Goddelike Genesing 2

Rom 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Die Christen toeweiding is nie net n toeweiding van sy gees aan God nie, maar is n algehele toeweiding van die liggaam siel en gees. Die hele liggaam word toe gewy, ons word af gesny om hulp te gaan soek van die wereld die vlees en die satan. Daar is drie vyande van die mens die satan die wereld en die vlees, en die menslike liggaam bestaan uit drie dele vlees siel en gees.

Jas 5:13  Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand opgeruimd? Laat hom psalmsing. 

Jas 5:14  Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. 

Jas 5:15  En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word

Hierdie is nie die reels vir die wereld nie maar vir die geredde Christen, as jy gebid het en daar het nog nie genesing gekom nie, moontlik deur nie genoegsame geloof nie stuur dan vir hulp. Laat die ouderlinge kom jou salf met olie in die naam van die Here en oor jou bid. Dit is nie die olie wat genesing bring nie maar die gebed van geloof, die olie is n simbool van die Heiligegees en word gedoen in gehoorsaamheid ons salf met olie as n simbool van die Gees van God as die geneser. Die gebed van die geloof sal die sieke oprig en God sal hom genees, en as hy sonde gedoen het sal dit hom vergewe word.

Hy maak die genesing dieper en groter. Die kennis in die Evangelie van Jesus Christus is altyd in n dieper en hoe’r openbaring die kennis vermeeder altyd. Eers word jy gevra om self te bid ,dan daarna om hulp tesoek met die salwing van olie en die gebed van die geloof en die Here sal die sieke oprig. Bely mekaar julle oortredinge en vergewe, maak reg met jou broer in Christus dit is n beginsel van die Koninkryk. Die plek van krag en oorwinning is in die toeweiding aan God. Jou toeweiding behoort onbreekbaar tewees. The mind of God is healing.

Die nege gawes van die Heiligegees .

1Co 12:4  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; 

1Co 12:5  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; 

1Co 12:6  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. 

1Co 12:7  Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. 

1Co 12:8  Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; 

1Co 12:9  aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; 

1Co 12:10  aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. 

1Co 12:11  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. 

Hierdie gawes is aan die liggaam van Christus geskenk, en behoort deur die kerk ingestel te wees saam met die geloof om dit te gebruik. Die wat dit gebruik moet daarin ge-oefen word n gawe moet nie verwaarloos word nie en wanneer geloof in werking gestel word is die gawe aktief. Maar as jy nie n aktiewe geloof in jou hart het nie, is die gawe onaktief. Daar is net een gebed wat beantwoord word en dit is die gebed gemeng met geloof. Dit is die gebed van geloof wat die kranke sal oprig. Gelowige gebed is nie n geskree of geraas nie, maar n oorgawe verhouding met God in jou siel gees en liggaam. Dit is die kragtige werkende gebed. Daar is ook n ander orde van gawes gegee aan die kerk.

Eph 4:11  En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, 

Eph 4:12  om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,

Hierdie is God se geskenke nie gawes soos wat ons bo behandel het nie maar geroepenes vir dienswerk in die liggaam van Jesus Christus. Tot die koms van die Manseuns wat die bediening in gees sal oorneem, en die liggaam in n eenheid sal bring. Eenheid in geloof in eenheid  volgens Efese 4:13

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; 

Nie net een of twee nie maar almal, tot volwassenheid bring tot die mate van die volle grootte van Christus. Gereed om Jesus Christus te ontvang met Sy wederkoms Sy liggaam uit eiendelik volwasse en nie meer kinders nie. Of jy onmiddelik genees word of nie jou geloof moet die toets deurstaan, tot dat dit wat verhinder uit die weg geruim in en geloof oorwin het. Deur hierdie dinge leer ons volharding gehoorsaamheid en geloofs sekerheid.

Jas 1:3  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. 

Jas 1:4  Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

Die dertig miljoen wat hulle lewe afgele het in die begin se bloed is die karakter van die christen fondasie, dit bevestig hulle vertroue en geloof in God. In hierdie volharding en geloof is genesing n gegewe. Wanneer daar nie genesing plaas vind nie, vra die hulp van die Heiligegees en wanneer die oorsaak eers verwyder is kom genesing in werking.

Jas 5:15  En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het

Genesing kom van God, God is gees en benodig n liggaam as Sy tempel en vir dit het Hy die mens uit verkies. As dssr onreinheid in jou gees of liggaam gekom hetwat die werking van die Heiligegees verhinder en skeidibg bring tussen jou en God, kry dit uit jou lewe uit. Die eerste Christene het gestaan vir God, en het gesterf vir God, alhoewel hulle nie naasten by die kennis gehad het wat die liggaam van Christus van dag besit nie. Sit jou siel gees en liggaam vir ewig in God se hande. Dit word gese dat medisyne meer mens dood gemaak het as al die siektes saam. Dit is nie die medisyne wat jou genees nie dit is die geloof in die dokter,terwyl jy die eending probeur genees beskadig jy weer n ander deel van jou liggaam.

Jas 5:14  Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. 

Jas 5:15  En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig.

Dit is die reel van Goddelike genesing. Jy kan genees word deur net jou self in die hande van God te plaas. Daar is slegs eending en dit is die onverklaarbare werking van geloof in n mens se hart, wat van binne kom. Wanneer geloof en die Heiligegees kragtig saam in werking kom en enige siekte in die liggaam genees. Hoeveel geloof is nodig die selfde hoeveelheid van geloof toe jy God vertrou het in jou bekeering en Jou geloof dat God jou sondes vergewe het. Jy het God onvoorwaarlik vertrou. Amen

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment