Die Eerste En Tweede Troon Ondervinding

Christene oor die algemeen is vasgevang in die kruisiging van Christus in hul Christen lewe, en hulle bly by die kruis en kom nooit daarweg nie, en stagneer daar. Terwyl daar n hoe”r lewe in Christus is, ons verstaan Sy liefde, en Sy oorwinning, ook die lewe wat Hy afgele het vir ons is in die kruis afgehandel daar is niks meer daar nie. Christus begin met ons by die kruis maar neem ons daarvan weg om van God te ontvang genade geloof,en die krag van die heerlikheid, wat ons seuns van God maak in Hom self. Dit is egter n lang pad van die kruis tot by die eerste troon ondervinding van die siel. Tot dat die hart, in n volkome eenheid kom, en die natuur van die mens geheel en al verander is, en ons verander het tot die natuur gesintheid en geaartheid van Jesus Christus, totdat ons n reinkarnasie van Christus geword het volgens

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van  die volle grootte van Christus;

Eph 4:14  sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring.

Jy is nie meer n kind nie, wanneer jy n eenheid met Christus bereik het wat jou optel bokant leerstellings. Jy opgegroei bokant kerk Christenskap en organisasie.

Col 2:20  As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge 

Col 2:21  soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? — 

Eph 4:15  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,

Die eerste troon ondervinding.

Die werklike Christenskap.

Baie Christene het nie die besef wat die regte Christus bewussyn en lewe behels nie, dit is eers wanneer ons Sy oorwinning verstaan en besitters van Sy bewussyn word wat ondek word en groei in die siel en dan besit neem van die hart, totdat ons kom by the mind of Christ and the whole mind of Christ eers dan kan ons die werklike Christenskap verstaan . daar is geen frustrasie in die Christus bewussyn nie. Dit is verstommend hoe Christene vas geketting is aan die kruis, aan n lee graf, en aan die verlede van dit wat was. Dit is nie Christenskap nie Christenskap begin die more van die opstanding en die uitstorting van die heiligegees en kom tot die werklike Christenskap wanneer ons kom tot die kennis in die siel van die bewussyn van God homself, die bestanddeel van Sy persoonlikheid. Sy teenwoordigheid in die Christen liggaam en siel, Ons ontdek God in ons. Ons ondek die eenheid met hom.

Werklike Christenskap is die oorwinning wat gevoel word in die hart en in Die liggaam, die bewus wording van die teenwoordigheid van die persoonlikheid van God Sy bestanddeel binne in jou. Die bewussyn die bewus wording,  in die gees, siel, en liggaam van die gelowige wat hom in werklike Christenskap bring, jy beleef die eenheid. Dit is n ontdekking van die siel en jou n oorwinnaar maak oor die duisternis. Oorwinnaar oor die magte van die duisternis, oorwinnaar oor die wereld bewussyn. ek het die wereld ontgroei. Ek het in rus gekom. Ek groei in kennis en harmonie, ek  beweeg na dieper kenns en lewe in die geestelike realm, en ook in my verhouding. Dit bring die gelowige in harmonie met God in n eenheid wat die kosbaarste besitting word van die een wat dit besit en soos wat die gees van die mens in eenheid bly en wandel met God, so sal alles wat uit jou lewe uitvloei , in harmonie met sy gees wees en deur jou lewe sal ook jou liggaam bewys lewer, deur wie die siel besit word.

Daar is altyd die bewussyn van triomfeer, n bewussyn van oorwinning,van ondersteuning, n bewussyn van krag en ook die  bewus wees van God in my en ek in Hom. Wat ook nou die gebeds lewe van die Christen verander. Die geheim van Christenskap is, wanneer Christus besit neem van die mens se hart en die mens hom self oorgee aan Hom sodat Sy oorwinning,  Sy lewe, Sy bewussyn, en Sy krag jou siel en gees besit en ons bewus word van God se in werkende krag en teenwoordigheid. Ek leef nie meer nie maar Christus leef in my. Die gees van oorwinning word gebore in die hart van die Christen. Die werklike Christen gaan uit as oorwinnaar en om te oorwin en alles in hom self word gevange neem vir die heerskappy van Jesus Christus in jou lewe  en wanneer Jesus Christus gestalte verkry in die siel deur die krag van God, en ons volkome oorgee aan God totdat ons natuur siel gees en liggaam die besitter word van die gees the mind of Christ dan eers verstaan ons die gees van oorwinning wat Jesus besit het. Wat ons hier bespreek is n al gehele toeweiding , n hunkering na meer as net n kerk christenskap, ek verlang na n dieper betekenis van my verhouding met God.Dit is eers wanneer ek my eie lewe, en denke geheel en al oorgee dat my lewe in n eenheid met God kom en ek begin om uit my liggaam teleef en by God in teleef.

Gal 5:24  Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. 

Gal 5:25  As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. 

Rev 1:8  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Rev 1:18; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

Die oorwinnings krag van Christus is die selfde vandag more en tot in ewigheid, die oorwinning behoort aan die Christen wat dit toepas in sy lewe, die bewussyn van krag was in Christus en nou inwoonnend in die hart van die Christen oorwinnaar.

Die oorwinning van Christus.

Rev 5:4  En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.

Rev 5:5  Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.

Ons kom uit die wortel van dawid (Jesus) voor en dus ook uit die stam van Juda. Dit is die oorwinning van Jesus wat ons die insig gee in die boek se verborge manna. Die oorwinning van Christus en die oorwinning van jou siel le in die verhouding tussen jou siel en die siel van Christus. Wanneer jy n besitter word van sy gedagtes geaartheid en natuur Sy karater verkry. Wanneer jy dan besitter van die Christus bewussyn verkry het, en ook Sy eenheid met God, word jy oorwinnaar oor elke siekte kwaal, gemoeds toestand, en die dood. My mind have excepted the mind of Christ. Wat Paulus bevestig hulle besit. Die Here bevestig hierdie eenheid ,wanneer Hy se;

Joh 17:22  En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.

Werklike eenheid is geestelik en wanneer ons n eenheid met Christus bereik het, het ons ook geestelik in n eenheid met mekaar gekom. Een met almal wat aan Sy liggaam behoort, die kerk is verdeel en het hierdie eenheid verloor,  maar daar was nog altyd die eenheid van een liggaam een tempel een trop skape en een Herder. die kerk se werklike eenheid met Christus en met mekaar sal in die verdrukking verkry word. Die sukses van jou lewe as n kind van God is gebasseer op die bewussyn van Christus en die krag van God wat in jou hart is. Die bewussyn van Christus bring jou in volle vertroue in God en in die werklikheid van jou geloof en verhouding. Christus getuig van God se teemwoordigheid by jou

Jos 1:9  Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

Christus lewe nie net aan die regterhand van God nie Hy leef ook in jou siel en myne, in jou bewussyn is hy  permanent teenwoordig. Dit dryf alle vrees uit.

Rev 1:17  Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen.

En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

Die grootste oorwinning wat Christus vir ons verkry het is die bewussyn dat Hy leef en heers en dat deur die krag van God. Sonde oor my nie sal heers nie ek kan die wereld oorwin. Die duisternis het geen mag oor my nie. in my groei proses in Christus. Ek het gegroei in Christus en in geloof dat enige siekte deur God genees kan word. Hierdie oorwinning wat jy verkry, word deur die Christus bewussyn in die Christen liggaam bevestig. Ek het werklike Christenskap ontdek, en het my moeder ontgroei. Ek leef nie meer nie want Christus leef in my. Alles wat Jesus was en besit het gee Hy ook vir sy kerk en vir jou. Jy is n mde ergenaam van die Koningkryk. Sy persoonlikheid in n  kooperatiewe liggaam met baie lede, kan in n eenheid kom deur die gees van God. In die selfde gestalte en mate wat Hy besit het, in die selfde krag en outoriteit in die selfde eenheid, met niks minder as wat Hy besit het nie, sodat die kerk alles kan vermag en heers. Werklike Christenskap is die besitter van God bewussyn, Christus bewussyn en bewusyn van die Heiligegegees is n werklikheid in sy siel gees en liggaam,  having the mind of Christ and all the mind of Christ. Die eerste troon ondervinding is die ondekking en kennis. Die tweede troon ondervinding is die besit van die bewussyn wat jou in n eenheid bring.

Joh 17:22  En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van  die volle grootte van Christus;

2Co 4:10  Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word. 

2Co 4:11  Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word. 

Dit is die werklik volwasse Christenskap.

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment