God Se Grootste Geskenk Aan Jou – Die Heiligegees

Die Godheid en die mens die tyd perk van die vaders. God se plan van redding vir die mens. Abraham die tydperk van God tot die mens.

Gen 12:1  En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.

Gen 12:2  En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees.

Gen 12:3 Gen 12:3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

Gen 12:4  Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf en sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.

Gen 12:5  En Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak en die slawe wat hulle in Haran erwerf het, en hulle het uitgetrek om na die land Kanaän te gaan en in die land Kanaän gekom.

Gen 12:7  Daarop verskyn die HERE aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar ‘n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het.

Gen 13:14  En die HERE sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste;

Gen 13:15  want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid.

Gen 13:18  Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir die HERE ‘n altaar gebou.

Gen 15:1  Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in ‘n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot.

Gen 15:2  Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?

Gen 15:4  Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.

Gen 15:5  Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.

Die ster geslag

Gen 15:6  En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.

Gen 25:5  En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het,

Gen 25:11  Ná die dood van Abraham het God sy seun Isak geseën; en Isak het gewoon by die put Lagai-Roï.

Gen 25:21  En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het.

Gen 25:26  En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.

Gen 35:9  Toe verskyn God weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom;

Gen 35:10  en God sê vir hom: Jou naam is Jakob; jy sal verder nie Jakob genoem word nie, maar Israel sal jou naam wees. En Hy het hom Israel genoem.

Gen 35:12  En die land wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag ná jou sal Ek die land gee.

Hierdie was die tydperk van God tot die mens. Vir die eerste keer het God hom nou weer aan die mens geoepenbaar. En Melgisedek het hierdie besluit van God geseen in Abraham.

Gen 14:18  En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring

Gen 14:19  en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.

Toe kom die tydperk God met die mens.

Exo 3:4  Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek.

Exo 3:5  En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond.

Exo 3:6  Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.

Exo 3:10  Gaan dan nou heen, dat Ek jou na Farao kan stuur; en lei my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uit.

Exo 3:11  Maar Moses het tot God gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei?

Exo 3:12  En Hy antwoord: Ek sal met jou wees, en dit sal vir jou ‘n teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle op hierdie // berg God dien.

Exo 3:13  Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? —wat moet ek hulle antwoord?

Exo 3:14  En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.

Exo 3:15  Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.

Exo 12:40  En die tyd wat die kinders van Israel in Egipte gewoon het, was vier honderd en dertig jaar.

Exo 12:51  En op daardie selfde dag het die HERE die kinders van Israel, volgens hulle leërafdelings, uit Egipteland uitgelei.

Exo 14:13  Maar Moses het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die HERE wat Hy vandag vir julle sal bewerk; want soos julle die Egiptenaars vandag sien,sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie.

Exo 14:14  Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees.

Exo 14:15  Toe vra die HERE vir Moses: Wat roep jy na My? Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet wegtrek.

Exo 14:16  En jy, hef jou staf op en steek jou hand uit oor die see en kloof dit,

Exo 14:26  Daarop sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor die see, dat die waters kan terugvloei oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en oor hulle ruiters.

Exo 13:21  En die HERE het voor hulle uitgetrek, bedags in ‘n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in ‘n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek.

Exo 13:22  Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor die volk gewyk nie.

Exo 33:7  En Moses het elke keer ‘n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms.

En elkeen wat die HERE wou raadpleeg,het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was.

Exo 33:8  En as Moses uitgaan na die tent, staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het.

Exo 33:9  En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses.

Exo 33:10  En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent.

Exo 33:11  Dan spreek die HERE met Moses van aangesig tot aangesig soos ‘n man met sy vriend spreek.

Die tydperk van Abraham Isak en Jakop. God kom na die mens

. Die tydperk van Moses God met die mens. Die Christen tydperk God in die mens. Die doping in die Heiliggegees is die inwoning van die derde persoonlikheid van die Godheid in die mens. Nie net het God die mens gered van sy vleeslike sondige natuur en vergewe nie, en deur die wedergeboorte hom versoen in n nuwe skepsel, geheilig en geregverdig. Geheilig in al drie demensies van die mens gees, siel, en liggaam. Die koms van die Gods bewusyn in die mens. Nou die tydperk God in die mens daar is elke keer n eskalasie van God na die mens.

1Co 3:16  Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

1Co 6:19  Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

1Co 6:20  Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

Rom 8:1  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Rom 8:8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;

Rom 8:9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. As jy in die vlees lewe in die wereld se geaartheid en natuur kan Christus nie in jou woon nie. Jy gaan dit nie maak nie en sal nooit die koninkryk van God beerwe nie.

n Eskalasie vanaf God tot die mens na God met die mens en nou God in die mens.

Nou die Godheid in ons.

Joh 16:7  Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;

Die in woning van Christus  in die liggaam deur die heiligegees. Die Heiligegees is die gees van Jesus.

Act 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom,

Joh 16:13  Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

Joh 16:14  Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.

Col 1:27  to whom God was pleased to make known what is the riches of the glory of this mystery among the Gentiles, which is Christ in you, the hope of glory:

Act 2:1 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.

Act 2:2  En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.

Act 2:3  Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.

Act 2:4  En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Die grootste geskenk wat God aan n mens kon gee het gekom, hierdie geskenk van God is ook vandag joune.

Gal 3:13  Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—

Gal 3:14  sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.

Die selfde Heiligegees wat Jesus besit het het hy nou vir ons gegee, uit wat aan my behoort.

Die gawes.

1Co 12:4  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;

1Co 12:5  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;

1Co 12:6  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.

1Co 12:7  Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.

1Co 12:8  Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;

1Co 12:9  aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;

1Co 12:10  aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.

1Co 12:11  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

Die vyfvoudige bediening ingestel deur Christus deur die Heiligegees.

1Co 12:28  En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.

Die Heiligegees is die geskenk van God aan Christus Jesus dit was Sy grootste oorwinning en het die Heiliggees vir die mens gestuur, God in die mens. Christus in die mens. En die mens in God.

Act 2:33  Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.

Act 2:2  En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.

Act 2:3  Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.

Act 2:4  En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Die werkinge van die Heiliggees.

Petrus.

Act 9:33  en hy het daar ‘n man gevind met die naam van Enéas, wat al agt jaar bedlêend en verlam was.

Act 9:34  En Petrus sê vir hom: Enéas, Jesus Christus maak jou gesond; staan op en maak jou bed op! En hy het dadelik opgestaan.

Act 9:36  En in Joppe was daar ‘n sekere dissipelin met die naam van Tabíta, wat, as dit vertaal word, beteken Dorkas. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.

Act 9:37  En in dié dae het sy siek geword en gesterwe, en hulle het haar gewas en in ‘n bovertrek neergelê.

Act 9:40  En Petrus het almal buitentoe gestuur en neergekniel en gebid. En hy het hom na die liggaam gedraai en gesê: Tabíta, staan op! En sy het haar oë oopgemaak; en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.

Act 9:41  En hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hy die heiliges en die weduwees en stel haar lewendig voor hulle.

Act 9:42  En dit het bekend geword in die hele Joppe, en baie het in die Here geglo.

Act 3:5  En hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang.

Act 3:6  Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!

Act 3:7  Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.

Act 3:8  En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys.

Die Heiligegees spreek petrus aan.

Act 11:12  En die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan sonder om te twyfel.

En saam met my het ook hierdie ses broeders gegaan, en ons het in die huis van die man ingegaan.

Act 11:15  En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin.

Act 11:16  En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.

Paulus.

Act 13:2  En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.

Act 13:3  En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.

Act 13:9  Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:

Act 13:10  Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?

Act 13:11  En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son ‘n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei.

Act 14:8  En in Listre het daar ‘n man gesit wat magteloos was aan sy voete, kreupel van sy geboorte af, en hy het nooit geloop nie.

Act 14:9  Hy het geluister terwyl Paulus spreek; en Paulus het die oë op hom gehou, en, toe hy sien dat hy geloof het om gesond te word,

Act 14:10  met ‘n groot stem gesê: Staan regop op jou voete! En hy het opgespring en begin rondloop.

Act 16:17  Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.

Act 16:18  En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan.

En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.

Act 19:6  En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

Act 19:12  sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.

Act 19:15  Maar die bose gees het geantwoord en gesê: Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?

Stefanus

Act 6:8  En Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen.

Act 6:15  En terwyl almal wat in die Raad sit, hul oë stip op hom hou, sien hulle dat sy gesig soos die gesig van ‘n engel was.

Act 7:54  En toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hul harte en het teen hom op die tande gekners.

Act 7:55  Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.

Act 7:56  En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan.

Filippus.

Pilippus vol van die Heiligegees en geloof.

Act 8:5  En Filippus het afgekom in ‘n stad van Samaría en Christus aan hulle verkondig.

Act 8:6  En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.

Act 8:7  Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met ‘n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.

Act 8:8  En daar was groot blydskap in daardie stad.

Barnabas.

Act 11:23  Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly;

Act 11:24  want hy was ‘n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en ‘n aansienlike skare is aan die Here toegebring.

Die kerk het die volheid van die heiligegees verloor erens het dit wat Christus gestuur het vir ons verlore gegaan. Ongeloof en die lewe in die vlees het bygedra tot die vermindering van die salwing. Die predekers het deur die gebrek aan geloof die gawes al minder en minder bedien. Die gebed van die geloof vir siekes is vervang met die belydenis van as God wil sal jy gesond word. Vandag is die werkinge van die Heiligegees deur die gawes in sommige kerke deur die predeker verbied, en se hulle dit was net vir die ou tradisionele kerk en nie vir ons vandag nie, hierdie stelling het geen skrif nie en maak die belofte van Christus  kragteloos volgens Markus 16: 17- 18

Mar 16:15  En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

Mar 16:16  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

Mar 16:17  En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,

Mar 16:18 ; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

Ek is met julle tot die voleiending van die wereld.

Mar 16:19  Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.

Mar 16:20  Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen.

Self ondersoek van die kerk en n nuwe oorgawe moet deur vas en gebed, en n inige begeerte om die volle lewe in die heiligegees weer deelagtig te word, en te verkry sodat die werkende krag van God aan n verlore gaande wereld deur die kerk aan die mensdom weer bedien kan word. Vir die wat geglo het sal hierdie tekens volg. Die heiligegees is die grootste geskenk van God aan die mens amen. Die mens in Christus moet dit sy eie maak, die krag van God die heiligegees in ons en deur ons, sodat die wereld Jesus Christus in ons kan sien dit is joune ontvang dit,  Amen. Eers God tot die mens dan God met die mens en Nou die grootste geskenk wat God jou kan gee God in die mens deur die Heiligegees. En dan eendag God vir altyd saam met die mens.

Rev 21:3  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.

Rev 21:4  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment