Die Ewige Lewe

Ons besit alreeds die ewige lewe die het ons met geboorte ontvang, ons dink dit is iets wat ons nog eendag gaan ontvang, maar die ewige lewe waarvan gepraat word is heeltemal iets anders. So wat is die ewige lewe as ons nou alreeds vir ewig gaan lewe.

Joh 17:3  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.

Die ewige lewe is om altyd in die teenwoordigheid van God te kan wees , en by hom te bly en Hom te mag ken.

1Jn 1:2  en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is—

Die ewige lewe is wel so dat ons vir ewig lewe omdat ons n geestelike deel van die Godheid ontvang het met ons geboorte as mens.

Gen 2:7  En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

Om hierdie rede omdat ons alreeds die ewige lewe besit is daar geskryf.

Joh 10:34  Jesus antwoord hulle: Is daar nie in julle wet geskrywe: Ek het gesê, julle is gode nie?

Joh 10:35  As dit húlle gode noem tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif nie gebreek kan word nie,

Omdat God aan ons die lewe geskenk het en die woord van die lewe sodat ons daardeur die onsterflikheid ontvang het maak dit ons gode. Christus het gekom om God aan ons te openbaar sodat ons Hom mag ken en een met Hom kan word. Nie net het Hy God kom openbaar nie maar deur Hom self Sy natuur en geartheid en liefde sien ons God. Tog verstaan ons dit nie.

Joh 14:8  Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.

Joh 14:9  Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?

Joh 14:10  Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.

Hy is die ewebeeld van die onsienlike God wat Hy aan ons kom openbaar het Christus het die selfde natuur en geaartheid en gesintheid van God. Ons is veronderstel om die selfde geaartheid natuur en gesintheid van Christus te openbaar in ons lewens en ons ken Hom nou, en word deur Hom geken, dit is die ewige lewe.

Wat gebeur as jy nou sterf. Wanneer jy sterf wag of die ewige lewe vir jou saam met God en Christus of die oordeel omdat jy sy liefde verwerp het en nie geglo het nie, die oordeel is weg van God af vir ewig.

Joh 5:24  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

Of jy in God glo of nie verander niks omdat jy alreeds vir ewig gaan lewe, wat egter die verskriking daarvan is dat jy finaal geskei gaan word van God wat die tweede dood genoem word. Die geestelike lewe wat jy ontvang het kan nie sonder God bestaan nie, en jou gees kwyn in die mees ondraaglike pyn, hierdie skeiding bring jou by al die wat uit eindelik God verwerp het, die tweede dood is finaal in die skeiding weg van God af en die lewe wat in Hom is. Die geleentheid is nou om Hom aan teneem en te ken. Die wat God aangeneem het vrees nie die tweede dood nie.

Rev 2:11  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.

2Th 2:12  sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

Rev 20:6  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

Sondaars die ongelowiges gaan nie en het geen deel in die eerste opstanding nie, en kom in die oordeel.

Joh 5:27  En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.

Of n sondaar glo of nie hy besit ook alreeds onsterflikheid en wanneer hy nou sterf sal hy uiteiendelik voor Christus verskyn en geoordeel word. Die verskrikking hiervan is dat die persoon dan die werklikheid van God besef en die dag van oordeel. Wat gebeur met die wat God verwerp het?

Rev 21:8  Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.

Mat 25:46  En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.

Die wat die reddings plan van God verwerp sal weggaan van God af in die ewige straf, en die wat God aan geneem het word deel van die koninkryk en die ewige lewe. Die verdeling van die mensdom die wat God verwerp word die eiendom van Satan.

Rev 20:13  En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.

Rev 20:12  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.

Rev 20:15  En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Rev 20:14  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.

Rev 2:11  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie

Joh 6:47  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.

Joh 17:3  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.

Geloof is die eerste stap na Christus en die Koninkryk van God.

1Jn 5:10  Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.

Jesus het die liefde van God aan ons kom openbaar.

1Jh 1:1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe—

1Jn 5:11  En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.

Die  ewige lewe is in die Seun soos wat ons Hom leer ken en met Hom wandel, en in Hom glo.

Joh 6:47  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.

Mat 11:29  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;

Joh 10:28  En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

Niemand kan ons skei van die liefde van Christus nie. Ons glo ook wat God beloof het.

Tit 1:2  in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het,

Ons hoop van die ewige lewe in die koninkryk van God.

Rev 21:27  En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.

Rev 22:3  En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien.

Rev 22:4  En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.

Rev 7:17  want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.

Rev 21:4  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

Rev 22:5  En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.

Rev 21:3  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.

Heb 8:10  en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

Kan jy dit indink God gaan by ons woon. Hy wat oorwin sal alles beeerwe. En ons besit alreeds die ewige lewe.

Joh 17:3  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.

Soos altyd liefde in Christus
Shorty van Vuuren .M.S.

Leave a comment