Die woord koninkryk verskyn 144 keer in die nuwe testament.
Joh 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
wedergeboorte is n vereiste om die koningkryk te beeerwe.
Luk 17:20 En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.
Hoe nader ons aan die eiendtyd kom hoe meer sal ons dinge verstaan, en sal wereld gebeure verander.
Luk 12:2 En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.
Luk 8:17 Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.
Die koninkryk van God is binne in julle.
Die koningkryk is binne in ons deur wedergeboorte en die verkryging van burgerskap.
Jesus se gebed vir die kerk, laat U koninkryk kom.
Mat 24:14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.
Die nasies het geen verskoning nie. en sal uiteiendelik God al meer en meer verwerp.
Daar is twee dele van die Koninkryk, die Evangelie kant van die koningkryk, en die Koninkryk self.
Mar 1:15 en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.
Luk 17:21 En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.
Binne in ons deur burgerskap.
Die vraag is maar hoe is die koninkryk binne in ons. Ons kan slegs deur wedergeboorte die koninkryk van God binne in ons kry, maar dit kan slegs op n wettig manier geskied. Wanneer ons Christus nog nie aangeneem het nie is ons vervreemd van God deur die sonde en is daardeur geskei van Hom wat beteken ons is deur hierdie skeiding wat God aan betref dood. Ek praat nou van die tweede dood, en nie die dood van die vlees nie. Ons behoort dus deur hierdie skeiding nog nie aan God nie maar is n gevangene van Satan, terwyl jy as n sondaar nog deur sonde vas gevang is voor bekering, vervreemd van God.
Daarom se die skrif.
Eph 5:14 Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.
Terwyl ons dan in n skyn slaap dood is deur dat ons van God geskei is beteken ons ook vir die Satan eiendelik ook niks in hierdie lewe nie, en wil hy jou vernietig, en wanneer ons Christus deur bekering aanneem herstel, die vreemdelingskap tussen jou self en God en die regte jy jou geestelike liggaam staan op uit die skyn slaap van geestelik dood en jy word n nuwe skepsel in Christus. Eers dan kan ons van eienaarskap in hierdie wereld verander en oor gaan in die lewe. Van die besit van Satan en n wereld geaartheid nou oor na n nuwe eienaarskap die van God wat my uit die dode die skeiding opgewek het en my met Hom versoen het deur Christus. Ek behoort nou wettig aan God deur wedergeboorte of ek lewe en of ek sterwe ek behoort aan Hom.
Die ewige lewe
Almal besit alreeds die ewig gelewe in ons geestelike liggaam, of ons nou aan God behoort of nie. Deur Sy lewensgees van lewe. En uit eiendelik sal n sondaar geestelik sterf wanneer hy finaal en vir ewig van God geskei is dit is die tweede dood, dit is n permanente skeiding weg van God en my geestelike liggaam wat die werklike jy is gaan deur die tweede dood, deur hierdie skeiding van God vir ewig, dit is soos n plant sonder water vreeslik.
Die Koninkryk van God is binne in julle. Die koninkryk van God is ons erfdeel, dit maak ons ook mede erfgename van Christus. Hierdie nuwe geboorte wedergeboorte van jou deur God kom van bo af van uit die hemel, nou behoort jy aan Hom wat jou uit die dood opgewek het, jy is dus nie meer n aardse burger nie jou burgerskap het met die nuwe skepsel en geboorte oor gegaan na n hemelse burgerskap van waar jy opgewek is, jy behoort nou aan God, en aan n ander koninkryk , n hemelse koninkryk ons behoort dus nie meer aan hierdie aardse koninkryk en hierdie wereld nie. Ons het ons burgerskap van hierdie wereld verloor en besit nou n hemelse burgerskap. Satan het sy houvas op ons verloor. God se koninkryk kom dus binne in ons deur burgerskap, ons is nou deur geboorte n burger n nuwe skepsel van n ander koninkryk n hemelse, waarvoor ons wag wat God sal oprig vir ons. My wedergeboorte het dus vir my die hemelse burgerskap verkry. Burgerskap is die vereiste vir toegang tot die Koninkryk.
Die merk van die dier gee weer vir jou aardse burgerskap en jy verloor jou hemelse burgerskap. en val terug in oordeel.
Joh 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
Wedergeboorte vir n nuwe hemelse burgerskap is dus n vereiste, vir die koninkryk van God, ONS HET GEBORE BURGERSKAP NIE GEKOOP OF GESTEEL NIE MAAR WETTIG VERKRY deur n nuwe geboorte. My geestelike liggaam is nou wedergebore en versoen en behoort aan God, om dit finaal te vervolmaak sodat my vleeslike liggaam nie meer aan hierdie wereld kan behoort nie en Satan se hou vas daarop op enige manier ookal te laat verloor, word die vleeslike liggaam deur die onderdompling van die doop deur die bad van die wedergeboorte gedoop in water,simbolies begrawe gedoop die vleeslike liggaam word in die naam van die Vader, die Seun, en die Heiligegees gedoop en dus ook weer opgewek weer gebore uit die bad van die wedergeboorte waar uit hy opstaan nou n volmaakte nuwe skepsel vlees siel en gees van die koninkryk van God.Nou ten volle gebore uit water en uit gees en het toegang tot die koninkryk van God verkry , volmaakte hemelse burgerskap deur geboorte. Jou naam nou geskrywe in die I D boek van die lewe.
Toegang tot die Koningkryk.
Rev 21:27 En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.
Hoe belangrik is die doop.
Mar 16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Die klem le op glo.
Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê
Nou het die koninkryk van God binne in jou gekom deur burgerskap. Wedergebore uit water vlees en gees.
2Pe 1:11 Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.
Ongeregtigheid kan nie geregtigheid beeerwe nie.
1Co 6:10 Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
Maar dit eiendig nie daar nie dit gaan nog baie dieper ons burgerskap beteken niks as ons nie n koninkryk het nie. Ons wag dus nou en sien uit met verlange na ons koninkryk wat God sal oprig vir ons hier op Aarde, die hemel is nie ons woon plek nie die behoort aan die engele. God sal sy koninkryk hier op aarde vir ons vestig in die eientyd gedurende die verdrukking. Die verdrukking gee dus vir God die geleentheid om Sy Koninkryk tevestig.
Dan 2:44 Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—
Die dae van die konings is in die verdrukking wanneer God ons koninkryk oprig wat vir ewig sal bestaan.
Rev 11:15 En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.
Wie en waar is die tien konings wat van gepraat word ,wanneer die koninkryk opgerig word.
Rev 13:1 En ek het op die sand van die see gaan staan.En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.
Die sand en see water beteken uit al die koningkryke van volke en nasies in die wereld.
Rev 17:12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.
Dit is die konings uit die ooste.
Rev 16:12 En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.
Rev 17:13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.
Die Antichris en sy liggaam die nasies.
Rev 17:14 Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.
Die Satan is nou ook besig om sy wereld koninkryk van ongeregtigheid tevestig en uit tebrei. Wanneer hy neer gewerp word op die Aarde is sy koningkryk gereed om hom te ontvang.
Daarom sal ongeregtigheid vermeerder.
Rev 12:9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.
2Th 2:12 sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.
Rev 12:12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.
Die satan se koninkryk oprigting.
Eers deur die Verenigde Nasies, wat gaan verander. Die werklike dier is n demoon Apollion die werklike antichris Koning en die tien konings kom uit sy koninkryk in die eiendtyd. Wat saam met die dier sal regeer in die nuwe wereld regering wat nog gaan kom Wat genoem sal word THE FEDERATION OF EARTH, Die nuwe een wereld regering n federasie van nasies daarin. Die Satan sal al die nasies in hom verenig almal behalwe die wedergeborenes die heiliges in Christus Sy liggaam die kerk.
Rev 9:11 En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion.
Rev 13:1 En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.
Die sewe koppe dier is die huidige gSewe in die verenigde nasies die ander is die liggaam en regering van die antichris.
wat bestaan uit al die nasies.
Rev 17:15 En hy sê vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.
Ut die see (water) sien kom beteken die dier is nasies volke en talle, almal word regeer deur die Federation Of Earth.
Rev 12:3 En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;
Hierdie teken en koms van die Satan kom net na die geboorte van die manseuns uit die vrou bekleed met die Son. en die vestiging van die draak (satan) se koningkryk
Die dier uit die see is die satan se liggaam wat bestaan uit nasie volke en talle , die sewe koppe is sy wereld regering se besluit neming liggaam en die tien konings doen die uitvoering van sy regering besluite.
Rev 17:17 Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.
Sy regering sluit die gsewe nasies in as konings. Die tien konings kom eers te voorskyn in die verdrukking in die een Wereld Regering dit is dan eers met hulle vernietiging wanneer God sy koninkryk oprig en vestig.
Wanneer Rev 11:15 En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid. Christus sal in die oorlog van Armageddon oorlog maak teen die antichris en sy konings.
Die koms van Christus vir die oorlog
Zep 3:8 Daarom, verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!
Met die oorlog van Armageddon vernietig Christus die Antichris se koninkryk en vestig God sy koninkryk.
God se koningkryk is dan die hele wereld.
Die voorbereiding vir die oorlog van armageddon Al die nasies word by mekaar gebring rond om Israel
Rev 16:14 Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.
Rev 16:16 En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.
Rev 14:20 En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver
Maar voor dit die verkondiging en en waarskuwing..
Rev 14:6 En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. Die is nie n reste engel nie maar n boodskap draer deur die manseuns aan die wereld
Boodskappers van die woord word soms n engel genoem, engele verkondig nie die evangelie nie.
Rev 14:7 En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.
Die verbranding van die hoer van Babilon.
Die verbranding van die vatikaanstad en sy heerskappy oor die nasies deur die tien konings.
Rev 17:16 En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.
Rev 14:8 En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.
Die nasies is bevrees en geskok.
Rev 18:10 terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!
Die eiende van die rooms katolieke vakitaanstad en die rooms katolieke kerk.
Weer is hierdie nie leterlik nie maar word deur boodskappers die manseuns aan die wereld gebring
Rev 14:6 En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.
Rev 14:7 En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.
In die middel van die lug beteken in die hele wereld.
Die tyd van die wederkoms het aangebreek hierdie is n werklike engel
Rev 14:15 En ‘n ander engel het uit die tempel gekom en met ‘n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.
Die oes het oorryp geword op die laaste dag.
Die wederkoms van Christus
Rev 14:16 En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai.
Niemand is weggeraap nie ,ons verander in oomblik in n oogwink en word op geneem die Here tegemoet met die wederkoms.
Die kerk word geoes met die wederkoms, net voor die oorlog met die antichris en is veilig weggeneem in die ark saam met Christus.
Ek weet nie hoeveel Christene kan perd ry nie dit is net n simboliek n kar is n perd en n vliegtuig is n perd enige iets wat jou kan vervoer is n perd, regte perde is fisies nie moontlik nie net om daardie perde optesaal tery tot by die Aarde is onbegryplik dit sal n hele paar miljoen perde moet wees wat baie min kan ry en sal afval en weer begin waar hulle op geklim het …. Hy sal ons kom haal met die hemelse ark wat dit ookal mag wees.
Rev 14:15 En ‘n ander engel het uit die tempel gekom en met ‘n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.
Rev 14:16 En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai.
Die kerk is weggennem en is veilig net soos Noag in die ark en dan vind die toorn , die wraak van die Here oor die wat agtergebly het die goddelose.
Mat 24:37 En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
Die tweede oes kom daarna van Armageddon en die goddelose. , die kerk is klaar weggeneem en is oppad hemel toe na die bruilof van die Lam.
