Die Verlossing en Redding van die Mens

Die hele woord gaan oor net een ding en dit is die redding van die mens. So wanneer ons praat van redding dan dink ons net aan die vergifnis van ons sonde, en die herstel van my verhouding met God. Maar die woord redding in die woord is baie dieper en groter dit verteenwoordig alles omtrent God vernaamlik sy liefde en verdraagsaamheid en alles wat God kan vervul en bereik in die lewe van die geredde mens. Soos geskryf is Hy wie Hom gevind het die lewe gevind, en van die dag af wat God jou vind as n sondaar tot die dag wat Jesus Christus daardie sondaar aan die Vader kan voorstel sonder sonde sonder ongeregtigheid heilig en volkome is dit deel van die redding van die mens, en Hy ons dan kan neem na die troon van God as mede erfgename van Sy koninkryk.

Daar is baie meer in n mens se lewe as om net n goeie Christen tewees. Die eerste ding wat God doen in jou redding is om die siel te reinig van die bewussyn van Sonde. Sonde moet oor ons nie heers nie, ons word gereinig van die bewussyn van sonde in my siel gees en liggaam. Sodat ons  daar sonder kan opgroei tot volwassenheid om die doel van God in my en jou lewe te kan verkry, en om uiteiendelik n volwasse seun van God te word in my vlees siel en gees in my natuur, deur Sy krag en werking sodat ons uiteiendelik volkome die gestalte van Jesus kan besit,Sy natuur en geaartheid sodat ons daarin kan wandel soos wat Hy gewandel het en jy jou christen roeping kanvervul.

Christenskap is verskillend.

Christenskap is verskillend van enige ander godsdiens in die wereld. Die wereld godsdienste en gelowe glo hulle het nie n liggaam of opstanding nodig nie, na die dood het hulle slegs n geestelike bestaan. Maar Christenskap het n opstanding nodig die rede is dat die koninkryk van God nie net n hemelse koninkryk is met hemelse liggaame nie, maar Sy koninkryk is ook n aardse koninkryk waaroor Jesus Christus saam met ons as Koning hier op aarde sal regeer. So ons het n liggaam wat nou hier kan bestaan en n geestelike liggaam na die opstanding ook later in die Koninkryk.

Die woord praat van  die Hemel en ook die Aarde dit is die verbintenis wanneer dit wat in die hemel nou bestaan, ook hier op Aarde sal wees, hemel en Aarde word een in die koninkryk van Jesus Christus. Wanneer Geregtigheid Harmonie en liefde geskoei op die koninkryk beginsels sal heers hier op Aarde. Die selfde drie beginsels heers nou in die hemel, en die Manseuns wat kom sal saam met hom regeer as konings in die Aardse Regering en die Koningkryk beginsels van geregtigheid harmonie en liefde toepas oor die nasies.

Rev 20:6  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

Na die duisend jaar sal ons opgeneem word na die nuwe aarde wat God nou skep. Hierdie Aarde sal verbrand en val en nie weer op staan nie.

Isa 24:20  Die aarde waggel geheel en al soos ‘n dronkaard en swaai heen en weer soos ‘n naghut; en sy oortreding is swaar op hom; en hy sal val en nie weer opstaan nie. 

Die redding.

Die redding van Jesus Christus vir die mens is nie net om hom sondeloos temaak nie, maar om ook in die siel van die mens die volle kennis van die natuur en geaartheid van God Ons vader te bring sodat ons ook eendag ons plek kan inneem in die Koninkryk van God en ons verantwoordlikhede daar kan volbring. As God se voort bestaan sonder kameraadskap, sonder die samesyn met die mens sou wees, so sy siel se verlange nooit gevul wees nie. God het die mens geskep om sy verlange na kinders te bevredig.

Net soos wat n vader en moeder ook die verlange het na kinders om hulle vas te hou en groot temaak sodat daardie kinders, ook eendag as volwassenes weer die selfde aan hulle kinders sal doen. Net so wil God in sy kinders inwoon, en sy verlange is dat ons sal opgroei na volwassenheid om as seuns en dogters van God n volwasse verhouding met Hom te mag he, waarin Hy sy doel en verborgenhede kennis en insig met jou kan deel in n volwasse verhouding.

Die doel van Jesus Christus was nie net slegs om ons van ongeregtigheid te reinig nie, maar ook om ons op tebring in die volle seun en dogterskap, sodat ons gemeenskap met God kan he op sy vlak van  Openbaring demensie en begrip.

Isa 28:9  Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is? 

Isa 28:10  Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie. 

Vir wie wil Hy die kennis gee vir hulle wat van die melk gespeen is wat die kerk leering ontgroei het , wat van die moederborste weg geneem is. Ons redding is baie meer as om net sondeloos te wees.

Belangrik luister mooi.

Ons as mens is net so belangrik vir God in sy plan vir die redding van die mens, as wat God vir jou as geredde christen is, ons is net so belangrik vir God om sy doel in die wereld te bereik en Hom deur die mens te openbaar.  As Christen het ons God nodig in ons Christenskap en Vader verhouding. Net so het God die mens nodig om Sy doel te bereik en Sy liefde te openbaar.

Sonder God kan ons nie gered word nie, sonder God kan ons nie lewe nie, sonder God sal ons nooit volwassenheid bereik nie, sonder God is ons in ons self verlore, sonder God is daar geen doel nie. Aan die anderkant weer sonder die mens as die middel sal God nooit sy doel op Aarde aan die mensdom kan bring nie, en die mens wat Hom leer ken het, moet Hom aan ander openbaar. Dit is die mens aan wie Hy die grootste geskenk die Heiligegees kan gee. Dit is ook die rede waarom God Sy eie seun moes stuur omdat daar niemand anders was nie.

Isa 6:8  Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.

Hieroor was God verwonderd dat daar niemand anders was wat tussen by wou tree vir die mens nie. Moses het altyd tussen by vir die volk opgetree, sodat in ons redding Sy eie regterarm redding gebring het en sy sterkte Hom regop gehou het. Jesus was die eerste sondeloose liggaam, Hy was die menslike liggaam deur wie God Homself aan die wereld bekend gestel het en vertoon het, en nadat Jesus opgevaar het, was Sy voorneme om weer n nuwe liggaam te skep, nie n minder waardige of swakker liggaam nie, maar n liggaam groter as die liggaam van Jesus bekleed met meer krag as die liggaam van Jesus, dit was waarom Hy die woorde gespreek het. Wat uit eiendelik vervul sal word deur die Manseuns.

Joh 14:12  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

Omdat Jesus die geheim geken het hoe om terug tekeer na die Vader, en die beloftes van Die Vader aanvaar en verstaan het wat hierdie beloftes vir Hom en Sy nuwe liggaam die kerk kan beteken Kon Hy die woorde uit spreek; ek gee aan julle al die mag en gesag oor die werke van die vyand, op siekes sal julle die hande le en hulle sal gesond word, duiwels sal julle uit dryf, en julle sal krag ontvang, gaan en verkondig die evangelie, en niemand kan julle uit My hand ruk nie.

Die Heiligegees.

Die kerk het die heiligegees gebruik as n manier om geestelike vermaak vir die siel te bring. God se doel is egter baie groter en hoe’r om deur die Heiligegees Hom temag ken en gemeenskap met hom tehou. Sy liefde te ervaar en dit aan die wereld te openbaar. Die Heiligegees se doel is om ons op tebring tot waar ek die bewussyn die gees van God Sy bestanddeel Sy persoonlikheid in my kan ontvang, ek in God en God in my as sy tempel wanneer hy inwoon in my geestelike ligaam. Eers wanneer ek my redding volkome verstaan dat Christus ons  net soos hy in n eenheid met die Vader wil bring. Soos Hy gese het Vader dat hulle een kan wees net soos wat ons een is. Eers in daardie eenheid verstaan ek werklike Christenskap.

Ek maak klaar.

So n bewussyn van Sondeloosheid is nodig in die siel sodat ons die volle kennis van die natuur en geaartheid van ons Vader mag ken. Daar moet n tyd en plek in my lewe kom wanneer ek nie meer bewus is van Sonde nie, en  uiteiendelik die geregtigheid van God se koningkryk kan verstaan. Koninkryk geregtigheid is geregtigheid in my siel gees en liggaam wat van ons heiliges maak. Dit is eers as ons hierdie Koninkryk beginsels verstaan dat ons die roeping van Christenskap werklik kan leef. Ek leef nie meer nie maar Christus leef in my.

Amen

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment