Saam Met Christus Gekruisig Maak Ons Deelgenote

Rom 6:7  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.

Rom 6:6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.

In werklikheid is daar geen verskil tussen wat Christus beleef het, en wat ons moet beleef en doen nie. Die kruisiging was absoluit noodsaaklik, en nou moet ek saam met Christus gekruisig word sodat die ou mens van sonde my ou lewe ook aan die kruis gekruisig kan word, sodat ek ook vir die sonde dood kan wees, ek moet oor die sonde triomfeer en die manier waarop ek dit doen is om my sonde in die ou mens te kruisig saam met Christus aan die kruis, so word ek ook n deelgenoot van die dood en die kruisiging van Christus en ek beleef die selfde gebeurtenis, werklik so beleef ons die selfde as Hy net geestelik. So my ou mens en sy natuur word ook kruis toe gevat en daar vas gespyker.

Rom 6:10  Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.

Ek kruisig ook die sonde van die ou mens in my lewe en dit sterf aan die kruis. Wat is sonde?

1Co 15:56  Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.

Sonde sonder die wet is kragteloos en dood dit is die wet wat krag aan die sonde gee as ek nou die wet oortree sondig ek en ek word deur die wet gestraf wat die sonde lewe gee deur die boom van die kennis van goed en kwaad. Die krag van die sonde is die dood en die wet gee krag aan die sonde. Christus het die vloek van die sonde op hom  geneem alhoewel Hy geen sonde gehad het nie , om dit vir jou dood temaak, nou neem Hy die vloek wat jou wil dood maak weg deur dit aan die kruis dood te maak.Jy volg sy voorbeeld en doen dit ook deur jou sonde geestelik saam met Hom te Kruisig en dit ook dood temaak in n werklikheid.

Rom 6:10  Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.

Rom 6:11  So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.

Rom 6:12  Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.

Rom 6:13  En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.

Rom 6:14  Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.

Gal 5:24  Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.

Gal 5:19  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;

Gal 5:20  afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;

Gal 5:21  afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.

Ek het al die dinge van my ou natuur geneem en dit saam met Christus gekruisig aan die kruis waar dit ook sterf. Met my sonde wat gesterf het bly daar net een ding oor en dit is.

Gal 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die

Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. Om my sonde saam met hom aan die kruis vas te spyker waar dit saam met Hom sterf beleef ek ook net soos Hy my kruisiging geestelik in die vlees. My opstanding uit die dood net soos Christus. Maar daar was ook n opstanding van Christus. waarin ek ook nou opstaan in n nuwe skepsel in Christus Jesus.

Eph 5:14  Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.

My geestelike mens is in n slaap dood totdat ek deur bekeering Jesus Christus aan neem en my sonde belei op daardie oomblik ontwaak my innerlike geestelike mens wanneer God hom bevrug met Jesus Christus se lewe en my innerlike geestelike mens die waare ek word weer verenig met God en ek staan op uit die dode. As jy sterf sonder in jou sonde sonder n wedergeboorte wag die oordeel.

1Pe 1:23  want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.

My innerlike mens is dus nou bevrug met die saad van die lewende woord, Jesus ek is die weg die waarheid en die lewe. Net soos wat Hy opgestaan het uit die dode staan ek ook nou op uit die dood en word n deelgenoot van die opstandings lewe net soos Hy, n wedergebore nuwe skepsel.

2Co 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

En uit eiendelik los ons die ou mens finaal agter deur die doop.

Rom 6:4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.

Ek word nou net soos Hy uit die dode opgewek, geen verskil nie.

Tit 3:5  nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees

Die lewe van krag deur die kragtige werking van God is vir ons moontlik gemaak deur Jesus wat ons ingebring het in Sy eie opstandings lewe deur n werklike geestelike belewenis in ons innerlike lewe vlees siel en gees. Toe Hy opgevaar het was  dit net so belangrik as die kruisiging en Sy opstanding.

Col 3:1  As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.

En volgens sy belofte sal Hy vir ons die Heiligegees stuur.

Joh 16:7  Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;

Hierdie belewenis behoort aan almal dit is n geskenk van God aan jou en is persoonlik en uitsonderlik wonderbaar. Die Heiligegees kom rus op jou en kom binne in jou soos wat Hy belowe het en ons ontvang die doping van die Heiligegees is die Heilige God, die Gees van Jesus wat beheer neem van ons persoonlikheid, leef in ons beweeg in ons, en beheer ons. Ons het deelgenote geword van sy verheerlike lewe, die lewe van Christus in ons. Deur sy gees.

Die gawes van die heiligegees.

1Co 12:4  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;

1Co 12:5  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;

1Co 12:6  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.

1Co 12:7  Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.

1Co 12:8  Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;

1Co 12:9  aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;

1Co 12:10  aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van  tale.

1Co 12:11  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

Soos altyd liefde in Christus,
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment