Luk 10:20 Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.
Die onderwerping van geeste is nie, en behoort ook nie die oorheersende begeerte van n ware Christen te wees nie. Nie een van die Apostels het dit as iets uitsonderlik van hulle geestelike vermoe gesien nie. Daar behoort n dieper ervaring in die verhouding van n ware Christen te bestaan in wie hy in Christus Jesus is. Die gees of bewussyn van die wereld of sonde is nie die grootste gevaar vir n Christen nie. Die strik waarin die meeste trap is om uitsonderlike geestelike vermoens en sukses te begeer. Om sodoende daarin die godsdienstige erkenning van mede broeders te verkry. Dit voed die begeerte om gesien en gehoor teword. Die gevaar is dit ontwikkel die eie ek en neem jou weg van die afhangklikheid van jou seunskap of dissipelskap.
Wat moet dan slegs gebeur. Slegs God se goedkeuring behoort genoeg te wees, en nie enige ander vorm van Goed keuring nie. God se goedkeuring berus nie in jou geestelike vermoe nie, maar in die eenvoud van jou verhouding met Hom. Hy moet meer word en jy minder dit is die wet. Jesus het vir sy Disipels gese om hulle nie, in n suksesvolle diens te verheug nie, en tog is dit by uitstek die een aspek waarin die meeste Christene hulle verheug en uit eiendelik sal hy hom self uitbrand en daarin mis ons die genade van ons redding en disipelskap.
Ons het n verkeerde siening, ons tel hoeveel siele gered en geheilig is, en ons dank God daarvoor wat ook reg is en dan dink ons dat alles verder in orde is. Maar in werklikheid begin ons werk eers daar waar die genade van God die grondslag gele het van volkome bevryding van n Christen in siel gees en liggaam. Ons werk is nie om siele tered nie maar om van hulle dissipels temaak. Verlossing en heiligmaking is die werk van God se soewereine genade en ons werk is as dissipels om van ander dissipels temaak totdat hulle lewe ten volle aan God oorgegee is. Een lewe wat totaal aan God toegewy is vir Hom van groter waarde as wat eenhonderd lewens is wat net tot bekeering kom sonder verandering.
As werkers van God moet ons die selfde gees wat in ons is ook in ander reproduseer, en daardie lewe en getuienis sal vir ons dien en getuig as Sy medewerkers. Deur Sy genade bring God ons lewe op n bepaalde standaard en onderrig Hy ons sodat ons die selfde standaard in ander kan reproduseer. Dit maak die werking van geeste uitdryf onbelangrik in verhouding. Selfs die spreking in tale is onbelangrik in die verhouding van die liefde.
Wat sal n Christen dan doen.
Col 3:2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
Col 3:3 Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
Tensy die disipel n lewe leef as n dienskneg wat saam met Christus verborge is in God en God se genade vir hom verstaan leef hy in die eenvoud en beloftes daarvan dit is waare Christenskap. Die waare kind van God praat nie groot nie is nie opgeblase nie is nie hoogmoedig nie soek nie sy eie eer nie probeur nie ander oortuig van sy Christenskap nie is ingetoe nederig verdraagsaam sy uiterlike lewe sal getuig van sy disipelskap ens. As n kind van God dit nie sy leefwyse maak nie, sal hy geneig wees om n irriterende diktator vir ander teword, in plaas van n nederige lewende dissipel. Baie is geestelik verhewe wat hulle eie begeerte dan aan groepe of enkelinge verkondig. Jesus het nooit aan ons op daardie wyse verkondig nie, elke keer as Hy oor dissipelskap gepraat het, het hy begin met” as” en nooit met die dwingende of godsdienstige bevel van” Jy moet nie”. Jou dissipelskap hou altyd n keuse vir jou in en jou openlike lewe weerspieel jou dissipelskap, as n volwasse Christen in Christus Jesus. Leef ek dit as n bewys aan ander of praat ek dit net om ander te oortuig. Die liefde in Christus Jesus dwing ons om n ware navolger en dissipel te word volgens die vereistes wat Jesus aan ons stel. As dit nog nie in jou lewe weerspieel nie werk daaraan.
Soos altyd liefde in Christus Jesus,
Shorty van Vuuren,M.S