Die Christen Gemeenskap met Christus

Die inwooning van Christus in die christen, word nie altyd begryp nie, en die beoefening van die inwooning van God is ook n werklikheid en word ook nie altyd verstaan nie. Die ander werklikheid is ook dat die christen liggaam (die kerk) ook nie die realiteit daarvan beleef soos hulle moet nie. Baie ervaar die gevoel in hulle gees en denke dat toe Jesus opgevaar het, hy nie meer teenwoordig met ons is nie. Tog voor Sy hemelvaard gee hy hierdie die bevel aan die Apostels.

Mat 28:19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 

Mat 28:20  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. 

Dit lyk en klink asof die Here ons verlaat het, maar dit was glad nie Christus se bedoeling nie. Christus verseker ons van Sy teenwoordigheid met ons tot die eiende toe. Hierdie teenwoordigheid beleef Paulus op die pad van Damaskus.

Act 9:3  En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ‘n lig van die hemel af; 

Act 9:4  en hy val op die grond en hoor ‘n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? 

Act 9:5  En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. 

Act 9:6  En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen. 

Act 9:7  En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie. 

Toe Paulus vra wie dit is was die antwoord Ek is Jesus, die teenwoordigheid van Jesus het Paulus oorgeneem.en hom verlos van sy verkeerde begrip van godsdiens en sy sondige optrede. Op n latere staduim van sy bediening het Paulus teruggekeer na Jerusalem en was in gevaar om sy lewe te verloor. Terwyl in aanbidding in die tempel het die Heiligegees oor Hom gekom, en hy se die volgende.

Act 22:17  En toe ek in Jerusalem teruggekom het en besig was om in die tempel te bid, het ek in ‘n verrukking van sinne gekom 

Act 22:18  en Hom gesien, en Hy het vir my gesê: Maak gou en gaan haastig uit Jerusalem uit, want hulle sal jou getuienis aangaande My nie aanneem nie.

Paulus het geargimenteer met die Here.

Act 22:19  En ek het gesê: Here, hulle weet self dat ek besig was om die wat in U glo, in die gevangenis te werp en in die sinagoges te slaan; 

Act 22:21  En Hy het vir my gesê: Gaan heen, want Ek sal jou ver wegstuur na die gewone heidene.

Jesus is net so naby ons as wat hy by Paulus was. Die nabyheid van Christus weerspieel in ons lewens deur dit wat ons beleef. Deur Sy krag en onderstening liefde en blydskap bevestig hy Sy teenwoordigheid. Wanneer jy n hoer platform in christenskap bereik het, word hierdie gewaar wording deel van jou elkedag verhouding en bestaan en word Sy teenwoordigheid ervaar,dit gaan dieper.

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;

Hy skenk vir ons die oorwinnings lewe, deur sy inwonning en Hy herskep vir ons n veranderde natuur en vul ons met liefde, deur Sy geaartheid gesinheid en natuur ons word hervorm na Sy karakter.

Col 3:11  maar Christus is alles en in almal

Jesus is ons verlosser en redder, nie net buite my nie maar ook in my, Hy werk in my om Sy doel te bereik om my te  herskep in Sy gestalte in my siels  denke vlees en gees om my na n nuwe skepsel te hervorm.

Col 1:22  in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel; 

Hierdie verandering is n innerlike verandering van ons lewe natuur en gesintheid. Ons ou natuur verdwyn wanneer ons oorgee aan Sy wil, om Sy doel te bereik in ons deur Sy Gees. Hoe geduldig werk die Here met ons deur Sy krag, om die wil van God in ons lewens te verkry. Die transformasie van heiligmaking.in ons lewens is om Sy gestalte te verkry.

Gal 4:19  my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle ‘n gestalte verkry. 

Die transformasie proses deur die Gees van GOD in ons vlees siel en geestelike liggaam word weerspieel in ons vleeslike liggaam se optrede  en gesintheid. tot n werklike christen beeld. Hy was die volmaakte een wat gekom het.

Heb 4:15  Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

Hierdie hemelse geaartheid en natuur vir die christen is die doel van God vir jou en my.

Eph 1:18  verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder (in) die heiliges is;

Eph 1:19  en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte 

Eph 1:18  having the eyes of your heart enlightened, that ye may know what is the hope of his calling, what the riches of the glory of his inheritance in the saints, 

Eph 1:19  and what the exceeding greatness of his power to us-ward who believe, according to that working of the strength of his might 

Jesus kan nie iemand aan die Vader voorstel wat onheilig en sondig lewe nie. Neem net Jesus aan, sal geen verandering in jou bring nie. Hierdie transfomasie moet die siel reinig van sonde en ongeregtigheid die inwooning van Christus gee aan die christen die krag bokant menslike swakheid. Dit skep die oorwinning, want groter is Hy wat in my is, as hy wat in die wereld is, ek is meer as n oorwinnaar, ek gaan uit om te oorwin. Hierdie werklikheid skenk jou die  genade en groei proses in Jesus Christus se geartheid, natuur en grsinthetd. Dit is Jesus se doel met jou lewe, dit is die mistery die wonder wat Hy kan maak in jou lewe, om jou te verander na Hom self. Dit is onverstaanbaar vir die wereld, die verandering van die karakter van n persoon In Christus Jesus n nuwe skepsel.

Eph 5:27  sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.

Hierdie proses maak jou n vreemdeling vir die wereld, jy het die wereld afgesterf, jy leef nie meer nie maar Christus leef nou in my. 

Col 1:22 , om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel;

Wedergeboorte het sy volheid en doel in my bereik. Ek het die werklike hemelse burgerskap in my bereik, sonder rimpel sonder vlek, die onverganklike saad in my het sy vrug voort gebring en die transformasie voltooi.

Ek sluit af.

1Co 13:13  En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

Alles omtrent  my is vasgevang in die liefde van Christus.  Die inwooning van Christus in die christen, Die reinkarnasie van Homself in my. Dit is die doel van werklike christenskap, die christen se gemeenskap met Jesus Christus Amen.

Soos altyd liefde in Christus,
Shorty van Vuuren M.S. 

Leave a comment