Ons Liggaam As Die Tempel Van God

1 Kor 3;16 Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

1Co 3;17 As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

1Co 6:19 Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

1Co 6:20Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

2Co 6:16 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

Verstaan ons dit werklik dit is vir die meeste van die kerk  die liggaam van Christus n misterie . Die probleem is ons weet dit maar verstaan dit nie . Dit is nodig om die openbaring daarvan te verstaan , Soos wat die tempel oorspronklik was  en bestaan het uit die voorhof die heilige en die allerheiligste vertrekke is dit nou ook so geestelik binne in ons. Ons vlees is die voorhof, die Heiligste is ons siel, en die allerheiligste is ons gees. Flesh the fore court, the Holy place our soul, and the Holy of Holy’s our spirit.

Moeilik om te verstaan maar tog so n groot werklikheid , net soos wat die heiligegees in die hand gemaakte tempel ingetrek het net so neem die heiligegees besit van ons liggaam wat nou God se tempel is. Die toegang tot die tempel in ons geskied op die selde manier daarom is ons n koninklike priesterdom priester van jou eie liggaam waarsonder jy nie toegang so kon he nie .

1Pe 2:9  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,

Dit hang van jou volwassenheid in Christus af waar jy aanbid en toegang verkry in jou eie liggaam (tempel) . Daarom aanbid baie in die liggaam van Christus in die voorhof van hulle tempel omdat hulle nie opgroei na volwassenheid nie , waarvan Paulus die volgende se.

Heb 6:1  Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,

Heb 6:2  van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.

Maar dat ons moet opgroei tot die volwassenheid alleenlik dan kan jy toegang verkry in die allerheiligste van die tempel in jou liggaam in die teenwoordigheid van God.

Eph 4:14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

Eph 4:15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,

Eph4 :23 en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed . Die aller heiligste plek van jou liggaam as die tempel, wat bo alles bewaar moet word.

Eph 4 :24 en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.

Jas 1:21 Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.

Jou siel moet net soos jou gees gered word , to get the mind of Christ, dit is ook in jou siel waar jy oor die werke van die vlees moet oorwin. Die tempel binne in jou. Die vlees is jou voor hof dan die heilige plek jou siel en die aller heiligste jou geestelike liggaam wat volwassenheid moet bereik om in die aller heiligste toe gelaat word.

1Pe 2:5  en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.

Hoe meer vrug ek dra hoe hoe’r klim ek die berg op na die teenwoordigheid van God en hoe dieper gaan ek die tempel binne. Hoe meer vrug hoe meer die geaartheid en gesintheid die natuur van Christus, hoe meer the mind of Christ.

2Co 4: 10 Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.

2Co 4 :1 Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.

Want ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my. Hoe meer vrug ek dra,hoe meer word ek bewus van die teenwoordigheid van God.

2Co 3:18  En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

Van n kind tot volwassenheid. Alles skrifte wat jou na volwassenheid moet neem en toegang in die tempel binne in jou, na die binnehof deur na die heilige plek waar slegs jy as priester mag ingaan. Om volwasse te word gebeur nie deur die skrifte te ken nie maar slegs deur n daaglikse intieme verhouding met God in Christus. Niks kan gebeur as jy nie die geaartheid en natuur van die vlees dood maak nie dit is n vereiste om volwassenheid te bereik, sonder dit sal jy altyd in die voorhof aanbid en nooit ingang na die heilige of aller heiligste in jou liggaam verkry nie. Jy sal altyd in die voorhof bly en in en uit in jou vlees leef, dus altyd n kind in Christus wees met min vrug. Die heilige plek in die tempel integaan is om in jou siels demensie n bewussyn te besit van die teenwoordigheid van God in en buite jou.

1Co 3:1En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.

Eph 4 ;14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

Kinders sal altyd in die voorhof bly waar hulle bybel versies heen en weer stuur om mekaar te beindruk van hulle Godsdienstigheid. Versterk en bemoedig mekaar in die geloof bemoedig die swakkes en die klein gelowiges bemoedig die eensames bemoedig die wat hartseer en ontstel is, die wat swaar kry bemoedig altyd deur. Onthou kinders word gebore maar seuns word geroep na volwassenheid. Alles gebeur in en deur jou liggaam.

Rom 12:1Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.

Col 2:11 in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,

Col 3;5 Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,

Gal 5:19 Gal 5;19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;

Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.

Gal 5:25As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.

Namate ons hierin slaag bring  dit ons na volwassenheid 30, 60, 100 voudig in die volheid van volwassenskap na die beeld van Christus en ons toegang na die allerheiligste en die teenwoordigheid van God in die tempel binne in ons, dit is waneer my geestelike ligaam openbaringe ontvang van God en ek dit beleef in gesigte waar van Paulus ook praat,  dit het met al die profete gebeur maar Daniel is die een wat dit die meeste beskryf dit gebeur wanneer God ons hele liggaam besit. Wat ek hier verduidelik is n alles oorheersende oorgawe aan God.

Dan7:1 In die eerste jaar van Bélsasar, die koning van Babel, het Daniël ‘n droomgesig gesien en gesigte van sy hoof op sy bed. Toe het hy die droom opgeskrywe, die hoofsaak vertel.

Dan 7:2  Daniël het gespreek en gesê: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring;

Dan 7:3  en vier groot diere het uit die see opgeklim, die een verskillend van die ander.

Dan 7:7  Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was ‘n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad.

Dan 8:1  In die derde jaar van die regering van koning Bélsasar het aan my, Daniël, ‘n gesig verskyn ná dié een wat die vorige keer aan my verskyn het.

Dan 8:2  Ek het naamlik in die gesig gesien—terwyl ek kyk, was ek in die vesting Susan wat in die provinsie Elam lê; en ek het in die gesig gesien dat ek my aan die Ulairivier bevind het.

Daniel het 100 voudig vrug gedra en het die gesigte ontvang. skrifte wat 100 voudig vrug  se volwassenheid bevestig.

Mat 10:24  ‘n Leerling is nie bo die meester nie en ‘n dienskneg ook nie bo sy heer nie.

Mat 10:25  Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer.

Tot ons kom  tot die volle beeld die volle gestalte van Christus namate ons na volwassenheid groei en volwasse word. Om hierdie rede aanbid baie in die voorhof omdat die vlees nie dood gemaak word nie en baie min in die heiligste en nog minder in die allerheiligste ingaan. Om in die allerheiligste in jou liggaam in te gaan is om in jou geestelike liggaam volwasse teword in Christus, namate jy tot die besef kom van jou geestelike liggaam in jou vleeslike liggaam wat nie meer deel van jou voel nie, en jou denke daarbo is en nie meer hier nie, vir jou het die lewe Christus geword en ek leef nie meer nie, dit is dan wanneer jou geestelike liggaam die verborgenhede van God beleef in gesigte en drome in die geestelike realm, wanneer alles binne in jou gebeur in n volle oorgawe. Hoekom dit dan alles binne in ons gebeur is n misterie wat so werklik is.

Paulus se daaroor as volg.

2Co 12:1  Dit is waarlik vir my nie nuttig om te roem nie, want ek sal kom tot gesigte en openbaringe van die Here.

Dit gebeur met elkeen wat die volwassenheid beleef.

2Co 12:2  Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede—of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit—dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.

2Co 12:3  En ek weet van so ‘n man—of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit—

2Co 12:4  dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie.

Die volgende skrif verduidelik die geestelike tempel meer.

(Rev 11:1)  En ‘n riet soos ‘n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.

Hierdie is n geestelike tempel (Naos) en nie een wat met klip gebou is nie. Jesus het alreeds toe die vernietiging van die tempel geprofeteer die totale liggaam van Christus is hierdie tempel van God. Staan op en meet die tempel van God en die wat daarin aanbid . Die mate van die oorspronklike tempel toe dit gebou was is tog bekend. Die altaar is in die allerheiligste in die tempel binne in ons en die wat daarin aanbid is die wat volwasse geword het, dit is die 144000 duisend Manseuns gebore uit die liggaam van Christus die vrou die kerk . Soos ek verduidelik in die werkstuk die Manseun Dawid . Openbaring 12, Openb: 14-1 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.  Hulle  aanbid by die altaar en word getel  hulle totaal saam is 144000 duisend die uit Israel kom later by en is ook 144000 .

Rev 14:4 – ; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.

Romeine 8 die wat geroep is en uitverkies is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam .

Rom 8:29  Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;

Rom 8:30  en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.

Die wat by die altaar aanbid en getel is. Wat ek meer verduidelik in die Openbaring van die Manseun Dawid .

(Rev 11:2)  Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap.

Maar die in die voorhof moet nie getel word nie ,  dit is die liggaam van Christus die kerk en word genoem die Heilige stad ; Jerusalem  ; en word vir twee en veertig maande lank vertrap twee en n halwe jaar deur die heidene die nasies in die verdrukking.

Mat 24:9  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.

In die tyd word die liggaam van Christus volwasse sonder rimpel en vlek en dra vrug 60 voudig. Omdat die liggaam van Christus volwasse geword het in die verdrukking is die kerk heilig en is hulle ook die burgers van die heilige stad Jerusalem  en word daarom die Heiligestad Jerusalem genoem. Burgers word verbind aan hulle land of stad. Die meeste in die kerk aanbid in die voorhof en moet nie getel word nie,want n derde sal nog afval en hulle plek in Christus verloor deur die draak. Hulle verloor hulle plek in Christus as sterre waar hulle in hemelse plekke saam met Hom gesit het en word op die aarde terug gegooi en gaan die wraak van God binne.

Rev 6:13  en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;

Rev 12:4  en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi.

Die wat oorbly is n ontelbare groot skare bekleed met wit klere.

Rev 7:9  Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;

Rev 7:13  Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?

Rev 7:14  En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.

Die in die voorhof  die hele liggaamvan Christus word deur die  heiden nasies vertrap vir twee en veertig maande vernaamlik in die laaste twee en n halwe jaar van die verdrukking. Die hele liggaam van Christus is die hemelse heilige stad Jerusalem wat van bo is van waar hulle weder gebore is en burgerskap verkry het. Die aardse Jerusalem. Die teenwoordige Jerusalem is in slawerny , en is nie meer die heiligestad nie .

Gal 4:25  want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders ( Jode ) saam in slawerny.

Gal 4:26  Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.

Ons stad van bo is nou die Heiligestad Jerusalem.

Rev 21:2  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.

Maar die voorhof moet jy nie tel nie want die heidene sal die heiligestad die burgers van die stad vir twee en veertig maande lank vertrap.

Dan 7:21  Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin,

Rev 13:5  En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.

Die mond is die United Religions of The World met die pous as hoof. Die inwoners van die Heiligestad te vertrap . Die hele kerk van Christus die burgers van die heilige stad Jerusalem baie wat buite in die voorhof van die tempel is die val af in die verdrukking. Ek verduidelik dit later meer.

Die tempel.

1Co 3:16  Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

Die vleeslike liggaam is die voorhof, die siel is die heilige plek en die geestelike liggaam het toegang tot die allerheiligste binne in ons.

1Co 3:17  As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

1Co 6:19  Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

1Co 6:20  Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

Alles wat met ons gebeur binne in ons hierdie is n werklike Openbaring wat jy in jou verhouding met God kan beleef, enige dissipel van Christus kan volwasse word en slegs dan in die allerheiligste in sy tempel ingaan en aanbid. Dit gebeur alles binne in ons. Namate jy volwasse word kan dit in die geaartheid en natuur van die liggaam gesien word wanneer die beeld van Christus Jesus sy geaartheid en natuur in die liggaam sigbaar word, in die allerheiligste is dit soos Moses se gesig was in sy liggaam sigbaar. Daar is nog meer wat binne in ons is .

Heb 12:18  Want julle het nie gekom by ‘n tasbare berg nie en ‘n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm

Heb 12:19  en basuingeklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie—

Heb 12:20  want hulle kon die gebod nie verdra nie: selfs as ‘n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met ‘n pyl neergeskiet word.

Heb 12:21  En Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder.

Heb 12:22  Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele,

Heb 12:23  by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges,

Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God die hemelse Jerusalem  , tensy jy Israel toe so gaan om by die berg Sion te kom word hier gepraat van julle het gekom ons kan almal slegs geestelik daar kom . Hoe het ons daar gekom. Die berg Sion is ook binne in ons die tempel berg . Net soos Moses die berg geklim het om in die teenwoordgheid van God te kom net so moet ons ook die berg binne in ons klim in ons daaglikse wandel en verhouding met God en Christus. Hoe meer ek sy natuur en geaartheid verkry, the more I receive the mind of Christ. Hoe meer ek in die gees lewe dus te meer klim ek die berg en hoe meer ek oor die vlees triomfeer hoe nader kom ek aan die plek net soos Moses in die teenwoordigheid van God bo op die berg, wat ek in naggesigte kan beleef, as God wil dit is die waarheid. As ek bo op die berg kom is ek ook by die tempel van God binne in my liggaam  in die allerheiligste, waarvan Paulus se julle het nie gekom by n tasbare berg nie, wanneer my geestelike liggaam in volwassenheid in die allerheiligste wonderlike dinge kan beleef.

Joe 3:17  Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; —–God woon in ons

2Cor 6;16 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

Heb 12:22  Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem .

Die hemelse Jerusalem. Daar is n hemelse Jerusalem en n aardse Jerusalem . Almal wat aan Christus behoord is gebore van bo af en het n nuwe burgerskap verkry van die hemelse Jerusalem , en het buite geskiedenis niks met die aardse Jerusalem te doen nie daarom is ons n nuwe skepsel gebore van bo met n nuwe burgerskap verkry van die heilige stad die hemelse Jerusalem . Ons het die aardse burgerskap verloor toe ons gesterf het en n nuwe skepsel in Christus geword het , ons behoort nie meer aan hierdie wereld nie, maar aan die heilige stad van God die hemelse Jerusalem, waarby ons nou ook geestelik gekom het deur burgerskap.

Rev 21:2  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.

Waarin  ons op aarde gaan woon saam met God en Christus  in die heilige stad Jerusalem.

Rev 21:22  En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.

Ons is nou God se tempel vir ewig en Hy woon in ons. Hierdie openbaring is groot en om dit te beleef is n daaglikse volle oorgawe nodig in n dieper binne kamer verhouding met God. Dit is God se begeerte dat ons daar moet kom soos Hy se laat die wat wil kom.

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van vuuren M.S.

Leave a comment