Die Verandering Na Christen Persoonlikheid En Die Verandering Van Die Wereld

Die verandering in die mensdom.

Luk 21:25   en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,

Luk 21:26  en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom.

Daar is n rusteloosheid, n opstand teen n verwagting wat nie realiseer nie, soos nasies nou in opstand kom in elke land. Die noodsaaklike versorging en n leefbare lewens standard ontbreek, die verwagting van nasies word onderdruk en geignoreer.

2Ti 3:1 Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.

2Ti 3:2  Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,

2Ti 3:3  sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,

2Ti 3:4  verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;

2Ti 3:5  mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

Die wereld probleme word al groter en die mensdom verander al meer.

Mat 24:7  Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.

Mat 24:6  En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. 

Mat 24:7  Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. 

Mat 24:8 Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte. 

Mat 24:9  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. 

Mat 24:10  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat. 

Mat 24:6  En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. 

Mat 24:7  Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. 

Mat 24:9  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. 

Mat 24:10  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.

Mat 24:8   Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte. 

Wat le nog voor. Klimaats verandering in die wereld is aan die kom.

Isa 24:3  Die aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, want die HERE het hierdie woord gespreek. 

Isa 24:4  Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag. 

Isa 24:5  Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek. 

Isa 24:6  Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor. 

Isa 24:7  Die mos treur, die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug. 

Isa 24:8  Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op, weg is die vreugde van die siter! 

Isa 24:9  Hulle drink geen wyn onder gesang nie; die sterk drank smaak bitter vir die wat dit drink. 

Isa 24:10  Verbreek is die verlate vesting; al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar kan inkom nie. 

Isa 24:11  Daar is ‘n gejammer oor wyn op die strate; al die vrolikheid het ondergegaan, die vreugde van die aarde is verban. 

Rev 16:5  En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het; 

Rev 16:6  want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien. 

Rev 16:7  En ek het ‘n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele. 

Rev 16:8  En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei. 

Rev 16:9  En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie. 

Rev 16:10  En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn; 

Rev 16:11  en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie. 

Isa 24:12  Wat in die stad oorgebly het, is verwoesting; en die poort is tot ‘n puinhoop stukkend geslaan. 

Isa 24:13  Want so sal dit wees op die aarde, onder die volke, soos by die afslaan van die olywe, soos by die na-oes as die druiwe-oes verby is. 

Rev 14:15  En ‘n ander engel het uit die tempel gekom en met ‘n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het. 

Rev 14:18  en ‘n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uit die altaar uitgekom en met ‘n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword. 

Kyk waar moet jy hierdie inbring.

Luk 21:9  En wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie; want dié dinge moet eers plaasvind, maar dit is nie dadelik die einde nie. 

Luk 21:10  Toe sê Hy vir hulle: Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander. 

Luk 21:11  En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom. 

Luk 21:12  Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam. 

Luk 21:13  En dit sal vir julle uitloop op ‘n getuienis. 

Luk 21:14  Neem julle dan in jul harte voor om nie vooraf oor julle verdediging te dink nie. 

Luk 21:15  Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie. 

Luk 21:16  Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak. 

Luk 21:17  En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van my Naam. 

Luk 21:18  En geen haar van julle hoof sal ooit verlore gaan nie. 

Luk 21:19  Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry.

Luk 21:25  En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, 

Luk 21:26  en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. 

Luk 21:27  En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag en heerlikheid. 

Luk 21:28  En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.

Die les van die vyeboom.

Luk 21:29  Toe vertel Hy hulle ‘n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome. 

Luk 21:30  Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is. 

Luk 21:31  So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. 

Luk 21:32  Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie. 

Luk 21:33  Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. 

Luk 21:36  Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan. 

Hierdie skrif word deur die wegrapers gebruik asof hulle die verdrukking kan ontsnap, dit dui op die wederkoms en  olie in jou lamp  om die wereld gebeure te ontsnap.

Rev 21:2  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. 

Rev 21:3  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. 

Rev 21:4  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. 

Rev 21:5  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. 

Rev 21:6  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. 

Dit is hierdie gebeure in die wereld wat ook n nuwe tydperk van verandering inlui. As Christene kan ons en moet ons besef dat daar niks is wat ons daaraan kan verander soos ons die eiendtyd bereik en ingaan nie. Baie Christene verwag nie dat die dinge en gebeure  nog  baie erger kan word nie. Dinge bly nooit die selfde nie, daar is altyd verandering ook in Christenskap, baie dien die Here om nie hel toe tegaan nie, ander om net hemel toe tegaan. Maar dit is en was nooit God se doel vir die Christen nie. God het ook geen behae daarin dat n Christen vir Hom moet sterf nie, die doel van Christenskap en waarin God behae het is vir die christen om net een ding te bereik. Nie nood wendig die oorwinning oor sonde of siekte of spreking in tale nie dit is baie dieper en groter. Paulus gee die antwoord van God se begeerte.

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;

En tog het baie hierdie oppervlakkig siening van Christenskap dat om n Christen te wees, is om rond tespring en met die hande tewaai. Dit het ook seker sy plek maar was nooit die doel van die Christen bekering nie. God het slegs een doel in die Christen lewe en dit is die volle beeld geaartheid gesintheid en die natuur van sy Seun Jesus Christus.

Mat 3:17  En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.

Die eiend doel van elke Christen behoort te wees. To obtain the mind of Christ and all the mind of Christ. Om Sy natuur geartheid en gesintheid tebeleef en leef. Dit is die enigste werklike Christenskap, enige iets anders is nog onvolwassenheid in Christus en benodig groei en insig in die wil van God.

Gal 4:1  Maar ek sê: So lank as die erfgenaam ‘n kind is, verskil hy niks van ‘n dienskneg nie, al is hy heer van alles; 

Gal 4:3  So was ons ook, toe ons kinders was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld. 

Gal 4:9  maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?

Col 2:8  Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.

Col 2:20  As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge 

Col 2:21  soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? — 

Baie christene plaas hulle verhouding in Christus onder sekere reels en sieninge en insettinge.

Col 2:22 almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense, 

Col 2:23  wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees

Ondsnap dan van die dinge.van n kind.

Gal 4:19  my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle ‘n gestalte verkry

Die geregtigheid  in die geaartheid van die christen lewe was deur Jesus bevestig. Jesus het dit met sy doop bevestig deur hierdie woorde te uiter, laat dit dan nou toe om alle geregtigheid te vervul. Jesus het sy liggaam,  Sy siel en gees volkome aan God oorgegee om sy geregtigheid en wil deur Hom te temonstreer. Om God se geregtigheid te manifisteer moet die  eiendlike doel in die lewe van n Christen wees. En om ten alle tye die geregtigheid van God aan die wereld te wys, deur jou Christus natuur geaartheid en gesintheid, in die Koninkryk beginsels. Jou optrede weerspieel die geregtigheid van God. Daar behoort nie vir jou enige ander rede of optrede te wees nie.

Gal 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Die geregtigheid van God demonstreer Sy liefde. Om die geregtigheid van God te  demonstreer Sy geaartheid en natuur is die werklike rede van die Christen lewe in die wereld. God het n besonderse doel vir die Christen, dit strek verder as enige iets anders. Baie kerke en Godsdienstige organisasies het hulle eie idee van wat n Christen moet wees. Jesus het nooit rond gespring en snaakse goed gedoen nie Hy was te volwasse vir dit , Hy het dit ontgroei  so het ons ook ons eie idee van hoe n boodskap of predeking moet wees. Sy boodskap was die ontblooting van die menslike siel, die openbaar making en ontblooting van die natuur van God, sodat die mens Hom kan ondek en onderskei en wanneer die mens Hom werklik ondek het, kan Jy nie anders as om Hom lief tekry nie.

Jesus se boodskap was opbouend, nie afbreekend nie, dit was positiewe geregtigheid, en nie negetiewe gehoorsaamheid nie. Jesus het  verder gegaan en n nuwe naam aan God gegee, die profete het hom geken as die almagtige die skepper van Hemel en Aarde. Maar Jesus het Hom geken en Hom geopenbaar en na ons toe gebring as ons Vader. Jesus het die geheim geken van die vader se beloftes en wat hierdie beloftes vir Hom kan beteken en het elkeen gevat en deur gewerk en beproef dit gevat en Sy eie gemaak.

Hierdie selfde beloftes word ook die eie van die Christen lewe wat die begeerte van die Vader volbring en opgroei na volwasenheid. En deur wedergeboorte het Hy ons in gebring in n nuwe lewe, geaartheid karakter en gesintheid deur n groei proses na n  dieper verhouding n bewus wording en dieper kennis van die Vader.

Jesus se verhouding met Petrus.

Luk 22:32  Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.

Daar was nog nie n persoons verandering by Petrus nie. Daar is egter niks wat n persoons verandering by die mens kan teweeg bring nie , geen mediese of enige soort behandeling kan n volmaakte verandering in die persoonlikheid van die mens voortbring nie dit is slegs die Heiligegees wat die mens kan verander na en in n nuwe persoonlikheid van geregtigheid. Soos wat ons opgroei in hierdie persoonlikheid, en verandering groei ons in die persoonlikheid van Christus in. Om  uiteindelik net  soos Christus die geregtigheid van God te bewys. Dit is die geregtigheid wat jou Christenskap openbaar vir die wereld en jou mede broers. Sommige het geen begeerte om werklike christenskap te beleef nie, sy eie standard van christenskap en lewe is vir hom genoeg,

1Co 13:11  Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is, het ek die dinge van ‘n kind afgelê. 

Tog bly baie Christene hunker na iets wat een maal deel van sy Christenskap was, ons is baie keer vas gevang in die gebeure van die verlede en wil dit altyd weer terug he en verlang daarna. Sommige verlang so na die verlede en wat gebeur het in sy Christenskap, dat God hom nie na die nuwe wyn kan vat nie. Daar is altyd die koms van n nuwe dispensasie in die Christen lewe en ook in die kerk en die kennis vermeerder. Wanneer n  nuwe seisoen kom is dit wanneer die wolk skuif en as jy nie saam skuif nie bly jy vas gevang in die verlede, en in jou huidige Christenskap en wat was, en uiteiendelik is jy alleen, wanneer die wolk al aan gegaan het. As Christen moet jy opmerksaam wees in die verwagting en wil van God. Daar kom n tydperk van verandering waarin God jou na n nuwe demensie in jou Christen lewe wil neem, maar baie wil nie, wil ook nie nuwe wyn in n nuwe wyn sak ontvang nie, en stagneer sonder enige groei, in dit wat God vir jou in jou Christenskap wil gee om te bereik.

God het ook dispensasies wat kom en gaan, die tyd van Abraham, die tyd van Moses en die nuwe dispensasie van Jesus Christus. Niks bly die selfde nie. Dit maak soms enige nuwe leering moeilik vir die christen om te aanvaar, en baie Christene wil nie beweeg as die wolk weg beweeg na n nuwe verniewing in die wil van God vir jou nie. Twyfel en ongeloof kan jou terug hou van n nuwe groei en ondekking in kennis in jou verhouding. Dit sal jou eiendelik bring by jou eie geregtigheid en christenskap, en jy klou daaraan vas. wat jy aanvaar as genoeg. In stede van om  op te groei in die geregtigheid, van God in jou siel, geregtigheid in die gees en geregtigheid in die  liggaam te verkry,  en daarom  te streef na volmaaktheid in al drie demensies van jou bestaan.

Mar 4:8  En ‘n ander deel het in die goeie grond geval, en dit het vrug opgelewer; want dit het opgekom, en gegroei, en dit het gedra: een dertig— en een sestig— en een honderdvoudig. 

As jy minder as 30 groei in jou christen verhouding het gaan jy dit nie maak nie.

Luk 8:15  En wat in die goeie grond val—dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ‘n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.

Joh 15:2  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

Die Heiligegees as helper. Die Christendom het die Heiligegees gebruik vir entertainment sonder om Sy siel te ontdek Sy persona van Heiligheid sy sagtheid Sy wonderbaarlike natuur Sy egtheid. Die Heiligegees is gebore uit die Hart van God die Vader bedien deur die siel van Jesus Christus die Hoe Priester Van God tot binne in ons harte binne in ons siel gees en liggaam. Om ons n persoons verandering te laat ondergaan in n nuwe skepsel. Die Christen se persoons verandering  na die geaartheid van Christus na Sy volle beeld Sy liefde Sy krag is ook ons oorwinning in en oor die wereld. Dit is slegs die heiligegees wat n persoons verandering by die mens kan bewerk stellig niks anders kan dit vermag nie. Jesus het die geheim geken om na die Vader terug tekeer, het die geheim geken van die Vader se beloftes, en het geweet wat die Vader se beloftes vir Hom kan beteken en vir die wereld. Hy het die geheim van geregtigheid na die Christen siel, gees en liggaam gebring n totalle persoons verandering.

Volwassenheid vir die werklike Christenskap.

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; 

Eph 4:14  sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; 

Eph 4:15  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, 

Amen

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.

In hierdie geregtigheid van God  wat Jesus verkry het Hy die dood oorwin.xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Jesus se oorwinning oor die dood en sy Kruisiging was die oorwinning van Sy siels bewussyn dat Hy die dood kan oorwin en gevange neem, en deur hierdie selfde bewussyn het Hy ook  afgedaal in die doderyk.

Rev 1:18 en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood. 

Petrus gee vir ons insig in wat daar gebeur het in die doderyk.

1Pe 3:19  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis,

1Pe 3:20  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;

Waar van die water doop ons nou ook red. Hoe kan losbandigheid jou lewe eis.

Pro 7:21  Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok. 

Pro 7:22  Hy loop skielik agter haar aan soos ‘n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot, 

Pro 7:23  totdat die pyl sy lewer splits; soos ‘n voël haastig na die vangnet vlieg—sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is. 

Pro 7:24  Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond. 

Pro 7:25  Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie. 

Pro 7:26  Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is. 

Pro 7:27  Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood. 

Pro 9:17  Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker. 

Pro 9:18  Maar hy weet nie dat dáár skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.

Die Here preek in die doderyk. Daarna het Hy gepreek vir die wat gesterf het voor die vloed, en die na die vloed deur Hom self sodat hulle almal ook geoordeel kan word na die mens in die vlees wat elkeen gedoen het en wat hulle was. Hy het sy woord van redding en krag nadie dode gebring, sodat hulle geen verskoning het nie. Maar die dode daarna die wat gelewe het die profete gehad om na te luister. En hy het gevangenis gevange geneem uit die doderyk en saam met Hom geneem almal wat Hom geglo het,en het as oorwinnaar terug gekeer net soos Hy was voordat Hy gesterf het. Dit is hierdie wonder wat die geloof van die Christen verseker en vas vang in Christus Jesus. Hy het uit die dood en graf opgestaan, in die bewussyn van God en Sy krag, met die wete dat hy ook nou instaat is om God se krag te kan besit en dit te kan gebruik, dit wat niemand nog ooit kon besit of gebruik nie. Hy het na sy terugkeer uit die dode die volgende gese.

Rev 1:18 en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

Mat 28:18  En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Jesus se oorwinning, Sy geloof is nou die werklikheid, en Sy bediening was nou in die bewyssyn van God.

Jesus se oorwinning oor die dood het die wonder van God in sy siel bevestig geen ander persoon of lewe het dit ooit besit nie. Sy oorwinning oor die dood en die doderyk is die fondasie van ons vertroue in Jesus. Geen ander geloof op aarde kan dit op eis nie. Dit is wat Hy so graag vir die Christen wil gee, laat ek dit in jou lewe in blaas, ontvang die Heiligegees, leef dit in jou hart en in jou siel in jou natuur, groei daarin op totdat jou siels bewussyn gevul is Sy bewussyn wat Hy besit het. Sy oorwinning oor die dood het dit vir ons verkry. Hy het die Apostels saam met Hom geneem en alleen hulle geleer van die al om teenwoordige bewussyn en krag van God, en die krag oor die dood en dat die opgestane oorwinning van die Christus vir elke wedergebore siel is. Soos die skrif se U het gevangenis gevange geneem en vir die mense gawes gegee.

Petrus verduidelik die volgende.

Act 2:14  Maar Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde.

Act 2:15  Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre.

Act 2:16  Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:

Act 2:17  En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.

Act 2:18  En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.

Hy verduidelik aan hulle toe Jesus Christus by die troon kom by die Vader was daar n gesprek, en Jesus het die gawe van die Heiligegees van God ontvang wat Hy nou uitgestort het wat julle nou sien en hoor gekoppie. Die Christendom het die Heiligegees gebruik vir entertainment sonder om Sy siel te ontdek Sy persona van Heiligheid sy sagtheid Sy wonderbaarlike natuur Sy egtheid. Die Heiligegees is gebore uit die Hart van God die Vader bedien deur die siel van Jesus Christus die Hoe Priester Van God tot binne in ons harte binne in ons siel gees en liggaam. Om ons n persoons verandering te laat ondergaan in n nuwe skepsel. Die Christen se persoons verandering  na die geaartheid van Christus na Sy volle beeld Sy liefde Sy krag is ook ons oorwinning in en oor die wereld. Dit is slegs die heiligegees wat n persoons verandering by die mens kan bewerk stellig niks anders kan dit vermag nie. Jesus het die geheim geken om na die Vader terug tekeer, het die geheim geken van die Vader se beloftes, en het geweet wat die Vader se beloftes vir Hom kan beteken en vir die wereld. Hy het die geheim van geregtigheid na die Christen siel, gees en liggaam gebring n totalle persoons verandering.

Volwassenheid die werklike Christenskap.

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; 

Eph 4:14  sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; 

Eph 4:15  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,

Die verandering na christen persoonlikheid. 

Amen

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment