In Die Begin Christus Toe (Jesus Christus) En Daarna Weer Christus

Christus was in die begin, saam met God en was Sy seun. Hy was in die boesem van die vader. Daarna het God Christus gevat en Hom in Maria bevrug  deur die heiligegees en  n menslike liggaam gegee, die liggaam met sy geboorte word genoem Jesus Christus. God se seun. Hierdie liggaam Jesus is Gekruisig en Christus het uit die dood opgestaan. Daarna is hy weer Christus wat aan die Apostels verskyn het. Wat nou sit aan die regterhand van God en die regte benaming nou is Christus Jesus of net Christus. As ons in die verlede tyd so praat is die naam Jesus of Jesus Christus reg.

Christus in die begin.

Pro 8:22  Die HERE het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af.

Pro 8:23  Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af.

Christus was geformeer net soos wat Adam was en is nie geskape nie.

Pro 8:24  Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie;

Pro 8:25  voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore;

Pro 8:26  toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.

Pro 8:27  Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy ‘n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;

Pro 8:28  toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;

Pro 8:29  toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het

Pro 8:30  toe was ek ‘n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd,

Pro 8:31  en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.

Christus was n kunstenaar naas sy Vader (God) en het gehelp met die Skepping. Toe God gese het laat ons mense maak na ons beeld en na ons gelykenis het hy met Christus gepraat. Sleutels. Name waarmee Christus genoem word in die begin.

As daar soms gepraat word van die verskyning van n engel dan is dit in die ou testament n verwysing na die Here. Hy word baie keer beskryf as die Engel van die Here. M.A.W. die Engel van God, sy vader. B.V.B. as daar geskryf is. Die Engel van die  Here (van God die vader) het verskyn, is dit Christus. B.V.B.

Jdg 13:17  Daarop vra Manóag die Engel van die HERE: Wat is u naam, dat ons U kan vereer as u woord uitkom?

Jdg 13:18  En die Engel van die HERE sê vir hom: Waarom vra jy dan na my naam terwyl hy wonderbaar is?

Hy verwys nie hier na iemand anders nie maar na Hom self. Sal genoem word wonderbaar raadsman sterke God ens.

Jdg 13:20  toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die HERE in die vlam van die altaar opgevaar; en Manóag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval.

Nog verskynings van die Engel van die Here  Christus.

Gen 16:7,9,10,11,—Gen:22:15,17—Exo3:2 Num22:22, tot 35–Jdg2:1-4—Jdg5:23–Jdg6:11-22 Jdg13:3—2Sam14:17—2Sam24:16—1Ki 1:3,15–   1Ki19-35—1Ch21:12,30–Psa35:6—Psa37 :36- Zec1:11,12,14 Zec3:1  Ens.

Christus verskyn aan Abraham

Gen 18:1  Daarna het die HERE aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.

Gen 18:2  Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe.

Christus en nog twee ander engele.

Benamings van Christus in die ou testament

Die Here is Christus

Die Here van Dawid ,—-is Christus

Die Here van Israel ,—-is Christus

Die God van Israel,—-is Christus

Die God van Abraham Isak, en Jakop is Christus

2Sa 24:14  Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat ons tog val in die hand van die HERE, want sy barmhartighede is groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie. Die Here is (Christus)

Christus as God.

Gen 33:18  En Jakob het behoue aangekom by die stad Sigem wat in die land Kanaän is, toe hy van Paddan-Aram gekom het—hy het sy laer voor die stad opgeslaan

Gen 33:20  Daar het hy ook ‘n altaar opgerig en dit genoem: Die God van Israel is God.

Die God van Israel (Christus) Dit sluit nie God die Vader uit nie maar die vermoeienis met Israel was Christus.

Heb 1:8  maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer;

Heb 1:9  U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;

God noem Christus sy seun ook God.

Act 2:34  Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: Die Here het gespreek tot my Here: Sit aan my regterhand

Act 2:35  totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete.

Christus en God in aksie.

Gen 19:23  Die son het oor die aarde opgegaan toe Lot in Soar aankom.

Gen 19:24  En die HERE het swawel en vuur oor Sodom en Gomorra laat reën van die HERE uit die hemel,

Hier is twee, Die Here in die hemel (God die Vader) en die Here op aarde (Christus).

Die benamings van God.

Die God (Here) van die leerskare, is God almagtig. God die allerhoogste, is God die almagtige. Die Here HERE is God die vader, (die almagtige). Wanneer die term, Die Here Here gebruik word is dit God die Vader.

Psa 57:2  (57:3) Ek roep God, die Allerhoogste, aan, God wat dit vir my voleindig.

Roep God die vader aan. Christus as seun (En God) en Engel van die Here.

Heb 1:5  Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees?

Heb 1:7  En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme;

Heb 1:8  maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer;

Heb 1:9  U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;

Heb 1:10  en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.

Christus was n kunsternaar naas God sy Vader.

Heb 1:11  Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos ‘n kleed verslyt,

Heb 1:13  En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete?

Heb 1:14  Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?

Die engele is ons beskermers.

Mal 3:1  Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare.

Christus is ook die Engel van die verbond. Hy kom se God die Vader, die Here van die leerskare. Kom ons kyk na Christus se betrokkenheid in die begin met die skepping van die mens.

Pro 8:30  toe was ek ‘n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd,

Pro 8:31  en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.

Christus se verlustiginge was  met die eerste mense wat God geskape het. Man en vrou het Hy hulle geskape. Die mense van die ou tyd.

Gen 1:26  En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Gen 1:27  En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

Gen 1:28  En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.

En God het hulle geskape klaar  Man en vrou. Die tweede geformeerde skepping was Adam en Eva. God het hulle met die hande gemaak uit die stof van die aarde en nie deur te spreek nie.

Gen 2:7  En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

Gen 2:21  Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.

Gen 2:22  En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens.

Man en Vrou was geskape onmidelik deur te spreek. Laat daar mense wees. Daarna Formeer God vir Adam, En uit sy rib Formeer hy vir Eva. M.A.W. God maak hulle met sy hande. Daar was n verskil tussen die twee skeppings, die geskape mense was die geweldiges uit die ou tyd. Die prehistoriese skepping.

Gen 6:1  Toe die mense op die aarde begin ver-meerder en daar vir hulle dogters gebore is,

Gen 6:2  sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.

Gen 6:4  In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.

Die seuns van God was engele, wat hulle eerste beginsels weg gegooi het en gesondig deur met mense (vroue) gemeenskap te he, die mense wat eerste geskape was, toe God gese het laat daar mense wees man en vrou het hy hulle geskape die engele het by hulle  kinders  verwek wat onnatuurlik was, met bonatuurlike magte half engel half mens.

Jud 1:6  En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar;

Engele mag onder geen omstandighede met n mens gemeenskap he nie. Daar is n verskil in die D,N.A. van die liggame. Engele hou ook nie gemeenskap met mekaar nie.

Adam en Eva in die paradys.

Terwyl Adam en Eva, wat geformeer was volmaak was, in die gelykenis van God. En het nie nodig gehad om nog te ontwikkel nie, en het ook God geken. Adam die geformeerde, word n mens genoem.

Die tweede geformeerde skepping.

Gen 2:7  En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

Gen 2:8  Ook het die HERE God ‘n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ‘n plek gegee.

Gen 2:15  Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.  

Gen 2:19  En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.

Gen 2:20  So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie.

Gen 2:25  En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.

Gen 3:8  En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin.

Gen 3:22  Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!

Hierdie boom is nie Christus nie. God se dat ons nie van hom moet eet nie, terwyl Hy die brood van die lewe is waarvan ons moet eet, ons dra of goeie of slegte vrugte, ons sondige natuur lewe moet ons nie van eet nie, en sterf en ewig lewe verlore weg van God af, dit is die boom van die lewe wat God hier van praat, alle mense is bome met lewe wat vrugte dra.

Gen 3:23  Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.

Gen 3:24  So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

God die vader.

Gen 6:5  Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,

Gen 6:6  het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.

En God wis daardie skeping uit, en se vir Noag.

Gen 6:18  Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou.

Gen 6:19  En van al wat lewe, van alle vlees, moet jy twee van elke soort in die ark laat ingaan om dit saam met jou in die lewe te hou: mannetjie en wyfie moet hulle wees.

Gen 6:20  Van die voëls volgens hulle soorte en van die vee volgens hulle soorte, van al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elke soort, moet na jou kom om in die lewe te bly

Gen 9:16  As die boog dan in die wolke staan, sal Ek dit aansien om gedagtig te wees aan die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.

Gen 9:17  En God het vir Noag gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek opgerig het tussen My en alle vlees wat op die aarde is.

Gen 9:18  En die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Sem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van Kanaän.

Gen 9:19  Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners.

Uit die saad van die drie seuns, het mense ontstaan wat vandag as volke die die wereld vul. Toe die mense op die aarde vermeerder het hulle vir hulle stede gebou.

Christus se bemoeienis met die skepping.

Gen 10:8  Kus was ook die vader van Nimrod. Hy het begin om ‘n geweldenaar op aarde te wees.

Gen 10:9  Hy was ‘n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, ‘n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE.

Gen 10:10  En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear.

Gen 11:4  En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ‘n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.

Gen 11:5  Toe daal die HERE neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.

Gen 11:6  En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.

Gen 11:7  Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.

Gen 11:8  So het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.

Dit was die ontstaan van volke uit die mense. Elkeen met sy eie taal. Christus se bemoeienis met karakters in die ou tyd Job.

Job 42:1  Toe het Job die HERE geantwoord en gesê:

Job 42:2  Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.

Job 38:1  Daarna het die HERE Job uit ‘n storm geantwoord en gesê:

Job 38:3  Gord dan soos ‘n man jou heupe—dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My.

Job 38:4  Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.

Job 38:5  Wie het sy afmetinge bepaal? —jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan?

Job 38:6  Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê?

Job 38:7  Toe die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het?

Toe Christus saam met God geskep het.

Job 38:17  Is die poorte van die dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die dood-skaduwee gesien?

Job 38:18  Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet.

Job 38:19  Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis—waar is tog sy plek,

Job 38:21  Jy weet dit seker wel, want jy is toe gebore! En die getal van jou dae is groot!

Job 38:22  Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien,

Job 38:23  wat Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?

Job 38:24  Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde?

Job 38:31  Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop? Of die toue van die Oríon losmaak?

Job 38:32  Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd? En die Beer met sy kleintjies lei?

Job 38:33  Ken jy die wette van die hemel? Of kan jy sy heerskappy oor die aarde bestel?

Job 9:8  wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see;

Jesus loop op die see van Galilea.

Job 9:9  wat die Beer gemaak het, die Oríon en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide;

Job 9:11  Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk.

Job 42:3  Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie.

Job 42:4  Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!

Job 42:12  En die HERE het die einde van Job meer geseën as sy begin; en hy het veertien duisend stuks kleinvee en ses duisend kamele en duisend paar beeste en duisend eselinne gehad.

Job 42:13  Daarby het hy sewe seuns en drie dogters gehad.

Job 42:15  En in die hele land is geen vroue gevind so mooi soos die dogters van Job nie; en hulle vader het hulle ‘n erfdeel gegee onder hulle broers.

Job 42:16  En Job het daarna honderd en veertig jaar lank gelewe; en hy het sy kinders en kindskinders gesien, vier geslagte Die roeping van Abraham

Gen 12:1  En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.

Gen 12:2  En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees.

Gen 13:14  En die HERE sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste;

Gen 13:16  En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.

Geestelike Nageslag. Ons is die nageslag van Abraham uit die geloof, geestelik, is hy ons vader van die geloof.

God die vader maak die verbond.

Gen 17:7  En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou.

Gen 17:9  Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag.

Gen 17:11  julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal ‘n teken wees van die verbond tussen My en julle.

Dit was in die ou verbond, in die nuwe verbond  besny ons die hart.

Rom 4:11  En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ‘n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word;

Melgisedek ontmoet Abraham.

Heb 7:1  Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het;

Heb 7:2  aan wie Abraham ook ‘n tiende deel van alles gegee het—hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede;

Heb 7:3  sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur.

Heb 7:4  Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, ‘n tiende van die buit gegee het.

Heb 7:13  omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan ‘n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie.

Heb 7:15  En nog baie duideliker is dit as daar ‘n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek,

Heb 7:21  maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek—

Heb 7:12  Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;

Heb 7:25  Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.

Gen 14:19  en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.

Melgisedek is n priester van God volgens n hemel se orde, hy bedien die priester amp in die hemel in die tempel van God, vir die engele, daarom is Christus ook gelyk gestel  aan hom wat die amp aanbetref volgens die selfde orde, daarom met die verandering van priesterskap vir ons is daar ook verandering van wet, en het ons wat die heidene is, nie n wet volgens die ou testament nie maar n nuwe geskryf deur God op die tafels van ons hart, want ons het nou n ander Priester naamlik Christus wat vir ons by Godin tree, volgens die orde van melgisedek in die hemelse tempel. Wat dit aanbetref is Christus en Melgisedek gelyk volgens die selfde orde. n priester uit die Jode sou ook glad nie vir ons kon intree volgens die orde van Aaron nie. Ons het n ander Priester Christus wat hoeer as die hemel geword het en wat altyd leef en gelyk gestel kan Hy nou altyd vir ons intree.

Abraham

Gen 18:1  Daarna het die HERE aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.

Gen 18:2  Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe.

Gen 18:9  Toe sê hulle vir hom: Waar is Sara, u vrou? En hy antwoord: Daar in die tent.

Gen 18:10  En Hy sê: Ek sal oor ‘n jaar sekerlik weer na jou toe kom—dan sal jou vrou Sara ‘n seun hê. En Sara het geluister by die ingang van die tent wat agter Hom was.

Gen 18:12  En Sara het by haarself gelag en gedink: Sal ek wellus hê nadat ek oud geword het en my heer oud is?

Gen 18:13  Toe sê die HERE vir Abraham: Waarom het Sara daar gelag en gedink: Sou ek ook werklik baar nou dat ek oud geword het?

Gen 18:16  Toe staan die manne daarvandaan op, en hulle het gekyk na die kant van Sodom; en Abraham het saam met hulle gegaan om hulle weg te bring.

Gen 18:17  Daarop sê die HERE: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen,

Gen 18:20  Verder het die HERE gesê: Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is waarlik baie swaar.

Gen 18:21  Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik gehandel het soos die geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek wil dit weet.

Gen 19:23  Die son het oor die aarde opgegaan toe Lot in Soar aankom.

Gen 19:15  En toe die dag begin breek, het die engele by Lot aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, dat jy weens die ongeregtigheid van die stad nie omkom nie.

Gen 19:16  Maar hy het nog getalm. Toe gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat die HERE hom wou verskoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad.

Christus red Lot se lewe.

Gen 19:24  En die HERE het swawel en vuur oor Sodom en Gomorra laat reën van die HERE uit die hemel,

Hagar. Die nageslag van Ismael is die Arabiere.

Gen 16:10  Verder sê die Engel van die HERE vir haar: Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.

Gen 16:11  Ook sê die Engel van die HERE vir haar: Kyk, jy is swanger en sal ‘n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die HERE het jou in jou ellende verhoor.

Gen 16:12  En hy sal ‘n wilde-esel van ‘n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon.

Gen 16:13  Toe noem sy die Naam van die HERE wat met haar gespreek het: U is ‘n God wat sien. Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien?

Gen 16:15  En Hagar het vir Abram ‘n seun gebaar; en Abram het sy seun wat Hagar gebaar het, Ismael genoem.

Die Arabiere maak oorlog onder mekaar en met almal.

Christus saam met Isak.

Gen 26:1  En daar was hongersnood in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abiméleg, die koning van die Filistyne, na Gerar.

Gen 26:9  En Abiméleg het Isak geroep en gesê: Kyk, sy is dan tog jou vrou! Hoe kon jy dan verklaar: Sy is my suster? En Isak antwoord hom: Ja, ek het gedink ek kan miskien om haar ontwil my lewe verloor!

Gen 26:10  En Abiméleg sê: Wat het jy ons nou aangedoen? Hoe maklik kon een van die mense met jou vrou gemeenskap gehad en jy ‘n skuld oor ons gebring het!

Gen 26:11  Daarop gee Abiméleg bevel aan die hele volk en sê: Wie hierdie man of sy vrou aanraak, sal sekerlik gedood word.

Gen 26:12  Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën.

Christus saam met Jakop.

Gen 32:1  Jakob het ook verder gereis, en die engele van God het hom ontmoet.

Gen 32:24  Maar Jakob het alleen agtergebly, en ‘n Man het met hom geworstel tot dagbreek.

Gen 32:25  En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom.

Gen 32:26  Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.

Gen 28:10  En Jakob het uit Berséba vertrek en na Haran gegaan.

Gen 28:11  Daarop kom hy by ‘n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek.

Gen 28:12  En hy het gedroom—daar is ‘n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het.

Gen 28:13  En kyk, die HERE het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die HERE, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee;

Gen 28:14  en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word.

Gen 28:15  En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.

Gen 28:16  Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die HERE is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie.

Moses ontmoet vir Christus.

Exo 3:4  Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek.

Exo 3:6  Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.

Exo 19:7  En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat die HERE hom beveel het.

Exo 19:8  Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE oorgebring.

Exo 19:9  En die HERE het met Moses gespreek: Kyk, Ek sal in ‘n dik wolk na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en hulle ook vir altyd aan jóu kan glo. Want Moses het die woorde van die volk aan die HERE meegedeel.

Lev 24:23  Moses het toe met die kinders van Israel gespreek, en hulle het die vloeker buitekant die laer uitgebring en hom gestenig. En die kinders van Israel het gedoen soos die HERE Moses beveel het.

Christus was  die een wat Israel uit Egipte gelei het.

Jdg 2:1  Toe trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;

Num 1:1  Verder het die HERE met Moses gespreek in die woestyn Sinai, in die tent van samekoms, op die eerste van die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, en gesê:

Num 1:2  Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, almal wat manlik is, hoof vir hoof;

Num 1:4  En met julle saam moet daar van elke stam ‘n man wees, ‘n man wat hoof is van sy families.

Num 9:1  En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai—in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, in die eerste maand—en gesê

Num 9:2  dat die kinders van Israel die pasga op die bepaalde tyd moet hou.

Num 11:24  Toe het Moses uitgegaan en die woorde van die HERE aan die volk te kenne gegee; en hy het sewentig manne uit die oudstes van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die tent laat staan.

Num 11:25  Daarop het die HERE neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie.

Num 11:26  Maar twee manne het in die laer agtergebly: die naam van die een was Eldad en die naam van die ander Medad; en die Gees het op hulle gerus—hulle het behoort by die wat opgeskrywe was, hoewel hulle nie na die tent uitgegaan het nie—en hulle het in die laer geprofeteer.

Israel mumureer teen die Here (Christus).

Exo 15:22  Daarop het Moses die Israeliete laat wegtrek van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestyn Sur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie.

Exo 15:23  En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara.

Exo 15:24  Toe murmureer die volk teen Moses en sê: Wat moet ons drink?

Exo 15:25  En hy het die HERE aangeroep, en die HERE het hom ‘n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het Hy vir hulle ‘n insetting en verordening vasgestel en hulle daar beproef

Exo 15:26  en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.

Exo 15:27  Daarop het hulle by Elim gekom, waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was. En hulle het daar by die water laer opgeslaan.

Christus saam met Dawid

2Sa 3:18  Voer dit dan nou uit, want die HERE het van Dawid gespreek en gesê: Deur die hand van my kneg Dawid sal Ek my volk Israel uit die hand van die Filistyne en uit die hand van al hulle vyande verlos.

1Ch 14:13  Maar die Filistyne het hulle nog weer in die dal versprei.

1Ch 14:14  Toe raadpleeg Dawid God weer, en God het aan hom gesê: Jy moet nie agter hulle aan optrek nie; trek om, van hulle af weg, en val hulle vlak voor die balsembosse aan.

1Ch 14:15  En as jy ‘n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, trek dan uit vir die geveg, want God het voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.

1Ch 14:16  En Dawid het gedoen soos God hom beveel het, en hulle het die leër van die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot by Geser.

1Ch 14:17  En die naam van Dawid het uitgegaan in al die lande, en die HERE het die skrik vir hom op al die nasies gelê.

2Sa 24:14  Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat ons tog val in die hand van die HERE, want sy barmhartighede is groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.

2Sa 24:15  En die HERE het ‘n pes onder Israel beskik van die môre af tot op die bepaalde tyd, en van Dan tot Berséba het daar van die volk sewentig duisend man gesterwe.

God die vader tree tussen by en stop Christus.

2Sa 24:16  Maar toe die engel sy hand uitsteek na Jerusalem om dit te verwoes, het dit die HERE berou oor die onheil, en Hy het aan die engel wat die verwoesting onder die volk moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! Die engel van die HERE was toe by die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet

Die Engel van die Here (Christus).

Christus praat met Israel.

Num 14:28  Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die HERE, waarlik, soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen.

Num 14:29  Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het.

Num 14:32  Maar júlle lyke sal in hierdie woestyn lê.

Num 14:33  En julle kinders sal soos herders rondtrek in die woestyn, veertig jaar lank, en sal so die gevolge van julle hoerery dra totdat julle lyke in die woestyn verteer is.

Num 14:34  Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul ongeregtighede dra, veertig jaar lank, en my teëstand gewaar word.

Num 14:35  Ek, die HERE, het dit gespreek; waarlik, dit sal Ek aan hierdie hele bose vergadering doen wat teen My bymekaargekom het. Hulle sal in hierdie woestyn omkom en daar sterwe.

God die almagtige gee die tien gebooie.

Deu 4:11  Toe het julle nader gekom en onder aan die berg gaan staan; en die berg het met vuur gebrand tot in die middel van die hemel, met duisternis, wolke en wolkedonkerheid.

Deu 4:12  En die HERE het met julle uit die vuur gespreek; julle het ‘n stem van woorde gehoor, maar geen verskyning gesien nie—net ‘n stem was daar.

Deu 4:13  Toe het Hy aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe.

Christus saam met Josua.

Jos 10:6  Maar die manne van Gíbeon het na Josua gestuur, in die laer van Gilgal, om te sê: Trek u hande nie af van u dienaars nie, kom gou op na ons toe en verlos ons en help ons; want al die konings van die Amoriete wat die Gebergte bewoon, het hulle teen ons verenig.

Jos 10:7  Daarop het Josua opgetrek uit Gilgal, hy en al die weerbare manskappe en al die dapper helde met hom saam.

Jos 10:8  En die HERE het aan Josua gesê: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie.

Jos 10:9  Toe Josua hulle skielik oorval—hy het die hele nag deur van Gilgal af opgetrek—

Jos 10:10  het die HERE hulle in verwarring gebring voor Israel, en hy het ‘n groot slag onder hulle geslaan by Gíbeon en hulle agtervolg op pad na die hoogte van Bet-Horon en hulle verslaan tot by Aséka en tot by Makkéda.

Jos 10:12  Toe het Josua met die HERE gespreek, op die dag dat die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die oë van Israel / gesê: Son, staan stil in Gíbeon,en maan, in die dal van Ajalon!

Jos 10:13  Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boek van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent ‘n volle dag.

Jos 10:14  En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en ná hom, dat die HERE na die stem van ‘n man geluister het nie; want die HERE het vir Israel gestry.

Die God van Israel verwerp die Jode in die land waarheen hy hulle geneem het.

Jos 23:15  Maar soos al die goeie woorde oor julle gekom het wat die HERE julle God oor julle gespreek het, so sal die HERE oor julle al die onheilswoorde laat kom, totdat Hy julle verdelg het uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het.

Jos 23:14  En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat die HERE julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.

Jos 24:27  Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal ‘n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van die HERE gehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal ‘n getuie teen julle wees, sodat julle jul God nie verloën nie.

Jos 24:28  Toe het Josua die volk laat gaan, elkeen na sy erfdeel toe.

Christus saam met Hiskia.

2Ki 20:8  Hiskía het vir Jesaja gevra: Wat is die teken dat die HERE my gesond sal maak, en dat ek op die derde dag sal opgaan na die huis van die HERE?

2Ki 20:9  En Jesaja antwoord: Dit sal vir jou die teken van die kant van die HERE wees dat die HERE die woord sal volbring wat Hy gespreek het: Moet die skaduwee tien grade vooruit gaan, of moet dit tien grade agteruit gaan?

2Ki 20:10  Toe sê Jehiskía: Dit is maklik vir die skaduwee om tien grade te daal; nee, maar laat die skaduwee teruggaan, tien grade agteruit.

2Ki 20:11  En Jesaja, die profeet, het die HERE aangeroep, en Hy het die skaduwee op die grade waarlangs dit op die grade van Agas se sonnewyser gedaal het, laat teruggaan, tien grade agteruit.

Christus saam met Gideon.

Jdg 6:11  Toe het die Engel van die HERE gekom en gaan sit onder die terpentynboom wat by Ofra staan, wat aan Joas, die Abiësriet, behoort het, terwyl sy seun Gídeon juis koring uitslaan in die parskuip om dit te beveilig teen die Midianiete.

Jdg 6:12  En die Engel van die HERE het aan hom verskyn en vir hom gesê: Die HERE is met jou, dapper held!

Jdg 6:13  Toe vra Gídeon Hom: Ag, my heer, as die HERE met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê:

Het die HERE ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het  die HERE ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete.

Jdg 6:14  Toe draai die HERE na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie?

Jdg 6:18  Verwyder U tog nie hiervandaan voordat ek by U kom en my gawe uitbring en voor U neersit nie. Hy sê toe: Ek sal bly totdat jy terugkom.

Jdg 6:19  Toe het Gídeon ingegaan en ‘n bokkie berei, en van ‘n efa meel ongesuurde koeke; die vleis het hy in ‘n mandjie gesit en die sous in ‘n pot gegooi; en hy het dit na Hom uitgebring onder die terpentynboom en dit naby neergesit.

Jdg 6:20  Maar die Engel van God het vir hom gesê: Neem die vleis en die ongesuurde koeke, en sit dit op hierdie rots neer en gooi die sous daaroor uit. En hy het so gedoen.

Jdg 6:21  Daarop steek die Engel van die HERE die punt van die staf wat in sy hand was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan; toe gaan daar vuur op uit die rots en verteer die vleis en die ongesuurde koeke. Intussen het die Engel van die HERE verdwyn uit sy oë.

Christus verskyn aan Manoag.

Geboorte van Simson.

Jdg 13:2  En daar was ‘n man uit Sórea, uit die geslag van die Daniete, met die naam van Manóag; en sy vrou was onvrugbaar en het geen kinders gehad nie.

Jdg 13:3  Maar die Engel van die HERE het aan die vrou verskyn en vir haar gesê: Kyk, jy is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en ‘n seun baar.

Jdg 13:4  Neem jou dan nou tog in ag en drink geen wyn of sterk drank nie en eet niks wat onrein is nie.

Jdg 13:5  Want kyk, jy sal swanger word en ‘n seun baar, en geen skeermes mag op sy hoof kom nie; want die seun sal van die moederskoot af ‘n nasireër van God wees, en hy sal Israel begin verlos uit die hand van die Filistyne.

Jdg 13:6  Daarop kom die vrou in en spreek met haar man en sê: ‘n Man van God het na my gekom, en sy voorkoms was soos die voorkoms van die Engel van God, baie vreeslik; maar ek het Hom nie gevra waar Hy vandaan was nie, en sy naam het hy my nie meegedeel nie.

Jdg 13:8  En Manóag het tot die HERE gebid en gesê: Ag, Here, laat tog die man van God wat U gestuur het, nog ‘n keer na ons toe kom, dat hy ons kan leer hoe ons moet maak met die seun wat gebore sal word.

Jdg 13:9  En God het geluister na die stem van Manóag, sodat die Engel van God nog ‘n keer na die vrou gekom het terwyl sy in die veld sit en haar man Manóag nie by haar was nie.

Jdg 13:11  Toe staan Manóag op en loop agter sy vrou aan, en hy kom by die man en vra hom: Is U die man wat met dié vrou gespreek het? Toe sê Hy: Ja.

Jdg 13:13  Toe sê die Engel van die HERE aan Manóag: Vir alles wat Ek aan die vrou gesê het, moet sy haar in ag neem.

Jdg 13:15  Manóag sê aan die Engel van die HERE: Laat ons U tog ophou, dat ons ‘n bokkie vir U kan berei.

Jdg 13:16  En die Engel van die HERE antwoord Manóag: Al hou jy My op, Ek sal nie van jou brood eet nie; maar as jy ‘n brandoffer wil berei, offer dit dan aan die HERE. Want Manóag het nie geweet dat dit die Engel van die HERE was nie.

Jdg 13:17  Daarop vra Manóag die Engel van die HERE: Wat is u naam, dat ons U kan vereer as u woord uitkom?

Jdg 13:18  En die Engel van die HERE sê vir hom: Waarom vra jy dan na my naam terwyl hy wonderbaar is?

Jdg 13:19  Toe neem Manóag die bokkie en die spysoffer en offer dit op die rots aan die HERE terwyl Hy wonderbaarlik handel voor die oë van Manóag en sy vrou:

Jdg 13:20  toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die HERE in die vlam van die altaar opgevaar; en Manóag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval.

God die vader vertel die Jode van hulle geboorte. Die geboorte van Jerusalem (die Jode die natuurlike Israel).

Eze 16:2  Mensekind, maak aan Jerusalem sy gruwels bekend

Eze 16:3  en sê: So spreek die Here HERE tot Jerusalem: Jou afkoms en jou geboorte is uit die land van die Kanaäniete; jou vader was ‘n Amoriet en jou moeder ‘n Hetitiese vrou.

Eze 16:4  En wat jou geboorte aangaan—die dag toe jy gebore is, is jou nawelstring nie afgesny nie; en jy is nie met water gewas om jou te reinig nie; ook is jy nie met sout ingevrywe of in doeke toegedraai nie.

Eze 16:5  Geen oog het medelyde met jou gehad om vir jou een van hierdie dinge te doen, om vir jou jammer te wees nie; maar jy is op die oop veld gegooi uit afsku vir jou lewe, die dag toe jy gebore is.

Eze 16:6  En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef!

Eze 16:7  Ontelbaar, soos die uitspruitsels van die veld, het Ek jou gemaak! En jy het gegroei en groot geword en die hoogste bloei bereik; jou borste het styf geword, en jou hare het gegroei, maar jy was naak en bloot.

Eze 16:8  En Ek het by jou verbygegaan en jou gesien, en kyk, jou tyd was die tyd van liefde. Toe het Ek my vleuel oor jou uitgesprei en jou naaktheid toegedek. Ja, Ek het vir jou gesweer en met jou ‘n verbond aangegaan, spreek die Here HERE, en jy het myne geword.

Eze 16:9  Daarop het Ek jou met water gewas en jou bloed van jou afgespoel en jou met olie gesalf.

Eze 16:10  Ook het Ek jou beklee met veelkleurige klere en vir jou skoene van robbevel gemaak, en Ek het jou gehul in fyn linne en jou oordek met sy.

Eze 16:11  Verder het Ek jou met sierade versier en armbande aan jou hande gesit en ‘n ketting om jou hals.

Eze 16:12  En Ek het ‘n ring aan jou neus gesit en oorringe aan jou ore en ‘n pragtige kroon op jou hoof.

Eze 16:13  Ja, jy het jou versier met goud en silwer, en jou klere was fyn linne en sy en veelkleurige stowwe; jy het fynmeel en heuning en olie geëet, en jy was buitengewoon mooi en so voorspoedig dat jy koninklike waardigheid bereik het.

Eze 16:14  Daarby het daar ‘n naam van jou af uitgegaan onder die nasies vanweë jou skoonheid, want dit was volmaak deur my versiersels wat Ek op jou aangebring het, spreek die Here HERE.

Here Here is God die Vader.

Isa 63:9  In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelyde het Hy hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd.

Elia hardloop weg en Christus vind hom in n spelonk.

1Ki 19:11  En Hy sê: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die HERE. En kyk, die HERE het verbygegaan, terwyl ‘n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die HERE uit; in die wind was die HERE nie. En ná die wind ‘n aardbewing; in die aardbewing was die HERE nie.

1Ki 19:12  En ná die aardbewing ‘n vuur; in die vuur was die HERE nie. En ná die vuur die gesuis van ‘n sagte koelte.

1Ki 19:13  En toe Elía dit hoor, het hy sy gelaat met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die spelonk gaan staan. En daar kom ‘n stem na hom wat sê: Wat maak jy hier, Elía?

Christus en Amos.

Amo 2:6  So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Israel, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die regverdige vir geld verkoop het en die behoeftige vir ‘n paar skoene.

Amo 2:10  Ook het Ek julle uit Egipteland laat optrek en julle veertig jaar lank in die woestyn gelei, om die land van die Amoriet in besit te neem.

Amo 2:11  En Ek het uit julle seuns profete en uit julle jongelinge nasireërs verwek. Is dit nie so nie, o kinders van Israel? spreek die HERE.

Amo 2:12  Maar julle het die nasireërs wyn laat drink en aan die profete bevel gegee en gesê: Julle mag nie profeteer nie!

Amo 3:2  Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde; dáárom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.

Amo 3:6  Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie? Sal daar ‘n onheil in die stad voorval as die HERE dit nie bewerk het nie?

Amo 3:7  Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.

Amo 4:6  Alhoewel Ék julle reinheid van tande gegee het in al julle stede en broodsgebrek in al julle woonplekke—nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.

Amo 4:7  Alhoewel Ék die reën van julle teruggehou het toe dit nog drie maande voor die oestyd was en op die een stad laat reën maar op die ander nie laat reën het nie, die een stuk land reën gekry het, maar die ander waarop geen reën geval het nie, verdor het;

Amo 8:1  Dít het die Here HERE my laat sien—kyk, daar was ‘n mandjie met somervrugte.

Amo 8:2  En Hy sê: Wat sien jy, Amos? En ek antwoord: ‘n Mandjie met somervrugte. Toe sê die HERE vir my: Die einde het vir my volk Israel gekom; Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.

Vader God en Ussia.

Isa 6:1  In die sterfjaar van koning Ussía het ek die Here sien sit op ‘n hoë en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het.

Isa 6:2  Serafs het bo Hom gestaan; elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en met twee het hy gevlieg.

Isa 6:3  En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!

Isa 6:4  En die drumpelposte het gebewe van die geluid van die roepers, en die huis het vol rook geword.

Isa 6:5  Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is ‘n man onrein van lippe en woon onder ‘n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!

Isa 6:6  Maar een van die serafs het na my toe gevlieg met ‘n gloeiende kool in sy hand, wat hy met ‘n tang van die altaar af geneem het,

Isa 6:7  en my mond daarmee aangeraak en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak, en jou skuld is weg en jou sonde versoen.

Isa 6:8  Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.

Isa 6:10  Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hul oë en met hul ore nie hoor en hul hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie.

Isa 6:11  Toe sê ek: Hoe lank, Here? En Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot ‘n wildernis,

Isa 6:12  en die HERE die mense ver verwyder het en die verlatenheid groot is in die land.

Isa 6:13  En as nog ‘n tiende deel daarin is, sal dit weer wees tot verwoesting; maar soos by die terpentynboom en die eikeboom—as hulle omgekap word—’n stomp oorbly, so sal die heilige geslag die stomp daarvan wees.

In n parlele verborgenheid se Christus: Hier is ek stuur my ek sal gaan en word in Maria gebore. Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar. Skrifte wat op Christus van toe passing is voor sy geboorte in Maria, as Jesus Christus.

Isa 53:2  Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.

Isa 53:3  Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.

Isa 53:4  Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.

Isa 53:5  Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Genesing van sonde en slawerny.

Isa 53:6 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.

Isa 53:7  Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja,

Hy het sy mond nie oopgemaak nie.

Isa 53:8  Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.

Isa 53:9  En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.

Isa 53:10  Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees.

Isa 53:11  Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.

Isa 53:12  Daarom sal Ek Hom ‘n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.

Die geboorte van Jesus Christus, in die liggaam van Maria.

Luk 1:26  En in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na ‘n stad in Galiléa met die naam van Násaret,

Luk 1:27  na ‘n maagd wat verloof was aan ‘n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria.

Luk 1:28  En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.

Luk 1:30  En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.

Luk 1:31  En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.

Luk 1:32  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,

Luk 1:37  Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.

Mat 1:19  En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei.

Mat 1:20  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees

om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;

Mat 1:21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

Mat 1:23  Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.

Mat 2:1  En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom

Mat 2:11  En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre.

Mat 3:13  Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word.

Mat 3:16  En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.

Mat 3:17  En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.

Mat 4:1  Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.

Mat 4:11  Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.

Mat 4:17  Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

Mat 4:23  En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.

Mat 4:24  En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele Sírië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak.

Mat 4:25  En groot menigtes het Hom gevolg van Galiléa en Dekápolis en Jerusalem en Judéa en van oorkant die Jordaan af.

Christus word geopenbaar in Jesus.

Mat 16:13  En toe Jesus in die streke van Cesaréa-Filippi kom, vra Hy sy dissipels en sê: Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is? Mat 16:14  En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige Elía, en ander Jeremia of een van die profete.

Mat 16:15  Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek?

Mat 16:16  En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.

Mat 16:17  Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.

Jesus word gekruisig.

Joh 19:28  Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was—sodat die Skrif vervul sou word—het Jesus gesê: Ek het dors!

Joh 19:29  En daar het ‘n kan vol asyn gestaan; en hulle het ‘n spons met asyn gevul en op ‘n hisopstingel gesit en aan sy mond gebring.

Joh 19:30  En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.

Joh 19:40  En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe.

Joh 19:41  En daar was op die plek waar Hy gekruisig is, ‘n tuin, en in die tuin ‘n nuwe graf waar nog nooit iemand in neergelê was nie.

Joh 19:42  Daar het hulle Jesus toe neergelê weens die voorbereiding van die Jode, omdat die graf naby was.

Joh 20:11  Maar Maria het buitekant by die graf gestaan en ween; en terwyl sy ween, buk sy na die graf toe

Joh 20:12  en sien twee engele daar sit met wit klere aan, een by die hoof en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelê het.

Joh 20:13  En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.

Jesus het gesterf en Christus word opgewek en is nou weer Christus.

Joh 20:14  En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en sy het nie geweet dat dit Jesus was nie.

Joh 20:16  Jesus sê vir haar: Maria! Sy draai haar om en sê vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester.

Joh 20:17  Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.

Joh 20:31  maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam.

Mat 28:20  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Mar 16:19  Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.

Nou weer die Here Christus. Christus, toe Jesus Christus, en nou weer Christus.

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.

AMEN

2Ch 16:9  want die HERE—sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is;

Leave a comment