getuig het in die verdrukking deur die Romeine, net soos in Jesus se tyd. Dit wat was sal weer wees. Die ander getuie is die Man Seuns, want daar moet twee wees. Die twee olyfbome wat op die eiende een word. Die man seuns en die liggaam van Christus die disipels as die twee getuies, soos ek bo gese het
Ek verduidelik net verder
Rev 11:4 Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.
Die twee olyfbome is (Die Manseuns 144000 en die ander 144000 uit die twaalf stamme van Israel wat God in die eiendtyd een geslag maak (Een getuie) Net soos wat hy die twee kandelaare, Die kerk die liggaam van Christus en die Bekeerde Jode wat in die eiendtyd deel van die liggaam van Christus word die (kerk) wanneer hulle Hom aanneem die ander kandelaar, een maak in Christus Die twee kandelaare is dus, Die kerk en die bekeerde Jode Israellitiese kerk (is een getuie) Die twee groepe is dus die twee (Olyfbome) en die twee kandelaare ,wat God twee getuies maak in die eiendtyd, Die Olyfbome een getuie, en die kandelaare een getuie. In n parellele verborgenheid word die vier twee.
Ek weet hier is baie herhaling maar ek doen dit om dit makliker te maak om te verstaan. Die Manseuns uit Israel en die Israel kerk is een getuie net so is die Manseuns uit die kerk die liggaam van Christus die geestelike kerk uit die heidene ook een getuie.
Die verborgenheid van die Man Seuns.
Christus sal die Jode Israel prys gee totdat die vrou geboorte gee aan Manseuns wat nou alreeds besig is om te gebeur.
Mic 5:3 (5:2) Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat ‘n barende gebaar het. Dan sal die oorblyfsel van sy broers saam met die kinders van Israel terugkeer.
Barende gebaar het, die vrou bekleed met die son die kerk geboorte gegee het aan die Man Seuns.
WANNEER DIE MANSEUNS GEBOORTE GEE AAN DIE VOLHEID EN UIT DIE KERK (DIE VROU KOM)
En Hy Homself in hulle verheerlik het ingekaneer het ia die volheid tussen die heidene.
Jer 30:6 Vra tog, en kyk of ‘n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, en is alle aangesigte in bleekheid verander?
Kan n man geboorte gee ja hulle kan wanneer hulle swanger is met die saad van Christus en geboorte gee aan die volheid in die geestelike liggaam.
Rev 14:1 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.
Dit is n geestelike gebeurtenis wat die manseuns beleef, saam met Christus kan jy dink wat sal gebeur as Christus skielik op die natuurlike berg Sion verskyn saam met 144000 in Israel al die christene sal daarna toe storm.
Heb 12:18 Want julle het nie gekom by ‘n tasbare berg nie en ‘n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm
Heb 12:22 Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele,
Die berg Sion is binne in ons geestelik waarop ons op beweeg groei in verhouding na die troon van God ons is ook die tempel van God en kan na die allerheiligste in beweeg net soos Moses op na bo punt van die berg na die teenwoordigheid van God Christus het Homself in hulle verheerlik en is nou saam met hulle op die berg Sion binne in hulle waar Hy hulle onderrig en met hulle verkeer. Dit gebeur geestelik in n droom gesig wat net soos die werklikheid is hulle saam met Christus op die berg sion.
Kom ons gaan aan.
Rev 14:4 Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
Met vroue nie besoedel het nie , beteken hulle was nie deel van n sekte of denominasie nie M.A.W. hulle nie besoedel het met leerstelings van kerke nie.
Rev 14:5 En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God.
Hulle preek geen leersteling nie, slegs Christus as gekruisigde, een Here een geloof een doop. Hulle is ook eiendtyd predekers, aan wie God die verborgenhede van die eiendtyd Openbaar. Hulle roeping is deur God.
Rom 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;
Onder baie broeders; n kooperatiewe liggaam van Manseuns. 144000
Rom 8:30 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.
Rev 14:4 Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
Rev 14:1 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.
