Die Lewende Christenskap

Die verwagting van die aard gebonde mens, is nie blywend in hierdie lewe nie, daar is in elke mens n gevoel van iets groter n gebeurtenis bokant sy denke van iets aan die kom wat gaan gebeur, dit is nie vleeslike denke nie maar word voort gebring deur die geestelike mens. Geskiedenis skrywers beweer dat voor die geboorte van Jesus was daar n algehele voorgevoel dat iets groot gaan gebeur n voorgevoel dat iemand n nuwe lig, n nuwe lewe, en vrymaking na die wereld sal bring. Die Jode het uit gesien met verlange na die koms van hulle Mesiah. Selfs ander godsdienstige nasies het ook n verwagting gehad van n gebeurtenes van hulle geloof. Vandag is daar weer hierdie verwagting van die Christendom, wat weer spreek in die inerlike gees van die wederkoms van Christus, n verlange na Sy terugkeer na hierdie wereld.

Hierdie verlange en hoop word al sterker in die siel van die mens en daar is n rede daarvoor, dit is die geestelike mens wat die salwing gewaar van die koms van die eerste stralle van n opkomende son. Dit is hierdie selfde gewaar wording wat die geboorte van Jesus op aarde vooraf gegaan het. Dit is weer besig om in die harte van mense plaas tevind. Die mens is weer besig om na n gebeurenis tesoek wat hulle nie verstaan nie.

Sommige spreek die koms aan as die eiende van die wereld of die eiende van die eeu, in werklikheid is daar nie n eiende van die wereld nie maar n begin van n nuwe eeu. Daar is nie n eiende van die wereld nie, slegs die eiende van die bestande wat vervang word met n nuwe. Gelowiges praat van die wederkoms van Christus en die vestiging van God se Koningkryk, daar is altyd gebeure wat so iets vooraf gaan, n skadubeeld van dit wat aan die kom is.

Mat 24:3  En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? 

Mat 24:4  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 

Mat 24:5  Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei. 

Mat 24:6  En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. 

Mat 24:7  Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. 

Mat 24:8  Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.

Ons het hierdie tydperk bereik. 

Mat 24:9  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. 

Mat 24:10  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat. 

Mat 24:11  En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. 

Mat 24:12  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. 

Mat 24:13  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

Die wereld is nou vol ongeregtigheid, en die aanval op Die Christen geloof word al sterker.   Die fisiese verwagtende Christenskap het altyd n uitkoms, hierdie verwagting word gebore uit omstandighede, dit is gebore uit omstandighede wat gebring word deur die gees van God, n afwagting en verlange dat hierdie natuurlike vleeslike liggaam sy doel gedien het, vir ons die lewendes en soos met die wat slaap, n verwagting het om saam n ewige lewe en  n onverderlike liggaam mag ontvang. Die noodsaaklikheid van verandering wat ons nou beleef in die wereld is noodsaaklike om die belewenis moontlik temaak.

Paulus bevestig dit.

1Co 15:50  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie. 

1Co 15:51  Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, 

1Co 15:52  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. 

1Co 15:53  Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. 

1Co 15:54  En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning. 

1Co 15:55  Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?

Ons sal terug kyk na die dood as betekenloos. Hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word, en hierdie verganklike met onverganklikheid, want vlees en bloed kan nie die Koningkryk van God beeerwe nie. Daar is dis n verpligte verandering van die lewendes en die dooies nodig.

Hierdie verandering van gebeure wat ons van bewus word in die wereldwat gebring word deur die Heiliggegees is die aankondiging van die naderende eiende van hierdie dispensasie en die eerste strale van die aanbreek van n nuwe, ons word gewaar en ontvang n besef van die wederkoms en die nuwe dispensasie van God. Hierdie eerste tekens bewys dat God nooit n bedoeling gehad het dat die mens, siekte, pyn, hartseer en armoede en die dood moet beleef nie.

Dit is ook in God se wil dat die mensdom hom moet bekeer deur Jesus Christus van Sonde ongeregtigheid en die dood om die ewige lewe te kan ontvang. Daar is n herlewing deur die Heiliggegees gebring deur die verandering van gebeure in die wereld n nuwe ontwaking van die gelowiges wereld wyd is die gevolg. Alles kom deur die inwerking  van die Heiliggegees in die hart van die gelowige, dit veroorsaak n gevestigde verwagting  gebring deur die bestaande gebeure. Dit is verwagtende Christenskap.

Die selfde geheim van verwagting gebeur ook in siekte. Goddelike genesing se proses is daarin gevestig dat die gees van die mens in eenheid met die gees van God bewus word van die werkende krag van God. Die besef van die ewige lewe word deur die geestelike liggaam erken en deur die siel aanvaar en word dan werkend in die  liggaam van die mens. Dit is hierdie besef hierdie geheim wat werklike goddelike genesing voortbring deur die krag van God.

Ons weet dat die mens bestaan uit drie kompenente siel, gees en liggaam. Daarom is daar altyd twee stemme die stem van gees en die stem van die vlees werkend in die siel. Die val van die mens het in drie afdelings van die menslike wese plaas gevind in die paradys. Die val van die mens in sy hele wese het beheer verloor oor sy God mens sy geestelike liggaam en die beheer is oorgeneem en het oor gegaan na die vleeslike mens die dier mens en die vleeslike natuur het domminansie verkry oor die geestelike mens en sy verhouding en eenheid met God.

Bekering en wedergeboorte  bring en herstel die geestelike mens weer in sy gesag posisie oor die vleeslike natuur siel en liggaam, die geestelike mens heers weer en het sy oorspronklike posisie in geneem, die geestelike mens word weer dominant en nie die natuurlike vleeslike mens nie. Die verwagtende Christenskap vervul n doel van God, dit bring n swanger gedagte navore wat vervul word op sy tyd deur die insig en kennis van die gees van God in die gelowige.waar die gelowige dan in sy verhouding op die plek kom met die besef dat God n doel het vir sy liggaam sy siel en gees n groei proses.

Hy wie in die groei proses die eenheid met die Vader bereik het in n Heilige God bewussyn, dit is hy wat sy gees toelaat om sy menswees en geaartheid te beheer nie net dit alleen nie maar ook dat die gees van die mens in eenheid met die gees van God die wil en denke van God verstaan aanvaar en daar in geleef word. Die interaksie van die gees en gedagte van God na die siel is n groeiende proses, en die transmissie van die krag van God na die siel en dan deur na die liggaam is soms onmiddelik of n tydsame proses.

Die werklikheid van n siekte is dat op een of ander manier het n deel van jou liggaam kontak verloor met die res van jou liggaam, en ontvang nou nie normal en natuurlik genoeg same maat van die volmaakte lewe van God nie wat die ander gedeeltes van jou liggaam ontvang nie. As n gelowige behoort ons teleer dat as n gedeelte van die liggaam nie die selfde lewe uit God ontvang nie wat die ander gesonde gedeeltes kry nie word daar nie genoeg van die mate van die gees na die siek gedeelte van die liggaam gekanaliseer nie dit is die werking van die gees om die lewe van God na enige gedeelte van die liggaam testuur soos Hy besluit of wil. Hierdie besef is n deel van verwagtende Christenskap maar daar is baie meer n blywende toestand van n gesonde liggaam , en nie noodwendig genesing van n liggaam nie.

Paulus

Act 20:22  En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie, 

Act 20:23  behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag. 

Act 20:24  Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.     

Act 21:4  En nadat ons die dissipels gevind het, het ons daar sewe dae gebly; en hulle het vir Paulus deur die Gees gesê om nie op te gaan na Jerusalem nie. 

Act 21:10  En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het ‘n sekere profeet met die naam van Agabus van Judéa afgekom. 

Act 21:11  En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer. 

Act 21:12  En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie. 

Act 21:13  Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus. 

Die heiligegees maak aan Paulus die verwagting van verdrukking bekend.

Act 11:27  En in dié dae het daar profete van Jerusalem na Antiochíë afgekom. 

Act 11:28  En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar ‘n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius. 

Ek maak klaar.

Die heiligegees maak die gelowige atend op n gebeure wat aan die kom is Hy getuig daarvan en werk die bestaan daarvan in die siel van die mens. Daar is nou so n getuienis in gelowiges wat dit is weet ons nie maar dat dit erg gaan wees lewer die Heiligegees nou al die werklikheid daarvan wat aan die kom is. As gelowiges behoort ons dit te besef en gereed tewees wanneer die gebeure sy verskyning maak ons dit sonder vrees kan tegemoet gaan. Soos Paulus

Amen.

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S. 

Leave a comment