Die Geestelike Gawes

1Co 12:1  En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.

1Co 12:4  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;

1Co 12:5  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;

1Co 12:6  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.

Wanneer die Heiligegees dit se maak Hy bekend en laat ons verstaan wat die gawes is, en dat die gelowige en die kerk daar deur gestig sal word.

1Co 12:3  en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

Dit is die Heiligegees wat Jesus na vore bring in jou lewe. Ons ken en beleef Jesus deur die Heiligegees, dit is waarom dit so belangrik is om die Heiligegees in jou lewe te ken, en in eenheid met hom te leef en wandel. Waar jy ookal gaan Hy is jou metgesel. Dit is die Gees van God wat van Jesus getuig, en Jy sal altyd jou Christen standard aan Sy getuienis en openbaring van Jesus se geaartheid natuur en gesintheid in jou kan meet. So elke gees wat belei dat Jesus die Christus is word deur die Heiligegees gedoen.

1Co 12:6  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.

1Co 12:7  Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.

Elkeen wat die Heiligegees ontvang het besit in homself die bepaalde werkende krag, en n teenwoordigheid, nie net op hierdie oomblik nie, maar ook oor die dinge wat nog mag kom , deur die gawe van kennis. Die Heiligegees is altyd daar as n hulp, die rede waarom n christen nie bewus is van hierdie krag nie, is uit onkunde ongeloof en twyfel, dit stel die werkende krag uit aksie. Maar as jy die Heiligegees se leiding volg sal Hy jou lei na oorwinning, jy sal groei in genade en krag en Openbaar making van dit wat jy besit. Alles le in die krag van die Heiligegees waar deur al Jesus en die Apostels se wonderwerke gedoen is en gebeur het.

Joh 17:22  En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. 

Ons het in gegaan in die manifistasie van die heerlikheid van God en daarin is krag en sterkte. Ons het nie n gees van vrees ontvang nie maar  n gees van krag en oorwinning. Dit is in die eenheid met Christus waar daar geen vrees is nie maar self vertroue in die verhouding wat jy besit. Die wat die heiligegees ontvang het kan die gees in beweging bring, en tog is dit nie ons nie maar die geloof binne ons wat die gees self laat manifisteer. Ons is n geestelike volk n koninglike priesterdom, n Heilige volk, wat Sy deugte na vore moet bring. As daar twyfel in jou is vind uit waarom is dit daar, waar daar n lewende geloof is daar geen ongeloof nie, ons groei van geloof tot geloof, todat geloof n natuurlike deel van jou lewe is. Maar as jy geloof wil leef met ongeregtigheid sal jy misluk, die reverdige sal deur die geloof  lewe. As geregtigheid in jou lewe heers is dit dood natuurlik om in geloof te lewe, dit bring blydskap en vreugde dit word jou hele lewe en geestelike erfdeel.

1Co 12:8  Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;

As Christene behoort ons nie kort te kom in enige van die gawes nie. Dit is die Heiligegees wat jou vertroos lei en leer en bemoedig en jou n gawe of gawes gee.

Eph 3:18  en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is,

Eph 3:19  en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.

Eph 3:20  En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,

Dit is in die volmaakte wil van God dat ons die gawes mag ontvang, as jy in n eenheid met hom is. As die gawes in werking is word die hele gemeente opgebou. En as jy jou oorgee aan God se wil in jou lewe, sal jy die gawe ontvang wat jou bediening sal versterk. Hoe meer ek my gawe beoefen hoe groter word my eenheid met Christus sodat ek meer bewus is van Hom as die gawe. En tog is die heiligegees net so deel van my lewe as Hy. Daar is sommige wat so oorheers word deur die gawe dat Christus later uit gesluit word. Dan word dit ek het gebid en dit of dat het gebeur self vir heerliking tree in.

Daar is n plek in die heiligegees waar twyfel uit gesluit word wanneer ek  die ontdekking gemaak het van Hom in my en ek in Hom, hierde eenheid is waarvan Jesus praat dit is nie ek weet nie maar n ondekking van die eenheid in die siel. Wanneer Hy se dat hulle een kan wees soos wat ons een is. Daar kom slegs die eenheid wanneer jou siel die bewussyn van God ondek het. In Hierdie bewussyn is geloof nie meer van toepassing nie. Dit is nie hoeveel kennis jy het of bybel lees of bid nie dit is n ontdekking wat die siel maak. Jy kom tot die besef dat jy tot alles instaat is deur Christus wat jou die krag gee. Die heiligegees sal altyd Jesus in jou opwek om Hom lief te he en tedien. Hy word groter en jy minder.

Daar is geen roem in vir jou as jy n gawe ontvang het nie. Elkeen wat vra sal ontvang, waarvoor vra jy sommige begeer en vra altyd net materieelle dinge. Is daar n soeke na n gawe dan moet jy nie ophou, voordat jy dit ontvang het nie, ons kan niks uit ons eie doen nie, God ken die bedoeling van die Hart. Ons leef nie in die natuurlike nie maar in die geestelike, waar God ons toerus met krag. Almal ontvang n salwing maar die doping in die Heiligegees is n ander gebeurtenis n doping wat gepaart gaan en bevestig word in die natuurlike realm bevestig met die spreking in tale. Dit is in die spreking van n onbekende taal waarin jy gestig word en die heiligegees vir jou intree. Hy neem beheer oor die gelowige se tong en die verstand word onvrugbaar. Die hemelse taal moet aan die standard van n taal kwalifisteer en alhoewel die taal nie verstaanbaar is nie n moet dit in die beginsels van n taal geskied. N gebrabel kwalifisteer nie as n taal nie.

Die roeping verg alles. In die roeping van Elisa het hy die twaaf osse en die ploeg agter gelaat toe God hom roep. Toe die tyd kom wou hy Ellia nie alleen laat gaan nie maar het elke keer waar Ellia ook al gaan geweier om agter tebly. Daar was n verlange in Ellisa se hart en hy het n wonderlike leermeester gehad wat vir hom se jy het goed gedoen vra wat jy wil he. En hy het die verlange van sy hart bekend gemaak n dubble salwing van die Heiligegees. Petrus was so gevul met die Heiligegees.

Act 5:15  sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en op bedde en draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was dit net sy skaduwee op iemand van hulle sou val.

Act 5:16  En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees.

Philipus is deur die gees weggevoer. Die Heiligegees is nie n gevoel nie maar is n bestand deel n in personasie van die Godheid. Die Heiligegees is die grootste geskenk van Christus aan Sy liggaam, wat net soos Hy dit ontvang het van die Vader nou ook net so aan sy liggaam die kerk skenk. Die gawes is n geskenk aan die gelowige.

1Co 12:7  Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.

1Co 12:8  Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;

1Co 12:9  aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;

1Co 12:10  aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.

1Co 12:11  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

Die gawes is n geskenk uit die hart van God aan die gelowige. Die eenheid met die Heiligegees is die krag in die gelowige se lewe. 

Soos altyd liefde in Christus
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment