Die Heilige Gees se werking in die liggaam van Christus.
Joh 14:17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Joh 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Joh 15:26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.
Joh 16:13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.
Die persoonlikeid van die trooster die Heilige Gees. Hy bly by ons en is in ons in n werklike persoonlike belewenis as persoon. Hy is die mees liefdevolle sagste dierbaarste Heiligste wese in n persoonlikheid, daar is n onbeskryflike teenwoordigheid en heerlikheid in Hom en Hy woon in jou, as jy nog nooit Sy teenwoordigheid in jou gewaar het nie het jy nog nooit jou aandag aan Hom gegee nie en plaas jy jou gedagtes selde op Hom. Wat veroorsaak dat jy selde van Hom bewus word. Hy vertroos ons, leer ons en herinner ons aan alles wat die Here gese het. Hy is die Waarheid en sal net van die Waarheid getuig, en ons in die hele Waarheid lei. Alles wat Hy hoor sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan ons verkondig. Die Heilige Gees is begerig om die toekomstige eiendtyd dinge aan ons te verkondig. Ongelukkig stel baie min werklik belang in die kerk se toekoms. Die dag toe die trooster gekom het die Heiligegees.Was dit die belofte wat God die Vader gestuur het.
Act 2:1 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.
Act 2:2 En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.
Act 2:3 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.
Act 2:4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Act 2:18 En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.
Act 2:17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.
Die werking en die ontvangs van gesigte en drome in die laaste dae wat deur die uit storting van die Heilige Gees sal kom. Die vraag is sal die kerk dit toe laat, nou alreeds laat die kerk nie die spreking in tale toe nie Profetering of die werking van enige gawes in sommige gemeente ook nie toe nie. Die waarheid is dat dit nie net Jesus is wat by die deur staan en klop nie die Heiliggees staan daar saam met Hom en Klop. Die Heiligegees wat die kerk moet lei word in die gawes nie meer toe gelaat om in n gemeente sy werk te doen nie. Dit is tog deur die gawes wat ons van sy teenwoordigheid bewus word. Sonder die werking van die Heiligegees stagneer n gemeente en gaan Sy agter uit en ten gronde. Geen gemeente kan sonder die Heiliggegees staande bly nie, en uit eiendelik word daardie gemeente met onkruid gevul sonder enige vrugte en verval daardie gemeente in n organisasie. Die natuurlike mens neem die dinge van die Heilige Gees nie aan nie.
1Co 2:13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
1Co 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
1Co 2:15 Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.
1Co 2:12 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.
Ons het eers die wereld se gees besit maar dit prys gegee, om die gees wat uit God is te ontvang. Dit is slegs deur die Heiliggees dat ons volwassenheid in Christus kan bereik.
1Co 2:16 Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus. The mind of Christ
Ons word deur die Heiligegees opgebou en gelei om dit te kan bereik. Kom ons kyk na die verskillende karakter trekke van die Heiligegees en gawes. Soos n wind, soos tonge van vuur, in n gedaante van Duif, is al om teenwoordig, is n persoon, kan Hom Self op deel.Kan bedroef word.
Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
Hoeveel van hierdie vrug van die Heiliggees is in jou lewe. Die genade gawes in die gemeente.
Co 12:4 Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;
1Co 12:5 en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;
1Co 12:6 en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.
1Co 12:7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
1Co 12:8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;
1Co 12:9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;
1Co 12:10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.
Vir die opbouing van die gemeente het God gegee.
Eph 4:11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,
Eph 4:12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,
1Co 12:27 Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.
1Co 12:28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna helpers, regeringe, allerhande tale.
1Co 12:29 Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?
1CO 12:30 Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?
Eph 4:16 uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.
1Co 12:11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
Die spreek in tale is n bevestiging van die werking van die heiligegees in die gemeente, en ook dat die persoon die Heiliggees ontvang het. Hoe werk die Heilliggees in die gemeente, glad nie wanordelik nie maar in orde. Die liefde is n teken van die Heilliggees in n persoon.
1CO 13:1 Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword.
1Co 14:1 Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer.
1Co 14:2 Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.
1Co 14:3 Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging.
1Co 14:4 Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente.
1Co 14:5 Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.
1Co 14:6 Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle spreek òf deur ‘n openbaring, òf deur kennis, òf deur profesie, òf deur lering nie?
1Co 14:7 Net soos met lewelose dinge wat ‘n klank gee, ‘n fluit of ‘n siter, as hulle nie ‘n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal ‘n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word?
1Co 14:8 Want as die basuin ook ‘n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog?
1Co 14:9 Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal ‘n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat.
1Co 14:10 Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is sonder klank nie.
1Co 14:11 As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker ‘n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my ‘n vreemdeling wees.
1Co 14:12 So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente.
1Co 14:13 Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.
1Co 14:14 Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar.
1Co 14:15 Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.
1Co 14:16 Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie?
1Co 14:17 Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie.
1Co 14:18 Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal;
1Co 14:19 maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in ‘n taal.
1Co 14:20 Broeders, moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand.
1Co 14:21 In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê die Here.
1Co 14:22 Die tale is dus ‘n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.
1Co 14:23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie?
1Co 14:24 Maar as almal profeteer en daar ‘n ongelowige of ‘n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel;
1Co 14:25 en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is.
1Co 14:26 Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting geskied.
1Co 14:27 En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê.
1Co 14:28 Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek.
1Co 14:29 Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel.
1Co 14:30 Maar as daar iets geopenbaar is aan ‘n ander wat daar sit, laat die eerste swyg.
1Co 14:31 Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word.
1Co 14:32 En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe;
1Co 14:33 want God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.
1Co 14:38 Maar as iemand onkundig is, laat hom onkundig bly.
1Co 14:39 Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie.
1Co 14:40 Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan.
Die vrug van die Heilige Gees Sy geaartheid, gesintheid en natuur, sy persoonlikheid in volheid kan ook in Christus se natuur en geaartheid gesien word. Dit is ook veronderstel om in my te wees as Kind van God.
Eph 1:13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,
Eph 1:14 wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.
Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
Eph 5:9 Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.
Rom 14:17 Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.
Dit is belangrik om die heilliggees te ontvang in jou lewe. Wanneer en hoe ontvang jy die Heilige Gees die belofte aan ons.
Act 2:39 Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.
Act 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Act 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
Act 5:32 En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.
Ons ontvang krag deur die Heilige Gees, om te kan getuig, en ons bediening te voltooi wanneer ons gehoorsaam is aan God.
Act 19:1 En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind
Act 19:2 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie.
Act 19:3 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes.
Act 19:4 Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.
Act 19:5 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
Act 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
Act 19:7 En altesaam was hulle omtrent twaalf manne.
Act 8:4 En die wat verstrooi was, het die land deurgegaan en die woord van die evangelie verkondig.
Act 8:5 En Filippus het afgekom in ‘n stad van Samaría en Christus aan hulle verkondig.
Act 8:6 En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.
Act 8:7 Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met ‘n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.
Act 8:8 En daar was groot blydskap in daardie stad.
Act 8:12 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.
Dit is nie n uit gemaakte saak dat jy die Heilige Gees ontvang het toe jy gelowig geword het nie daar moet eers n toeweiding wees n heilig making proses n voorbereiding. Staan dan op en wees gehoorsaam , laat jou doop deur onderdompeling dan gebed en hande oplegging en jy sal die Heilige Gees ontvang.
Act 8:14 En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.
Act 8:15 Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,
Act 8:16 want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
Act 8:17 Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
Act 10:44 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.
Act 10:45 En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.
Act 10:46 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek:
Act 10:47 Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?
Act 10:48 En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here. Toe het hulle hom gevra om nog ‘n paar dae te bly.
Act 22:16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.
Die spreek in tale is die bevestiging dat jy die heiligegees ontvang het. Almal het hulle laat doop en die Heilige Gees ontvang wat die belofte aan ons is. Ons ontvang krag deur die Heilige Gees om die Evangelie te verkondig en word afgesonder vir n bediening soos die Gees wil. Paulus en Barnabas word afgesonder vir die bediening deur die Heiligegees.
Act 22:14 En hy het gesê: Die God van ons vaders het jou voorbeskik om sy wil te ken en die Regverdige te sien en die stem uit sy mond te hoor;
Act 22:15 want jy sal vir Hom by al die mense ‘n getuie wees van wat jy gesien en gehoor het.
Act 22:16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.
Act 13:2 En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het. Christus praat met Paulus.
Act 22:17 En toe ek in Jerusalem teruggekom het en besig was om in die tempel te bid, het ek in ‘n verrukking van sinne gekom
Act 22:18 en Hom gesien, en Hy het vir my gesê: Maak gou en gaan haastig uit Jerusalem uit, want hulle sal jou getuienis aangaande My nie nie aan neem nie.
Stefanus vol geloof getuig deur die krag van die Heilige Gees aan die Jode.
Act 6:5 En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus, ‘n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Próchorus en Nikánor en Timon en Pármenas en Nikoláüs, ‘n Jodegenoot uit Antiochíë,
Act 6:6 wat hulle voor die apostels gestel het; en hulle het gebid en hulle die hande opgelê.
Stefanus getuig deur die krag van die Heilige Gees.
Act 7:53 julle wat die wet deur die beskikkinge van engele ontvang het en tog nie onderhou het nie!
Act 7:54En toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hul harte en het teen hom op die tande gekners.
Act 7:55 Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.
Act 7:56 En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan.
Act 7:57 Maar hulle het met ‘n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm.
Act 7:58 En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; en die getuies het hulle klere neergelê by die voete van ‘n jongman met die naam van Saulus.
Act 7:59 En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees!
Act 7:60 En hy het op sy knieë neergeval en met ‘n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.
Stefanus was nie net vol van die Heilige Gees nie, maar het ook in die gees gewandel. Sy oe is geopen en hy kon in die geestelike realm in sien. Stefanus het honderd voudig vrug gedra en die geaartheid van Christus geopenbaar deur te vra dat hierdie sonde hulle nie toe gereken moet word nie. Hy het sy lewe aan Christus op geoffer. Filippus vol van geloof en die Heilige Gees het sy gawe ontvang deur die Heilige Gees vir sy bediening.
Act 8:29 Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa.
Act 8:30 En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees?
Act 8:35 En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig.
Act 8:36 En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?
Act 8:39 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.
Act 8:40 Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in Cesaréa gekom het.
Die Heilige Gees spreek met Filippus en beveel, hy gehoorsaam dadelik en deur die Heilige gees begin hy die evangelie verkondig en uitle en voltooi die doop om die hofdienaar die Heilige Gees telaat ontvang. Die Heilige Gees neem Philippus op en Hy word in Asdod gevind.
Act 8:12 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hullegedoop, manne sowel as vroue.
Act 8:13 En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur.
Act 8:5 En Filippus het afgekom in ‘n stad van Samaría en Christus aan hulle verkondig.
Act 8:6 En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.
Act 8:7 Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met ‘n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.
Act 8:8 En daar was groot blydskap in daardie stad.
Philippus vol van geloof en die Heilige Gees het honderd voudig vrug gedra en alles gedoen wat die Heilige Gees hom beveel het. Hy het die gawe van werkinge van kragte en gesondmaking ontvang en sy bediening die verkondiging van die evangelie uit geleef. Die Apostel Petrus en die verskillende karakter werkinge van die Heilige Gees.
Act 11:11 En dadelik staan daar drie manne voor die huis waar ek in was, wat van Cesaréa na my gestuur was.
Act 11:12 En die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan sonder om te twyfel. En saam met my het ook hierdie ses broeders gegaan, en ons het in die huis van die man ingegaan.
Die Heilige Gees Beveel en bevestig.
Act 9:31 En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.
Vertroos en vermeerder die gemeente.
Act 10:44 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.
Bevestig Hom self.
Act 11:28 En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar ‘n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius.
Die gawe van kennis.
Act 16:6 En hulle het deur die land Frígië en Galásië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om in Asië die woord te verkondig.
Verhinder jou soms.
Act 13:52 En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.
Vul jou met blydskap. Ek herhaal net weer die verskillende gawes van die Heilige Gees.
Act 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
1Co 12:7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
1Co 12:8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;
1Co 12:9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;
1Co 12:10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.
1Co 12:11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
Heb 2:4 terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?
Ek herhaal net weer die uiterlike teken van die Heilige Gees die spreek in tale en profeteer.
1Co 14:2 Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.
1Co 14:3 Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging.
1Co 14:4 Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente.
1Co 14:5 Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.
1Co 14:14 1Co 14:14 Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar.
1Co 14:15 Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.
Wanneer ek in n taal bid kan ek intree vir iemand maar meesal in n taal bid ek vir my self. Die werking van die Heiligegees is wat ons bewus maak van Sy teenwoordigheid. Die Heilige Gees is n indiwidu n persoonlikheid wat in jou woon die trooster die Gees van waarheid wat jou leer en lei, en jou sy gawes skenk.
1Co 14:39 Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie.
Wees versigtig om nie emosie met die Heilige Gees te verwaar nie sommige kry n koue rilling nerens in n skrif word die Heilige Gees so beskryf nie, die salwing van die Heilige Gees word binne in jou ervaar soos blydskap vrede vertroosting jy raak bewus van sy teenwoordigheid in jou . Hy spreek jou aan in jou gees en nie in jou emosie wereld nie, dit is baie moeilik om emosie te beheer. Jy kan nie sonder die Heilige Gees die Here dien nie, Hy is die belofte aan jou ontvang Hom dan. As jy Hom ervaar binne in jou Sy reuk is onbeskryflik Sy parfume reuk kan waar geneem word. Dit is die Heilige Gees wat verborgenhede aan jou openbaar en jou leer en lei in alle waarheid. Wat jou dring en bemoedig wat jou kan bedroef, vertroos of opgewonde kan maak, wat in jou siel spreek. Hy is een bondel liefde vertrou Hom.
Die reuk van Die heilige Gees.
Jy mag dit nie maak nie.
Exo 30:34 Verder het die HERE vir Moses gesê: Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en gálbanum—speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede,
Exo 30:35 en maak daar reukwerk van, ‘n mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig.
Exo 30:36 En vrywe ‘n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit ‘n deel daarvan neer voor die Getuienis in die tent van samekoms, waar Ek met jou sal saamkom; hoogheilig moet dit vir julle wees.
Exo 30:37 En die reukwerk wat jy moet maak—na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs aan die HERE moet dit vir jou wees.
Jy mag dit nie maak nie.Dit is heilig aan die Here.
Soos altyd liefde in Christus,
Shorty van Vuuren. M.S.