Joh 6:28 Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?
Joh 6:29 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.
Dit is die werk van God dat julle glo. God word verheerlik deur kinderlike geloof in die woord, dit is n betroubare woord, en werd om tenvolle aangeneem te word. Jesus bevestig geloof gebou op kennis. Alles is moontlik vir die een wat glo. Kennis is wat jy verstaan en ervaar.
Joh 5:17 En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.
Hy het gesien hoe God die werk doen, en Sy werke en geloof was daarop gebaseer ,dit het Hom gebring by geloof gebou op kennis. As ek Hom ken, en die beloftes in Hom glo, word geloof maklik.
Hy het die beloftes so verduidelik.
Mat 7:7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
Mat 7:8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
Mat 7:9 Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee;
Mat 7:10 en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee?
Mat 7:11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid
Bevestigde beloftes dat as ons daarvoor bid ons deur geloof sal ontvang. Jesus se bediening op Aarde was om God te verheerlik, en om God aan die wereld te openbaar.
Heb 2:10 Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.
Hy het ons gered en bekwaam gemaak. Johannes die doper het gekom om die pad reguit temaak en om Hom te openbaar wat so kom. Sy kennis en geloof het gekom omdat hy geglo het wie hy is.
Mat 3:3 Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
Sy geloof gebou in die woord. En toe die Seun van die mens kom gevul met die krag van die Heiligegees, het Hy aan ons geloof geopenbaar. Ons gaan deur die selfde proses geloof gebou in die woord. Ons moet onthou God, het ons uit verkies uit die mensdom, en ons die Heiligegees krag gegee, dit is nie uit ons nie, maar van God, dit is die krag van iemand anders wat werk binne in ons. Met die mate waarmee ons bekleed en verborge is in Hom,werk die innerlike manifistasie van Sy krag.
Joh 5:17 En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.
Die werklike kennis om Hom te ken die realiteit daarvan, word deur die Heiligegees wat in ons woon gebring. Ek moet Sy heerskappy en die manifistasie van Sy krag begryp, Hy is in my, en ek in Hom en God is in my en ek in Hom. Die Heiligegees wat Hom aan ons deur Sy werke openbaar. Die Vader werk en die Seun werk deur die Heiligegees.
Die inwoning van die drie eenheid in die mens.
Die Heiligegees in ons bring die openbaring en die manifistasie van die Christus in ons sodat ons Hom kan ken en verstaan. Dit skep die fondasie van geloof in ons. Sonder Hom is ons niks nie, alles is deur Hom.
Joh 14:10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke
Geloof gebou op kennis. Ek lewe geestelik omdat Christus lewe.
Rom 8:2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
Die gees wat in ons werk bring geregtigheid, en geregtigheid bring ons op die plek waar alle ongeloof ontroon word. Ons moet geregtigheid in die vlees ,geregtigheid in die siel, en geregtigheid in die gees verkry, dit bring geloofs versekerheid.
Mat 21:42 Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
Ons word deur God besit, en behoort nie meer aan ons self nie, ons is bekleed en bedek. Om ook nou verlossing aan die mensdom te verkondig die reinig van sonde en ongeregtigheid, ons het n getuienis van verlosing ontvang. Ons is van bo wedergebore, jy is nou n geestelike wese gebore uit n groter krag, God wat nou in ons woon , vervang die ou jy in n nuwe skepsel.
Joh 14:14 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
Wanneer jy ontvang wat jy vra bou dit geloof en kennis. Die Vader werk en die seun werk.
Joh 16:24 Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.
Wat sal ons doen om die werke van God tedoen?
Joh 6:28 Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?
Joh 6:29 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.
Dit is geloof wat God sal volbring, wanneer daar n groei kom in geloof gebou op kennis. Jesus het wonders en tekens gedoen deur Sy kennis van Sy Vader.
Mat 11:27 Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.
Geloof bring kennis verhouding en gemeenskap ook vrede en blydskap. Ongeloof en twyfel kom altyd deur n gebrek aan kennis.
Joh 11:41 Hulle neem toe die steen weg waar die oorledene lê. En Jesus het sy oë opgeslaan en gesê: Vader, Ek dank U dat U My verhoor het;
Joh 11:42 en Ek het geweet dat U My altyd verhoor, maar ter wille van die skare wat rondom staan, het Ek dit gesê, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.
En Ek het geweet dat U My altyd verhoor. Die kennis in die verhouding tussen Vader en Seun bring geloof versekerheid. Paulus se geloof gebou op kennis.
Act 22:7 en ek het op die grond geval en ‘n stem vir my hoor sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?
Act 22:8 En ek het geantwoord: Wie is U, Here? En Hy het vir my gesê: Ek is Jesus, die Nasaréner, wat jy vervolg.
Hierdie kennis het geloof in Paulus gebou.
Act 19:11 En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen,
Act 19:12 sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.
Waneer Christus ons neem en verander begin die geloof gebou op kennis.
Php 3:21 wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.
Wanneer Christus in jou regeer, leer jy gehoorsaamheid, en beweeg jy in Sy wil, in Sy krag, in Sy lig, in Sy lewe, wanneer ek geloof gebou op kennis bekom het kom geloofs versekerheid. Die werklikheid van hierdie kennis is Hy het klaar in jou gekom, ons sal krag ontvang wanneer die Heiligegees oor jou kom en inwoon. Sommige se geloof begin by die kruis en eiendig daar. Wat sal ons dan doen om die werke van God tedoen. Dit is die werk van God dat ons glo sodat ons geloof kan verkry in die een wat Hy gestuur het, en die beloftes glo en dit jou eie maak.
1Pe 2:24 wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.
Ek moet geregtigheid in my siel, gees en liggaam verkry, om die volheid in Christus te kan ontvang.
1Pe 2:21 Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;
Redding en, genesing, en die doping in die Heiligegees is vir almal.
Rom 6:11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
As die vlees dood is sterf ongeloof dan kan jy heilig maaking lewe, jou verhouding word jou alles.
Mat 5:16 Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.
Joh 14:12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.
Werke bevestig op geloof versekerheid .
Joh 6:28 Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?
Joh 6:29 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.
Die Vader werk en die Seun werk tot nou toe. Vir wie wil hy dan kennis leer.
Isa 28:9 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?
Jy moet groei in kennis in die geopenbarde woord, kennis opgedoen in jou lewens verhouding met Christus kennis in die God saligheid, kennis van die Koningkryk, kennis in die volheid van jou Christenskap, kennis oor die eiendtyd, kennis in die ewige lewe kennis van jou eiend bestemming dit bou geloof sekerheid. Hy gee jou kennis.
1Co 1:5 dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis;
Phm 1:6 dat die gemeenskap van jou geloof kragtig mag word deur die kennis van alles wat goed in julle is, tot eer van Christus Jesus.
Jou geloof op n vaste fondasie gebou op kennis.
Soos altyd, liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.