Die nuwe manna vandag wat jou vorentoe gaan vat. Ons moet die brood die manna van die lewe eet om geloof en kennis te verkry. Die woord is die brood van die Here en in dit is die wegesteekte verborge manna. Ons moet met kennis en in geneemde manna opgroei na volwassenheid.
Kennis bou geloof en verhouding.
Rev 2:17 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna.
Exo 16:4 Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat van elke dag insamel, sodat. Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie.
Joh 6:35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.
Joh 6:51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.
Mense doen wat belangrik is vir hulle, as die koninkryk van God nie eerste in jou lewe is nie sal God dit weg neem en vir iemand anders gee vir wie dit belangrik sal wees. Verborge manna kom sleg deur openbaring. Ek het opgegee om dinge self te probeer verstaan, nadat die Here Hom self aan my geopenbaar het my hele lewe verander het, en ek het werklik niks wat ek nie ontvang het nie.
Daar is ook altyd nuwe openbaringe in die verborge manna.
Vir Paulus het hy gese.
2Co 12:9 En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
Vir my het hy gese is jy bereid om die ou wyn weg tegooi en nuwe wyn in n nuwe wynsak te sit, die nuwe wyn is die verborge manna watHy my so wys en leer.
Luk 5:39 En niemand wat ou wyn gedrink het, wil dadelik nuwe hê nie; want hy sê: Die oue is beter.
God het die verborge manna weggesteek vir die vleeslike denke en gemoed sodat die Heiliggegees dit kan openbaar aan wie Hy wil.
Die eerste sleutel vir die verborge manna.
Rev 2:17 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna.
Om die verborge manna te ontvang moet jy oorwin oor die vlees en die wereld bewussyn, jy moet jou gemoed En jou siel red, en vernuwe en opgroei in God se woord die melk los en n begeerte verkry om die verborge manna die kennis te ontvang en te verstaan, en daarin op groei.
As jy werklik daarna soek sal jy dit kry.
Pro 2:4 as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,
Wat gebeur dan.
Pro 2:10 Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;
My eerste gesig, in onder rigting was die goud in die rots.
In die gesig was daar drie rotse van klein tot groot die om by die groot rots uit tekom moes rk eers op dir klein rots klim en daarvan af na die groter rots op daardie rots was daar in die middel n gat en in die gat was daar goud ek het daarvan geneem en in my sakke gegooi voor ny my hemp in hoe meer ek geskep het hoe meer goud was daar ek was later besmeer van Goud. ek het toe wakker geword die gesig het my gewys dat die kennis en woord in Christus is.
So hoe werk dit dan;
Isa 28:9 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?
Hoe werk Openbarings kennis die verborge manne?
Jy moet die melk woord ontgroei, en jou moeder die kerk ontgroei en van daardie melk gespeen word en volwasse word in die gestalte van Christus daarin opgroei tot volwassenheid en kemmis.
Wat is openbaring dan.
Isa 28:10 Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie.
Verborge manna is die rhema van die woord wat verborge is en wat dan geopenbaar word in die werklike geestelike betekenis van dit wat gese is. Byvoorbeeld, die gelykenis van die saaier wat saad saai op harde grond en op rotse wat die voels van die hemel kom op eet, en die saad gesaai tussen die rotse met min grond wat vinnig opkom maar geen wortel het nie en vinnig verdroog, en die saad wat in goeie grond geval het die het opgekom 30, 60, en 100 voudig ,
Dit wat gese was het n ander verborge geestelike betekenis en waarheid. Die mens het vinnig tot bekeering gekom maar weer vinnig terug geval. Kom ons kyk na die vleeslike begrip van die woord. Hoe ons die diepte van die woord mis.
Act 13:27 Want die inwoners van Jerusalem en hulle owerstes het Hom nie geken nie, en deur Hom te veroordeel, het hulle die woorde van die profete vervul wat elke sabbat gelees word.
Act 13:28 En al het hulle niks gevind wat die dood verdien nie, tog het hulle van Pilatus gevra dat Hy omgebring moes word.
Hulle het Hom nie geken nie, maar die woorde van die profete vervul. Hoe is dit moontlik dat die farriseers en skrifgeleerdes wat al die profesiee oor hulle Messiah sabbat dag, na sabbat dag gelees het , en dit kon kwoteer maar nooit die woord van die profete verstaan het nie, oor die (Jesus) Messiah van wie hulle praat nie.
Jesus se vir hulle.
Mat 16:3 En in die môre: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?
Kon hulle nie verstaan dat dit Hy was nie, en van Sy koms nie.
Mar 15:31 En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes gespot en vir mekaar gesê: Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie.
Mar 15:28 En die Skrif is vervul wat sê: En Hy is by die misdadigers gereken.
Voor hulle oe is die skrif vervul en hulle het dit nie gesien nie. Presies die selfde gebeur vandag weer. Nogtans verstaan hulle nie en sien ook nie. Verstaan ook nie God se Koningkryk nie. Hulle het n Messiah verwag wat die koninkryk van Israel weer so oprig en die Romeinseryk sou vernietig, dit was glad nie wat die skrifte en profete geprofeteer het nie. Selfs die dissipels was so in die letter van die woord dat hulle dit geestelik heeltemal gemis het.
Act 1:6 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?
Jesus antwoord hulle my Koninkryk is nie van hierdie wereld nie. Hulle kon nie die profesiee in die vlees en leter verstaan nie omdat dit geestelik bedoel was en na n ander gebeurtenis verwys het. Die verwerping van die messiah het hierdie vervulling oor hulle laat kom nogtans besef hulle dit nie.
Mat 13:13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.
Mat 13:14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.
Mat 13:15 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
Die meerderheid van die ou kerk het in tradisie verval en die hart het stomp geword, hulle wou niks nuut meer hoor nie en het geen begeerte meer gehad vir verandering nie. Net soos die kerk vandag nie meer belangstel inhoe’r geestelike waarhede nie. Die doping in die Heiligegees, en die spreking in vreemde tale is nie meer n prioriteit nie. As hulle die skrifte verstaan het sou hulle geweet het dat die geboorte van die Messiah 483 jaar van die dag af dat die bevel van die herstel van die tempel deur koning Daruis sou plaas vind in die stal in Bethlehem.
Mat 13:17 Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.
Terwyl die ou kerk soek vir n Messiah wat nie bestaan nie staan die een oor wie geprofeteer is in hulle midde. Vandag word die selfde ding gedoen wanneer elkeen in die liggaam van Christus sy eie Jesus en leerstellings het en mekaar vermy gelei deur predekers wat geen begeerte het om die kerk te verenig in tebring in een Here een geloof en een doop nie. Soos wat God nuwe lig en verborgenheid openbaar hoe nader ons kom aan die eientyd is die kerk nie genee om dit te ontvang nie. Presies wat die natuurlike Israel kerk ook gedoen met Jesus se predeking, doen vandag se kerk die selfde.
Die kerk verstaan vandag ook nie die belangrikheid van die koms van die Manseuns nie. Die kerk het ook geen benul van die inkom die inkanering, van Jesus in die verheerliking van die Manseuns nie. Terwyl die kerk nie die verborgenhede van God in diepte kan bespeur in die boek Openbaring nie, wat ook nie die Manseun en die twee getuie bediening verstaan nie, weier hulle om die eiendtyd Openbaring geestelik te begryp en vir werp hulle hierdie kennis aan die gemeentes, en van die profesie van Jesus Christus.
Hulle sien ook nie die seuns van die verderf in die gemeentes raak nie, en hulle maak die selfde fout in die indentifiseering van die Antichris , die merk wat kom , die beeld van die dier en die vals profeet deur dat hulle vashou aan oorlewerings en tradisies in die kerk. Hulle eet en soek nie die verborge manna nie, die ou manna is vir hulle beter en genoeg, hulle het onder n plafon van kerk kennis vas gehaak.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
Die Jode die ou kerk het hierdie indentiteite ook nie herken nie alhoewel dit voor hulle was, baie in die liggaam van Christus sal dit ook nie verstaan nie wanneer dit in hulle midde gaan gebeur nie. Deur die vleeslike verklaring waaraan hulle vas hou instede om die verborge kennis te besit. Van n Openbaring en verklaring van die geestelike betekenis van die woord Openbaring en Jesus se getuienis
Kom ons kyk na n voorbeeld van die vleeslike terwyl dit n geestelike betekenis het.
Joh 6:53 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.
Joh 6:54 Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Joh 6:55 Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.
Joh 6:56 Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.
Joh 6:60 En baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?
Joh 6:66 Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.
Hulle het van die werklike betekenis waarvan Hy praat weggegaan. Jesus het die lewe besit en dit verklaar dit is gees en is lewe.
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Die vleeslike liggaam is net n voertuig vir die onsienlike geestelike liggaam.
1Co 15:44 Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam.
Jesus se woorde dra n geestelike waarheid vir die wat geestelike oe het om te sien en verstaan. Paulus het ons geleer dat die leter van die ou testament dood maak en dat in die nuwe testament, die geestelik vir ons die lewe bring.
2Co 3:12 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.
2Co 5:6 Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon.
2Co 5:8 Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon.
