Openbaring die Manseuns  Dawid deel twee

Die witperd ruiter, die liggaam en die bruid
Die Here ons geregtigheid
en die twee trone

Die Manseuns die witperd ruiter.

Rev 12:11  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

Rev 6:1  En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ‘n donderslag: Kom kyk!

Rev 6:2  En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.

Die boog weerspieel koningskap mag, gesag en outoriteit, let op hy het geen pyle nie, voer geestelike gesag uit.

Christus.

Christus maak deur hierdie eerste seel die witperd los. Die hy het n boog wat gesag oor nasies verteenwoordig, en n kroon heerskappy Koningskap en die hy het as oorwinnaar uitgegaan om te oorwin. Die oop maak van die seel is die koms van die Manseuns. Hierdie witperd word gery deur n kooperatiewe liggaam van Jesus Manseuns, Hy ry n ander wit perd met Sy koms. Die witperd verteenwoordig Jesus se koningskap vrede liefde en heiligheid. Openb 19:11,13,14,

Die hy wat hierdie witperd ry is die Manseuns en hulle word gebore en Hulle koms is voor die verdrukking, uit die vrou bekleed met die son.

Rev 12:1  En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre;

Die vrou Die kerk sit in die hemel, in hemelse plekke saam met Christus, en is met Hom bekleed, die Son. Sy is n groot teken en is nie n enkel vrou nie maar n kooperatiewe liggaam, bekleed met  die son Christus, besit die glans van die maan Heerlikheid, en n kroon koningskap en twaalf sterre Die apostels uit wie sy onstaan het en dra die sterre besit ster status. Sy is die ster nageslag van Abraham het niks met Israel tedoen nie , wat die sand geslag van Abraham is, hule Israel is Aards gebonde en kan nie in die hemel sit ne slegs die wat van bo af wedergebore is kan met hemelse burgerskap daar sit. Die vrou sit in die hemel sy is die liggaam die kerk van Christus. Israel het Jesus die Mesaih verwerp en is nie die ster nageslag van Abraham nie as hulle was so hulle IN Hom geglo het.

Gal 3:29  En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename. 

Gal 3:27  want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. 

Eph 2:6  en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

Die Manseuns.

Die vrou die ster geslag van Abraham die kerk.

Rev 12:5  En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.

 Rev 12:5  And she was delivered of a son, a man child, who is to rule all the nations with a rod of iron: and her child was caught up unto God, and unto his throne.

Die misterie.

Sy gee geboorte aan n Manchild. Manseun. Hierdie geboorte is n geestelike geboorte van die volheid in siel gees en liggaam, hierdie seuns word van geboorte af geroep is nie n enkel seun nie kom en is uit die kooperatiewe vrou gebore en is net soos die vrou n kooperatiewe liggaam. Soos ons sal sien. Die Manseuns kom nie uit n sekere denominasie nie, hulle kom uit die saad van die predeking van die Apostels uit, dit is uit hulle getuienis waar die vrou vandaan kom en haar ontstaan het, ongeag waar jy tot bekeering gekom het in n denominasie, en jy deel van die vrou se liggaam geword het, kom jy nog steeds uit die Apostels se predeking (saad uit.) die sewe gemeentes (Die Vrou)(die ware kerk) uit wie se saad jy wedergebore is deur Christus. Wat se Jesus van die vrou Die liggaam van Christus Die Kerk. wat die Man seuns voortbring. Jesus verduidelik ook die koms van hierdie seuns en in wie ons Hom weer sal sien

Joh 16:16  ‘n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ‘n klein tydjie, en julle sal My sien, omdat Ek na die Vader gaan

Joh 16:19  En Jesus het gemerk dat hulle Hom wou vra, en Hy sê vir hulle: Ondervra julle mekaar daaroor dat Ek gesê het: ‘n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ‘n klein tydjie, en julle sal My sien? .

Hy verduidelik en praat van die selfde vrou van Openb 12, Hy verduidelik die klein tydjie wanneer ons Hom weer sal sien.

Sy wederkoms is nie n kleintydjie nie , maar is finaal.

Hy verduidelik die kleintydjie.

Joh 16:21  ‘n Vrou het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat ‘n mens ( n manseun) in die wêreld gebore is

Jesaja profeteer oor haar.. 

Isa 66:7  Voordat sy weë gekry het, het sy gebaar; voordat smart oor haar gekom het, is sy van ‘n seuntjie verlos.

Voordat smart, die verdrukking oor haar gekom het. Die vrou weet dat die seuns haar sal beskerm en is bly oor die koms van hulle.

Isa 66:8  Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word ‘n land op een enkele dag gebore? Of word ‘n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar. Die geestelike geslag van Abraham het skielik geboorte gegee aan die Seuntjies.

Jesaja die kerk se belangrikste profeet.

Sion die liggaam (kerk) van Christus. Jesaja se ook die volgende , ek het my laat vind deur die wie nie na my gesoek het nie, hy profeteer vir die geestelike christen liggaam  hy  profeteer Sion het skielik wee gekry. Deur profesie het hy hom deur ons laat vind, alhoewel ons nie na hom nie gesoek het nie. Paulus se die volgende.

Daar is Sion die christendom en daar is Sion die berg

Heb 12:22  Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, 

Let op

Heb 12:23  by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges

Rom 8:30  en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik. 

Die volmaakte regverdiges.

Die Manseuns.

Isa 66:9  Sou Ek naby die geboorte bring en nie laat baar nie? sê die HERE. Of sou Ek wat laat baar, self toesluit? sê jou God.

Isa 66:10  Wees bly saam met Jerusalem en juig oor haar, almal wat haar liefhet! Wees vrolik saam met haar, baie vrolik, almal wat oor haar treurig gewees het!

Die Manseuns sal haar versorg.

Isa 66:12  Want so sê die HERE: Kyk, die vrede lei Ek na haar toe soos ‘n rivier en die rykdom van die nasies soos ‘n oorlopende stroom; en julle sal suig, julle sal op die heup gedra word en op die knieë getroetel word

Rev 12:6  En die vrou het na die woestyn gevlug dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank. 

Die liggaam van Christus behoort bly te wees oor die geboorte van die Man Seuns in die wereld.Maar hulle is nie,en stel glad nie belang nie.Net soos die Fariseers,saduseers en skrifgeleerders ook nie belang gestel het in die koms van Jesus die Seun van die mens nie.Niks nuut onder die son nie.(Die Kerk doen presies die selfde)Maar  God het n ander plan julle sal soos babas suig aan die Manseuns se woord en deur hulle op die heup gedra word en op die kniee getroetel word.In die eiendtyd. Hulle sal die kerk versorg vir 1260 dae lank, in die begin van die verdrukking.

Wat se die Here oor die Manseuns Dawid.

Isa 11:2  en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE. Jesus wandel in hulle en Hy onderig hulle en is deur Hom verheerlik en Homself ingekaneer in hulle,Jesus in n kooperatiewe liggaam in die wereld vir n klein rukkie.

1260 dae net so lank as wat Hy by die apostels was.

Rev 14:1  En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.Jesus Christus sy broers in karakter natuur en geaartheid.

Besit Sy volle geaartheid ,gesintheid en karakter is Jesus nou in n kooperatiewe liggaam met Sy naam,  

Jer 3:15  En Ek sal aan julle gee herders na my hart, wat julle sal oppas met kennis en verstand.

Jer 30:21  En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek die HERE.

Die Manseuns word gebore uit die vrou .Die ligaam van Christus in die volle gestalte beeld van Christus hulle is die eerste vrugte. En God laat hulle naderkom na Hom Toe

Rev 14:4  dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam. .

Rev 14:4  These were purchased from among men, to be the firstfruits unto God and unto the Lamb. 

Heb 2:11  Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie, 

Rev 14:12  Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar. 

Hy het Homself in hulle ingekaneer en hulle geheilig.

2Th 1:10  wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.

Joh 16:19 : Ondervra julle mekaar daaroor dat Ek gesê het: ‘n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ‘n klein tydjie, en julle sal My sien? 

Ook die skepping wag vir hulle koms. In die eindtyd die laaste dae., ek stel dit in engels wat dit beter verduidelik.

Rom 8:19  For the earnest expectation of the creation waiteth for the revealing of the sons of God.

Rom 8:20  For the creation was subjected to vanity, not of its own will, but by reason of him who subjected it, in hope

Rom 8:21  that the creation itself also shall be delivered from the bondage of corruption into the liberty of the glory of the children of God.

IN HOPE.

Ek stel dit in engels

The creation waiteth for the revealing of the sons of God. In Hope to be delivered from the bondage of corruption.

Jesus verduidelik die koms van die Man Seuns so.

Joh 16:17  Some of his disciples therefore said one to another, What is this that he saith unto us, A little while, and ye behold me not; and again a little while, and ye shall see me: and, Because I go to the Father?

Joh 16:18  They said therefore, What is this that he saith, A little while? We know not what he saith.

Joh 16:19  Jesus perceived that they were desirous to ask him, and he said unto them, Do ye inquire among yourselves concerning this, that I said, A little while, and ye behold me not, and again a little while, and ye shall see me?

Joh 16:20  Verily, verily, I say unto you, that ye shall weep and lament, but the world shall rejoice: ye shall be sorrowful, but your sorrow shall be turned into joy.

Hy praat nie van die Apostels nie maar van die kerk.

Joh 16:21 A woman when she is in travail hath sorrow, because her hour is come: but when she is delivered of the child, she remembereth no more the anguish, for the joy that a man is born into the world.

a Man child is born, out of the woman.

Hierdie is die verborgenheid van die Manseun wat Jesus openbaar.

Joh 16:23  And in that day ye shall ask me no question. Verily, verily, I say unto you, if ye shall ask anything of the Father, he will give it you in my name.

Joh 16:33  These things have I spoken unto you, that in me ye may have peace. In the world ye have tribulation: but be of good cheer; I have overcome the world.

And in that day. In die wereld sal julle verdruk word.

Die koms van die Manseuns in openbaring kennis.

Jer 23:5  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.

Jer 33:17  Want so sê die HERE: Daar sal vir Dawid nie ‘n man ontbreek wat sit op die troon van die huis van Israel nie;

n Man ontbreek nie

Jer 33:20  So spreek die HERE: As julle my verbond met die dag en my verbond met die nag kan verbreek, dat daar geen dag of nag op hulle tyd is nie,

Jer 33:21  dan sal ook my verbond met Dawid, my kneg, verbreek kan word, dat daar vir hom geen seun sal wees wat regeer op sy troon nie, en met die Leviete, die priesters, my dienaars.

n Seun ontbreek nie.

n Maneun Ontbreek nie.

In die twee skrifte verwys GOD na die twee geslagte  Manseuns.

Jer 33:25  So sê die HERE: As Ek my verbond met dag en nag, die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie,

Jer 33:26  dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham,Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm.

Heersers n kooperatiewe liggaam van Manseuns uit die geestelike geslag van Dawid en dan wanneer Israel en hulle deel van die kerk word.en Jesus as masaih erken en aangeneem het en hulle lot verander is. Hier is nou duidelik twee geslagte; die geslag van Dawid die geestelike. En Jakop die natuurlike Israel.{Jode} Daar word heersers; n kooparatiewe liggaam; geneem uit die nageslag van Dawid, en uit die nageslag van Abraham Isak en Jakop uit die stomp die oorblyfsel. Die uit Dawid sal nie heers oor die van Jakop nie.Hulle heers saam. Hulle sal sit aan die regterhand en linkerhand van Christus.

Hos 3:5  Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en die HERE hulle God soek en Dawid hulle koning, en met siddering aankom na die HERE en na sy goedheid in die laaste van die dae

Wanneer hulle bekeerd is word hulle ook die geestelike nageslag van Dawid, Israel word saam een in Christus.

Mar 10:40  maar om te sit aan my regter— en aan my linkerhand, berus nie by My om te gee nie, maar dit is vir hulle vir wie dit berei is. 

Wanneer: in die laaste dae.

2Ch 13:5  Behoort julle nie te weet dat die HERE, die God van Israel, die koningskap oor Israel aan Dawid vir ewig gegee het, aan hom en sy seuns as ‘n soutverbond nie?

Sy seuns (Koningskap) vir ewig as n sout-verbond.Wat beteken hulle is eg.

Heb 8:10  Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

Die geestelike Israel die kerk en die werklike bekeerde Israel is nou die hele volk van God word nou genoem die hele Israel.

Jer 23:20  Die toorn van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan.

Nog n Openbaring van: Die geboorte van die Man Seuns.

Jer 30:6  Vra tog, en kyk of ‘n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, en is alle aangesigte in bleekheid verander?

Dit is n Mans persoon wat swanger is en geboorte gee aan die volheid. Met ander woorde na die volheid gegroei het, na die volle beeld volle gestalte van Christus in sy gees, in wie die woord woon; manifisteer; Christ in us our hope of glory. net soos Jesus uit Maria gebore is na die vlees. Kom die Manseuns ook uit die liggaam (kerk) van Christus sy liggaam die vrou, te voorskyn. Word hulle gebore en is geroep.

Rev 12:1  En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre;

Sy is beklee met Jesus wat die son verteenwoordig

Rev 1:16   en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.

Petrus se ook sy aangesig was soos die son wat skyn in Sy krag, daar is niemand in israel wat die son kan verteenwoordig nie slegs Jesus Christus.

Rev 12:2  en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.

Die Satan se verwoesting van die kerk. Sy koms net na die vrou

Rev 12:3  En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone; 

Rev 12:4  en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi.

Die liggaam (kerk ) is soos die sterre van die hemel ontelbaar.Een derde word uit hulle plek uit die hemel gegooi,(Eers moet die afval kom,n derde van die kerk neem die merk van die Dier, en verloor hulle hemelse plek (Ster status) in Christus .En word op die aarde gegooi, word weer aardbewoners en kry weer die natuur van die antichris terug en word weer deel van sy liggaam.Hulle het verval van Christus. Hulle hemelse burgerskap verloor. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het. Hy (satan )probeer om die Manseuns dood te maak met hulle geboorte,net soos wat  hy probeer het om Jesus dood te  maak met sy geboorte deur Herodes. Die Satan beheer die wereld regering se konings (presidente) en gee opdrag om die Christendom uit tewis.

Rev 12:6  En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank. 

Rev 12:5  En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.

Die regte woord is opgeneem eers wanneer hulle bediening afgehandel is word hulle dood gemaak.

Rev 12:5  And she was delivered of a son, a man child, who is to rule all the nations with a rod of iron: and her child was caught up unto God, and unto his throne.

Word eers opgeneem na hulle bediening en werk afgehandel is. soos ons sal sien. Hierdie is n skadubeeld van wat met die Man Seuns gebeur in siel gees en liggaam. Hierdie is n parralelle openbaring wat beteken daar is ook n ander werkliheid.

Op die Berg Sion.

Die troon van God is op die berg Sion waarheen die Man Seuns weggeruk (opgeneem is). Let op nie hemel toe nie maar na sy troon toe.

Rev 12:5  En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.

Die ander werklikheid.

Die berg Sion is in ons waar God woon op sy troon,ons is ook God se tempel en die allerheiligste van die tempel waar God se teenwoordigheid is (binne in ons).Die voorhangsel is nou weggeneem deur Christus se liggaam en ons mag nou daar in gaan. Terwyl ons die berg klim beweeg ons ook nader na die allerheiligste die troon toe,dit kan slegs gebeur as jy oor die vlees oorwin het, en die werke van die vlees dood gemaak het, Hierdie gebeurtenis gebeur in die geestelike liggaam, waarvan Paulus ook praat.

2Co 12:3  En ek weet van so ‘n man—of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit— 

2Co 12:4  dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie. 

Die Manseuns is weggeruk opgeneem daarna toe,en aanbid daar by die troon.In die allerheiligste van die tempel (binne in ons liggaam) Dit is ook die plek waar God in ons woon , dit gebeur in n gesig van werklikheid. op die berg Sion. Bo op die berg Sion is die tempel en ook God se troon ,binne in ons. Hierdie Openbaring is innerlik binne in ons, Dit is ook waarvan Paulus praat as hy se of dit binne of buite my was God weet, hy was weggeruk Ons is God se tempel en bestaan uit die Voorhof die vlees en die heiligeplek is die siel en die allerheiligste ons geestelike liggaam waarin God woon. waarin ons toegang het tot die allerheiligste. Ek weet hierdie verborgenheid is groot.

Heb 12:18  Want julle het nie gekom by ‘n tasbare berg nie en ‘n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm.

Heb 12:19  en basuingeklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie—

Heb 12:20  want hulle kon die gebod nie verdra nie: selfs as ‘n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met ‘n pyl neergeskiet word.

Die natuurlike voorbeeld in Moses se gebeurtenis.

Hierdie is n werklike gebeurtenis wat met die manseuns gebeur.

Die gebod nie verdra nie, dat jy nie in die vlees by God kan kom nie.Slegs alleenlik as jy in die gees wandel mag jy die berg klim. Niemand in die vlees mag aan die berg raak nie,en kan ook nie op die berg klim nie,kan slegs in die voorhof aanbid,dit is waar die meeste in die Heiligestad op die oomblik aanbid.Want julle het nie gekom by n tasbare berg nie.

Hierdie misterie is groot.

Hier is die skadubeeld van wat gebeur met die manseuns.

Exo 19:23  Toe het Moses die HERE geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en heilig dit.

Exo 19:12  Ook moet jy vir die volk ‘n grens rondom aanwys en sê: Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie. Elkeen wat die berg aanraak, moet sekerlik gedood word.

Exo 19:20  Terwyl die HERE op die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het die HERE Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim.

Exo 24:18  En Moses het binne-in die wolk ingegaan en die berg opgeklim. En Moses was op die berg veertig dae en veertig nagte.

Heb 12:21  En Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder.

In sy geval was die berg leterlik. Hierdie is n skadubeeld van wat met die Manseuns gebeur in die gees. Maar julle het gekom.

Heb 12:22  Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele,

Heb 12:23  by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die eeste van die volmaakte reg-verdiges,

Let op: by die geeste van die volmaakte regverdiges. Die wat volwasse in die gees geword het en verheerlik is en saam met Christus in hulle wandel.

Efese 4:13 die Manseuns.

Maar julle het ook gekom by die berg Sion, wat binne in ons is geestelik, en die hemelse stad Jerusalem, wat deur die burgers van die stad die liggaam(Kerk) van Christus word ook nou geestelik verteenwoordig deur die burgerskap wat verkry is van die regte Heiligestad Jerusalem die stad van God, Wat ons nou deur die burgerskap hier verteenwoordig op Aarde.

Hoe meer ons geestelik groei hoe hoeer klim ons die berg binne in ons na die troon en teenwoordigheid van God toe

Rev 12:5  En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.

Eers binne in hulle self en dan later wanneer hulle gedood is en opgeneem word na die troon in die hemel

Kom ons kyk weer. Weggeruk waar heen. En waar is die troon ?Sion.

Jer 30:21  En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek die HERE.

Heb 12:18  Want julle het nie gekom by ‘n tasbare berg nie en ‘n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm

Heb 12:22  Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele.

Die geestelike berg wat nie met hande aangeraak kan word nie.

Ons het klaar by die berg Sion gekom en kan op hom klim deur heiligmaking. Die berg Sion is binne in ons en die hemelse Jerusalem is deur burgerskap al klaar hier op aarde. Die Stad van die lewende GOD by wie ons gekom het,en wat ons ook geestelik verteenwoordig. Die berg Sion is nie tasbaar nie,en ons het klaar daar gekom want die berg is binne in ons. God woon in die allerheiligste van sy tempel ( in ons geestelike Liggaam) waar die berg en sy troon ook binne in ons is geestelik. Hierdie is n verborge Openbaring. Man seun weggeruk na GOD en sy troon; Eers is dit nie die troon in die hemel nie,maar die geestelike troon op die berg Sion. Wat GOD van praat,wie sal dit waag om nader te kom.Net soos Moses op die berg Sinai op geklim het, om in die teenwoordigheid van GOD bo op die berg te wees was hy as skadubeeld van die Manseun toe gelaat om naby GOD te kom.Net so word ons ook toegelaat om die geestelike berg Sion op te klim na GOD se troon toe. Dit is n algeheele oorgawe ek leef nie meer nie.

Waarvan Paulus ook praat wanneer hy se ek was weggeruk na n berg waar ek donderslae en stemme gehoor het of dit binne of buite my was God weet.

Hoe doen ek as Christen dit.

Hoe meer ons die vlees dood maak hoe stelsel matig klim ons boontoe, as die vlees nie sterf nie, kan jy die berg nie klim nie, want al so n dier net aan die berg raak moet hy neer geskiet word gedood word. Niemand in die vlees kan ooit die berg bestyg nie bo op die berg Sion is ook die troon van God slegs die wat dit waag kom daar uit. die berg Sion en die hemelse stad Jerusalem;en ook die allerheiligste: is dus alles nou geestelik hier op Aarde en kan nie met ons oe gesien word nie en is binne in ons.Slegs die geestelike mens mag daar in gaan. waar by ons gekom het. Hierdie is n geestelike groei proses in n algehele oorgawe in geloof wil en heiligmaking.

Heb 12:22  Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele,

Moses se gesig het geblink van die heerlikheid van die teen woordigheid van God bo op die berg,net  so het ons ook toegang van heerlikheid tot heerlikheid wat gebeur met die tweede troon ondervinding net soos wat dit met Mosses gebeur het nadat hy die tweede keer die berg op gegaan het,en sy gesig geblink het van heerlikheid toe hy weer van die berg afgekom het. Dit is die afsnyding van die vlees(Die tweede troon ondervinding) En word deur Christus bevestig wanneer Hy kom om verheerlik teword in Sy heiliges. Hy inkanneer Homself in hulle, die afsnyding van hulle vlees is volmaak.

Exo 34:29  En toe Moses van die berg Sinai afdaal—die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afdaal het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink omdat hy met Hom gespreek het nie.

Exo 34:30  En toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink! Daarom was hulle bevrees om naby hom te kom.

Exo 34:33  Toe Moses klaar met hulle gespreek het, het hy ‘n sluier oor sy gesig getrek.

Exo 34:34  Maar as Moses voor die aangesig van die HERE kom om met Hom te spreek, neem hy die sluier weg, totdat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders van Israel meedeel wat hom beveel is,

Die tweede troon ondervinding .Dan gaan die skrif in vervulling net soos hy is so is ons ook in hierdie wereld.

Joe 3:17  Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg;

Christus en die Man Seuns.

Isa 8:18  Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het—tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon.

Wat die skrif vervul.En hulle sal groter wonders en tekens doen as ek. Die man seuns kan in die teenwoordigheid van GOD kom en word soentoe weggeruk op die berg sion waar GOD woon (net soos Moses) hulle moet egter ook die berg klim net soos moses dit gedoen het.Dit gebeur binne in hulle .M.A.W.die  Man Seuns moet eers geestelik groei en dan geboorte gee aan n volwasse geestelike liggaam, voordat hulle in die liggaam se tempel se allerheiligste kan ingaan . Ons liggaam is die tempel van God daarom is die allerheiligste ook binne in ons waar God woon,(Sy Troon)op die berg sion waarheen hulle weggeruk word. Hierdie troon het net te doen met jou geestelike liggaam die werklike jy die geestelike mens, innerlik binne in jou liggaam.Dit is die selfde vir almal wat volwasse geestelik word in die liggaam van Christus. Die wat glo dat hulle volwasse kan word. Met die selfde geloof wat Maria gehad het, om bevrug te word met Jesus. Daarom se God dat hy wie wil kom.

Volwassenheid is nie n gedagte nie, dit is n toegeweide groei proses. Dit is ook nie kerk christenskap nie.

Dit is geloof gevestig in verhouding.

Waar gaan die Man Seuns eendag Regeer

EN waar is die troon van God. Die ander paralelle verborgenheid.

Dan 7:9  Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ‘n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur;

Hierdie troon van God is in die hemel.

EN waar is die troon van Christus.

Luk 1:32  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,

Die troon behoort aan Christus en hy deel dit met Sy broers wat sit aan Sy linker en regterhand die manseuns.

Act 2:30  Omdat hy dan ‘n profeet was en geweet het dat God vir hom met ‘n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit

Luk 12:32  Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.

Koningskap gesag en heerskappy.

Die vrou is die liggaam van Christus die christendom, die ster geslag, sy is nie n klein kuddetjie nie, die 144000 Manseuns is. Sy is n masiewe kudde.

Rom 8:19  For the earnest expectation of the creation waiteth for the revealing of the sons of God. 

Die Man Seuns word geroep deur God. Jy kan nie jouself n Man Seun maak nie. Die Manseuns word gebore uit die vrou. Die ligaam van Christus in die volle gestalte beeld van Christus in die gees hulle is die eerste vrugte in wie die woord manifisteer, die eerste troon ondervinding van die Manseuns is hulle ontvang geloof die tweede troon ondervinding kennis en die derde troon, word verheerlik en wandel in die gees besit toegang tot God se troon hulle word deur Jesus verheerlik en Hy inkaneer Homself hulle doen dan groter wonderwerke.en begin hulle bediening.

Hierdie skrif is meesal vir die manseuns en bevestig hulle.

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;

In die eindtyd

Rom 8:19  For the earnest expectation of the creation waiteth for the revealing of the sons of God.

kinders is al lankal geopenbaar en die skeping wag nog steeds.

Jer 23:5  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.

Daar is nooit na Christus verwys as n spruit nie, Hy is die geliefde seun  Koning van Konings, die troon van Dawid behoort aan Hom die manseuns is spruite wat verwek word uit die vrou en verheerlik word deur Christus.

Is seuns van die koninkryk besit reg en geregtigheid vrede liefde gesag en mag.

Jesus Christus

Isa 9:5  Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—

Hy het altyd na Homself verwys as die Seun van die mens en nooit as Jesus nie. Uit hom kom die Manseuns. 

Die Man Seuns verwek.

Mat 22:14  Want baie is geroep, maar min uitverkies. 

Rom 8:29  Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;

n Kooperatiewe liggaam baie broeders. Die  Man seuns gebore uit die vrou is broers. Die bruid en liggaam  is n (vrou) en die liggaam van Christus is lede van sy liggaam. Binne in die liggaam van Christus is ons wel broers en susters; Maar hier word na ander broeders verwys. Paulus verwys hier na hulle.

Heb 2:11  Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie

Mat 22:14  Want baie is geroep, maar min uitverkies. 

Rom 8:30  en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik

Niemand word n man seun uit sy eie nie, maar word geroep.

Rev 14:4  Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam. die uitverkorenes, die eerste vrugte voordat die oorryp  oes geoes word.

Hulle n kooperatiewe liggaam, uit die mense volke nasies stamme en tale, as eerstelinge eerste vrugte. Die man seuns behoort nie aan enige Gods-dienstige, leerstelling kerk, of sekte nie, Behoort slegs aan Christus, besoedel hulle nie met vroue dominasies nie.

Rev 14:5  En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God

Dra God en Jesus se naam, besit Sy karakter geaartheid en gesintheid.

Die Man Seuns verkondig net Christus,en nie kerk leerstellings nie. Die nuwe wereld regering deur die Manseuns. Christus regeer dus deur die Man Seuns se liggaam. Dawid was Koning in Jerusalem en het daar regeer; en nooit sal n seun ontbreek, om te sit op sy troon nie Die koning; Die Manseun; en die koningin die bruid, en die Hemelse stad Jerusalem die diensknegte al die gelowiges is dus saam, die Manseuns en die bruid regeer albei ;En is onaf-skeidbaar. Die manseuns bring die liggaam van Chistus tot volwassenheid gereed vir die bruidegom se koms, leer en onderig hulle. Christus as die Koning van die Konings en sy Koningin die Bruid , en die liggaam, Die Man Seuns sit as Koning op Dawid se stoel.Die selfde as Josef en Mordegai as Konings onder die Koning oor die volk Jerusalem en alle Nasies.

Skadubeelde uit die ou testament. Salomo op Christus se troon die selfde as die Man Seuns wat op Dawid se troon sit wat aan Christus behoort.

1Ki 10:4  Toe die koningin van Skeba dan al die wysheid van Salomo sien en die huis wat hy gebou het,

1Ki 10:6  Daarop sê sy aan die koning: Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u en oor u wysheid;

1Ki 10:9  Geloofd sy die HERE u God wat behae in u gehad het om u op die troon van Israel te laat sit! Omdat die HERE Israel vir ewig liefhet, het Hy u as koning aangestel om reg en geregtigheid te doen.

Daar is dus n troon van Christus op aarde ; en n troon van God in die hemel; Hier sit dan nou n Man Seun Salomo op die troon van die hele Israel op aarde. Wat aan Christus behoort.

Rev 20:6 maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

Rev 3:21  Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. Hom wat oorwin (manlik). Hulle is die wit perd ruiter

Rev 6:2  En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan

as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.

Die Manseuns moet ook die versoekings oorwin .

Die heiliges na die Verdrukking heers as Konings

Die nuwe Christus regering sal uit die ou stad Jerusalem regeer en nie uit die heilige hemelse Jerusalem stad Van God nie.

Jer 3:17  In dié tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van die HERE; en al die nasies sal daarheen saamkom vanweë die Naam van die HERE in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie

Hier sit die bruid saam op die troon van die  Here ,as sy vrou{ Koningin}  op aarde, Hy wat oorwin sal ek gee om te sit, saam met  my op my troon; Die Man Seuns regeer op die troon van  Dawid in Jerusalem as sy regering Die Bruid, sit saam met Christus op die troon as sy Koningin. Hier is dus n troon van Christus op aarde en troon van God in die hemel.

Zec 14:9  En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een.

Die Man Seun en die Bruid genoem deur God by hul name.

Jer 23:5  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.

Jer 23:6  In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.

Ons n kooparatiewe liggaam; Die naam beteken; Geaardheid; Gesindheid, karakter, Natuur en Heerskappy van Christus  HY  Manlike Seun Die Manseun. Die Manseuns kom uit die twaalf stamme van Israel in die laaste drie en n halwe jaar van die verdrukking. Die Manseuns uit die vrou bekleed met die son is alreeds dood gemaak en wag onder die altaar, eerste die uit die vrou die kerk in die eerste drie en n halwe jaar van die verdrukking daarna in die laaste drie en n halwe jaar die uit die twaalf stamme. Die wat eerste was is nou laaste.

Jer 23:6  In his days Judah shall be saved, and Israel shall dwell safely; and this is his name whereby he shall be called: Jehovah our righteousness. He shall be called.

Die Bruid en die liggaam van Christus word genoem

Jer 33:16  In dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.

Die kooparatiewe liggaam; en die bruid; Ons Geregtigheid; meervoud n groep mense Die naam beteken geaardheid ;gesindheid natuur, karakter en Heerskappy van Christus; ons die Liggaam van Christus en die Israelietiesse geestelike kerk wat nou tot bekering gekom het. Die bediening van albei  groepe Manseuns is om die geestelike kerk tot volwassenheid tebring teleer en die Vroee en laat reen uit testort en die kerk gereed tekry om die bruidegom te ontmoet.

Jerusalem veilig woon.

Jer 33:16  In those days shall Judah be saved, and Jerusalem shall dwell safely; and this is the name whereby she shall be called: Jehovah our righteousness.

She shall be called. Die twee getuies die twee geslagte manseuns die uit die twaalf stamme Openb;7 en die uit die vrou Openb;12. Die twee Olyfbome en Die twee kandelaare. Die een olyf boom is de afgekapte Israel wat terug geeent sal word, en die ander olyfboom is die geestelike kerk wat nou die olyf boom is.

Ek verduidelik dit meer in Die Openbaring van die twee getuies.

Kom ons kyk: Wie is die twee getuies.

Rev 11:3  En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer

Vir drie en n halwe jaar,  Hierdie twee getuies is van alle persoonlike besittings beroof in die verdrukking. Besit niks behalwe Christus nie.

Dan 11:33  En die verstandiges onder die volk sal baie tot insig bring; maar hulle sal struikel deur swaard en vlam, deur gevangenskap en berowing, dae lank.

Hier is n paralelle openbaring waarin God vier vat en dit twee maak.

Rev 11:4  Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan. Hierdie twee getuies is eers die Man Seuns die twee olyfbome Openb:14 en Openb: 7

Die twee olyfbome die twee geslagte van Manseuns.(Dawid en Jakop) En daarna na hulle kom die twee kandelare wat getuig in die verdrukking die twee kandelaare,eers is die liggaam van Christus die kerk die een kandelaar.En dan ook gedurende die verdrukking kom die nou bekeerde Israel kerk wat dan ook in die liggaam van Christus in kom.  Die ander kandelaar. Die twee geestelike kerk geslagte.Wat getuig van wat hulle gesien en gehoor het van die Man Seuns aan die wereld en die kerk (Die nuwe ewige evangelie Openb :14:6,7,9,10,11,12 ,13. Die twee geslagte olyfboom getuies, die Man Seuns; en dan die twee kandelare die kerk die liggaam van Christus. Eers het die Apostels getuig en toe getuig daarna die dissipels.

Rev 1:12  Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars, 

Rev 1:13  en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel.

Christus staan tussen die twee groepe kandelare.  

Rev 1:20  die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes

Wat was sal weer wees, en daar is niks nuut onder die son nie. Hierdie is n paralelle verborgenheid,waarin God vier vat en dit twee maak.wat ek later sal verduidelik in die Openbaring van die twee getuies. Hierdie Openbaring is nie Moses en Elia of Henog nie. soos die kerk leer nie, daar was nooit na hulle verwys as n olyfboom nie.

En kan volgens die wet van n getuie dit glad nie wees nie.

Die mag van die Man Seuns.

Rev 11:3  En Ek sal aan my twee getuies gee

Rev 11:4  Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan

Eers getuig die twee olyfbome dan as hulle dood gemaak is getuig die twee kandelare.

Die twee Olyfbome..

Hulle gesag 

Rev 11:5  En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.

Rev 11:6  Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.

Hulle mag.

Let op: Die aarde tref met plae, so dikwels as hulle wil.

Die 144000 Openb;14

Hierdie Manseuns eerste .

Rev 11:7  En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;

Die dier van die afgrond:Apollion, (Abaddon). Die prinsepality wat oor die Romeinse ryk regeer het en nou oor die wereld regeer , deur die Verenigde nasies United Nations en United Religions. Net soos Jesus word hulle gedood en uit die pad uit weg geneem as hulle klaar getuig het.

Rev 11:7  En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;

Rev 11:8  en hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is

Die Here was buite die stad gekruisig,M.A.W. in die wereld , Egipte en Sodom is die wereld .Die Man Seuns word in die wereld doodgemaak, waar hulle lyke op straat le. Die groot straat van oordeel soos oor Egipte Sodom en Sigem wat die oordeel van God bring.