Die tweede oes is die vernietiging van die goddelose die antichris liggaam.
Die kerk sien dit nie.
Rev 14:18 en ‘n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uit die altaar uitgekom en met ‘n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword.
Rev 14:19 En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God.
Buitekant die ou stad Jerusalem, in die dal van Maggido
Rev 14:20 En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver.
Weer is dit net n simboliek dat daar baie bloed sal wees., wat Johannes hier vir ons gee.
Die Koninkryk van God is gevestig.
Rev 11:15 En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.
Dan neem ons besit saam met Christus van ons koninkryk en Hy ontvang Koningskap.
Dan 7:22 totdat die Oue van dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het.
Dan 7:18 en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid.
Die Allerhoogste sal aan ons reg verskaf oor die nasies wat ons vervolg het gedurende die verdrukking.
Ons is daar wanneer aan Hom koningskap gegee word.
Dan 7:13 Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.
Dan 7:14 En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.
Daar word ook koningskap aan die manseuns gegee
Die ander heiliges die twee groepe van 144000 ontvang koningskap saam met Christus hulle is die eerste vrugte en die eerste opstanding om na Jesus opgewek te word.
Rev 11:7 En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;
Rev 11:12 En hulle het ‘n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.
Rev 20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Dan 7:18 en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid.
Die konings wat saam met Hom oor die nasies sal regeer die 144000 manseuns uit die vrou + 144000 uit die twaalf stamme van Israel. Die twee geslagte.
Rev 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.
Die Koninkryk behoort nou aan die volk van God.
Dan 7:27 Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.
Nou is die Koninkryk gevestig op aarde waarvan ons nou burgerskap besit.
Rev 12:10 Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.
Daar bly nasies oor na die wraak word diere genoem
Die nasies wat oorbly na die oorlog van Armageddon se heerskappy word hulle ontneem.
Dan 7:12 Ook aan die ander diere is hulle heerskappy ontneem, en verlenging van die lewe is aan hulle gegee tot op tyd en uur.
Die ander diere is wereld leiers en hulle nasies wat oor gebly het na die oorlog van Armageddon hulle lewens bly gespaar tot op die eiende van die duisend jarige vrede ryk wanneer hulle sal sterf in die oorlog van Gog en Magog. Christus se 288000 wereld konings die Manseuns as regering oor die nasies. Dit gaan egter nog dieper. Die koninkryk kan nie n koninkryk wees sonder n Koning en koningin nie.
Christus as koning.
Rev 19:16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.
En saam met Hom.
Die koningin.
Son 6:8 Daar is sestig koninginne en tagtig byvroue en jonkvroue sonder getal.
Son 6:9 Een, dié is my duif, my volmaakte, die enigste vir haar moeder; sy is die uitverkorene vir die een wat haar gebaar het. Die dogters het haar gesien en haar gelukkig geprys, die koninginne en die byvroue, en haar geroem:
Sy is die Koningin van Koninginne. Ek weet dit mag vreemd klink, maar dit is waaroor die bruilofsmaal in die hemel gaan, nie almal is die bruid nie die is baie klein en nie almal is konings nie, n koninkryk moet ook diensknegte he.
Rev 19:7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.
Rev 19:8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.
Die bruid is beklee met rein fyn linne. Die bruilofsmaal is slegs vir 135 dae dan keer ons terug Aarde toe. Die gaste by die bruilof is bekleed met wit klere.
Rev 7:9 Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
Rev 7:13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?
Rev 7:14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.
Die Heilige stad van God die nuwe Jerusalem.
Ons is nog nie klaar nie n koninkryk het n hoofstad; Die Heilige stad Jerusalem waarin die heiliges gaan woon hier op aarde.
Heb 11:16 Maar nou verlang hulle na ‘n beter een, dit is ‘n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ‘n stad berei.
Die hemelse Jerusalem. Ons verlang nie na die aardse Jerusalem nie maar na die Hemelse stad. Die aardse Jerusalem is nie meer heilig nie inwoners maak n stad heilig.
Heb 12:22 Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, Hoe het ons daar gekom ? deur burgerskap.
Die nuwe heilige stad Jerusalem wat Jesus gaan voorberei het.
Rev 21:10 En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;
Rev 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, DIE NUWE JERUSALEM sien neerdaal van God uit die hemel,
Rev 21:3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.
Ongelooflik God wat alles geskape het die hemele daarbo alles wat bestaan, en Hy kom by die mens bly.
Rev 21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
Rev 21:5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.
Rev 21:6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.
Rev 21:7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.
Ons stad op die hoe berg, DIE HEILLIGE JERUSALEM wie se burgerskap ons nou al verkry wat ons eendag sal bewoon. Die beskrywing van ons stad genoem die Heilige Jerusalem wat God vir ons voorberei het.
Mat 5:14 Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie;
Die heerlikheid van die stad.
Rev 21:10 En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;
Rev 21:11 en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.
Rev 21:12 En dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.
Rev 21:13 Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.
Rev 21:14 En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.
Rev 21:15 En hy wat met my gespreek het, het ‘n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.
Rev 21:16 En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend vyf honderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.
Rev 21:17 En hy het sy muur gemeet op honderd vier en veertig el, volgens ‘n mens se maat, wat die maat van ‘n engel is.
Rev 21:18 En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas.
Rev 21:19 En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes.
Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag;
Rev 21:20 die vyfde sardóniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasínt, die twaalfde ametís.
Rev 21:21 En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.
Rev 21:22 En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.
Rev 21:23 En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.
Rev 21:24 En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.
Rev 21:25 En bedags want nag sal daar nie meer wees nie sal sy poorte nooit gesluit word nie;
Rev 21:26 en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring.
Rev 21:27 En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.
Ongelooflik mooi ons stad wat God vir ons voorberei het en waarin ons gaan woon saam met God en Christus en al die heiliges. Daar is 144 skrifte in die nuwe testament oor die koninkryk en daar is 144000 Manseuns uit die kerk en 14400 uit die twaalf stamme van Israel wat saam met Christus as konings, in Sy koninkryk sal regeer.
Rev 20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Rev 22:5 En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.
Priesterskap en Koningskap is onlos maakbaar verbind aan mekaar. Hier is nog n paar skrifte oor die koninkryk.
Matt6:10, 6:33, 9:35, 12:26, 13:11, 13:19, 13:31, 13:41, 13:43, 22:2, 24:14, 26:29 Luk19:31, 19;11 ,22:29 Mark11:10 John3:3 ,Hand28;31, 1Co15:24, Col1;13, Heb1:8 Jas2:5, 2Pet1;11 en nog meer.
Mat 25:34 Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die, grondlegging van die wêreld af.
2Pe 1:11 Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.
1Co 15:24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
Sodat God alles in almal kan wees. Laat U koninkryk kom; Amen. Die Apostels het in hulle tyd die konsep van n koninkryk, koning en koningin, en stad baie goed verstaan. Dit wat was sal weer wees.
Ek sluit af.
God se koninkryk vul die hele aarde ; Jesus Christus as Koning, en daar is ook n Koningin van die koninkryk, die Manseuns as konings Die burgers van die Ewige koninkryk as heiliges diensknegte, en die Heilige stad Jerusalem van die koninkryk.
Psa 22:28 (22:29) Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies.
Psa 45:6 (45:7) U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer.
Psa 145:11 Kaf. Hulle maak melding van die heerlikheid van u koninkryk en spreek van u mag,
Psa 145:12 Lamed. om aan die mensekinders sy magtige dade bekend te maak en die glansryke heerlikheid van sy koninkryk.
Ek verduidelik nog meer in die duisend jarige vrederyk.
Soos altyd liefde in Christus,
Shorty van vuuren M.S.