Mat 16:16 En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.
Mat 16:17 Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.
Mat 16:18 En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
Christus die lewende rots waarop die kerk gebou is, God is gedurig besig om jou geloof op tebou totdat dit ons bring in n lewende verhouding God se begeerte is om ons in n eenheid met Sy bewussyn tebring. Daarom moet op die rots Christus gebou word in die groei van jou Christenskap, om n aanraaking van God te ervaar in n nuwe inspirasie en erkenning van Sy Krag en die bewussyn van Sy liefde te ervaar.
Mat 16:15 Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek?
Mat 16:16 En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.
Het jy die Openbaring al ontvang van Christus in jou, en dat Hy aan jou behoort. Jy aan Hom en Hy aan jou. Dit wat Jesus aan Petrus gese het se Hy ook aan ons.
Mat 16:17 Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.
Ons kan slegs deur die Heiligegees Jesus erken en ondek in ons lewe en Sy werklikheid aanvaar as die Christus die Seun van Die lewende God. Wanneer ons Hom erken is ons nie wedergebore uit vlees en bloed nie maar gebore uit en deur die gees van die lewende God. Wanneer die ontdekking dat jy uit God gebore is n werklikheid vir jou word ondek jy jou Vader, jou hemelse Vader. Die sukses van jou toeweiding en Christenskap le in die ondekking van U is die Christus. Dit is die rots van jou Christenskap.
Mat 16:18 En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
Mat 16:19 En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.
Dit is oor hierdie fondasie van werklikheid, waaruit ek die kennis ontvang van my persoonlike verhouding met God. Dit is n lewe van geloof waarin ek gekom het en my fondasie kan nie verbreek word nie. Dit gee aan my die mag om te bind en ook te ontbind solank as wat ek op of in die rots bly. Dit gee aan my die reg om te bid en te vra met die wete dat ek sal ontvang deur God se beloftes te glo. God het Sy beloftes vir ewig bevestig.
Mat 16:21 Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.
Mat 16:22 Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!
Mat 16:23 Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.
Mat 16:24 Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
Hierdie gebeurtenis het Petrus by die onvergeetlike waarheid uit gebring as ek Hom wil volg moet ek my self verloen. Sy geestelike groei en toeweiding kan gesien word in wat hy bereik het. Jesus het weer gesien dat Hy moes ly om geestelik te groei om die plek te bereik wat God vir Hom bedoel het.
Mat 16:23 Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.
As jy jou self wil red, of die guns van mense soek of Aardse bewondering sal jy jou verhouding met God versteur en geloof verloor.
Joh 5:41 Eer neem Ek van die mense nie aan nie.
Joh 5:44 Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie?
Joh 12:43 Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God.
Daar is net een plek om God se wil in jou lewe te ondek en dit is alleen met Hom. Jy sal dit by niemand anders kry nie, as alles net om jou self gaan sal jy nooit die hoogte en die geestelike doel in jou lewe bereik waar jy kan bind en ontbind nie. Daar is n fyn lyn tussen jou en Jesus waarvan net jy weet waar jy elke dag n keuse moet maak. Jesus was van Sy familie ontneem en die gemaklikhede van die wereld waar God Hom kon afskei net vir Homself. Jou geloof lei skade wanneer jy nie jou self volkome aan Jesus oorgee nie, twyfel sal gedurig deur jou ervaar word. Ek kan slegs die krag van geloof ontvang wanneer ek my volkome oor gegee het. Jy sal ook niks kan bind of ontbind as daar sonde in jou lewe is nie, jy kan nie met die sonde van ander christene deel, as jy self sonde in jou lewe het en nie vry is nie.
Joh 20:22 En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.
Dit is die Heiligegees wat jou oortuig van Sonde in jou lewe en jou stand voor God openbaar. Hy sal jou swakheid na voore bring waaraan jy moet werk vir die groei in n meer intiemer verhouding.
Luk 22:29 En Ek beskik vir julle ‘n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het,
Luk 22:30 sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.
Kan God jou n regter maak oor sy Koninkryk, as daar ongeregtigheid in jou is, glo jy dat jy enige iets kan bind as jy self n binding in jou lewe het. Elke een wat die Christus besit het die krag om die sonde en ongeregtigheid te oorwin. Disipelskap eiendig nooit nie, die kerk kom so baie kort omdat die krag van die rots nie meer manifisteer in die gemeentes nie. Om te bind of te ontbind is nie n gawe nie dit hang af van jou verhouding in Hom, in die naam van Jesus sal jy bind en in die naam van Jesus ontbind en as Hy in jou is behoort daar getuienis van die krag tewees. Petrus wou nie gehad het dat Jesus gekruisig word nie, daarom die bestrafing gaan weg agter my Satan niks moes of kon sy lyding keer nie. As jy n maklike uitweg verkies verloor jy die diepte in eenheid met Hom en kan jy nie Sy disipel wees nie. Wanneer jy bewus geword het Van die rots in jou maak lyding nie regtig saak nie, want jy leef in die werklikheid van die liefde van die rots wat nie sal wankel nie. Jou wedergeboorte het jou gebring in n vaste geloof, en hierdie geloof binne in jou skep vir jou die oorwinning en die moontlikheid om al die wonderhede van God tebeleef. Dit is kinderlike geloof wat die waagmoed besit om te reageer en om te se word genees in Jesus naam. Daar is n gees in ons wat niks minder is as die volle lewe van Hom wat homself vir ons gegee het. Staan op die rots en die krag wat daaruit vloei, sonder om te twyfel. Soek die volheid van die doping in die Heiligegees en die spreking in tale en moet nie ophou totdat jy dit ontvang het nie. Soek daardie plek in God waar jou gebede beantwoord word in Sy beloftes tot Sy heerlikheid.
Ek sluit af met Paulus toe hy Jesus die rots ontdek.
Act 22:8 En ek het geantwoord: Wie is U, Here? En Hy het vir my gesê: Ek is Jesus,
Later het Hy die rots in homself ondek.
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Act 19:11 En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen,
Act 19:12 sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.
Petrus se ontdekking.
Mat 16:16 En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.
Mat 16:17 Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.
Mat 16:18 En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
Die Christus in Hom.
Act 5:14 En daar is meer en meer gelowiges in die Here bygevoeg, menigtes van manne sowel as vroue,
Act 5:15 sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en op bedde en draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was dit net sy skaduwee op iemand van hulle sou val.
Act 5:16 En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees.
Petrus se openbaring van Christus het hom by die moontlikheid gebring.
Uis die Christus.
Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.