Rev 11:9  En mense uit die volke en stamme en tale en nasies sal hulle lyke drie en ‘n halwe dag lank sien en nie toelaat dat hulle lyke in die graf gelê word nie.

 Rev 11:11  En ná die drie en ‘n halwe dag het ‘n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en ‘n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.

Rev 11:12  En hulle het ‘n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.

Nou is Openb:12 vervul.

Nou eers vaar hulle op na GOD in die Hemel en Sy troon. Die Man Seuns is net soos Christus weggeneem en nou lewer die Bruid en(kerk) die kandelaar haar getuienis wat sy van die Man Seuns geleer het, die bruid kry haar gereed om haar bruidegom te ontmoet in die verdrukking. Die getuienis van die kandelare het aangebreek.Die kerk die dissipels getuig nou

In die verdrukking die Bruid en kerk.

Wat ek meer verduidelik in die Openbaring van die heilige stad Jerusalem.

Rev 19:7  Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.

Sonder rimpel en sonder vlek, sy het ook geen kerk leerstelings meer nie net Christus. In die verdrukking

Die kerk is nou ook heilig gereinig.

Rev 19:8  En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.

Rev 19:9  Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.

Die vrou en bruid kry en maak haar gereed in die verdrukking . En die bruid tree in die huwelik met Christus beklee met rein en blink fyn linne, waarin sy die Here te gemoet gaan in die lug en saam met hom terug keer na die hemel vir die bruilofsmaal,waarna sy weer terug keer aarde toe. Let op die trou rok van die bruid is rein en blink fyn linne. Nie almal is die bruid nie, die gaste is die groot komponent van die hele kerk salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal. Die bruid is n klein komponent van die totalle ligaam van Christus wat ek ook verduidelik in die heiligestad Jerusalem.

Die oordeel wat die Manseuns behartig.

Rev 20:4  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien vn die wat onthoof is oor die etuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. En hulle het geleef en as KONINGS GEREGEER SAAM MET CHRISTUS die duisend jaar lank. Duideliker as dit kan die Here dit nie stel nie.Die Man Seuns Regeer saam met Christus as sy regering. Die gaste is beklee met wit klere.

Rev 7:9  Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;

Rev 7:13  Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?

Rev 7:14  En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.

Rev 7:15  Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan.

Die bruid is bekleed met rein en fyn blink linne,die gaste is bekleed met wit klere. Johannes die doper,en ander is die Vriende van Christus, by die bruilofsmaal. Almal is nie die bruid van Christus nie.

Die bruid.

Son 6:8  Daar is sestig koninginne en tagtig byvroue en jonkvroue sonder getal. 

Son 6:9  Een, dié is my duif, my volmaakte, die enigste vir haar moeder; sy is die uitverkorene vir die een wat haar gebaar het. Die dogters het haar gesien en haar gelukkig geprys, die koninginne en die byvroue, en haar geroem: 

Die Man Seuns is ook die broers van Christus by die bruilofsmaal. Wat ek later meer verduidelik.

Die herstel van die vervalle hut van Dawid en Jakop se benoudheid,gebeur dus in die eiendtyd met die verdrukking.Die Man Seuns word gebore om die Liggaam van Christus te onderig met kennis Getuienis en haar terug te bring na Christus gereed om Hom te ontmoet.

Jer 23:20  Die toorn van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan.

Mat 10:26  Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie. 

Rev 12:1  En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre;

Rev 12:2  en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.

Rev 12:5  En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.

Rev 12:6  En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.

Rev 22:7  Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.

Rev 22:10  En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.

Rev 1:3  Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

Rev 21:7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.

My eie getuienis,

Gedurende die nag in my slaap in n gesig of dit binne in my was of buite ek weet nie, is my geestelike liggaam op geneem in n wolk ek het my self bevind op n berg ek was heeltemal kaal sonder klere, n digte wolk het my bly omring en ek het begin om die berg op te klim, daar was geen rotse of hindernisse nie, hoe nader ek aan die kruin van die berg gekom het, was daar weerligte en donderslae so hard dat die hele berg geskud het soos n aardbewing, dit was oor verdowend ek was dood bang en bevrees, die donder slae en weerligte was op mekaar, ek kon dit deur die wolk sien maar niks verder nie die wolk wat my omring het was tedig, ek was so bevrees dat ek plat gaan le het op my maag, die weerligte en donderslae het alles geskud ek het geen stemme gehoor nie, ek was baie naby aan die troon maar was te bevrees en bang om nader op tegaan die wolk het my weer terug gebring en ek het wakker geword. Tot op hierdie oomblik beleef ek die werklikheid daarvan , Die woorde van God; wie sal dit waag om nader tekom na my toe, ek was naby maar die vrees het my oorval.

Die Man Seuns geroep deur Christus.

AMEN

My liewe broer en suster ek hoop en bid u het hierdie Openbaring verstaan,want dit is groot,ek weet hier is baie herhaling maar dit is noodsaaklik om u te help.

Die Openbaring van die Manseun.

Opsomming deel 3 volg.
Soos altyd liefde in Christus,
u broer Shorty van Vuuren. M.S.

Leave a comment