Die Gees Van Die Here Is Op My

Luk 4:18  Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;

Luk 4:19  om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

Luk 4:20  En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig.

Luk 4:21  Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.

Toe Jesus hierdie woorde gespreek het Hy bevestig wat God Hom voor gestuur het en sy vyf voudige bediening bekend gemaak. Die gees van die Here is op my. Daar moet in die christen lewe n oomblik wees waarin jy besef dat jy die selfde ontvang het die gees van die Here is op my, hierdie besef bring jou in n dieper besef van die Heiligegees en Sy persoonlikheid. God bring ons op n plek waar ons die werklikheid besef wat Jesus gese het.

Joh 14:26  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Die gees wat Hy ontvang het, is ook die selfde wat nou op ons rus, twyfel en ongeloof beroof ons van die salwing en die werklikheid daarvan. Dit is deur die gees dat wonders en tekens plaasvind,die manifistasie daarvan kan in Jesus se hele bediening gesien word. Dit was n bediening van die Openbaarde woord en n demonstrasie van krag wonders en genesing. Dit is slegs in Christus en deur die Heiligegees wat op jou rus waar daar n manifistasie van krag n bediening van die openbaarde woord, en genesing kan plaas vind.

Die Heiligegees die trooster het gekom, om te bly sodat ons die beginsel van christenskap deur redding en tekens kan vervul, daar is altyd n konstante groei en n dieper teenwoordigheid as die Heiligegees op jou rus., die bewus wording daarvan is n werklikheid. Deur gebed bou ons verhouding en  deur die spreking van die onbekende taal tree die Heiligegees vir ons in met versugtinge en ons kom in kontak met die hemelse krag en die woord word vir jou deur die Heiligegees gees geopenbaar, in n dieper geestelike waarheid kennis en openbaring. Dit is slegs die Heiliggegees wat die liefde vir God, en vir ons mede broers en susters binne in ons kan bewerk stellig. Ons kan God slegs deur Christus en die Heiligegees ken. Die Heiligegees maak ook ons harte brandend by die kennis en openbaring van Christus, en vul ons net soos die Emmaus gangers met die geopenbaarde woord en die werklikheid van ons geloof. Die openbaaring daarvan vul jou met blydskap en vreugte. Ons harte behoort ook altyd brandend te wees, want daar is eenheid met die gees wat jou dryf en uit bring by die vervulling en blydskap van jou Christenskap en redding. Dit is noodsaaklik om in die gees te bly om net soos Johannes te kan se ek was in die gees op die dag om n gesig of Openbaring te ontvang. Wanneer jy die vleeslike natuur en geaartheid ontkom het, en in die gees wandel. Dit is ook wanneer jy in die geestelike realiteit wandel dat dit jou christenskap vervul.

Daar bestaan n natuurlike Christenskap en n Christenskap in die gees. die dertigvoudige christenskap of die sestigvoudige christenskap. Daar bestaan ook geen kennis of enige lewe, wat jou  lewe in die Heiligegees so kan vervul nie. Daar behoort n tyd in Jou Christen groei tekom waar in jy nerens ander wil wees nie as in die gees en in die eenheid met Hom. In daardie eenheid leef jy en begin jy dink soos Jesus, wanneer sy gedagtes jou gedagtes word, en Sy natuur en geaartheid en gesintheid jou manier van leef doen en wyse bepaal. Dit is in hierdie eenheid met Christus wat die Heiligegees jou wil inbring as bewys van Christ in me the Hope of this Glory, in Sy natuur geaartheid en gesintheid en karakter. Die werklike inwoning  en bewys van Christus in jou , en nie net woorde nie. Dit is slegs hierin waar jy die werke kan doen wat Hy gedoen het, en tog lyk dit vir my ons kom volkome heiligmaking en alle afsnyding van die vlees kort meer nog ons sukkel om  heiligmaking in die geestelike liggaam te verkry, heiligmaking in die gees. Ons bereik net nie in ons veertigdae groei proses die hoogte in ons wildernis ervaring nie, en tog word ons deur die Heiligegees bemoedig gedryf en versterk om aan tehou. Deur God is alle dinge moontlik , ons gaan uit as oorwinnaars en om te oorwin. Jy word gedurig deur gekonfronteer met die groei proses in die gees en oorwinnings wat al bereik is. Die ontdeking van die geestelike realiteit word jou kosbaarste besitting, en jy wil dit nooit verloor nie. Ook Jesus het deur die proses gegaan van groei en volwasenskap.

Luk 1:80  En die kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees; en hy was in die woestyne tot op die dag van sy vertoning aan Israel.

Dit is n groei proses in die gees net soos Hy waarin in Sy woestyn lewe op jou wag vol versoekings struikel blokke en aanvalle van die vyand, maar ons is meer as oorwinnaars elke oorwinning bring n dieper werklikheid van jou groei in gees en bewussyn, asook heiligmaking in die gees.

Dit is God se begeerte vir die christen om so in die gees tegroei, totdat ons by die plek kom waar ons ook kan se ;  die gees van die Here rus op my. Dit is deur die proses van groei in die gees dat jy meer en meer bewus gegin word van Sy teenwoordigheid en Sy gees wat op jou  rus. Ons is almal deel van Sy liggaam en deur die ontvangs en doping in die Heiligegees,  word ons almeer deel genote van Sy goddelike natuur. As ek daardie diepte begeer en voorbereiding doen, en Sy Heilige tempel die liggaam te reinig met geregtigheid in my siel, geregtigheid in my gees, en geregtigheid in my liggaaam sal ek begin verstaan wat werklike christenskap is. Wanneer ek dit bereik het verstaan ek die eenheid en baarin is geen vrees nie, en wat ek ookal vra sal ek verkry en jy sal die dooping van die Heiligegees ontvang, wanneer jou liggaam geheilig is vir die ontvangs van die Heiliggegees. Heiligheid soek heiligheid.

Ezekiel.

Eze 37:1  Die hand van die HERE was op my, en Hy het my uitgebring deur die Gees van die HERE en my neergesit in die laagte; en dit was vol bene.

Eze 37:5  So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word.

Eze 37:9  Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, En die bene het bymekaar gekom en daar was lewe.

Wat onmoontlik is vir die mens is moontlik by God. Ons moet daarna strewe om in die eenheid met die gees te bly; in siel gees en liggaam, en as jy die eenheid ontdek het n bewussyn om dan altyd daarin te bly en niks toe telaat wat jou daaruit kan neem nie, en as dit gebeur om met smekking en trane nie op tehou voordat jy weer herstel is in die eenheid nie. In my lewe is ek skoon ontsteld as so iets gebeur. Die gees van die Here is op my.

Jesus se bediening.

Daar is n rede hoekom die gees op Jesus was,  eerstens om die evangelie aan die armes te verkondig vir sonde vergifnis. Om die wat gebroke van hart is te genees, en vir die gevangenis vrylating, wat n wonderlike salwing van die Heiligegees was nie op Hom nie, en om aan die blindes gesig te gee, en siektes te genees. Om ook genesing tebring aan die wat gebroke van gees, en om die aangename jaar van die Here aan te kondig wat tot vandag toe is. Ons is nog steeds in die jaar van genade en redding.

Maak seker en verstaan die rykdom in Christus Jesus, wanneer jy besef Sy gees rus op my, want Christus het nie net vir ons redding gebring nie maar ook wysheid verlosing en krag deur die Heiligegees. Hy het ons gered en verlos van alle onreinheid,en ons gevul met God se bewussyn en ons die gees geskenk, daar bestaan geen plek vir twyfel of ongeloof in jou nie. Wat jy moet haat en nie toelaat in jou lewe nie. Jy is leeg gemaak en gevul met God, daar is geen vrees nie, slegs die volmaakte liefde,en die volmaakte liefde dryf die vrees uit. Moet nooit vrees ontboesem nie. omhels die liefde. Die manifistasie van die gees wat op Paulus gerus het is n bewys van die genesings en predeking van die openbaarde woord. Dit is in hierdie interaksie met die Heiligegees, wat jou in n eenheid bring en leer om op Hom te vertrou Vertrou Hom. Vertrou die beloftes, anker jou geloof. Geloof is verbind aan die wet van lewe wat in Christus Jesus is.

Elisa het n dubbel mate van die gees begeer is jy tevrede met dit wat jy het of begeer jy meer n dieper salwing en n dieper verhouding met die Heiligegees. Dit bring ons by die wet van die gees. Daar is nou geen veroordeeling vir die wat in die gees wandel nie, daar kom niks kort in jou lewe, om in eenheid met die Heiligegees te wees nie. Solank as wat jy in eenheid met die gees leef, werk alles ten goede uit. Daar is net n tekort waar die bestanddeel van geloof nie is nie. Die woord se geloof is die bestanddeel wat nodig is, en alles wat nie in die geloof is nie is sonde. Dit maak geloof die fondasie van Christenskap, alles is moontlik deur geloof, en as ons dan glo dat in die eenheid met God, en binne in Sy wil dat in volwasse Christenskap as seun Hy  jou alles sal gee wat jy vra. God het ons Jesus, en die Heiliggegees gegee in Sy wil, en ook Christus aan ons geopenbaar, en het in Hom en deur Hom ons alles geskenk. As n bewys van Sy wil.

Ek maak klaar.

Luk 2:40  En die Kindjie Jesus het gegroei en sterk geword in die Gees.

Selfs Jesus het gegroei in die gees totdat Hy kon se: Die gees van die Here is op my, dit is waar; ons moet so met die gees gevul word totdat ons kom tot hierdie werklikheid daarvan. Jesus het so in eenheid met die Heiliggegees gewandel dat Hy krag uit Hom voel vloei het toe geloof betrokke is. Begin die doping in die Heiliggegees te soek, en moet nie op hou daarna soek en begeer nie, laat deur gebed jou verlange by God bekend word.

Luk 4:1  En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei, 

Act 6:3  Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid,

Act 6:8  En Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. 

Act 7:55  Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.

Groei op in die Heiligegees totdat jy bewus word van die werklikheid van die gees van die Here is op my .

Mat 11:25  In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.

As daar nog n tekort in jou lewe is soek met jou hele hart Hy wie soek sal vind. Totdat jy ook kom in die diepte van eenheid deur God bewussyn te verkry.

Luk 2:40  En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.

Hy het jou gesalf en jou die Heiliggegees gegee. Groei op tot die besef dat die gees van die Here is ook op my. Amen 

S00s altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment