Rev 6:1 En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ‘n donderslag: Kom kyk!
Rev 6:2 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.
Die witperd ruiter wat hierdie witperd ry is nie Christus of die antichris nie, maar Jesus in n ingekaneerde geestelike kooperatiewe liggaam van gelowiges wat genoem word die Manseuns of eerste vrugte, the first fruits.
die heiliges, die wat hy geroep geregverdig en verheerlik het.
Rev 14:4 These are they that were not defiled with women; for they are virgins. These are they that follow the Lamb whithersoever he goeth. These were purchased from among men, to be the firstfruits unto God and unto the Lamb.
Hulle behoort ook nie aan n sekere kerk nie, Hulle behoort aan die hele ligaam van Christus en wandel slegs met Hom.
Net soos Jesus vir drie en n halwe jaar in die verdrukking van Israel gekom het en onder die Romeine en gepreek het, net so sal die Manseuns kom in die eerste drie en n halwe jaar van die eientyd verdrukking om ook vir die kerk te preek hulle te leer en beskerm.
Ek praat nie van n ander Jesus nie maar van die gekruisigde Jesus wat sal kom om die kerk teherstel voor die wederkoms. Hom self in die wat Hy geroep en geregverdig het met Sy naam in tekaneer teverheerlik. Sy broers werklike broers hulle word en is net soos hy onderig en wandel saam met hulle. daarom skaam hy Hom nie om hulle broers te noem nie.
Hier is die eerste seel oordeel.
1Pe 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
Mat 24:12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
Dit is alreeds sigbaar en besig om te gebeur .
Net soos wat Jesus die woord die weg en die waarheid gebring, en bevestig het met tekens en wonders, wat die Israeliese kerk en leiers tot bekeering moes bring of hulle veroordeel, net so gaan dit weer gebeur hierdie keer deur die eiendtyd manseuns aan die kerk die geestelike Israel. Simeon het geprofeteer dat die Manseun Jesus deur sommige aanvaar sal word en deur ander verwerp sal word.
Joh 9:39 En Jesus sê: Tot ‘n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word
Luk 2:34 En Símeon het hulle geseën en aan Maria, sy moeder, gesê: Kyk, hierdie Kind is bestemd tot ‘n val en ‘n opstanding van baie in Israel en tot ‘n teken wat weerspreek sal word—
Hierdie skrif het ook betrekking op die manseuns Jesus.
Die eiendtyd Manseun sal die selfde oordeel bring, en daar sal teen hulle gespreek word deur die apostate christene en sommige in die kerk, en deur sommige predekers verwerp word, waarvan ek n getuie geword het. Ek is verban en weggejaag beledig en sleg gese. Andere sal tog die kennis ondersoek en aanneem. Wat verteenwoordig die wit perd, die perd en ruiter verteenwoordig krag gesag reinheid vrede en koningskap en hulle gaan uit as oorwinnaar en om te oorwin. Wit perd is n teken van vrede liefde reinheid, hulle dra die vrugte van die gees.
Rev 6:2 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.
Hulle het n boog maar nie pyle nie. die boog verteenwoordig gesag mag en koningskap.
Rev 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.
Let op hy het n boog maar geen pyle nie, wat ook beteken uitgestuur boodskap draer. Het nie wapens nie slegs die swaard die woord wat hulle spreek. Apostel beteken boodskapper uitgestuur. Die twaalf Apostels en die sewentig was uit gestuur as n kooperatiewe liggaam, net so is die geestelike Manseuns van Juda die boog wat die woord pyle sal uitskiet met oordele wysheid en kennis.
Zec 9:13 Want Ek span Juda vir My as boog, lê Efraim as pyl daarop; en Ek vuur jou seuns, o Sion, aan teen jou seuns, o Jawan (antichis), en Ek maak jou soos die swaard van ‘n held.
Hulle gaan uit as oorwinnaar en om te oorwin. Efraim beteken die volheid van die nasies die heidene en verteenwoordig die Manseuns uit alle nasies en eiendelik ook die vrou die kerk uit alle nasies, in die eerste en laaste drie en n halwe jaar van die verdrukking.
En hulle sal oor die heiliges van God waak en hulle beskerm. Die wereld kooperatiewe liggaam van Manseuns sal deur die swaard van die woord die vlees , die dier en die satan oorwin. Hulle sal ook die lig bring wat die wereld sal oordeel in die eientyd gedurende die verdrukking.
Joh 3:19 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
Hierdie oordeel sal begin by die huis van God en dan uit na die wereld. Die wat die lig verwerp sal ontwortel word en die wat dit aanvaar sal die lig besit.
Joh 12:36 So lank as julle die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan word.
Ook hierdie oordeele oor die wereld wat die lig verwerp sal deur die Manseuns gespreek word.
Rev 11:5 En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.
Rev 11:6 Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.
Vir die Manseuns om die witperd te ry beteken volle oorwinning oor die vlees en n volle lewe in die gees wat oor gegee is aan die Heiligegees, hulle besit volle geloof sekerheid en regeer oor die vlees. Die manseuns is die eerste vrugte van die 144000 wit perd ruiters. Daarna kom Christus met Sy ruiters met die wederkoms.
Die wederkoms
Rev 19:11 Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.
Dit is die oorlog van Aramageddon gebeur op die laaste dag., met die wederkoms.
Rev 19:14 En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.
Net soos wat die laat reen uitstorting op die Manseuns hulle ligame sal gebruik as n witperd, net so sal die res van die seel oordele bring word, deur bose geeste wat ry op die vlees van die mens om die ander oordele te bring op Aarde. Die Manseuns bring en vervul hulle bediening met die oordele net soos Jesus Moses en Jeremia gedoen het.
Die Antichris.
Rev 6:3 En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk!
Rev 6:4 En ‘n ander perd, ‘n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ‘n groot swaard is aan hom gegee. Hierdie perd verteenwoordig die Antichris oorlog verwoesting
Rev 6:5 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n swart perd; en hy wat daarop sit, het ‘n skaal in sy hand.
Rev 6:6 En ek het ‘n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ‘n Rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie.
Die val van die wereld ekonomie.
Hongersnood skaarste van voedsel onbekostigbaar droogte klimaats verandering.
Rev 6:7 En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk!
Rev 6:8 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.
Die wilde diere van die Aarde, despote presidente moordenaars. verarming van nasies bring siektes voedsel tekorte wereld gesondheid stort in mekaar klimaat veranderings droogte vervolging.
die dood van die eerste vrugte die manseuns word opgeneem en wag onder die altaar vir hulle medebroers wat nog gedood sal word soos hulle.
Rev 6:9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
In die duisend jarige vrederyk.
Rev 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.
Die Manseuns leef onder die altaar na hulle getuienis afgehandel is en hulle deur die dier dood gemaak is. Die Manseuns sal gesag uitoefen en die swaard spreek pessiektes en die dood bring en die gesag oordra aan die vrou die kerk wat haar getuienis sal bring in die laaste drie en n halwe jaar van die verdruking die twee vroue kerke die twee kandelare getuies , die Geestelike Israel kerk en die huidige kerk.. Jeremia was n skadubeeld van die Manseun wat sou kom.
Sy waarskuwing was verwerp deur sy geslag die selfde sal gebeur met die wat God vandag stuur om tewaarsku
Dit wat gebeur het sal weer gebeur daar is niks nuuts nie, die kerk vandag sal nie die een wat God stuur om tewaarsku met ope arms ontvang nie, vergeet dit dit sal nie gebeur nie. Hulle sal hom net so sleg behandel en verwerp.
Die christene gaan n duur prys betaal, wanneer die tydkom en hulle uiteiendelik uitvind hulle gaan nerens heen nie en die moordenaars is op hulle.
Die manseuns veroordeel nie die kerk nie, maar wil haar beskerm.
Deur hulle verdeeltheid het die Here die kerk oorgegee om hulle eie pad teloop dit is wat hulle nou doen elkeen op sy eie met sy eie naam en leerstelling
Psa 127:3 Kyk, seuns is ‘n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is ‘n beloning.
Psa 127:4 Soos pyle in die hand van ‘n held, so is die seuns van die jeug.
Psa 127:5 Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.
Rev 6:2 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.
Rev 11:5 En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.
Rev 11:6 Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.
Ek is n witperd ruiter nie deur my self nie maar deur Christus wat my geroep het so luister na my wanneer die wereld vliegtuie beskikbaar maak vir die christene sluit alles en klimop daardie vliegtuig en vlug na die plek wat GOD VOORBEREI HET. DIT IS WAAR DIE MANSEUNS SAL WEES.
Rev 12:6 En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.
Rev 12:14 maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, ‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd.
Net in die eerste drie en n halwe jaar van die verdrukkng.
As jy nie vlug nie, is jy in gevaar om die merk ( die nuwe wereld I.D. te aanvaar wat jou sal ontneem van jou hemelse burgerskap in die boek van die lewe wanneer jy weer die Aardse burgerskap ID merk opneem het.
Die manseun die wit perd ruiter.
Soos altyd liefde in Christus,
Shorty van Vuuren M.S.