Om In Die Gees Te Wandel – Die Vernuwing Van Die Gemoed

Rom 8:1  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Rom 8:4  sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Rom 8:5  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.

Rom 8:6  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,

Rom 8:12  Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;

Rom 8:13  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.

Baie  in Christus lewe in die vlees en aanbid in die voorhof en tref geen voorsorg om die vleeslike natuur dood te maak nie.

Rom 8:7  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.

Rom 8:8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;

Col 3:5  Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,

Col 3:8  Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.

Col 3:9  Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het

Col 3:10  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

Col 3:12  Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.

Col 3:14  En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is

Rom 8:13  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.

Rom 12:2  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Baie verwaar die spreking in tale met die wandel in die gees dit is nie die selfde ding nie.

Om in die gees te wandel.

2Co 5:8  Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon. 

Col 3:1  As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.

Eph 2:6  en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

Word volwasse in die geestelike liggaam, en verkry : the mind of Christ. Sy natuur geaartheid en gesintheid

Luk 12:32  Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.

Baie min in die koninkryk van God wandel in die volheid van die gees, en baie min wil. Om in die gees te wandel is om dit te beklee met geloof dat ek in die volheid van die gees kan wandel,maar  sonder geloof dat ek dit kan bereik is dit onmoontlik.

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;

Die volwassenheid wat slegs in die geestelike liggaam kan plaas vind. Daar is n geestelike realm en n natuurlike realm, om saam met Christus in hemelse plekke te sit is om in die geestelike realm te wandel, wanneer ons uit hierdie liggaam uitwoon om by Christus in te woon, dit gebeur slegs in n God bewussyn wannneer ek in eenheid met God kom. Die geestelike realm is van bo en die natuurlike is aards. Om in die geestelike realm te wandel leef ek nie meer in my vleeslike liggaam nie, die het ek oorwin deur sy natuur en werke dood temaak, alhoewel ek my liggaam nog steeds het, is ek nie ingestel op sy sintuie of natuur  nie, ek voel ook nie een met hom nie, wat my aan betref is hy dood my geestelike liggaam is nou in beheer, en deur die woord het ek nou my gemoed vernuwe na the mind of Christ. Nou aanskou ek die geestelike realm deur my vleeslike oe, en is deel daarvan, en nie meer deel van die natuurlike realm en sy mense nie en die skrif gaan in vervulling wat Jesus gebid het Vader ek wil dat hulle een sal wees soos wat ons een is. Ek is nou ook een met die geestelike realm en met Hom.

Joh 14:21  Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar. 

Ek leef dus ook nie meer in my vlees nie, maar leef nou saam met Christus in my gees, nou ken en hoor ek sy stem

1Pe 4:2  om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.

Alhoewel ons. Of ons dus nou inwoon of uitwoon ons behoort aan God. Soek dus die dinge wat daarbo is en nie wat hieronder is nie. Ek begeer dus om eerder uit tewoon.

Heb 6:1  Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,

Heb 6:2  van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.  Ons moet dus opgroei na volwassenheid in die geestelike liggaam wat ook die weg baan om in die volheid van die gees te wandel in die geestelike realm.

Mat 13:23  En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig.

Die een wat in die volheid van die gees wandel dra honderdvoudig vrug.

Joh 12:24  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.

Dit wat ons hier bespreek het niks tedoen met skrif kennis  of werke of godsdienstigheid nie . Dit is gesetel in n binnekamer groeiende gebed verhouding met Christus, en die dood van die vlees met sy werke, sonder laas genoemde is dit onmoontlik om in die gees tewandel.

Eph 4:15  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,

Rom 8:1  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Rom 8:4  sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.Sodat die reg van die wet vervul kan word, aan ons wat heidene is, sodat die liefde oor en in ons kan heers.

Ons wat in die gees wandel en saam met Christus sit in Hemelse plekke in die geestelike realm. Die reg van die wet te vervul is ook om in eenheid met God te mag kom. Ek kan dus nou duidelik onderskeid maak tussen die geestelike en die natuurlike realm en dit met my vleeslike oe aanskou, wanneer ek in die gees is en wandel. Wanneer ek uit woon uit die liggaam uit en in hemelse plekke inwoon. As n christen moet jy geestelik groei om jou hemelse sitplek in christus in teneem.

Eph 2:6  en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, 

Om net te dink jy is in die gees is nie die werklikheid nie, dit is n werklike waarheid wat jy kan beleef om dat jy dit met jou natuurlike oe aanskou. Dit is ook dan wanneer jy bo natuurlike geestelike dinge beleef. Wanneer jy soms die sijakania glorie van God  in die hemel kan aanskou. Die Apostels en Johannes het in die gees gewandel.

Rev 1:10  Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê:

Rev 4:2  En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon

Om in die gees tewees is n lewende werklikheid wat jy ervaar. Om werklike christenskap te beleef is om in die gees te wandel.

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment