Die Krag Van Die Christen Lewe

Mat 8:1  En toe Hy van die berg afkom, het groot menigtes Hom gevolg; 

Mat 8:2  en daar het ‘n melaatse man gekom en voor Hom neergeval en gesê: Here, as U wil, kan U my reinig.

Hierdie man het geweet dat Jesus kan genees, maar wat hy nie geweet het nie is dat dit genesing in God se wil is en dat Jesus gekom het om te genees. Jesus getuig van Homself die volgende.

Luk 4:18  Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; 

Luk 4:19  om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig. 

As die melaatseman man dit geweet het sou hy gese het Here genees my, en nie Here as dit u wil is genees my. Dit is altyd God se wil om te genees,al voel dit vir jou, jy kom geloof kort. God is net so bereid om ons te genees as wat Hy bereid is om jou te red. Genesing is net so deel van ons redding en verlossing as genesing. Dit staan nie weg van van ons redding nie maar vorm deel daarvan. Genesing is verkry deur die bloed van Jesus. Die Woord verbind genesing en redding altyd aan mekaar. Kom ons veronderstel twee mense kom na vore in die kerk vir aanraking, die een is gebreklik en die ander een wil net Jesus aan neem as saligmaker en hy se ek is n sondaar, en ek wil Jesus vind help my, die hele gemeente sal opspring in geloof om hom na die Here lei om God te vind. Die ander een se ek is lam in my bene of het n besering en soek genesing help my. instede dat almal die selfde liefde en geloof betoon vir sy genesing,soos vir die andereen se redding, vind jy min wat beweeg en is daar twyfel. Die rede vir dit is dat hulle alles geleer word volgens die woord van die redding van die siel van die mens, maar die lering oor genesing en God se wil en begeerte om elke siekte te genees word na gelaat. Die kerk word geskool in die verlossing en redding van die mens daar is geen twyfel oor die krag en redding deur Jesus Christus nie. Maar oor die onderwerp van genesing is die kerk in die kleuter skool.

Mat 8:3  Daarop steek Jesus die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil; word gereinig! En dadelik is hy van sy melaatsheid gereinig.

Dit is waarvoor Hy gestuur is, het Jesus ooit gese Ek kan jou nie genees nie want dit is nie in die wil van God nie. Of ek gaan jou nie genees nie want die siekte het n doel. Of erger jy verheerlik God in hierdie siekte van Jou en groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak,

Mat 8:17  sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra. 

Kan jy dink wat sal gebeur het as n persoon na Jesus kom en se Here red my en Jesus se ek is jammer ek kan jou nie red nie. Die gevolg sou wees dat die mensdom altyd in ver twyfeling sou wees dat God hulle kan red of nie. Daar sou nie die vaste geloof wees wat ons vandag besit nie. Veronderstel Jesus se vir n siek mens Jammer ek kan jou nie genees nie dan sou presies die selfde gebeur het. Die wereld sal se dit is miskien God se wil om daardie persoon te genees, maar ek weet nie of dit God se wil is om my te genees nie. Jesus het ons nooit in enige twyfel gelos oor God se wil nie. Die kerk  het geloof verloor en die mense begin leer,miskien is dit nie God se wil om jou te genees nie, toe bring die kerk dit in, as dit U wil is oor genesing.

Isa 35:5  Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word.

Isa 35:6  Dan sal die lamme spring soos ‘n takbok, en die tong van die stomme sal jubel;

Mat 8:17  sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra.

Die krag van die christen roeping.

Luk 9:6  En hulle het uitgegaan en dorp vir dorp deurgegaan en oral die evangelie verkondig en siekes gesond gemaak. 

Luk 9:11  Maar die skare het dit te wete gekom en Hom gevolg; en Hy het hulle ontvang en met hulle gespreek oor die koninkryk van God, en die wat genesing nodig gehad het, gesond gemaak.

Die werklikheid is verlossing, redding en genesing is verbind.

1Pe 2:24  wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is. 

Deur wie se wonde julle genees is, n afgehandelde werklikheid. Al wat nodig is om God te vertrou, Hy het klaar Sy Seun gegee vir ons genesing. Daar is verlossing deur Sy bloed, wanneer die krag van God in n mens se lewe kom is daar verlossing. Die bloed van Jesus Christus, het daar die krag verskaf. Dit bring ons by redding deur Sy bloed en verlossing deur Sy krag. Die kerk en die wereld is oor die algemeen vertroud met verlossing deur Jesus Christus en redding deur sy bloed. Tog is daar altyd twyfel oor die wil en Krag van God.

Hoe werk genesing. Jy mag genesing onmiddelik ontvang of eers more, of volgende week of eers oor n maand of langer, omstandighede verskil, soms gebeur dit stadig. Die aksie van God is nooit die selfde nie net soos omstandighede ook nooit altyd die selfde is nie. Jesus het die volheid van die gees en bewussyn besit ek wil ook byvoeg Hy was volmaak in geregtigheid in die siel ,gees en liggaam. Siektes het onmiddelik onder sy woord of hande verdwyn. Ek en jy kan egter vandag slegs die mate van die gees wat jy besit gebruik, ons moet altyd strewe na n dieper lewe gevul met die Heiligegees. As die sieke nie vandag genees nie moet nie ophou nie, bly bid more en oormore weer en weer, totdat genoeg van die gees uitvloei en in werking kom en daar n deur braak van genesing kom. Baie bid slegs een keer en gee dan oor, die administrasie of aksie van geloof en die Heiligegees oor die sieke wat bedien word is n proses.

Ongelukig in n Evangelie diens kom baie na vore vir genesing en daar word slegs een maal gebid, sommige word onmiddelik genees ander weer het geloof in hulle genesing en ontvang dit later dan is daar ander wat net n gedeelte van hulle genesing ontvang, ander het geen genesing ontvang nie en moet weer bedien word totdat die probleem wat verhinder uit die weg geneem is vir genesing. Net so is dit met bekering een het sy verlosing aanvaar en ervaar, n anderis nog onseker en sal weer kom uit kniel en sy sonde belei. Die verskil in die gevalle is nie by God nie in albei is dit die ervaring binne in die gees en siel van n mens. Sy bewussyn het nog nie oop gemaak vir God om sy redding te aanvaar nie. Elke wet van die gees wat van toepassing op redding bekering en verlossing is net so van toepassing op genesing.

Mat 8:5  En nadat Jesus in Kapérnaüm ingegaan het, kom daar ‘n hoofman oor honderd na Hom toe en smeek Hom 

Mat 8:6  en sê: Here, my kneg lê tuis verlam en hy ly hewige pyne. 

Mat 8:7  Daarop sê Jesus vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak. 

Mat 8:8  En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ‘n woord, en my kneg sal gesond word.

Hier is genesing oor n afstand, die hoofman het die hoogste gesag en krag verstaan, ons as gelowiges besit ook die selfde gesag en krag deur Jesus Christus wat ons die krag gee.

Mat 8:9  Want ek is ook ‘n man onder gesag, en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir ‘n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.

Die selfde Goddelike krag wat in Jesus is het Hy ook vir elke gelowige gegee gevestig in sy gees siel en liggaam. Jesus het die oorwinings lewe vir Sy liggaam die kerk gegee om die selfde dinge te kan doen eEn Jesus se oorwinning vir ons doen dit vandag en verander nooit. Dit is Sy belofte.

Die probleem is die kerk het geloof in hierdie waarheid verloor, die gevolg is dat die kerk hulle geloof in redding besit maar die geloof in genesing en al die ander dinge verloor het. Die kerk sal nooit die regte kerk wees in die werklike krag van God totdat die kerk weer die standard van Jesus en die Apostels terug kry nie. Die standard van hulle werke wat hulle gedoen het getuig van die krag wat hulle besit het.

Jesus se opdrag aan die kerk.

Mat 10:7  En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. 

Mat 10:8  Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee. 

Luk 10:19  Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.

Jesus het ons mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees. Ons het die gesag ontvang volgens die woord, maar die kerk pas dit nie toe nie die rede is ons kom krag kort.

Act 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, 

Die Heiligegees het op elke gelowige gekom in n sekere mate, dit is n geval van hoeveel, daar is verskillende salwing mates deur God se gees in die gelowige se lewe, ons verstaan dit nie maar dit is n werklikheid. Die skrif se Stephanus en Phlipus vol van die Heiligegees het wonders en tekens onder die volk gedoen. Die salwings mate van die Heiligegees in die lewe van Paulus en Petrus getuig van die wonders wat hulle gedoen het. Daar is egter altyd n proses van Heiligmaking in die lewe van die gelowige en n groei in die gees. Selfs in Jesus se lewe was dit n proses.

Luk 2:40  En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom. 

Die doping van die Heiligegees is n dieper en groter mate van ontvangs van die Gees. Alhoewel elke gelowige het n mate van die gees en geloof ontvang. God gee jou geloof wat deur die Heiligegees in jou lewe in gebring word, waarin jy ook jou plek en roeping in die Koningkryk vervul. Dit is die Heiligegees in jou wat sal uitreik na n ander siel en sy redding bring. Laat toe in jou Christen lewe dat God jou opvat en invat in n hoer dieper Christen lewe, vul jou hemelse plek in Christus. Nie net n luisteraar nie, maar n persoon van Aksie ondek Gods bewussyn in jou christen groei na volwassenheid.

Mat 8:5  En nadat Jesus in Kapérnaüm ingegaan het, kom daar ‘n hoofman oor honderd na Hom toe en smeek Hom 

Mat 8:6  en sê: Here, my kneg lê tuis verlam en hy ly hewige pyne. 

Mat 8:7  Daarop sê Jesus vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak.

Mat 8:8  En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ‘n woord, en my kneg sal gesond word.  

Mat 8:10  Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ‘n groot geloof nie gevind nie. 

Jesus het altyd geloof geprys waar Hy dit gekry het, baie van die mense wat na Jesus gekom het nie daardie geloof gehad nie. Hulle geloof diepte was egter, as ek net by Jesus kan kom sal ek genees word. Maar hier is geloof wat se spreek net die woord en my dienskneg sal genees wees. Hier gebeur genesing oor n afstand. Die man van bethesda sit net daar en vra niks nie.

Joh 5:5  En ‘n sekere man was daar, wat agt en dertig jaar aan sy siekte gely het. 

Joh 5:6  Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al ‘n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word? 

Hy het nie gevra om gesond te word nie, Jesus vra hom wil jy gesond word. Hy verduidelik sy omstandighede ander gaan voor hom in die water en word gesond. Empatie bring die gees in aksie.

Joh 5:8  Jesus sê vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop.

Later ontmoet Jesus hom weer.

Joh 5:14  Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.

Die meeste siektes se oorsprong is die gevolg van sonde. Daar is drie soorte siektes – siekte in die vlees, siekte in die gees en siekte in die siel. Vir duisende jare het mense gesondig, met die gevolg daarvan het siekte in die liggaam gekom. Somtyds is die siekte nie die gevolg van sonde nie maar word veroorsaak deur een of ander defek in die liggaam of besering. Misbruik van jou liggaam kan siekte veroorsaak. Hoe dit ookal is Hy het ons krankhede op Hom geneem. Ondersoek saam met die Heiliggegees waarom daar siekte in jou liggaam is. As jy die oorsaak gevind het belei dit en laat staan dit. Die wet van die vlees kan verhinder dat jy genesing ontvang. Deur gebed beruik ons die Hart van God en Sy wil, word genees. Die hoofman se spreek net die woord en my dienskneg sal genees wees, en die reaksie is in die hart en siel van Jesus kom genesing, afstand het geen invloed op genesing nie.

Ek maak klaar.

Die Gees van God sal uireik na enige plek ongeag waar dit is,tot daar so ver as wat jou empatie en liefde is. Liefde en empatie stuur die gees van God waar dit ookal nodig is. Hoe gebeur genesing dit is deur gebed dat die krag van die Heiligegees in die menslike gees in aksie kom gemeng met geloof en beweeg dan deur na die siel en met hande opleging ontmoed dit die behoefte van die ander persoon se gees en beweeg dan na die se siel en vandaar na die plek in die liggaam  waar genesing benodig word. Soos Jesus gese het laat dit wees soos wat jy geglo het die Heiligegees se genesende krag het die persoon se siel bereik en deur geloof gaan dit nou na die liggaam gedeelte wat genesing nodig het. Net so met die woord wat jy spreek dit word bevrug deur die Heiligegees en gaan dan na waarheen dit ookal benodig word.

Eiendelik word die predeker die meduim van die Heiligegees. Ons is mede diensknegte, en Hy het ons toegerus met alles wat ons nodig het. Jesus Christus het die gelowige die Heiligegees gegee. Jy bid en preek vir mense en hulle word genees, hulle het net gesond geword en weet self nie hoe nie. Maar jy as gelowige weet. Dit is die krag van die Christen lewe.

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment