Soos Hy Is, Is Ons Ook In Hierdie Wereld

Alles van Christus se koms is vir die volkome verlossing van die mens.

Isa 53:3  Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.

Isa 53:4  Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.

Isa 53:5  Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Rom 10:11  Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

Rom 5:9  Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.

Heb 10:10  Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.

Waneer Hy se Ek kom om U wil te doen O God.

Eph 2:13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

Eph 2:14  Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het

Eph 2:15  deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep

Eph 2:16  en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.

Joh 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

1Jn 4:17  Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

Die ou testament spreek van die verlosser se lewe Sy lyding en dood, en die op ofering wat gaan kom alles om die verlossing van die mens te bewerk stellig. As jy die verlosser wil verstaan sien Hom voor die kruisiging, en na die kruis as jy die verlossing wat hy verkry het wil begryp.

Aan hierdie kant van die kruis sien ons die oorwinning en word ons deel daarvan. Aan die anderkant en op die kruis sien ons die lyding die pyn waar Hy ons siektes en ons sondes op hom geneem het. Die meeste Christene in die wereld huil nog by die kruisiging, hulle oe gevestig op die Christus wat gekruisig is, en nie op die Christus wat opgestaan en lewe nie, hulle kyk na die verlosser wat was en nie na die verlosser wat nou is nie. 

Hierdie kant na die kruis is die oorwinning van verlossing, die oorwinning van die opstanding , die oorwinning oor die dood, Hy het die dood gevange geneem en gawes aan die mens gegee, n groter  besit van sy eie bewussyn verkry, n oorwinning vir die Verlosser en die verlostes, het ons met God versoen,  enons gemaak het oorwinnaars oor die dood, nie meer die gebrokke een nie, maar die een met die opstandings  mag en gesag. Nou nie meer die een van smarte nie maar die verheerlikte seun van God wat op gevaar het na die troon van God. Om dit te ontvang waarvoor Hy so gely het waaroor Hy geoffer was alles wat Hy  moes deur maak vir die een uitsluitlike doel, dat God dit uiteiendelik kon aanvaar as die finalle volle prys. Alles om een ding te kon bereik om van die Vader te ontvang die gawe van die Heiligegees vir Sy liggaam die kerk.

Aan die anderkant van die kruis n afgelegde lewe en aan hierdie kant die lewe self. Die vyand van die mens verslaan en gevange geneem deur die Seun van God.Hy het die wereld oorwin. Dit is die Christus met wie my siel n verhouding het wie ek aanbid en lief het. Ek verstaan Sy oorwinning en verlossing in die tuin van Getsemane.

Wat ons verkeerd verstaan is, want soos Hy is, is ons ook in hierdie wereld, dit is waar so baie Christene in die wereld dit so verkeerd het hulle vereenselwig hulle self met die gekruisigde en die lyding aan die kruis en sy dood, hulle aanskou Hom nog voor die kruis en nie soos Hy nou is nie, die triomferende oorwinnaar en Sy glorieryke oorwinning vir die mens. Soos Hy is en nie soos Hy was nie. Die oorwinning is nie vir die toekoms nie maar vir nou op hierdie oomblik.

Luister ons word met die Heiligegees gevul deur Sy oorwinnings lewe. Nou kan ons heers oor sonde siekte en die dood vervul met die nuwe lewe Sy lewe, vervul met die Heiligegees in krag, in liefde in Sy volheid, gevul met die bewussyn van Jesus Christus in my siel gees en liggaam ons het alles ontvang,  Sy geaartheid, Sy natuur, en gesintheid, Sy krag en oorwinnings lewe; Hy het ons die volheid geskenk.

Rev 5:13  En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!

Die oorwinnings bewussyn van die verlosser Jesus Christus is gebore in die opstanding en nou geopenbaar in die openbaring van soos Hy is , is ons ook in die wereld, en die bediening in die gees nou, is n bediening in al die krag, van daardie bewussyn, in die kennis van liefde en genade in volkome verlossing en redding in jou Christenskap. Hy het ons verhouding met God volkome herstel.

Wat ons ook verstaan is dat soos Hy is, is ons ook in die wereld, daarom wil ons ook altyd deur soos Hy wonders en tekens te doen, maar waarin ons eiendelik soos Hy behoort te wees is in sy liefde, In Sy omgee, in Sy nederigheid in Sy natuur geaartheid en gesintheid, ons behoort eiendelik hierin navolgers te wees van soos Hy is, is ons ook in die wereld. In Sy oorwinning om in alles van Hom oorvloedig te wees, om te wees soos Hy.

Ek maak klaar.

Jesus het die verlossing van die mens op Hom geneem om die mens deur wedergeboorte te maak n nuwe skepsel na Sy gelykenis en beeld soos Hy is . God se wil is om die mens te transformeer na sy Seun se beeld geaartheid en gesintheid. Om ons Seuns van God te maak. Om die bewussyn van Christus te verkry; The mind of Christ and all the mind of Christ. Om ons tebring en te laat opgroei na volwassenheid as volwasse seuns met wie Hy n verhouding kan he. En ons die wonder van ons verlossing die vreugde en blydskap kan verstaan en ervaar.

Waardig is die lam wat geslag is want soos Hy is ,is ons ook in die wereld. Alles wat ons weet, alles wat ons sal wees, alles wat ons ontvang het, alles wat ons besit, het ons verkry deur geloof in die Seun van God.

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;

Soos Hy is so is ons ook in hierdie wereld.

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren.M.S.

Leave a comment