Jesus Se Bediening Die Groei In Die Gees En God Bewussyn

Isa 61:1  Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;

Isa 61:2  om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos;

Luk 2:40  En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.

Die eerste gawe van die Heiligegees wysheid het op Hom kom rus. Dit is duiddelik dat net soos jy groei in wedergeboorte van n kind tot n volwasse seun jy net so moet groei in die gees dit is n proses elke proses van groei in die gees word deur versoeking en oorwinning gebring na die volgende platform van groei in die gawe.

Mat 4:1  Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.

Luk 4:14  En Jesus het in die krag van die Gees na Galiléa teruggekeer, en daar het ‘n gerug aangaande Hom deur die hele omtrek uitgegaan;

Jesus het eers in sy eie goddelike siels bewusyn gegroei. Die Seuntjie het gegroei in die gees en sterk geword, gegroei in God bewussyn. Die eerste stap in Sy groei in God bewussyn is dat God n God van wonders is dit het Hom gebring by die werklikheid van innerlike kragte (The gift of miracles) en Hy het dit deur gewerk en toegepas.

Joh 2:5  Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.

Joh 2:6  En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou.

Ses die mens se getal 2 x 6 =12 of 3 x 6 =18

Joh 2:7  Jesus sê vir hulle: Maak die kanne vol water. En hulle het hul tot bo toe volgemaak.

Joh 2:8  En Hy sê aan hulle: Skep nou uit en bring dit vir die hoofdienaar. En hulle het dit gebring.

Joh 2:9  En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het—en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet—roep die hoofdienaar die bruidegom

Joh 2:10  en sê vir hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar.

Joh 2:11  Hierdie eerste een van sy tekens het Jesus te Kana in Galiléa gedoen; en Hy het sy heerlikheid geopenbaar, en sy dissipels het in Hom  geglo.

Tweede stap in Sy groei van God bewussyn in kragte oor die natuur.

Mat 8:23  En toe Hy in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg.

Mat 8:24  En daar het ‘n groot storm op die see gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe; maar Hy was aan die slaap.

Mat 8:25  Daarop kom sy dissipels en maak Hom wakker en sê: Here, red ons, ons vergaan!

Mat 8:26  En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom.

Mat 8:27  En die manne het hulle verwonder en gesê: Wat vir ‘n mens is Hy, dat selfs die winde en die see Hom gehoorsaam is?

Geloof en die gawe van kragte is hier werksaam en Hy het dit toegepas. Die derde stap in Sy geestelike groei die bewussyn oor die natuurlike na die bonatuurlike.

Mat 14:24  En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle.

Mat 14:25  Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.

Mat 14:26  En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ‘n spook! En hulle het geskreeu van vrees.

Mat 14:27  Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.

Die eerste stap van groei in die bediening van die Evangelie en van gesondmaking die genesing van koors en kwale. In elke aspek van Sy bediening was daar eers n groei proses wat elke keer ge eskaleer het na n hoe’r vlak of platvorm van Sy bewussyn van God. In elke proses het Hy dit gevind en deur gewerk en dit toegepas in Sy genesing bediening. (Ek is die God wat al julle siektes genees) Hy het eers met koors en kwale begin.

Luk 4:38  En Hy het opgestaan uit die sinagoge en in die huis van Simon gekom. En Simon se skoonmoeder was aangetas deur ‘n hewige koors, en hulle het Hom geraadpleeg oor haar.

Luk 4:39  Toe gaan Hy oor haar staan en bestraf die koors, en dit het haar verlaat, en sy het onmiddellik opgestaan en hulle bedien.

Luk 4:40  En toe die son ondergaan, het almal hulle siekes, mense met allerhande kwale, na Hom gebring, en Hy het een vir een van hulle die hande opgelê en hulle gesond gemaak.

Die tweede hoe’r stap die  bediening van die blindes het gegroei in die gees (God bewussyn) in die gawe van gesondmaking, en dryf duiwels uit. Jesus het nou opbeweeg na  n Hoe’r platvorm in Sy genesings bediening.

Mat 8:16  En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met ‘n woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak,

Mar 1:39  En Hy het die hele Galiléa deur in hulle sinagoges gepreek en die duiwels uitgedryf.

Mat 12:22  Toe het hulle ‘n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien.

Mar 10:46  En hulle het in Jérigo gekom. En toe Hy en sy dissipels en ‘n aansienlike skare uit Jérigo uitgaan, sit die blinde man, Bartiméüs, die seun van Timéüs, langs die pad en bedel.

Mar 10:47  En toe hy hoor dat dit Jesus die Nasaréner was, begin hy om uit te roep en te sê: Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig!

Mar 10:48  En baie het hom bestraf, dat hy moet stilbly; maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig!

Mar 10:49  Toe gaan Jesus staan en sê dat hy geroep moes word; en hulle roep die blinde man en sê vir hom: Hou goeie moed, staan op! Hy roep jou.

Mar 10:50  En hy gooi sy oorkleed af, staan op en kom na Jesus toe.

Mar 10:51  En Jesus antwoord en sê vir hom: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En die blinde man sê vir Hom: Rabbóni, dat ek mag sien.

Mar 10:52  En Jesus sê vir hom: Gaan, jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Jesus op die pad gevolg.Die man wat Jesus later verkondig en deur die Apostels gestop is.

Mat 17:15  Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water.

Mat 17:16  En ek het hom na u dissipels gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.

Mat 17:17  Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom hier vir My.

Mat 17:18  Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af.

Mat 17:19  Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?

Mat 17:20  En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.

Ongeloof is vandag nog steeds die probleem in die bediening van die gawes. Die derde hoe’r  stap en groei in die gees in die gawe van genesing van melaatses, ons moet oplet die genesings gebeur nie almal onmiddelik nie.

Mar 1:40  En daar kom ‘n melaatse na Hom toe wat Hom smeek en voor Hom op die knieë val en vir Hom sê: As U wil, kan U my reinig.

Mar 1:41  En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: Ek wil, word gereinig!

Luk 17:12  En toe Hy in ‘n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, wat op ‘n afstand bly staan het.

Luk 17:13  En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons barmhartig!

Luk 17:14  En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.

Luk 17:15  En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met ‘n groot stem verheerlik.

Luk 17:16  En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was ‘n Samaritaan.

Luk 17:17  Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?

Luk 17:18  Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?

Mat 15:25  Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Here, help my!

Mat 15:28  Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.

En die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af. Die genesing is nie binne n uur afgehandel nie maar die  genesing het begin. Die verskillende staduims of platvorms van Jesus se groei in God bewussyn in die bediening van Genesing.

Eerste platvorm die genesing van koors en kwalle.

Tweede platvorm die genesing van blindes en dryf duiwels uit.

Derde platvorm die genesing van melaatses en nie almal word dadelik gesond nie.

Vierde platvorm die genesing van alle siektes.

Vyfde platvorm die genesing oor afstand. Vierde hoe’r  platvorm in die bediening die volle genesing nou van alle siektes het gegroei in die bewussyn van God tot volheid en dit Sy eie gemaak.

Mat 4:23  En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.

Mat 15:30  En ondertussen kom daar groot menigtes na Hom met kreupeles, blindes, stommes, gebreklikes en baie ander by hulle, en hulle het dié by die voete van Jesus neergesit, en Hy het hulle gesond gemaak,

Mat 15:31  sodat die skare verbaas was om te sien dat stommes praat, gebreklikes gesond word, kreupeles loop en blindes sien; en hulle het die God van Israel verheerlik.

Vyfde platvorm. Die volledige groei in bewussyn en in die gees genesing oor n afstand. Die siekes nie naby Jesus nie.

Mat 8:5  En nadat Jesus in Kapérnaüm ingegaan het, kom daar ‘n hoofman oor honderd na Hom toe en smeek Hom

Mat 8:6  en sê: Here, my kneg lê tuis verlam en hy ly hewige pyne.

Mat 8:7  Daarop sê Jesus vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak.

Mat 8:8  En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ‘n woord, en my kneg sal gesond word.

Mat 8:9  Want ek is ook ‘n man onder gesag, en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir ‘n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.

Mat 8:10  Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ‘n groot geloof nie gevind nie.

Mat 8:13  Toe sê Jesus vir die hoofman oor honderd: Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy geglo het. En sy kneg het gesond geword in daardie uur.

Sesde en finalle platvorm siekes word genees deur aanraaking aan Hom. In die krag van die volheid van die gees en krag het uit hom gevloei,wandel in die volmaakte bewussyn en eenheid met God, sy totale wese is nou deur drenk met die Heiligegees.

Luk 4:14  En Jesus het in die krag van die Gees na Galiléa teruggekeer,

Luk 6:19  En die hele skare het probeer om Hom aan te raak, omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak.

Mar 6:56  En waar Hy ook al ingegaan het in dorpe of stede of buitewyke, het hulle die wat ongesteld was, op die markpleine neergesit en Hom gesmeek om, al was dit maar die soom van sy kleed, aan te raak; en almal wat Hom aangeraak het, het gesond geword.

Die heiligegees is n bestand deel van die persoonlikheid van God a substance of God wat alles aan die persoon deur drenk en aanraak dit vloei uit Hom uit.

Mat 14:35  En die manne van daardie plek het Hom herken en in daardie hele omtrek uitgestuur en almal wat ongesteld was, na Hom gebring;

Mat 14:36  en hulle het Hom gesmeek dat hulle net maar die soom van sy kleed mag aanraak; en almal wat dit aangeraak het, het gesond geword.

Mar 5:25  En ‘n sekere vrou wat twaalf jaar lank bloedvloeiing gehad het

Mar 5:26  en veel onder baie geneeshere gely en al haar besittings uitgegee het sonder om enige baat te vind, maar eerder erger geword het,

Mar 5:27  het van Jesus gehoor en onder die skare van agter gekom en sy kleed aangeraak;

Mar 5:28  want sy het gesê: As ek maar sy klere kan aanraak, sal ek gesond word.

Mar 5:29  En dadelik het die fontein van haar bloed opgedroog, en sy het aan haar liggaam bemerk dat sy van haar kwaal genees was.

Mar 5:30  En dadelik toe Jesus in Homself die krag gewaarword wat van Hom uitgegaan het, draai Hy Hom om onder die skare en sê: Wie het my klere aangeraak?

Ek herhaal dit net weer.

Hierdie is die platvorms van Jesus se verskillende groei in geloof gees en Gods bewussyn in Sy bediening van genesing. Elke keer n Hoe’r  platvorm en demensie.

Eerste genees koors en kwale.

Twee  groei genees blindes en dryf duiwels uit.

Derde groei genees melaatses soms genesing nie onmiddelik nie.

Vierde genees nou alle siektes.

Vyf genesing oor n afstand.

Sesde raak Hom aan vir genesing.

Die twaalf  Apostels word uit gestuur.

Mar 6:12  En hulle het uitgegaan en gepreek dat die mense hulle moes bekeer.

Mar 6:13  En hulle het baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak.

Ook Paulus en Petrus het oor n afstand genees sonder aanraaking. 

Act 19:11  En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen,

Act 19:12  sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.

Act 5:15  sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en op bedde en draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was dit net sy skaduwee op iemand van hulle sou val.

Act 5:16  En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees.

Geloof bring die genesende krag in werking in so n mate dat die uitvloeing van krag waar geneem kan word, die heiligegees salwing of krag neem ook besit van en deur drenk die persoon se klere wat hy aan het ook aan dit wat hy aanraak en oor bid soos sakdoeke. Die salwing van die heiligegees in die mate is nog altyd onwykend in die moderene kerk van nou, daar was  egter sporatiese salwings in die tradisionele kerk in die begin van die negentiende eeu en in die vyftig sestige sewentige jare daar was egter baie weinig indien enige wat ooit so n salwing van die Heiligegees besit het as die gees gevulde eerste kerk, daar moet n  rede wees vir die beperkte salwing van die Heiliggegees nou vir genesing en ook die gawes die rede is daar kort geloof en n volle oorgawe in gees siel en liggaam , en n begeerte na die doping van die heiligegees.

Eerste platvorm die bediening van Jesus in skeppings krag.

Skeping en genesing van oe deur die  gawe van kragte.

Mat 9:27  En toe Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg, terwyl hulle uitroep en sê: Wees ons barmhartig, Seun van Dawid!

Mat 9:28  En nadat Hy in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. En Jesus sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle antwoord Hom: Ja, Here.

Mat 9:29  Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.

Mat 9:30  En hulle oë het oopgegaan. En Jesus het hulle skerp aangespreek en gesê: Pas op, laat niemand dit te wete kom nie.

Luk 7:21  En in dieselfde uur het Hy baie mense genees  en aan baie blindes die gesig geskenk.

Die nog hoe’r salwing in God bewussyn die genesing en skepping van onvolmaakte oe deur die gawe van kragte.

Joh 9:6  En toe Hy dit gesê het, spuug Hy op die grond en maak klei van die spuug en smeer die klei aan die oë van die blinde man

Joh 9:7  en sê vir hom: Gaan was jou in die badwater Silóam, wat vertaal word: Uitgestuur. En hy het gegaan en hom gewas; en hy het siende teruggekom.

Joh 9:19  En hulle vra hul en sê: Is dit julle seun van wie julle sê dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?

Joh 9:20  Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is;

Mar 8:22  En Hy het in Betsáida gekom, en hulle het ‘n blinde man na Hom gebring en Hom gesmeek om hom aan te raak.

Mar 8:23  Hy neem toe die blinde by die hand en lei hom uit buitekant die dorp; en nadat Hy in sy oë gespuug en hom die hande opgelê het, vra Hy hom of hy iets sien.

Mar 8:24  En hy kyk op en sê: Ek sien die mense, want ek sien hulle soos bome rondloop.

Mar 8:25  Daarna lê Hy. weer die hande op sy oë en laat hom opkyk, en hy is herstel en het almal van ver af duidelik gesien.

Mar 8:26  En Hy het hom na sy huis gestuur en gesê: Moenie in die dorp gaan of dit aan iemand in die dorp vertel nie.

In hierdie bediening van Jesus het God n verborgenheid besvestig dat die mens soos bome rondloop sommige dra goeie vrugte ander slegte vrugte soos bome, n boom word aan sy vrugte geken. Die mens loop soos bome rond. Tweede platvorm in die bediening van skeppings krag altyd n hoe’r demensie.

Mar 8:19  En onthou julle nie toe Ek die vyf brode vir die vyf duisend gebreek het, hoeveel mandjies vol brokstukke julle opgetel het nie? Hulle sê vir Hom: Twaalf.

Mar 8:20  En die sewe vir die vier duisend—hoeveel mandjies vol brokstukke het julle opgetel? En hulle sê: Sewe.

Die opwekking van die dooies in al die demensies van God bewussyn volmaakte groei in die gees. Eerste stap die dood het pas in getree in die opwekking.

Mar 5:35  Terwyl Hy nog spreek, kom daar mense van die owerste van die sinagoge se huis en sê: U dogter is dood. Waarom val u die Meester nog lastig?

Mar 5:36  Maar dadelik, toe Jesus die woord hoor wat gespreek is, sê Hy vir die owerste van die sinagoge: Moenie vrees nie; glo net.

Mar 5:37  En Hy het niemand toegelaat om saam met Hom te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes, die broer van Jakobus.

Mar 5:38  En Hy kom in die huis van die owerste van die sinagoge en sien ‘n rumoer: mense wat baie ween en huil.

Mar 5:39  En toe Hy binnegaan, sê Hy vir hulle: Waarom gaan julle so te kere en ween julle? Die kind is nie dood nie, maar slaap.

Mar 5:40  En hulle het Hom uitgelag. Maar Hy het almal uitgedryf en die vader van die kind saamgeneem en die moeder en die wat by Hom was, en ingegaan waar die kind lê.

Mar 5:41  Toe gryp Hy die hand van die kind en sê vir haar: Talíta, koemi! wat, as dit vertaal word, beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op!

Mar 5:42  En die dogtertjie het dadelik opgestaan en begin rondloop, want sy was twaalf jaar oud. En hulle was uitermate verbaas.

Empatie bring die natuur van Jesus na vore. Stap twee  n hoe’r platvorm die opwekking van n seun n paar uur dood.

Luk 7:11  En die dag daarna was Hy op weg na ‘n stad met die naam van Nain; en baie van sy dissipels en ‘n groot menigte het saam met Hom gegaan.

Luk 7:12  En toe Hy naby die poort van die stad kom, word daar net ‘n dooie uitgedra, die enigste seun van sy moeder, en sy was ‘n weduwee; en ‘n groot menigte van die stad was by haar.

Luk 7:13  En toe die Here haar sien, het Hy innig jammer vir haar gevoel en vir haar gesê: Moenie ween nie!

Luk 7:14  En Hy het nader gegaan en die baar aangeraak. Daarop staan die draers stil. En Hy sê: Jongman, Ek sê vir jou, staan op!

Luk 7:15  En die dooie het regop gaan sit en begin praat; en Hy het hom aan sy moeder teruggegee.

Stap drie die dood in die opwekking van Lasarus vier dae dood elke keer n hoe’r eskalasie.

Joh 11:11  Dit het Hy gespreek; en daarna sê Hy vir hulle: Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak.

Joh 11:17  Toe Jesus dan gekom het, het Hy gevind dat hy al vier dae in die graf was.

Joh 11:39  Jesus sê: Neem die steen weg. Martha, die suster van die oorledene, sê vir Hom: Here, hy ruik al, want hy is al vier dae dood.

Joh 11:40  Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?

Joh 11:41  Hulle neem toe die steen weg waar die oorledene lê. En Jesus het sy oë opgeslaan en gesê: Vader, Ek dank U dat U My verhoor het;

Joh 11:42  en Ek het geweet dat U My altyd verhoor, maar ter wille van die skare wat rondom staan, het Ek dit gesê, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.

Joh 11:43  En nadat Hy dit gesê het, het Hy met ‘n groot stem geroep: Lasarus, kom uit!

Joh 11:44  En die oorledene het uitgekom, aan hande en voete met grafdoeke gebind, en sy gesig was toegedraai met ‘n doek. Jesus sê vir hulle: Maak hom los en laat hom gaan.

Die Here het altyd ge- eskaleer in elke bediening van die gees siel en liggaam in God bewussyn. Hier in het Hy die wil van God gesoek dit gevind dit sy eie gemaak en in Sy bediening toegepas. Die Here se belofte aan die wie in Hom glo, en ook die gawes wat die sal ontvang.

Joh 14:12  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

Joh 14:14  As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.

Act 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Act 1:9  En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

Eph 4:8  Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.

Sy opdrag aan ons wat glo en die opdrag het nog nooit verander nie.

Mar 16:15  En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.====== Opdrag 1

Mar 16:17  En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, =====Opdrag 2

Mar 16:18  ; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.=======Opdrag 3

Mar 16:20  Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het.

Mat 28:20  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Die kerk het gestagneer en luisterraars geword sit en luister staan op en niks gebeur nie daar is geen groei in die lewens van die gemeente nie. Hoor die mooiste woord  en teaching maar daar is geen hoe’r groei in die gees nie het gestagneer. Die kerk verstaan nie God bewussyn nie en groei nie daarin nie beleef dit net in die oomblik van saam wees in die gemeente gedurende die sang en aanbidding en verloor dit dan weer as hulle uit mekaar gaan. Die groei in God bewussyn is die werklike christenskap dit is nie wat jy glo of geloof in het nie maar wat die siel ondek het en in die ondekte werklikheid daarvan dit sy eie gemaak in n permanente teenwoordigheid wat die siel van bewus geword het.

God is gees en die persona bestandeel van Hom is God conciousnesss sy al om teenwoordigheid. Die platvorms van Jesus lei ons in die werklikheid van die bewussyn in wat die kerk uit stagnasie sal haal jn n nuwe gewaarwording van n hoe’r lewe n Christen bewussyn in God. Deur die krag van die heiliggegees die grootste geskenk van God aan die mens en die kerk.

Amen.

Liefde in Christus,
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment