Hoe ver die christendom en die wereld weg is van die standard van Jesus Christus kan gesien en beleef word wanneer ons n studie maak van Jesus se gebooie. Die werklikheid is Sy gebooie is bindend, en is die enigste werklike standard wat ook bindend is op die christen siel en lewe. Die mate van ons Christus geaartheid en natuur kan gemeet word aan die toepassing van die beginsels en gebooie in jou lewe. As die toets van jou geestelike lewe, is die gebooie die onvylbare maatstaaf. Wanneer die Heilige gees in jou dit nakom , en jou leer om daarin teleef bring dit jou in harmonie met die geaartheid natuur en gesintheid van Jesus Christus en Sy geaartheid natuur en gesintheid is gebaseer op die Koningkryk beginsels en gebooie. Dit sal jou ook bring in eenheid met die gees van God en Sy wil in jou lewe bewerk. Dit is die werklike christenskap, enige iets buite dit is gewone kerk christenskap wat die meeste of almal se christenskap is. Ons moet ook besef om die beginsels tehou is n proses, wat bewerkstellig word deur die Heiligegees in jou lewe en dat dit die begin is van ons besef dat die beginsels en gebooie eendag n volle werklikheid sal wees van ons natuur geaartheid en gesintheid in en van ons toekomstige lewe in die koninkryk. Die agt beginsels is die basis in jou lewe, van jou christen toewyding, dit bring die werklike natuur en geaartheid van Jesus in jou na voore. Ons sal die agt beginsels later behandel.
As die beginsels n leefwyse van jou geword het, is jy n waare burger van die Koninkryk van die hemele, en beleef jy werklike christenskap. Jou wedergebore burgerskap moet ook die werklikheid van die geaartheid en natuur van die Koninkryk van die hemele en Aarde weerspieel, die natuur in die hemel word ook die natuur hier op aarde. die hemel en Aarde word een Koninkryk met een Koning, en is verbind aan mekaar. Wanneer Christus Sy universieele Koninkryk op Aarde vestig gedurende die eientyd sal dit bestaan uit n Parlement van Manseuns en Christus as Koning sal regeer dan sal die agt beginsels en die salig sprekinge van Matt5,6,7, die konstutiese en die gebooie, van Jesus die wette van die Koninkryk wees.
Elke geredde christen deur die wedergeboorte ontvang burgerskap van die Koningkryk en sy christenskap en lewe is veronderstel om deur die beginsels en gebooie van Jesus gerig teword. Wat die natuur en geaartheid van Christus openbaar en ook elkeen se natuur wat aan die koningkryk behoort. Maar die ongeergtheid van die wereld en die algemene Christen lewe van die miskenning van die beginsels en gebooie van Jesus, het n standard ver van die geaartheid en gesintheid van Jesus in die kerk gebring, en n christenskap ver onder die standard van die Apostels en die vroeere Christene. Dit is n werklikheid dat die wat in volmaakte liefde wandel is die wat in Sy lerings wandel. Die krag waarmee Jesus dit op die berg van salig sprekinge gebring het sien ons in Matt7 : 24 tot 29
Mat 7:24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
Mat 7:25 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.
Mat 7:26 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.
Mat 7:27 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.
Mat 7:28 En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer;
Mat 7:29 want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.
Mat 5:19 Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele;
maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.
Die belangrikheid van die gebooie.
Joh 14:21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
Dis n Belofte.
Joh 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie.
Die wet vir elke gelowige. Die gebooie van Jesus is die volle gesag en instelling van die Seun van God, en is verewig bindend op die Christen siel. Dit vervang die tien gebooie van die die wet van Moses, wat duidelik word in die stelling van Jesus.
Mat 5:21 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan (moord pleeg nie ), maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg.
HY stel n baie sterker wet in..
Mat 5:22 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg;
Met ander woorde as jy vir jou broeder kwaad is sonder rede gaan jy voor die hemelse gereg verskyn. Jesus vervang die ou wet met n meer kragtiger wet vir die siel.
1Jn 3:15 Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie.
Jesus kom ook met hierdie sterker stelling.
Mat 5:27 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie.
Dis wat die ou wet gese het.
Mat 5:28 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
Ook die ou wet word kragteloos en word vervang met n meer heiliger wet.
Die Lering.
Die gebooie van Jesus word die algehele leering en toepassing van werklike Christenskap. Die kerk behoort die gebooie van Jesus as n gevestigde instelling te onderrig en elke christen en sondaar behoort die gebooie te besit. In al my jare van Christenskap het ek nog nooit enige prediker gehoor wat die beginsels en gebooie van Jesus preek nie. Dit behoort in die besit van elke christen tewees wat werklike christenskap wil beleef in die omvatende lering van Jesus.
Ek het die Heiliggegees gevra hoe doen ons dit, Sy antwoord was,
1. Vind n wet, gebooi, belofte, lering of beginsel.
2. Maak dit jou eie.
3. Leer en pas dit toe in jou lewe totdat dit jou natuur geword het.
4. Neem n nuwe en begin van vooraf.
Beweer ek dat die beginsels en gebooie maklik is om tehou nee glad nie. Jesus het dit aan ons oorgelaat om dit toe te pas. Ons besit die onverganklike saad van Christus wat dit alreeds in ons laat groei en dit word in ons, gevestig deur sy natuur geaartheid en gesintheid, wat die DNA van Sy saad is.
Die sewentig gebooie en beginsels van Jesus.
Mat 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Dit is n Wet.
Waar na moet jy soek, na geregtigheid in jou siel, gees, en ligaam.
Joh 14:21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
Wil jy Jesus op n ander manier en werklikheid ken hou dan sy gebooie.
Rev 22:14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
Wat hier op Aarde sal wees waarin die Heiliges sal woon. Die heilige stad die nuwe Jerusalem.
Mat 22:37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is n Wet.
Mat 22:39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Wet
Joh 13:34 ‘n Nuwe gebod (gebooie wet) gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.
Aan hierdie wet hang alles.
Luk 6:27 Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat. Wet.
Luk 6:35 Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes. Beginsel.
Luk 6:36 Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is. Wet.
Luk 6:28 Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig. Wet.
Mat 7:12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
Luk 6:37 En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Wet.
Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Wet. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word. Wet. Ons moet nie ander kerke of broers veroordeel nie.
Mat 5:39 Maar Ek sê vir julle dat julle ‘n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe. Beginsel.
Mat 5:40 En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry. Beginsel.
Mat 7:5 Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal. Beginsel.
Mat 18:15 En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin; wet
Mat 5:24 laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe. Wet.
Mat 23:8 Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders. Wet.
Mat 23:10 Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus. Wet.
Is dit reg dat ons iemand Pastoor of Dominie noem. Vraag.
Mat 23:9 En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is. Wet.
Luk 9:23 En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. Wet.
Joh 21:22 Jesus antwoord hom: As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan? Volg jy My. Beginsel.
Mat 4:19 En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak. Beginsel.
Mat 11:29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; Wet
Mat 7:13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Beginsel.
Mat 5:29 As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie. Opdrag met waarskuwing.
Joh 5:39 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.
Mat 4:17 Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. Opdrag.
Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Opdrag
Mat 28:20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
Mat 10:7 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. Opdrag.
Mat 10:8 Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee. Beginsel, opdrag.
Mar 16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. Wet.
Mar 16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, Bevestiging.
Mar 16:18 slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesondword. Beginsel, opdrag.
Luk 24:49 En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte. Beginsel met opdrag.
Mat 10:27 Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke. Beginsel.
Luk 10:3 Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe. Beginsel.
Mat 7:15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Beginsel.
Luk 12:1 Pas veral op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is geveinsdheid. Beginsel.
Mat 10:16 Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe. Beginsel.
Luk 10:7 Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan nie. Beginsel.
Mat 7:6 Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie. Beginsel.
Mat 10:17 Maar pas op vir die mense; want hulle sal jul oorlewer aan regbanke, en in hulle sinagoges sal hulle julle gésel. Beginsel
Mat 10:19 Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek; Beginsel
Mat 10:20 want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek. Opdrag.
Mat 5:11 Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Beginsel
Mat 5:12 Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het. Beginsel.
Joh 6:43 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Moenie onder mekaar murmureer nie.Wet. Luk 21:19 Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry. Wet.
Mat 5:34 Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie—nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is; Wet.
Mar 4:24 En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor. Wet.
Mat 6:16 En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg. Beginsel.
Mat 6:17 Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, Beginsel.
Mat 6:18 sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. Beginsel.
Mat 6:5 En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het. Wet.
Mat 6:7 En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. Beginsel
GEBED
Mat 6:9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
Mat 6:10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
Mat 6:11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
Mat 6:12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
Mat 6:13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.
Amen.
Mat 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; Wet.
Mar 11:25 En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. Wet.
Mar 11:24 Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. Wet
Mat 7:7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Wet.
Mat 9:38 Biddan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur. Beginsel
Geestelike hoogmoed.
Mat 6:1 Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie. Wet.
Luk 6:30 Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie. Beginsel.
Mat 5:42 Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie. Beginsel .
Luk 6:38 Gee, en aan julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maa waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. Wet.
Luk 6:32 En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet. Beginsel.
Mat 5:16 Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. Wet.
Mat 6:19 Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; Beginsel.
Mat 6:20 maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; Beginsel.
Mat 6:21 want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. Beginsel
Mat 5:48 Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is. Wet
Die gebooie of wette van Jesus is die mees dramatiese lering wat nog ooit gebring is deur n leermeester.
Dit reik uit tot in die hart van die gelowige en spreek tot jou christenskap en verhouding met Hom.
Hierdie beginsels en wette kan alleen begryp word wanneer daar n hunkering by die gelowige is om daaraan te wil voldoen. Die bewys van die invloed daarvan op die siel kan gesien word in Jesus se handeling in Sy natuur gesintheid geaartheid en liefde. Kan dit bereik word Ja ek meen so deur die ondersteuning en leiding van die heilliggegees in n volle oorgawe. Dit sal uit eiendelik ons geaartheid natuur en gesintheid in die Koningkryk weerspieel. Die wyse is soos vroee’r gese is neem een beginsel of wet maak dit jou eie, en leef dit totdat dit jou ingebore natuur geword het, begin dan met n nuwe een. Elkeen van jou pogings word deur die Heiligegees ondersteun. Neem ook n beginsel maak dit jou eie en beproef God daarin.
Die beloftes van Jesus aan Sy liggaam.
Die beloftes wette en beginsels wat deur Jesus gepreek is maak dat die siel wat dit toepas lewendig word, deur hierdie bewussyn van God word jy dan met krag toe bedeel. In hierdie ontdekte bewussyn sal die gebooie en beginsels gehou kan word deur die krag van die beloftes. Jesus het hierdie beloftes nie uitgedink nie maar in Sy siel ondek wat die wil van God is. Hy het elke belofte geneem en God daarin beproef en toegepas. Hy het die belofte van Ek is die God van voorsiening geneem en dit toegepas op die menigde en in Sy bediening die belofte van Ek is die God wat genees geneem en die blindes dowwes kreupeles genees en in die krag van Ek is die God van Wonders die golwe gestil water in wyn verander. Die belofte van Ek is die God wat lewe gee die dooies opgewek en in die selfde belofte ook Hom self weer opgewek. Dit maak die beloftes van Jesus n uit gewerkte waarheid en Sy belofte dat al hierdie dinge joune sal word soos wat ons in die geestelike realm van God in beweeg kom ons tot die werklikheid van die verkryging van the mind of Christ. Sy Geaartheid natuur en gesintheid. Die kerk het egter hierdie beloftes en waarheid verloor, daar in is die krag van oorwinning en heerskappy vir die gelowige, die heerlikheid van eenwording met God in n volmaakte verhouding en gemeenskap. Dit is tyd dat die kerk en Christenskap dit weer opeis in n hoe’r lewe en verhouding van werklike Christenskap.
Die beloftes van Jesus.
Joh 4:14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. Belofte
Joh 7:38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. Belofte.
Mat 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Wet en belofte.
Die konstutiesie beginsels van die Koninkryk, en die beloftes.
Mat 5:2 en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê:
Mat 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Waarvan praat hy dit is nie net die hemel kinders waarvan Hy praat nie dit is die gemiddelde geestes toestand van die Christen lewe, arm in gees en Hy belowe nogtans die koninkryk van die hemele.
Dit is die werklikheid waarmee ons tedoen het in ons lewe, ons kom soveel kort.
Die konstutiesie van die Koninkryk.
Mat 5:4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
Mat 5:5 Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.
Mat 5:6 Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
Mat 5:7 Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
Mat 5:8 Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
Mat 5:9 Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
Mat 5:17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.
Mat 5:18 Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. wet en belofte.
Die wet moet bly vir die wereld en die sondaar anders kan daar vir hulle geen veroordeling wees nie . Die krag van die sonde is die wet. Die gebooie van Jesus vervang die tien gebooie behalwe die wat oorgebring is in die nuwe testament.
Luk 12:32 Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee. Beginsel met n belofte.
Die klein kuddetjie is die 144000 manseuns uit die twee geslagte.
Mat 18:19 Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is. Wet met belofte
Mat 18:20 Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde. Wet met belofte.
Mat 17:20 Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. Beginsel met belofte.
Mar 9:23 En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo. Wet met belofte
Mar 16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,
Mar 16:18 slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word. Beginsel met belofte.
Mar 11:22 Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê. Wet met belofte
Mar 11:23 Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see—en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur—hy sal verkry net wat hy sê. Beginsel met belofte.
Joh 14:12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. Belofte
Joh 14:13 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. Beginsel met belofte.
Joh 14:14 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen. Beginsel met belofte
Joh 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie. Wet en glo die beloftes.
Joh 15:5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. Beginsel
Joh 15:6 As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. Beginsel met waarskuwing.
Joh 15:7 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. Wet met belofte.
Die werklikheid van die woorde van die gebooie en beginsels in jou as jy dit doen en dit nakom.
Joh 16:23 En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. Wet met belofte.
Joh 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. Wet met belofte.
Joh 8:51 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie. Wet met belofte.
Joh 11:25 Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; Wet met belofte.
Joh 11:26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit? Wet met belofte
Luk 10:19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. Wet met belofte
Ek sien dit dat die opregte gelowige heers oor die slang en skerpioen demone dat hulle geen skade aan die gelowige kan aanrig nie.
Luk 10:20 Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is. Beginsel met belofte.
Joh 12:32 En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek. Wet met belofte.
J10:27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. Beginsel met n waarheid.
Joh 10:28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. Wet met belofte.
Joh 10:29 My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Wet met belofte.
Joh 10:30 Ek en die Vader is een.
Joh 17:22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Wet met belofte.
Hoeveel verstaan die heerlikheid wat hy gegee het, die werklike christenskap n verhouding wat jou in n ander werklike geestelike eenheid bring dit is n hoe’r verborgenheid Die werklike eenheid binne en buite jou
Die vraag is besit jy die heerlikheid waarvan hy praat.
Mat 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Wet met belofte
Mat 11:29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; Beginsel met belofte.
Mat 11:30 want my juk is sag en my las is lig. Beginsel met belofte.
Mar 10:29 En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie,
Mar 10:30 of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe. Beginsel met belofte.
Deur vervolginge huis en moeder, broers en susters en grond verloor.
Mat 12:50 Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder. Wet met belofte
Mar 4:25 Want wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. Beginsel met belofte.
Dit gaan oor die geestelike reis van verhouding groei en ontdekking in Christus. As jy groei vrug dra ontvang jy , geen groei geen vrug verloor jy ook dit wat jy gehad het
Mat 23:12 Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word. Wet met belofte
Die Heiligegees.
Joh 14:16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: Wet met belofte.
Joh 14:17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Wet met belofte
Joh 14:18 Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Beginsel met belofte.
Joh 16:12 Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie.
Joh 16:13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Wet met belofte.
