Koninkryk Beginsels Vervang Die Wet – Die Gebooie Of Die Wette Van Jesus Vir Die Gelowige – En Die Beloftes Van Jesus Vir Die Gelowige

Die platvorm van Jesus se gebooie of wette kan beter verstaan word as die standard van die Christen bewussyn, ons Christen groei om te word soos Hy kan gemeet word aan ons standard aan sy gelykenis, dit is die onvylbare reel, as die Heiligegees se oortuigings in jou lewe in die beginsels beloftes en gebooie (of wette) van Jesus Christus in harmonie in jou lewe bevestig word leef jy in koninkryk beginsels in die volmaakte wil van God en Sy koninkryk. Die agt bergpredekasie beginsels is die fondasie van ons koninkryk wat deel van ons natuur moet word voor die vestiging van die Koninkryk deur God. Wanneer word die Koninkryk gevestig.

Dan 2:44  Maar in die dae van dié konings (presidente) sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander Volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke (die huidige lande) verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—

Koningskap word aan Hom gegee.

Dan 7:13  Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom. 
Dan 7:14  En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie. 

Dan 7:22  totdat die Oue van dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het.

Dan 7:23  Só het hy gesê: Die vierde dier—die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koninkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel.

Ons is nou alreeds in die vierde koningkryk .

Die oorlog van Aramageddon is wanneer Christus die koningkryke oorneem en sy koningkryk vestig.

Dit gebeur in die eiende van die sewe jaar van verdrukking. Hy wie n burger geword het van die Koninkryk van God deur wedergeboorte sal in die duisend jarige vrederyk wanneer daar n wereld parlement met Jesus Christus as koning en die 144000 konings uit die kerk en die 144000 uit die twaalf stamme van Israel regeer word deur die konings in n Christus Wereld Regering oor al die nasies wat oorgebly het na die groot verdrukking en God se oordele. Die agt beginsels saam met die ander salig sprekinge sal die konstitusie en wette van die koninkryk van God vorm wat almal moet gehoorsaam, dit sal ook die natuur en geaartheid van die heiliges weerspieel. Hoekom ons as Christene dit nog nooit geleer is nie, en die krag daarvan in die Christen hart, het ons weerhou van die volheid in die Christen standard of lewe. Die wet van Moses het vir die wat deur die Heiligegees gelei word n dooie ding geword, die wet en gebooie is vervang deur Jesus in n hoe’r gebod (wette) in die regstelsel van die Koninkryk van God wat ook  die geaartheid en natuur van die Heiliges van die Koninkryk moet word, hierdie regstelsel sal deur al die nasies gehoorsaam word, niemand sal verskoon word deur die Christus Regering van die Konings nie. Hulle sal met n ysterstaf regeer word.

Jesus het nou sy gebooie en wette in die hart kamers van die mens geplaas. Die wet van Moses het vir ons in Christus tot niet gegaan vir die wat deur die Heiligegees gelei word, Jesus het egter die gebooie vervang met n baie dieper en hoe’r standaard en platform van gebooie vir die Christen lewe. Paulus het die wet verplaas in die gedagte van die gewete waar in ek my self beskuldig of vir onskuldig. Maar Jesus sal direk in die mens wees. So is ons dan geheel en al sonder wet nee nie eiendelik nie, Jesus het dit weer geneem en ingestel op n baie hoe’r standaard en demensie.

Hier van se Hy die volgende.

Joh 14:21  Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.

Tog dink die kerk dat Jesus Homself nie aan die mens sal openbaar nie.

Ses keer het Hy Homself aan my geopenbaar van my kleintyd af .

God weet dat ek nie, soiets sal se as dit nie so was nie.

Nou

Wat aan betref die Heiligestad die hemelse Jerusalem.

Rev 22:14  Salig is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

Jesus verduidelik Sy hoe’r gebooie en wette.

Mat 5:19  Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.

Jesus verduidelik verder,

Mat 7:24  Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

Mat 7:25  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, (4) want sy fondament was op die rots.

Mat 7:26  En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.

Mat 7:27  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.

Mat 7:28  En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer;

Mat 7:29  want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.

Die gebooie van Jesus is die gesag verklaring van die Seun van God wat vir ewig bindend is op die christen siel. Dit is hoe’r as die tien gebooie van die wet van Moses, soos wat Jesus verklaar het dit is geskrywe in julle wet, jy mag nie dood slaan nie, maar ek se vir julle hy wie sy broer haat sonder rede is n moordenaar. Hy plaas dit op n baie dieper en hoe’r demensie en gebod en ons weet dat moordenaars nie die koninkryk van God sal beerwe nie. Wat is die waarde van n vorige gebooi as die nuwe gebooi gebod soveel hoe’r is en bevestig word in die christen bewussyn en die vorige gebod se jy mag nie eg breek nie, Jesus neem dit en stel n hoe ‘r gebod in.

Mat 5:28  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.

So was die ou gebod tot niet gemaak en vervang met n baie heiliger gebod. Die gebooie van Jesus is vasgevang in Sy leering en onderigting vir die werklike Christenskap. Hoe ons dit nooit bestudeer en leer nie is n raaisel dit is ons volgende lewe en natuur in die geestelike demensie en lewe van n Kind van God. Daar is sewentig hoe’r koninkryk gebooie van Jesus vir die toepassing in die Christen lewe.

Joh 14:21  Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.

Rev 22:14  Salig is die wat Sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

Mat 22:37  En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Hy neem hierdie wet uit die ou gebooie en bring dit oor onder Sy nuwe gebooie.

Mat 22:39  En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Jesus plaas n nuwe gebod wet op ons.

Joh 13:34  ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.

Luk 6:27  Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat

Luk 6:28  Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.

Luk 6:29  Aan hom wat jou op die wang slaan, moet jy ook die ander een aanbied; en aan hom wat jou bo-kleed neem, moet jy ook die onderkleed nie weier nie.

Mat 5:39  Maar Ek sê vir julle dat julle ‘n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe.

Mat 5:40  En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry.

Mat 7:12  Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.

Luk 6:36  Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.

Luk 6:37  En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.=

Mat 18:15  En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin;

Mat 5:24  laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.

Mat 7:5  Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.

Mat 5:29  As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.

Mat 10:28  En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.

Mat 23:8  Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders

Mat 23:10  Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus.

Mat 23:9  En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is.

Luk 9:23  En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.

Mat 11:29  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;

Mat 11:30  want my juk is sag en my las is lig.

Mat 6:31  Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?

Joh 5:39  Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.

Mat 10:27  Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke.

Mat 4:19  En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.

Luk 24:49  En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.

Act 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Mar 16:17  En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,

Mat 9:38  Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.

Mar 16:15  En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

Mat 10:7  En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.

Mat 28:19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Mat 10:8  Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

Mar 16:18   op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

Mar 16:16  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

Luk 10:3  Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe.

Mat 10:16  Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.

Mat 7:6  Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.

Mat 7:15  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Pas veral op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is geveinsdheid.

Mat 5:11  Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.

Mat 5:12  Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.

Mat 10:19  Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;

Mat 10:20  want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek. ===

Joh 6:43  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Moenie onder mekaar murmureer nie. ===

Luk 21:19  Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry.

Mar 4:24  En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.

Luk 10:7  Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd.

Mat 7:13  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.

Mat 6:33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Hierdie gebooie van die koninkryk is vas gevang in Sy geregtigheid waarin Hy ons herstel het Geregtigheid in die gees, geregtigheid in die siel, en geregtigheid in die vlees.

Mat 19:5  en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees;

Mat 5:32  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.

Mat 5:34  Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie—nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is;

Mat 6:16  En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle hulle het hul loon weg.

Mat 6:17  Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig,

Mat 6:18  sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

Mat 6:9  Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;

Mat 6:10  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

Mat 6:11  gee ons vandag ons daaglikse brood;

Mat 6:12  en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

Mat 6:13  en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.

Amen.

Mat 6:5  En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.

Mat 6:6  Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

Mat 6:7  En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.

Mar 11:25  En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.

Mar 11:24  Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

Mat 7:7  Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

Mat 6:1  Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.

Mat 5:44  Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;

Luk 6:35  Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees.

Luk 6:30  Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.

Luk 6:38  Gee, en aan julle sal gegee word, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

Mat 5:42  Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie.

Mat 5:16  Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.

Mat 6:20  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;

Mat 5:48  Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.

Die gebooie van Jesus is die mees verstomende leering van enige onderwyser wat nog ooit op aarde was, dit spreek direk tot die mens se hart, saam met die gebooie is die beloftes van Jesus net so verstommend dit spreek van n ander wereld en Christenskap dit moet onderhou word deur n hoe’r God bewussyn die beste wat ons as n Christen kan doen is om op tegroei in die bewussyn.

Die onstaan van die gebooie en beloftes kom deur die feit dat Jesus ondek het dat die siel wat lewendig geword het deur God bewussyn krag ontvang wat enige ander krag op aarde oorskadu, en in hierdie bewussyn sal die gebooie gehou word in die krag van die beloftes, Jesus het die beloftes nie net uit Hom self gebring nie, maar deur sy siels ondekking van die wil van God, Hy het elke gebod en belofte nie slegs geglo en verstaan nie, maar elkeen in Sy  lewe toe gepas en uit gewerk.

Hy het die belofte van voorsiening geneem dit uit gewerk en die belofte geneem en duisende gevoed, die belofte van genesende geloof geneem en dit sy eie gemaak die blindes laat sien dowes laat hoor die lam en kreupeles herstel, die gawe van kragte sy eie gemaak water in wyn verander op die water geloop die natuur oorheers en die storm kalmeer, die onverganklike lewe geneem en dit Sy eie gemaak en daaroor geheers, die weduwee se seun opgewek, Lazarus uit die dood terug gebring en uit eiendelik uit die krag van die onverganklike ewige lewe Hom self uit die graf terug gebring.

Hy gee aan ons hierdie selfde beloftes as die werklike ondekte waarheid as die gedemonstreerde bewys van die werklikheid daarvan, en in sy beloftes het Hy belowe dat al hierdie dinge joune sal wees soos wat ons in die geestelike realm van God op groei in die Christus bewussyn dit is die werklike onteenseglike rykdom in Christus JESUS hier in is die een werklikheid van die Christen lewe wat in homself die geloof hoop en glorie besit , die Christus bewussyn die heerskappy van die Christen lewe  word in  hom self sy  eie krag en heerlikheid.

Paul said we have the mind of Christ, die Christen Bewussyn Which is God conciousness wat ook  saam gevestig word in Sy gebooie en wette. In the life of the believer. That is the mind of Christ.

Die beloftes van Jesus vir die Christen.

Mat 6:33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Wat is die koninkryk geregtigheid dit is nie wat ons dink nie, maar is geregtigheid in my gees,geregtigheid in my siel, en geregtigheid in my liggaam of vlees.

Joh 4:14  maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

Joh 7:38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.

Mat 5:3  Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Mat 5:4  Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.

Mat 5:5  Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.

Mat 5:6  Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Mat 5:7  Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

Mat 5:8  Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

Mat 5:9  Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Mat 5:10  Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Mat 5:11  Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.

Mat 5:12  Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het

Mat 18:19  Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.

Mat 18:20  Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.

Mat 17:20  want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.

Luk 17:6  En die Here sê: As julle geloof gehad het soos ‘n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant—en hy sou julle gehoorsaam wees.

Mar 9:23  En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.

Mar 11:22  Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.

Mar 11:23  Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see—en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur—hy sal verkry net wat hy sê.

Joh 15:7  As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.

Mar 16:17  En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,

Mar 16:18 op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

Luk 12:2  En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.

Joh 12:32  En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.

Joh 10:27  My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

Joh 10:28  En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

Joh 10:29  My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.

Joh 14:1  Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.

Joh 14:2  In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

Joh 14:3  En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Joh 14:4  En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle.

Mat 11:28  Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Luk 21:18  En geen haar van julle hoof sal ooit verlore gaan nie.

Mar 10:29  En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie,

Mar 10:30  of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.

Joh 14:25  Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly;

Joh 14:26  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Joh 14:27  Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees

nie.

Joh 14:28  Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek.

Joh 16:12  Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie.

Joh 16:13  Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

Joh 16:23  En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.

Joh 14:16  En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:

Joh 14:17  die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

Luk 11:9  En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

Luk 11:10  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

Luk 11:28  En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.

Mat 10:19  Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;

Mat 10:29  Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.

Mat 10:30  En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.

Mat 10:31  Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

Mat 10:32  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.

Mat 10:33  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.

Mat 10:39  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

Joh 20:23  As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.

Joh 7:38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.

Joh 6:37  Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie

Mat 10:22  En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

Mat 28:20  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Die beloftes van Jesus kan slegs toegepas word deur die beloftes een een tevat en deur te werk. Ek het die Heiligegees gevra na die skrywe van hierdie diepte in gebooie en beloftes hoe op aarde kan die mens dit ooit hou doen en besit. Hier is die Heiligegees se antwoord op my vraag dit is in engels’ ek het opgespring en dit afgeskryf; First find the exsistance of it. Then the truth of it. Then you make it your own. Die volkome oorwinning van die Christus lewe in sy gebooie en beloftes. That is the mind of Christ.

Amen blessed is His name for ever and ever.

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment