Die krag van n volledige oorgawe as christen en toewyding in Koninkryk beginsels. Die werklike christen toewyding behoort gebaseer te wees op die koninkryk beginsels soos ingestel deur Jesus. Jou toewyding behoort ingestel te wees in die kennis van die leringe van Sy beginsels as die hoogste gesag. Die toewyding daarvan is om ten alle tye die will van God te gehoorsaam en sy begeerte te volbring soos deur die Here toegepas in Sy lewe en leer om die Heiligegees in jou lewe te ken en Hom toe telaat om jou te lei, te leer, en met krag toe terus vir die lewe in Christus.
Sonder die Heiligegees se teenwoordigheid in jou lewe sal dit onmoontlik wees om die koninkryk beginsels in jou lewe toe tepas en dit te leef. Enige toewyding sonder die Heiligegees is vrugteloos en sonder die kennis van die beginsels sal jou toe wyding ook nie heeltemal verstaanbaar wees nie. Dit is die Heiligegees in die innerlike mens wat die krag en natuur van Jesus voort bring en die begeerte om dit te leef dit kom dan uit die innerlike navoore.
Baie Christene se toewyding is gebaseer op eie reels van om op n sekere tyd te bid of bybel lees dit gaan naderhand oor in rituel van ek moet. Hulle beleef dit as hulle toewyding ek se nie dit is verkeerd dit moet seker ook so wees. Maar vir my werk dit deur n innerlike begeerte om te gaan bid of n hunkering om die woord tegaan lees wanneer die Heiligegees my aandag op n sekere gedeelte van die woord bring. Daar is geen reels in my toewyding nie, enige plek enige tyd. Bedink die dinge wat daarbo is. Jesus se vernaamste rede van Sy koms is om die Koninkryk van God te vestig en vir Hom n volk te verkry. Die Koninkryk van God is gebaseer op Sy wil in die hemel, in engele en ook in Sy wil op die Aarde in die mens. Die Koninkryk van die hemele is verbind met Christus se Koningkryk op Aarde die twee is verbonde of verbind aan mekaar. Aan Hom is gegee alle mag in die Hemel en op aarde Hy het mag en gesag oor die ganse skepping.
1Co 15:24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
1Co 15:25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.
1Co 15:26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
1Co 15:27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.
1Co 15:28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Die vestiging van die Koninkryk.
Om n Koninkryk tevestig is beginsels (verordeninge) nodig vir die Koninkryk en sy inwoners. Daarom het Jesus die konstitusie van die Koninkryk ingestel op die beginsels waarop Sy regering sal rus. Die agt beginsels soos wat hy dit gegee het op die berg predekasie is die beginsels waarop sy regering gevestig sal wees. n Beginsel is nie n leerstelling nie dit is die krag en die fondasie waarop alles gebou word. Dit is ook uiteiendelik die werklike toewyding van die Christen lewe, om daardie beginsels toe tepas wat die fondasie is van die Koninkryk en die regering waarop dit gevestig is. Die agt beginsels op die berg predekasie is die konstutiese en die gebooie van Jesus is die wet of verordeninge van die koninkryk. Die wedergeboorte gee ons die burgerskap van die Koninkryk en dit word n werklikheid in ons lewe ons het burgers van die Hemelse Koninkryk op Aarde verkry. Die burgerskap verteenwoordig die regte kerk Sy liggaam, dit was nog altyd die kerk se verantwoordlikheid om die beginsels van die Koningkryk uit teleef en te demonstreer en dit was nog altyd Jesus se bedoeling dat die kerk Sy verteenwoordiger op Aarde sal wees n uitbeelding van Sy persoonlikheid in die wereld. Die beginsels weerspieel sy natuur en geaartheid en gesindheid, ook Sy liefde.
Daar is sewentig beginsels waarop die koninkryk gevestig is.
Mat 5:1 En toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom;
Mat 5:2 en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê:
Mat 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Mat 5:4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
Mat 5:5 Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.
Mat 5:6 Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
Mat 5:7 Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
Mat 5:8 Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
Mat 5:9 Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
Mat 5:10 Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele, en sal vertroos word, want hulle sal die Aarde bee’erwe, die geregtigheid, want hulle sal versadig word, en barmhartigheid bewys word, die rein van hart, sal God sien die vredemakers, sal kinders van God genoem word.
Mat 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Ons verstaan dit altyd as iemand wat min gees besit maar dit is baie meer as dit dit is iemand wat die belange van die Koninkryk hoe’r ag as enige iets anders in die wereld. Dit is vir hom meer belangrik as enige iets anders in sy lewe, gesee’nd is hy wat in sy lewe alles doen vir die uitbreiding van die Koninkryk van die hemele wat ook sy eie lewe verloor het en n waare burger geword het van die koninkryk. Gesee’nd is hy wat sy rykdom nie vir Homself hou nie en dit gebruik vir die uitbreiding van die koningkryk van die hemele, dit sit die wet van liefde vir God eerste en bewys dit prakties. In die ryk jong man se verhaal kan ons dit sien.
Luk 18:21 En hy sê: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af.
Luk 18:22 En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou—verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.
Jesus het vir hom die eerste beginsel van die koningkryk geleer.
Luk 18:23 Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.
Luk 18:24 En toe Jesus sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan.
Hulle beweer dat die ryk jong man Barnabas was en dat hy uit eiendelik wel al sy besitings verkoop het en die geld aan die Apostels gegee het. Hy het die Koninkryk beginsel sy eie gemaak. So het Barnabas uit eiendelik gekry wat hy gesoek het, en het Jesus gevind. Daar word ook beweer dat hy n groot stuk grond buite die stad besit het waarheen die Apostels en volgelinge gevlug het. In die algehele toewyding van die gebooie wil ek n bietjie dieper betekenis bring. Die platvorm van Jesus se gebooie of wette kan beter verstaan word. as die werklike standard van die Christen lewe en bewussyn, ons Christen groei om te word soos Hy, kan gemeet word aan ons standard aan sy gelykenis, dit is die werklike onvylbare reel, as die Heiligegees se oortuigings in jou lewe in die beginsels beloftes en gebooie (of wette) van Jesus Christus in jou lewe bevestig word. leef jy in koninkryk beginsels en in die volmaakte wil van God en Sy koninkryk.
Dit is werklike christenskap
2Jn 1:6 En dit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie. Dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het dat julle daarin moet wandel.
Joh 14:21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
As jy wil he Christus moet hom aan jou Openbaar, hou die gebooie. Dan sal jy Christus ervaar in n wyse wat jy Hom nog nooit geken het nie. Ek het die Heiligegees gevra hoe sal ons dit doen, hier is sy antwoord.
1. Vind die beginsel of gebod.
2. Maak daardie beginsel jou eie.
3. Leef die beginsel totdat die deel van jou karakter geword het, begin met n nuwe.
Rev 22:14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
Mat 5:19 Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.
Mat 7:24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
Die uitstorting van die Heiligegees het so n groot verandering in die eerste Christene gebring sodat hulle alles gedeel het wat hulle besit het, as een groot familie. Elkeen se belang het ook sy eie geword. Geseent is die wat die dinge doen, want aan hulle behoort die Koninkryk van die hemele. Jesus se hele lewe het getuig van die uit leef van die Koninkryk beginsels.
Heb 2:17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word,
Hy het ons sondige natuur en geaartheid op Hom geneem.
Heb 2:18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.
Sy beginsels of gebooie het Hy altyd toegepas en dit geleef as n gewone mens. So wat is die krag om die beginsels teleef, wel eerstens bring dit jou geaartheid natuur en gesintheid in lyn met Sy geaartheid natuur en gesintheid. Dit is die bewys dat Jy God ken en Hom lief het. Dit bring jou by die belofte van die verskyning en Openbaring van Christus aan jou. as jy die gebooie en beginsels doen en hou. Die krag van algehele toewyding aan die beginsels en gebooie waarop die Koninkryk rus is die waare toewyding van die Christen lewe, en nie hoeveel bybel jy lees en hoe lank jy bid of hoeveel in tale jy praat nie. Die beginsels en gebooie behoort te weer spieel in die optrede van die gelowige in hierdie wereld. n bewys van Christ in us en having the mind of Christ.
2Jn 1:6 En dit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie. Dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het dat julle daarin moet wandel.
Joh 14:21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
Dit is die werklike Christen toewyding.
Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.
NS ; Ons swakheid om die beginsels in geheel toe tepas, moet ook verstaan word in die konteks van die Koninkryk, wanneer ons dit in geheel sal toepas as n leefwyse van ons natuur geaartheid en gesintheid,in die toekomstige verheerlikte koninkryk toestand. Nou egter as burgers van die Koninkryk , is dit ons begin in die groei van ons christenskap hoe onvolmaak ookal. Dit is n on los makende deel van ons verhouding met Christus. Die aanvaarding van die beginsels en gebooie in ons lewe.