Joh 16:22 Julle het dan ook nou droefheid, maar Ek sal julle weer sien en julle hart sal bly word, en niemand neem julle blydskap van julle weg nie.Wet met belofte.
Gebed.
Luk 11:9 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
Luk 11:10 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. Wet met belote.
Luk 11:28 En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar. Wet met belofte.
Mat 9:29 Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof. Beginsel met belofte.
Mat 10:19 Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek; Wet met belofte.
LERINGE
Mat 10:29 Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.
Mat 10:30 En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
Mat 10:31 Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies. Beginsel met belofte.
Mat 10:32 Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. Wet met belofte
Mat 10:33 Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is. Wet met waarskuwing..
Mat 10:39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind. Wet met belofte.
Joh 20:23 As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou. Wet met belofte.
Mar 9:41 Want elkeen wat vir julle in my Naam ‘n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie. Beginsel met belofte.
Joh 6:35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. Wet met belofte.
Joh 7:38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. Wet met belofte.
Joh 6:40 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Wet met belofte..
Joh 6:37 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. Wet met belofte.
Joh 6:45 En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe. Wet met belofte.
Joh 14:21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar. Wet met belofte.
Joh 14:23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. Wet met belofte.
Verdrukking.
Mat 15:13 Maar Hy antwoord en sê: Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word. Wet met Waarskuwing.
Joh 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. Beginsel met belofte.
Praat nie van n wegraping nie maar verdrukking in die wereld.
Mat 10:22 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. Wet met belofte.
Hoe kan jy gehaat word as jy weggeraap is, en julle sal almal gehaat word.
Luk 6:35 Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; Beginsel met n belofte.
Act 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees tot aan die uiterste van die aarde. Wet met belofte.
Mat 28:20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen
Die sewentig koningkryk wette en beginsels van Jesus is van kardinale belang vir die christen gelowige dit is die rots waarop gebou moet word in die verkryging van Sy geaartheid natuur en gesindheid
Dit is vasgevang in Sy liefde. Hierdie wette en beginsels bring die gelowige in n dieper verhouding van werklike christenskap om the mind of Christ te verkry, the mind of Christ word vasgevang in die wette beginsels en beloftes. Die beloftes van Jesus versterk bemoedig en dra by tot die vervulling van die gees siel en liggaam van die gelowige en die hemelse natuur en gesintheid word op aarde gevestig. Dit vorm die fondasie van die Koninkryk van God en Sy Heiliges.
Ek het die Heiliggegees gevra hoe doen ons dit Sy antwoord was,
1. Vind n wet, gebooi of beginsel.
2. Maak dit jou eie.
3. Leer en pas dit toe in jou lewe totdat dit jou natuur geword het,
4. Neem n nuwe en begin van vooraf.
Ek sluit af met die woorde van Jesus.
Mat 7:24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
Mat 7:25 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.
Mat 7:26 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.
Mat 7:27 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.
Joh 14:21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar. Belofte.
Wil jy Jesus op n ander manier van werklik ontmoet, wanneer Hy Hom openbaar aan jou hou sy gebooie. Hy het Hom openbaar aan Stephanus Philipus Paulus en al die Apostels.
Dit is dus n werklikheid vir elke gelowige.
Joh 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie. Die wet vir elke gelowige.
Die toewyding van die christen gelowige aan die Koningkryk se gebooie beginsels en beloftes van Jesus.
Eerste belangrike beginsel kennis van die Koninkryk. Vir die gelowige is dit uiters belangrik om die kennis te besit van die Koninkryk. Jesus het herhaaldelik die Koningkryk verkondig en dit as n opdrag bevestig gaan en verkondig die Koninkryk. Daar is twee waarhede van die Koningkryk die eerste gedeelte is geestelik en burgerskap word ontvang. Dan die werklike vestiging van die Koninkryk op Aarde na die dag van wraak die oorlog van Armageddon.
Dan 2:44 Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—
Dan 7:22 totdat die Oue van dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het.
Dan 7:18 en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid.
Dan 7:27 Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.
Die heiliges gaan dus nie in die hemel woon nie soos baie dink maar in die Koningkryk van God hier op aarde. In die heiligestad Jerusalem.
Rev 21:27 En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.
Rev 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.
Rev 21:3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.
Rev 21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
Rev 21:21 En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.
Rev 21:22 En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.
Rev 21:23 En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.
Rev 21:24 En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.
Rev 21:25 En bedags want nag sal daar nie meer wees nie sal sy poorte nooit gesluit word nie;
Rev 21:26 en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring.
Rev 21:27 En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.
Jesus se gebooie en beginsels van die Koningkryk sal dan die Konstitusie en grondwet vorm van die Koninkryk, en sal geinplementeer word deur Sy regering.
Rev 22:14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
Rev 22:3 En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien.
Rev 22:4 En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.
Rev 22:5 En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.
Rev 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.
Hulle vorm die parlement en regering van Christus en sal oor die nasies regeer uit die ou stad Jerusalem. Dit is hierdie kennis wat so baie gelowiges glad nie ken nie en niks van weet nie.
Die toewyding van die gelowige.
In die belangrikheid van die beginsels en wette wat die fondasie van die Koningkryk is. Die eerste beginsel van die liefde. Le daarin dat al die aardse besittings wat ek besit, is nie myne nie , maar behoort aan my hemelse vader en word aan my toevertrou om dit te gebruik, onder leiding van die Heiligegees. Net soos wat die wet van liefde oor my heers en my lei in die Koningkryk beginsels.
Beginsel twee die opdrag.
Is die opdrag om die evangelie te gaan verkondig, aan die hele mensdom en hulle te red, en verlos van sonde en oordeel. Dit is vas gevang in die opdrag gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies. Want so lief het God die wereld gehad , dat Hy sy enige gebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe mag beerwe. Ons word almal werkers in die Koninkryk.
Beginsel drie karakter.
Ek sal my lewe leef in nederigheid, en nie in hoogmoed nie.
Ek sal nie oordeel nie maar dit oor los aan God wat oordeel.
Ek sal nie kwaad met kwaad vergeld nie, maar die kwaad oorwin deur die goeie.
Woede en agressie is nie deel van my natuur nie, maar sagmoedigheid.
My dade van geregtigheid in my lewe word gerig deur die Koningkryk wette en beginsels.
Ek sal my lewe nooit beskikbaar stel vir ongeregtigheid nie, maar vir geregtigheid in my siel gees en liggaam.
Beginsel vier vergifnis.
Ek sal genadig en vergewings gesint wees teen oor die wat my te na kom.
Sonder om te wil vergeld of kwaad praat of skinder, of op enige ander manier nie.
Om twee drag tussen broers te be eiendig deur n vrede maaker te wees.
Beginsel vyf heiligmaking.
Ek sal nie slegte of onheilige gedagtes toelaat om my lewe te beheer nie.
Maar dit vervang met n Koningkryk gedagtes van geregtigheid.
Beginsel ses vrede.
Ek sal altyd strewe na vrede en n goeie gesintheid.
En geregtigheid beoefen sonder om my wil en siening af tedwing.
Beginsel sewe volharding.
Ek sal nie moedeloos word terwille van vervolging of die beginsels wette van die Koninkryk nie.
Maar ek sal my lewe toewy aan die hoe’ standard van my nuwe Christus lewe.
met die weete en sekerheid van die belofte dat ek loon sal ontvang.
Beginsel agt die liefde vir Christus.
Hy wie my lief het hou my gebooie
Daarom in die Koningkryk wette en beginsels wys ek my liefde en volg dit na. Totdat dit deel van my natuur gesintheid en geaartheid geword het, daar is geen plek vir my vleeslike natuur nie dit is n hindernis van my christen lewe in die Koninkryk beginsels en beloftes. My strewe sal altyd wees om die natuur geaartheid en gesintheid van Jesus te bekom (En dit openbaar deur my liggaam optrede. AMEN
Hierdie is die beginsels en gebooie vir die christen standaard en lewe.
Soos altyd liefde in Christus
Shorty van Vuuren M.S.