Neem jou Kruis op en Volg My

Mat 10:38  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.

Mat 16:24  Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.

Luk 9:23  En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.

Sommige dien die Here so in die vlees dat hulle geen kruis het nie, om jou kruis op teneem moet jy elke dag volg ongeag jou peroonlike omstandighede, struikel blokke, teespoed, swaarkry of enige stryd wat jy beleef, om jou self teverloen moet jy jou eie ek kruisig, ek leef nie meer nie, die lewe wat ek nou leef, leef ek vir Christus en ek volg deur sy geaartheid gesintheid en sy natuur daagliks na tevolg.

Om iemand te volg is om agter Hom aan te loop en Hom altyd voor jou te sien en bewus van Hom te wees jou oorgawe moet onvoorwaarlik wees om te volg.

Heb 12:2  die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het; Om jou kruis op teneem is om elke dag n  heilige lewe te lei en te vlug van die sonde in jou verhouding met God.

Rom 12:1  Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. n Redelike Godsdiens is nie bybel kennis of n Godsdienstige houding nie, maar om die werke van my vlees te kruisig en dood temaak sodat my liggaam n heilige offer aan God kan wees.

Om my kruis dan op te neem is om die geartheid van my vlees se werke in my liggaam dood te maak. Sommige dissipels van Jesus was wedergebore en het weer later gesterf en so terug gekeer na hulle ou lewe.

Rom 8:12  Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;

Rom 8:13  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.

Wat is die werke van die liggaam.

Col 3:5  Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,

Col 3:6  waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom,

Col 3:7  waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.

Col 3:8  Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.

Col 3:9  Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het

Col 3:10  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

Ander glo die vals Evangelie van neem net Jesus aan dan is jy gered, en leef voort in hulle vlees sonder enige verandering en dra geen vrugte nie. Die Here verwag van ons n volle oorgawe en Hom te volg. Die kruis van Paulus om Jesus te volg.

1Ti 4:6  As jy hierdie dinge aan die broeders voorhou, sal jy ‘n goeie dienaar van Jesus Christus wees terwyl jy jouself voed met die woorde van die geloof en van die goeie leer waarvan jy ‘n navolger geword het.

2Ti 3:10  Maar jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid,

2Ti 3:11  vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het; Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.

Rom 8:17  en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

Php 1:29  omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly,

Php 4:12  Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.

2Ti 2:3  Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van Jesus Christus.

1Pe 2:19  Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly.

1Pe 4:15  Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie.

1Pe 4:16  Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.

1Pe 4:19  So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.

Jy kan geen verskoning gebruik  waarom jy nie jou daaglikse kruis kan opneem en volg nie, dit is nou deel van jou lewe wat jy nou on voorwaardelik oorgegee het.

Luk 9:57  En terwyl hulle op reis was, sê iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan!

Luk 9:59  En Hy sê aan ‘n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.

Luk 9:60  En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God.

Luk 9:61  En ‘n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is.

Luk 9:62  En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.

As jy besluit het om Jesus te volg neem jou kruis op en hardloop die wedloop en volhard ten koste van wat ookal en laat niks toe om jou te laat struikel nie, maak jou besluit om Jesus te volg onherroeplik. Want nou leef jy nie meer vir jou self nie maar vir God deur Jesus Christus wat jou lief het. Die Apostels het alles gelos en dadelik gevolg.

Mat 4:19  En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.

Mat 4:20  En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg.

Mat 4:22  En hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg.

Jesus het gese sy las is lig

Mat 11:28  Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Mat 11:30  want my juk is sag en my las is lig.

Mat 11:29  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;

Joh 8:12  En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

Joh 10:28  En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

Joh 10:27  My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

Joh 16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

2Ti 2:3  Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van Jesus Christus.

Heb 12:2  die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

Heb 12:3  Want julle moet ag gee op Hom wat so ‘n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.

Ons het nog nie ten bloede teen die sonde gestry nie die sonde wat hier van gepraat word is die vervolging van sondaars teen ons met geweld haat aanranding en vervolging. Daarom om jou kruis op te neem leer jy elke dag meer van Hom, die Een wat jy volg. Ons volg nie onder dwang nie maar uit liefde. Dit is nie vir ons n las nie maar omdat Hy ons eerste lief gehad het. Jou kruis is jou voetspore na die ewige lewe, Waak dan daaroor. Amen.

Soos altyd liefde in Christus.

Leave a comment