Die Roeping van die Gelowige Christen

Joh 10:14  Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.

Joh 10:27  My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My

Mat 5:2  en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê:

Mat 5:3  Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Mat 5:4  Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.

Mat 5:5  Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.

Mat 5:6  Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Mat 5:7  Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

Mat 5:8  Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

Mat 5:9  Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Mat 5:10  Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Mat 5:11  Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.

Mat 5:3  Blessed are the poor in spirit: for theirs is the kingdom of heaven.

Mat 5:4  Blessed are they that mourn: for they shall be comforted.

Mat 5:5  Blessed are the meek: for they shall inherit the earth.

Mat 5:6  Blessed are they that hunger and thirst after righteousness: for they shall be filled.

Mat 5:7  Blessed are the merciful: for they shall obtain mercy.

Mat 5:8  Blessed are the pure in heart: for they shall see God. .

Mat 5:9  Blessed are the peacemakers: for they shall be called sons of God.

Mat 5:10  Blessed are they that have been persecuted for righteousness’ sake: for theirs is the kingdom of heaven.

Mat 5:11  Blessed are ye when men shall reproach you, and persecute you, and say all manner of evil against you falsely, for my sake.

Mat 5:12  Rejoice, and be exceeding glad: for great is your reward in heaven: for so persecuted they the prophets that were before you.

Mat 5:6  Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Dit is die wet van geregtigheid jy word vervul in siel gees en liggaam, geregtigheid is God geregtigtigheid in die Christen siel, in die Christen se gees, en in die Christen liggaam. Die wat honger na geregtigheid sal vervul word. God gee aan die gelowige die krag van die heilige Gees wat hierdie verandering in die natuur van die mens bewerk tot die wedergeboorte van n nuwe skepsel in Christus Jesus.

Hier is die getuienis van n Christen broeder wat vir jare gebid het en nooit iets ontvang het nie. Toe het hy besluit om hom self te gaan afsonder en gebid en gese; “My God as U dit vir ander kan doen hoekom nie vir my ook nie”;  toe het hy verder gebid En gese “My  God, as ander die Heiligegees kan ontvang, dan kan ek ook, as ander se harte gereinig kon word deur U krag, reinig myne ook, as ander gesond geword het, hy was siek en het nog net n jaar gehad volgens die dokters om te leef, dan kan U my ook gesond maak deur U krag”. En God het sy gebed verhoor en het in daardie dag oor hierdie man gekom my broers en God het hierdie man se gebed verhoor en die Heiligegees het oor hom gekom en hierdie man se hele mens wees is verander. Hy sou nooit weer die selfde wees nie, God het in hom kom woon. Vir agtien dae was hy so oorskadu deur die Heiligegees dat hy van die een staatsman na n ander, na regters na prokureurs na dokters na armes en rykes gegaan het en wanneer hy by hulle kom het God so n boodskap uit sy siel vir hulle gebring, dat baie het neer geval en na God geroep Hom aangeneem en begin huil. Hierdie man  was n familie lid van my, ook van Vuuren, hy het so baie gedrink dat die dokters hom nog net n jaar gegee het om te leef. n Nuwe diepte het in sy geaartheid gekom en uit sy innerlike het die water van die lewe gevloei en sy vrou het na agtien jaar se gebed vir bekeering haar hart ook aan God gegee en binne drie maande is sy en al die kinders gedoop in die Heiligegees. My oupa grootjie het n dinamiese bediening van God ontvang.

Blessed are they that hunger and thirst after righteousness, for they shall be filled.

Daar kom in die gelowige n geestelike behoefde aan God  n soeke na n eenheid met Hom  in die natuur van die mens wat so sterk na Hom soek na Hom roep na Sy geaartheid, Sy liefde en kennis na Sy krag Sy teenwoordigheid totdat enige iets anders nie meer vir jou  saak maak nie. Eers wanneer al jou energie en jou aandag daarmee in beslag geneem word is die vervulling van jou Christenskap op hande, dit is daardie begeerte, en soeke na God wat die antwoord bring, daardie alles oorheersende vervullende lewe in die gelowige.

Daar is n absolute vervulling wanneer die begeerte van die siel aan God bekend gemaak word sonder ophou tot dat dit vevul word. Die gees van God werk deur jou hart en wanneer dit gevestig word op die begeerte van die hart sonder ophou deur hierdie aanhoudende begeerte van die siel om dit te besit.

Die gevolg van die volgehoue begeerte op die gees van God sal al die elemente verskaf om die begeertes van die hart te vervul en uit eiendelik dit op n dag te verwensenlik. Baie begeer gesondheid of net vleeslike benodighede, maar Jesus het sy siel op die regte geestes demensie begin Sy begeerte vir geregtigheid, geregtigheid in die siel gees en liggaam en om deelgenoot te word van die Koningkryk van God en dit te verkry.

Mat 6:33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Jesus het n nuwe skepsel voort gebring, een wat vir altyd sal bestaan, een wat alles kan verdra, een met n siel kwaliteit wat nooit sal opgee nie, met n geloof wat alles sal weerstaan, so n skepsel kan slegs in die gees van die innerlike geestelike persoon gevestig word. En as die siel eers in geregtigheid gebring is, en die natuur van die mens in gestel is op geregtigheid in die wette van Jesus Christus, dan bring dit harmonie met God. As jy jou eie gees ondersoek sal jy die geaartheid van God ken, die gees van God is opsoek na geregtigheid na die waarheid, na liefde na geloof, na n volle oorgawe, na besit neem, na heiligheid.

It is when it becomes the paramount issue of the soul that the answer comes Jesus new that  it is the reason he said.

Mat 5:6  Blessed are they that hunger and thirst after righteousness: for they shall be filled.

Wat die gelowige nodig het is die honger na God, hongerte kan jou dryf, hongerte is die moeilikste ding om uit jou gedagtes tekry, die enigste ding wat die siel van die mens kan vervul is die gees van lewe wat in hom die oorvloedige liefde van God vestig.

Ek maak klaar.

Ons lewe sodat ons siel gered kan word en groei. Die ontwikkeling van die siel is die doel van ons bestaan, die pad na werklike christenskap. God se begeerte is dat ons sal opgroei in Sy geaartheid Sy natuur tot die volle beeld van Christus waar ons as Seuns van God Sy liefde kan ervaar en Sy inwonende krag en  teenwoordigheid. God wil in ons wees, en ons in Hom. Sy geaartheid hervestig in die mens die vervulling van Sy begeerte. Waneer die soekende christen sy siel rig na God, bring hierdie soekende begeerte n aksie van die gees van God en dit kom in n eenheid met die gees van die mens. Waar ons as Seuns van God, weer kan terug gee ons liefde ons lewe, alles onvoorwaardelik tot die doel van God.

Mat 5:6  Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word. 

Geregtigheid in die siel geregtigheid in die gees en geregtigheid in die liggaam die doel van God in ons lewe. Die werklike lewe van Christenskap wat uit eiendelik lei tot volkome vervulling in God’s bewussyn vir die gelowige.

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment