Ontvang Die Ewige Lewe

Joh 10:10 Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê

I came that they may have life, and may have it abundantly.

Joh 17:3  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. 

Daar is drie griekse woorde wat gebruik word vir die woord lewe. Psusche is die lewe van n gevalle mens, dit word ook gebruik vir die dier lewe op Aarde. Die woord bios wat die manier van lewe beskryf en dan die woord Zoe wat die ewige lewe beskryf , hierdie woord word honderd en dertig keer in die woord gebruik.

Die woord psusche en die woord zoe word nooit saam gebruik nie. Die Heiligegees gebruik die woord Zoe om die ewige lewe te beskryf, die heilige lewe, die lewe wat die christen ontvang in sy geestelike liggaam, die woorde Psushe en Bios word nooit daarvoor gebruik nie. Geen mens kan skepties wees oor die woord van God as hy enige kennis in die woord besit nie. Om skepties tewees is om die realiteit te verwerp, dit is saad wat gevestig is in ongeergtheid en ontkenning. Die mens is slegs skepties in dit wat hy niks van weet nie.

1Ti 1:15  Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red,

2Ti 2:11  Dit is ‘n betroubare woord; want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe.   

Tit 1:9  een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê.

Tit 3:8  Dit is ‘n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra om goeie werke voor te staan; dít is wat goed en nuttig is vir die mense. 

Ek het die platform en plek bereik waarin ek oortuig is dat die woord nie die produk van enige menslike vermoe is nie. Geen mens kan soveel waarheid en lewe in in n boek skryf nie. Enige persoon wat tyd in die woord spandeer,sal weet dat hy glo in iets wat geen verstand van n mens kan voortbring nie. Dit bring jou in geloof in die bonatuurlike en die heelal bewussyn, in die wonders van God in die mens en die mens in God. Om tegroei in die woord debateer dit in jou siels demensie.

Die ewigelewe is die grootste wonder in die menslike skeping, en ook die eending waarna die menslike natuur hunker en soek. Elke godsdiens is opsoek na die ewigelewe op n sekere manier. Die enigste mens wat wil sterf soos n dier is die mens wat gedaal het tot die vlak van n dier. Elke mens soek hierdie hoop en wil vir ewige lewe, en sal alles probeer en doen om die finaliteit van die dood as die eiende te oorwin . Maar die christen se hoop is gevestig op die rots  Jesus Christus en sal eendag almal weer sien wat hy geken het. Almal wil hemel toe gaan, maar die werklike ondekking is dat die hemel die middelpunt is van al Jesus se predeking.

Mat 4:17  Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. 

Ek het van uit die Vader gekom. En ek het n die wereld gekom, en ek gaan weer uit die wereld terug na my Vader. In my Vader se woning is daar baie huise.

Die boek Openbaring beskryf vir ons n nuwe hemel en n nuwe Aarde. Ons is ewige wesens, en het n geloof  en Godsdiens wat nie mens gemaak is nie, gevestig in sekerheid wat die hemel vir my waarborg. Dit is slegs die Christen geloof wat die sekerheid en die werklikheid van die hemel verduidelik en beskryf. Alle ander godsdienste is mens gemaakte gelowe, dit het sy onstaan uit die menslike vermoe en verstand.

Christenskap is gebore uit die hart van God die Vader. Die Ewige lewe is die sekerheid gevestig in die christen gees en siel as die grootste werklikheid en bring berusting. Konings het gode name aangeneem omdat hulle eenheid met God soek , die werkliheid is die mens is al ewige opsoek na God. Jesus het gekom om die soeke te vervul.Hyhet vir die mens gebring en gegee wat hy nodig het.

Jy sal enige mens gemaakte godsdiens ontgroei, maar jy sal nooit God se lewe wat hy in jou gesit het kan ontgroei nie. Jy kan nie werklike christenskap ontgroei nie, dit is net te werklik en besit n diepte sonder end. Die ewigelewe is om God temag ken,Sy persoonlikheid geaartheid en natuur, Sy karakter is net ontmeetbaar groot. Hy besit n diepte sonder end, en n heerlikheid wat die mens vul. Hy wie Hom gevind het die lewe gevind en.die ewige waarheid sy eie gemaak. Daar die christen het opgehou soek, en die ewige lewe in hom getuig van sy eiend bestemming. Christenskap is nie n geloof nie dit is nie n godsdiens nie, dit is lewe gevestig in n verhouding. Dit plaas God in die mens en die mens in God.Hy sit Sy natuur en lewe in ons.

Act 17:28  want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag. 

Gen 1:26  En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis,

God se hart was die rede vir die skepping van die mens. God is gees, die mens is ook, hy het n siel, n intelek, gemoed en wil en n bewussyn, die stem van die menslik bewussyn kom van sy geestelike liggaam,dit is sy gees wat praat, die nuwe skepse praatl soms bokant jou intelek, wat met jou wil komunikeer al wil jy nie, al is jy moeg. Na n ruk sal die gees hom afskei van jou intelek en gedagtes en jou siel word dormant en rus. Jou geestelike liggaam is die moeder van geloof en liefde en ook van haat. Geloof word gevestig in jou geestelike liggaam.

Jas 1:5  En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. 

Blydskap leef in jou gees, en om gelukig tewees in jou verstand  en,dit het n rede nodig. Blydskap kom van God, dit is slegs jou gees wat in harmonie en verhouding met God is wat blydskap voortbring. God het die geestelike liggaam geskep sodat Hy sy natuur geaartheid en gesintheid daarin kan sit. Jou verstand kan God nie ken nie, jy kan nie studeer om God werklik te ken nie. God word nie deur jou intelegensie geken nie maar slegs deur jou geestelike liggaam en in kennis wat hy verkry en verhouding, Gees word geken deur gees, jou geestelike liggaam kom van God is wedergebore uit God,het sy eie bestaan in God ondek, en wil in eenheid met God verkeer, hy is geskep in God se gelykenis,die nuwe skepsel. Die weder geboorte het hom uit satan se familie gehaal en hom in God se familie gesit, deur n nuwe geboorte. Daar is niks snaaks daaraan nie, dit is n dood natuurlike proses,en dit skenk my die ewigelewe.

Joh 10:10  Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

Ontvang die ewige lewe in oorvloed, sonder enige verhindering, Ontvang God se lewe, En Sy natuur.

2Pe 1:4  waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het.

Joh 17:3  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. 

God kon die ewige lewe nie gee voor Jesus nie , want die mens het teen God gerebeleer. God moes Homself gee on die mens te kon red, op n wetige wyse sodat die mens die ewige lewe die natuur en geaartheid van God kan ontvang  en Hom te mag ken.deur Jesus Christus.

Rom 5:21  sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.

Deur Sy dood het daar versoening gekom en kon God nou wettig die ewige lewe vir die mens gee., dit is die grootste geskenk aan die mens. Ons het uit die dood gestap na die lewe, en na God se liefde, ons het uit die dood gestap,en liefde ontvang, want ons het geleer om die broers lief te he.

1Jn 3:14  Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood.

As jy nie lief het nie is jy nog nooit weder gebore nie. Wedergeboorte bring die natuur en lewe van God in jou in. Christenskap is die lewe van God in die mens. Daar is twee dinge wat so normaal is soos asem haal en dit is geloof en ongeloof,en ook gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid. Ongeloof kom deur ongeeergtheid en n gebrek aan kennis ,en geloof deur kennis en die woord van God,alles in die mens se lewe is gebaseer op geloof.

Joh 1:12  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; 

Joh 5:24  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.  

Joh 17:3  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. 

Die ewige lewe is dan God se geaartheid natuur karakter en gesintheid.

Rev 20:12  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.

Rev 14:3  En hulle het ‘n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd vier en veertig duisend wat van die aarde vrygekoop is. 

Amen

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S. 

Leave a comment