En die wat Hy vantevore verordineer het. Wat ek verduidelik in die werkstuk die Manseun saad. Die getuies ,Manseuns; Is n kooperatiewe liggaam van getuies, dit is nie n enkel persoon nie. Hulle vul die hele wereld en kom uit alle nasies voor, en getuig ook daar, is uit die mense vry gekoop vir God. Hulle hoofdoel is om die kerk te wys wie sy is in Christus, en om haar gereed te kry vir haar getuienis in die verdrukking. En haar te leer van die eiendtyd, en die wederkoms, en te beskerm gedurende die verdrukking. Die manseuns getuig vir drie en n halwe jaar, duisend twee honderd en sestig dae lank. op die eiende en ook in die eerste drie en n halwe jaar van die verdrukking, die eerste getuie, waarna die bruid, en kerk getuig vir drie en n halwe jaar nadat die Man Seuns nie meer daar is nie. Die tweede getuie. Christus was die eerste getuie oor die koningkryk van God wat kom daarna is Hy weggeem.Toe getuig sy Apostels die eerste kerk met sy dissipels, van wat hulle gehoor en gesien het. As die Manseuns weggeneem is dan getuig die kerk sy dissipels, en lewer hulle getuienis van die koms van Christus.
Die twee getuies Manseuns gedood.
Rev 11:3 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer.
Die Man Seuns word dood gemaak. Wat ek meer verduidelik in die werkstuk die Manseun Dawid.
Rev 11:7 En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;
Rev 11:8 en hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is.
Hulle word in die wereld dood gemaak.
Rev 11:9 En mense uit die volke en stamme en tale en nasies sal hulle lyke drie en ‘n halwe dag lank sien en nie toelaat dat hulle lyke in die graf gelê word nie.
Rev 11:10 Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle en sal vir mekaar geskenke stuur,omdat dié twee profete die bewoners van die aarde gepynig het.
Rev 11:11 En ná die drie en ‘n halwe dag het ‘n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en ‘n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.
Rev 11:12 En hulle het ‘n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.
Eers na hulle bediening word hulle weggeruk op na die troon, en nou eers word hulle dood gemaak en opgeneem na die hemel. Presies op die selfde manier as Christus eers Sy bediening, dan sy kruisiging, dan opgeneem in n wolk en hulle almal het dit aanskou. Die Manseuns met hulle getuienis vir die eiendtyd en Christus, verkondig ook aan die wereld die nuwe Evangelie.
Rev 14:6 En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.
Die engel hier verwys slegs na n boodskapper. Die Manseuns is in die wereld en hulle getuig aan almal. Middel van die lug , beteken regoor die wereld. Dit is nie regtig n engel nie, maar boodskappers Die twee getuies wat hierdie nuwe evangelie bring aan die hele wereld. Engele is nie draers van die Evangelie nie, maar help daarmee. Boodskapper word n engel genoem.
Hulle getuienis.
Rev 14:7 En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.
Die Evangelie van die vrou (die kerk) haar getuienis in die laaste drie en n halwe jaar van die verdrukking
Rev 14:9 En ‘n derde engel het hulle gevolg en met n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, Die nuwe evangelie wat deur die twee getuies verkondig word aan die hele wereld.
Rev 14:10 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.
Rev 14:11 En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.
Die valse profeet maak
Rev 13:16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;
Rev 13:17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
Die nuwe wereld indentiteit in die een Wereld Regering. Naam ontvang op die hand of voorhoof M.A.W. ook deel van die sisteem (liggaam) word van die dier antichris. En daardeur sy natuur geaartheid en gesindheid ontvang. Sy gees ontvang en weer die Aardse burgerskap op neem en die hemelse burgerskap verloor.
Die 144000 wat deur God gekoop is en wat kom uit die liggaam van Christus.
Rev 11:7 En wanneer hulle hul getuienis vol-eindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;
(Hulle) n kooperatiewe liggaam van Manseuns. Die antichris ontvang mag en sal met hulle oorlog voer en hulle dood maak.
Rev 6:9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
Rev 6:10 En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
Rev 6:11 En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.
Die nakomelinge die 144000 uit die twaalf stamme ook gedood is na die dood van die 144000 uit die kerk. Die Man Seuns as getuies word dood gemaak. Hulle word in die wereld dood gemaak, totdat die hele getelde hoeveelheid dood gemaak is (288000) die twee geslagte Man Seuns. Die twee olyfbome. Net soos Christus word die Man Seuns, na drie en n halwe jaar weggeneem, en dood gemaak regoor die wereld waar hulle ookal is. En die bruid neem haar plek in as getuie presies soos wat gebeur het nadat Christus weg geneem is, het die apostels en toe die dissipels getuig van wat hulle gesien en gehoor het. Hulle lyke sal op straat le.
Rev 11:8 en hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is.
Die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte; Geestelik verteenwoordig die groot stad ook Babilon wat die hele wereld vul. M.A.W. hulle lyke le op die groot straat wat die straat van veroordeling en wraak verteenwoordig.
Rev 6:9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
Rev 6:10 En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
Waar ook onse Here gekruisig is. Christus is in Jerusalem veroordeel, maar is buite die Stad gekruisig;M.A.W. in die wereld.
Joh 19:20 Hierdie opskrif dan het baie van die Jode gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is,naby die stad was; en dit was geskrywe in Hebreeus en Grieks en Latyn.
Dus buite die stad gekruisig in die wereld.
Rev 11:9 En mense uit die volke en stamme en tale en nasies sal hulle lyke drie en ‘n halwe dag lank sien en nie toelaat dat hulle lyke in die graf gelê word nie.
Hulle lyke sal in die wereld le op straat.
Rev 11:10 Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle en sal vir mekaar geskenke stuur, omdat dié twee profete die bewoners van die aarde gepynig het.
Die twee olyfbome, die twee geslagte van Man Seuns.Wat God een maak in Christus, met die selfde getuienis. Dit is slegs die Man Seuns van wie hier gepraat word.
Die kandelare word op geneem met die wederkoms van Christus.
Rev 11:11 En ná die drie en ‘n halwe dag het ‘n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en ‘n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.
Rev 11:12 En hulle het ‘n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.
Eers nou vaar hulle op na die hemel, na hulle getuienis gelewer is, en nadat hulle almal dood gemaak is. Die Manseuns. Eers na hulle getuienis word hulle dood gemaak en opgeneem, na die hemel, na die eerste drie en n halfjaar van die verdrukking, wanneer hulle die kerk versorg en beskerm het in die woestyn wildernis deur wonders en tekens.
Rev 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.
As konings regeer die Manseuns van Dawid saam met Christus in die sout verbond.
Die twee kandelaars.
Rev 12:13 En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het;
Die liggaam van Christus (kerk) is nou op hulle eie in die laaste 1260 dae van die groot verdrukking sy begin en lewer haar getuienis vir Christus. Dit is hulle wat nou uit die groot verdrukking kom bekleed met wit klere. Die kerk as getuie (Kandelaar) getuig van die merk van die dier,en die verskriklike oordeel van God,en bring nog bekeerlinge in die koningkryk van God in
Rev 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.
Die kerk, liggaam van Christus.
Rev 12:11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
Rev 7:13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?
Rev 7:14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.
Rev 7:15 Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan.
Rev 15:2 En ek het gesien iets soos ‘n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan,met siters van God.
Die hoer van Babilon help om die getuies van Jesus dood te maak.
Rev 17:6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.
Rev 18:24 En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is.
Lees die werkstuk, verborgenheid die hoer van Babilon. Wat ek nie nou gaan behandel nie.
Opsomming.
Die twee getuies; die twee olyfbome en die ander twee getuies die twee kandelare wat God in n parelle verborgenheid die vier twee maak wanneer Hy die twee elk een getuie maak in Christus. Die Manseuns; uit die vrou bekleed met die son , die ander groep manseuns uit die twaalf stamme van Israel, Die (kerk) die liggaam van Christus, Die kerk uit die Jode (Israelliette) Die vier wat God twee maak in Christus.
Rev 11:3 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer
Rev 11:4 Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.
Die twee groepe Manseuns, lewer die selfde getuienis (Die twee olyfbome) en die twee kandelare. Die kerk en die nuwe bekeerde Jode wat weer terug ingeeent word in (Christus hulle messaih) Hulle word dan deel van sy Liggaam (Die Kerk) en lewer die selfde getuienis.
Rev 11:5 En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.
Rev 11:6 Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.
Rev 11:7 En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;
Rev 11:8 en hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en egipte en hulle vyande het hulle aanskou.
Jer 30:24 Die toorngloed van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.
Rev 1:1 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het.
Rev 1:2 wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het.
Openb 3:1 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Jer 30:24 Die toorngloed van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.
Die vebindenis eers die geboorte , Openb12; 5 word in kennis gestel van hulle dood, word wegeruk na die troon na bediening Openb 11: 4, 11,12 en leer n nuwe lied en sing dit voor die lewende wesens en die troon na opgeneem is Openb 14: 3
DIE MANSEUNS die twee olyfbome. EN DIE KERK die twee kandelare DIE TWEE GETUIES.
My broer en suster. Die Here het aan my verskyn in 2004 en Hy het vir my gese; Shorty my volk gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis. En ek het gese ja Here dit is so dit is verskriklik.
Jer 23:20 Die toorn van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan.
Hoop dat eiendtyd gebeure nou beter verstaan sal word.
Soos altyd Liefde in Christus,
Shorty van Vuuren. M .S.
Amen