Die kruis is n struikelblok vir die Jode, Grieke en Romeine en n struikelblok vir die ongelowige in die wereld.
1Co 1:23 maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke;
Die kruis as struikelblok vir die Jode. Vir n Jood is dit baie moeilik om te verstaan hoe is dit moontlik dat die kruis en die persoon wat daar aan vas gespyker is hulle Messias kan wees. Pontuis pilates het aan die kruis die opskrif laat sit Die koning van die Jode geskrywe in Hebreeus. latyns. en Grieks.
Wanneer n Jood na die kruis sou kyk, laat dit hom dink.
1. Hier hang n krumineel.
2. ‘n Vervloekte volgens die wet.
3. Verbreker van die wet.
Vir die Jood se die skrif Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—
Gal 3:13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—
Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang— uit die Jood se oogpunt hoe kan hierdie vervloekte hulle koning wees en ook hulle redder en Messias. Wat hulle nie kon raak sien nie is dat Hy sonde gemaak is en die kruis die plek vir n sondige oortredder is dat dit die enigste plek is vir sonde, God kan eers die mens verlos as sy sonde op die kruis gesit is. Die Christendom en die christen moet eers die pad loop waar sonde sterf en vergewe word. As die sonde nie vergewe is nie is daar geen toe nadering of vereniging met God nie. Dit was vir die Jood onverstaanbaar en het dit in gesien as absoluut onmoontlik en dit verwerp.
Die Apostels
Tog het die apostels die wereld vertel dat die kruis van Christus die redding van die mensdom is.
1Co 1:18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;
Col 1:20 en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.
Col 2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,
Die Jood wat na die kruis kyk het slegs n kwaad doener gesien was gevul met misnoee, emosioneel afgestomp en gevul met afsku. Hoe meer hy na die kruis gekyk het, hoe minder kon hy dit glo dit is totaal belaglik en hoe sekerder het hy gedink dat hy reg is.
Act 28:27 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
En die skrif het in vervulling gegaan oor hulle.
1Co 1:22 want die Jode vra ‘n teken en die Grieke soek wysheid,
Die Grieke.
1Co 1:23 maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke;
Act 17:18 En sommige van die Epikuréïese en die Stoïsynse wysgere het met hom gestry, en sommige het gesê: Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê?
Ander weer: Dit lyk of hy ‘n verkondiger is van vreemde gode—omdat hy aan hulle die evangelie van Jesus en die opstanding verkondig het.
Act 17:19 En hulle het hom geneem en op die Areópagus gebring en gesê: Kan ons verneem wat hierdie nuwe leer is wat deur u verkondig word?
Act 17:20 Want u bring sekere vreemde dinge in ons ore. Ons wil dan weet wat dit tog kan wees.
Act 17:21 Nou het al die Atheners en die uitlanders wat by hulle gewoon het, vir niks anders tyd gehad as om iets nuuts te sê en te hoor nie.
Act 17:22 Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is.
Act 17:23 Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook ‘n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ‘n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.
Vir die Grieke was alles n toonbeeld van Skoonheid die beelde het die pressie van hulle denke getoon. Die menslike liggaam was in al sy skoonheid vir ewig in hulle beelde gevorm die pressie daarvan kan vandag nog gesien word. Die verwronge beeld aan die kruis as hulle redder was on aanvaarbaar om dan nog te se die gekruisigde is die redder van die mensdom en die wereld, was in hulle denke totaal upsurt. Hulle gode was uitgebeeld as hierdie kragdadige wesens uit gekap in beelde. Om die gekruisigde wat gesterf het en opgestaan het te verkondig as die werklike die enigste waare God die skepper van alles was in hulle denke totaal upsurt en dwaasheid. Die Grieke het meer as een god besit. Die kruis was vir hulle n struikel blok. Tog het baie Grieke verstaan en hulle bekeer en hulle na die werklike God gewend en Christus gevolg.
Die wereld verwerp die kruis.
Rom 1:28 En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:
Rom 1:29 hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;
Rom 1:30 nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;
Rom 1:31 onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,
Rom 1:32 mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.
Joh 15:22 As Ek nie gekom en met hulle gespreek het nie, sou hulle geen sonde hê nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hul sonde nie.
Joh 15:23 Wie my haat, haat ook my Vader.
Joh 15:24 As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat.
Joh 15:25 Maar die woord wat in hulle wet geskrywe is, moet vervul word: Hulle het My sonder oorsaak gehaat.
Die wereld het God deur hulle eie toedoen buite bereik geplaas.
1Co 1:20 Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie?
1Co 3:19 want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;
1Co 1:21 Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red;
Die gelowiges.
1Co 1:18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;
Col 1:20 en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.
In Hom is alles daar bo en hier onder verenig.
Col 2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,
Col 1:13 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,
Col 1:14 in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.
Rom 15:21 maar soos geskrywe is: Hulle aan wie niks van Hom vertel is nie, sal dit sien; en hulle wat nie gehoor het nie, sal dit verstaan.
1Co 1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.
1Co 2:5 sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.
Ek sluitaf met die woorde van Jesus.
Rev 2:25 Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom.
Rev 22:12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.
Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!
En aan Hom.
Rom 16:27 aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen.
Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.