Die geestelike is nou ons natuurlike lewe.
2Co 3:17 Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.
Die leter was aan die ou testament gemeente gegee wat vleeslik gebore was, maar die gees is gegee aan die nuwe testament gemeente van God wat geestelik gebore is. Om vandag vleeslik te lewe maak dood, maar die geestelike openbaring daarvan bring lewe en vryheid. Die leter (die Vlees) kan alleenlik oorwin word deur gehoorsaamheid aan die geestelike. Jesus en die Apostels se leerings het die leter geneem, en die verborge manna in die woord se werklike betekenis vir ons geestelik oorgebring.
Wat is die verborge manna dan. dit is die werklike wegesteekte waarheid van dit wat gese is wat toegepas word in die realiteit van my lewe met Christus. Deur die verklaring van die verborge manna verstaan ek die diepte van dit wat gese is vir my verhouding van lewe in Christus.
Kom ons kyk na dit wat was in die ou kerk.
1Co 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
Die offerhande van diere is vervul en afgehandel in die offerhande van Christus aan die kruis, en die besnydenis in die vlees is nou die besydenis van die hart in die gees. Ons sny die hart van die sondige ongeregtigheid uit en sit die hart van sondeloose geregtigheid in. Ek haal die ou sataniese natuur uit en sit die nuwe Jesus natuur in.
Col 2:11 in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,
Die doop is nou die bad van die weder geboorte. Die doop is nou die geestelike dood van die vleeslike mens in die opstanding van n nuwe geestelike skepsel. Ons is nou weer gebore die werklike geestelike Jode in die verborgenheid.en ons ontvang burgerskap van die hemelse Jerusalem. Die tiende is nou vervang in n nuwe wet, n vrymoedige gewer.
Luk 14:33 So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie
Daar moet niks belangriker in jou lewe wees as jou verhouding met Christus nie.
1Co 13:3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.
Die ou testament was vleeslik. Die verstaanbaarheid van die nuwe manna geopenbarde verborgenheid bring, ons na geestelikheid. Alles omtrent ons in Christus is geestelik. Om Jesus slegs uit die ou testament te ken is om Hom glad nie te ken nie. Die Jode het Hom in die vlees geken en Hom verwerp.
Baie christene leef meer in die ou testament as in die nuwe, en wil graag die Jode eerder in die vlees na volg as in die geestelike. Die kerk gee vir die Jode n plek wat hulle nie verdien nie, dit kan slegs wees deur n gebrek aan kennis. Die ongelowige Jode is nie meer die uitverkore volk van God nie.
God spreek in die nuwe testament in gelykenisse en verborgenhede om die waarheid die verborge manna vir die apostate christene en die godsdienstiges wat in die vlees leef weg te steek. Wat is die verborge manna dan, dit is die werklike weggesteekte waarheid in dit wat gese word.
Die drie w,w,w,
Mar 4:11 En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken;
Mar 4:34 en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie; maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê.
God steek die waarheid weg sodat slegs die wat daarna soek die verborge manna sal vind. Die geopenbarde verborgenheid wat aan iemand gegee is, sal by hom wat dit hoor vreugde bring en nuwe kennis.
Mat 13:44 Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.
Pro 25:2 Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur.
Daarom kan die godsdienstiges en godsgeleerders, die teoloe” soms altyd leer in die leter en vlees en nooit tot die geestelike waarheid kom nie.
2Ti 3:7 wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.
Luk 10:21 In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae. Hierdie dinge word vir die apostate gelowiges en godsdienstiges ook vir die seuns van die verderf weggesteek hulle verstaan dit nie en kan dit nie vind nie.
Die boek Openbaring met sy geestelike weggesteekte waarheid, en die eiendelike betekenis van die verborge manna in dit wat geskryf is. Daar sal altyd nuwe lig kom deur Openbaring aan die liggaam van Christus. Openbaring en Daniel is n bewys dat God die waarheid weg steek vir baie. Daarom moet ons insig verkry om die verborgenhede te kan ken.
Dan 12:4 En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.
Dan 7:7 Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was ‘n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad.
Dan 7:2 Daniël het gespreek en gesê: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring;
Dan 7:3 en vier groot diere het uit die see opgeklim, die een verskillend van die ander.
In dit wat geskryf is is die verborge manna weggesteek die werklike openbaring en waarheid van dit wat geskryf is.
Die Werklike Weeggesteekte Waarheid.
Die wat dink dat die Antichris slegs n enkel persoon is het n gebrek aan kennis en verstaan dit in tradisie en oorlewering van die letter predeking, die werklike verborge manna is vir hulle nog weggesteek.
Die getuienis van Jesus Christus vir sy kerk.
Die boek Openbaring is die getuienis van Jesus wat getuig van die eiendtyd en die dinge wat nog gaan gebeur.
Rev 1:1 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,
Rev 1:9 Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.
Rev 1:2 wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het.
God het aan Jesus Christus die Openbaring van die eientyd gegee en dit word dan sy getuienis wat hy aan ons profeteer en openbaar. Openbaring is nie n Openbaring in die leter van dit wat geskrywe is nie die woord openbaring beteken to uncover or unveil. Die gees van Openbaring is die weggesteekte verborge manna wat net die wat oorwin sal ontvang, ons ontvang die geestelike waarheid in die openbaring, die waarheid is die verborge manna.
Rev 2:17 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna,
God noem die weggesteekte in die verborgenheid van die boek Openbaring in die leter, die getuienis van Jesus, en hierdie getuienis word in die openbaring daarvan in die gees die profesie genoem.
Rev 19:10 En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het.
Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie. Met anderwoorde die weggesteekte waarheid die werklikheid is die lewende gees van die profesie vir die eiendtyd. Jesus self lewer sy getuienis oor die eiendtyd en in die verborge manna gee Hy die geestelike verklaring daarvan aan die wie Hy uit verkies en dit word uiteiendelik weer vervul in n profesie ,op sy tyd in die verdrukking wanneer dit gebeur bv. die basuinne en skale die oordele. Die werklike betekenis van dit wat geskryf is in die boek Openbaring is die verborge manna.
Die natuurlike mens sien die letter van die boek Openbaring terwyl die werklike Openbaring daarvan n geestelike betekenis het byvoorbeeld; die dier met sewe koppe en tien horings, die draak, die sewe sterre, die vrou bekleed met die son, die hoer van babilon vrou bekleed met purple ,sterre wat uit die hemel val die manseuns die 144000, die twee getuies, die heiligestad Jerusalem, die bruid, die vier perde ruiters ens. Dit is alles weggesteek en so geskryf dat slegs die geestelike openbaring daarvan die verborgenheid daarvan verklaar en openbaar. Die wat dan hierdie geopenbare getuienis van Jesus hou het die duiwel oorwin en weet die waarheid. Die verborgenheid wat hom beskerm het is weg geneem in die waarheid wat geopenbaar is in die eientyd oor sy werkinge doel en plan.
Rev 12:4 en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.
Die Manseuns kom net voor die verdrukking te voorskyn.
Rev 12:13 En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het;
Rev 12:15 En die slang het uit sy bek water soos ‘n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier.
Rev 12:16 En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het.
Rev 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.
Hulle hou die geopenbare getuienis van Jesus in die boek van die eiendtyd. Die Boek Openbaring en word deur die kennis versterk. Ongelooflik belangrik en tog ignoreer die kerk die boek en sy profesie. Die Apostels met al die dissipels het die gees van die profesie gehou, en is deur die wat die letter hou dood gemaak. Die wat nie die openbarings kennis het nie, haat en weerstaan altyd die wat in die gees en geloof daarvan wandel.
Rev 2:11 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.
Rev 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.
Die wat die gees van die profesie vas hou sal nie die dier aanbid of sy merk aanvaar nie want hulle ken die gees van die profesie en die dinge waarop dit neerkom want hulle verstaan en ken alles. Die apostate christene wat in die vlees en die letter lewe sal verlore gaan deur onkunde want dit is n sterk misleiding hulle kan die geestelike nie erken of raak sien nie en sal die wat die profesie ken en vas hou vervolg en dood maak, dit wat gewees het sal weer wees. hulle sal die dier aanbid en sy merk ontvang.
In Daniel se tyd het die hele Israel neergebuig en die dier aanbid slegs drie het die geestelike geken en geweier. In Jereboam se tyd het tien van die twaalf stamme voor die dier die goue kalf gebuig en aanbid, hierdie is slegs n skadubeeld van die eiendelike groot afval wat in die laaste dae sal gebeur.
Die afval net voor die Here kom.
Rev 12:3 En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;
Rev 12:4 en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi.
Rev 6:13 en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;
Hier is n verborgenheid die draak is satan en die sterre is Christene wat saam met Christus gesit het in hemelse plekke as sterre) wat hulle plek verloor en afval terug na die aarde neem weer die wereld se gesintheid op die vleeslike natuur en verwerp hulle wedergeboorte neem die satan se merk op hulle n derde van die kerk gaan verlore.
Rev 12:4 en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.
Rev 12:5 En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.
Die vrou is die gelowiges die kerk, hulle kom en word uit die kerk geroep (gebore).
Rev 14:1 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.
Rev 14:4 dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
Die satan wil die vrou en manseuns dood maak net soos met Jesus.
2Th 2:3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf. En ook die afval van die derde wat die merk van die dier opneem
Die derde sterre christene wat hulle plek in die hemel verloor wat die draak neerwerp
Isa 9:15 (9:14) Die oudste en aansienlike, dié is die kop, en die profeet wat leuens profeteer, dié is die stert;
Die kop van die slang is satan en die stert is die valse profeet wat leuens profeteer en die kerk mislei om die teken te aanvaar, die seum van die verderf, Die werklike weggesteekte waarheid.
In die verdrukking word ons waardig geag as ons ly.
2Th 1:5 ‘n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;
2Th 1:6 aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,
2Th 1:7 en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele
Hy praat van die kerk in die verdrukking, en die wederkoms.
2Th 1:8 in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.
Christene wat verlore gaan word uitgekap en verwerp.
2Th 1:9 Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,
Die koms van Jesus voor die wederkoms om Hom teverheerlik in die Manseuns die met wie Hy wandel.
2Th 1:10 wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.
Hierdie koms is nie die wederkoms dit is Sy koms en in karnasie wanneer Hy Hom self verheerlik binne in hulle.
Joh 16:19 En Jesus het gemerk dat hulle Hom wou vra, en Hy sê vir hulle: Ondervra julle mekaar daaroor dat Ek gesê het: ‘n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ‘n klein tydjie, en julle sal My sien?
Wanneer Hy kom en Homself inkaneer in die Manseuns die 144000 .
Rom 8:30 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.
Rom 9:24 ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?
Daar is n verskil tussen uitverkies en geroep uit die wat uitverkies is word 144000 geroep.
Wat is daar wat meer wonderliker kan wees as die woord wat God gegee het vir ons redding, en wat kan meer n werking van verkeerd wees, as die letter wat dood maak en die vleeslike wat niks kos om te verkry nie. Terwyl die geestelike ons lewe word en oorwinning in Christus gee.
Rev 6:2 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.
Hierdie witperd ruiter is nie die antichris nie , dit is die manseuns wat gebore is uit die vrou bekleed met die son , n kooperatiewe liggaam van 144000. Jesus inkaneer homself binne in hulle verheerlik Homself daarom ry hulle ook n witperd net soos Hy. Hulle is nou Jesus in n kooperatiewe liggaam wat kom voor die wederkoms.
Die manseuns moet ook oorwin en dan uit gaan as n oorwinnaar.
Net soos die kerk.
Rev 3:5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader
Die gevaar is die oortuiging van tradisie wat verkondig word en wat almal graag wil hoor, en aan vas hou die tradisie van ou wyn behou. Die Joodse godsdienstige organisasies en hulle leiers het Jesus vevolg. Hy was die lewende woord en tog het hulle na hom nie geluister nie, en in hulle oorlewering vas gehou. Niks het verander nie vandag is presies die selfde. Die waarheid is ons het almal gedink ons was reg, voordat ons ondek het ons was verkeerd.
Rev 22:10 En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.
Rev 1:3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar (dit verstaan) wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Wat die geestelike openbaring daarvan verstaan en bewaar die verborgenheid die misterie.
Rev 22:16 Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.
Rev 22:6 En hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur.
Rev 22:7 Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.
Die regte betekenis van die werklike openbaring van die weggesteekte in die woorde van dit wat gese is, wat dan verklaar en geopenbaar is moet bewaar word. Die som en openbaring van Sy woorde, is die getuienis van Jesus Christus die verborge manna. Die boek Openbaring wat Jesus van God ontvang het, vir die eiendtyd, die verborge manna, die werklike waarheid.
Die nuwe wyn.
Luk 5:37 En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke skeur, en dit sal uitloop, en die sakke sal vergaan.
Luk 5:38 Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word, en altwee word saam behou.
Luk 5:39 En niemand wat ou wyn gedrink het, wil dadelik nuwe hê nie; want hy sê: Die oue is beter.
Rev 2:17 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna
Ek probeer in nederigheid om dit wat ek van die Here ontvang het vir jou deur te gee jy sal nie weet of dit die waarheid is nie tensy jy die waarheid lief het bid en die woord bestudeer nie. Die verborge manna is die openbaring van die werklike weggesteekte waarheid in die woord van dit wat gese word.
Die getuienis van Sy koms in die eerste vrugte die manseuns met Sy naam en die Vader op hulle voorhoofde
Hulle is Sy werklike broers in bevestiging en karakter.
Rev 22:7 Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.
Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.