Die Christen Behoefte en Roeping

Die uitstorting en die volheid van die gees in die lewe van die Christen kom net met n volle oorgawe aan God waarin ons kan opgroei in ons christenskap en in n heiliger lewe lewe as voorheen. Die christen behoefte word al groter in vandag se onverstaanbare wereld, daar is baie meer gebrokenes, en eensames al meer wat verslae is van gees. God het ons gevul met Sy gees, ons toegerus met geloof, in die volkome vertroue dat ons altyd kan weet dat in enige omstandighede Hy altyd by ons is. God is altyd daar. In hom is ons leef ons en beweeg ons.

Somtyds verloor ons die besef dat daar n krag groter is as ons self. Net soos die son invloed het elke dag op die natuur net so het God se gees elke dag n invloed op die menslike siel.

Paulus.

Paulus se ontmoeting met die lig en die stem uit die hemel oppad na Demaskus het sy lewe onherroeplik verander. Dit is waar hy sy roeping ontvang het wat hy bevestig het deur te se, ek was aan die hemelse gesig nie ongehoorsaam nie. In sy staat van blindheid en gebrokenes het hy die lig ontvang en die besef dat God oorgeneem het. Wanneer God jou lewe oor neem is jy nooit weer die selfde nie. Jy word gebind aan Sy wil en wanneer jy oorgee kom n proses van groei in n hoe’r platform in die Christen lewe. Paulus moes eers op n plek van volkomme gebrokenes kom blind en huleloos voordat hy die lewe van God kon ontvang. Dit is eers as jy jou eie lewe verloor het dat die lewe van God in jou gevestig kan word waarin jy dan ander kan bereik. As jy hierdie besluit geneem het is die Heiligegees gereed om jou in n nuwe werklikheid op teneem. Dit bring n nuwe ondekking in jou Christen lewe van n dieper openbaring van die geestelike realiteit.

Daar is so baie moontlikhede en dieptes wat op geen ander manier na vore kan kom nie. Dit is slegs wanneer ek my lewe afle’ en oor die werke van die vlees triomfeer en bereid is om die ou wyn te vervang met n nuwe dat ek dit kan ontvang en dit myne kan word.

Joh 4:14  maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. 

Jy moet ophou om jou aandag op iets anders te bepaal maar slegs op dit wat God in jou wil vestig. Daar is n wonderlike lewe in die oorgawe aan die heiligegees, daar is so baie meer moontlike in die groter kragte wat dan in jou werk.

Toe Jesus op die plek kom waar Hy vir homself brood kon skep, het hy geweier, maar Jesus het op die plek gekom waar hy brood aan duisende kon gee. En wanneer ek op die plek kom waar ek nie meer net aan my self wil gee en ontvang nie kan God in my lewe voorsien wat ek nodig het in die opbouing van my verhouding. Dit is wanneer ek Christus aantrek dat ek my eie naakheid kan bedek en my afhanklikheid.

Paulus.

Paulus roep uit in sy hulpeloosheid en gebrokenes Here wat wil u he moet ek doen. Hierdie uitroep het sy sig terug gebring en Ananias het hom die hande opgele en gese ontvang die Heiliggegees. Wanneer God beweeg in jou lewe word jou liggaam gevul met heerlikheid en die woorde wat gespreek word dra die salwing van die heiligegees en jy begin moontlikhede sien en beleef wat jy nooit voorheen bewus van was nie.

Paulus het n gesig n visioen ontvang n roeping, daar is altyd n roeping in die doping van die Heiliggegees, maar dit beteken niks tensy ek dit n werklikheid maak en dit vat en my eie maak nie, en as dit n begeerte van jou hart geword het wat die gees jou gewys het in n gesig of visioen sal dit n werklikheid word.

Wees versigtig, baie verloor dit omdat hulle nie die visioen behou nie. Hulle het die vuur binne nie brandend gehou nie, daar moet altyd n vuur branding blywind op die siel altaar wees. Daar sal altyd n opoffering van jou af kom en op die altaar gele word. Die Heiligegees krag in die mens is altyd n groeiende krag, dit word altyd groter, God het niks wat swakker word of minder of die selfde bly nie daar is altyd n hoe’r platform. Die vraag is gaan jy vorentoe en klim jy hoe”r die berg op of sit jy in die vallei.

Soos Moses moet jy altyd Hoe”r die berg op tot op die bopunt waar Jy die troon en krag van God ervaar en ontvang sodat wanneer jy afkom jy dit binne saam met jou kan dra as n blywende ervaaring. Jesus was nooit haastig met Paulus nie, in elke opsigmoes hy deur die proses van oprigting en lering gaan. Baie dink dit sal baie gou gaan in my ondervinding gaan elke lering en ondekking gepaart met n woestyn ondervinding en n beproewing in jou ontdekkings is daar altyd n aanval van die vyand wat jou by die werklikheid uitbring van wat jy ondek het. God is nooit haastig nie Hy het baie tyd en soos wat jy groei kom die een nuwe openbaring na die ander, maar in elkeen sal jy beproef word sodat jy nie vergeet wat jy geleer het nie.

Dit word in jou siel gevestig deur die Heiliggegees. Die mens wat gedoop is in die heiligegees is nie meer n naruurlike persoon nie maar word deur die Heiligegees herskep en onderig. As jy dinge doen volgens jou eie denke skakel jy die Heiliggegees se werking uit. Die christen gevul met die Heiliggegees het ophou bestaan, op n manier het hy in rus gekom waar God kan werk. Hy het sy eie werking en vermoe agter gelaat en vertrou nie meer op hom self nie maar slegs in die gevestige verhouding met God. Hy het hom verbind aan n ander waarin hy dag vir dag leef. Enige aksie van hom is verbind aan Jesus Christus en sy geestelike brood is die woord. Jy sit saam met Christus in Hemelse plekke, jou gebed taal is n hemelse taal en jou inspirasie kom van bo. God het jou lewe omtroon jy sien dinge van bo en nie van hier onder nie jou totale siel gees en liggaam is een met dit buite jou self jy word een met dit daarbo. Jy het waare christenskap ondek.

Die christen wat gedoop is in die Heiliggegees het n missie n bediening hy ken sy eie swakheid en sy plek, hy ken die plan vir sy lewe. Hy het geleer as ek swak is ek eiendelik sterk. Hy ken die stem van God en is ingesteld daarop dat die openbaring van Jesus sy siel oorheers.

Dan 3:16  Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop ‘n antwoord te gee nie. 

Dan 3:17  As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos; 

Dan 3:18  maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie. 

Hulle wat leef in die interaksie van die gees is nie meer deel van hierdie wereld of die besoedelik daarvan nie. Jy bereik die plek waar die swaard van die gees jou afsny van die vlees en jy nie meer eenheid ervaar met jou eie liggaam nie, die geestelike ligaam het dominansie bereik en heers nou oor die vlees.

Kom ons kyk eers weer na die manier waarop Jesus met Paulus werk.

Act 26:16  Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot ‘n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn,

Daar is geen verwyt nie, hy wys Paulus die visioen sover as wat Paulus dit op daardie oomblik kan hanteer, met n belofte dat HY weer aan hom sal verskyn wat HY later ook gedoen het. Paulus het nooit die roeping die visie verloor nie hy was gereed vir enige moontlikheid waarin die Heiliggegees hom gelei het, Maar daar was eers iets wat hy moes doen. Hy bevestig dit.

Gal 1:15  Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het, 

Gal 1:16  om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie, 

Kyk Paulus se vas beslotenheid sy reaksie. Hy gaan verder ek was nie ongehoorsaam aan die hemel se gesig nie. Dit is wanneer jy nie meer leef nie en die vlees oorwin het wat God jou afsonder vir Sy doel. Wat Paulus bevestig ek leef nie meer nie maar Christus leef in my .

Baie verloor die roeping omdat hulle weer die ou lewe opgeneem het en die lewe in die Heiliggegees verloor het. As jy as Christen gees gevul is bring God jou in n dieper verhouding met Homself, en Hy word alles en n werklikheid in jou lewe jy besef nou jou afhanklikheid en vertroue in God, en as ons as gelowiges voort beur om God se wil in ons lewens te vervul bring die Heiligegees jou en beklee jou met die krag  en die teenwoordigheid van God bewussyn n ontdekking wat die siel maak. Dit is die doel van die doping van die Heiliggegees in die gelowige om elkeen op tebring tot die verkryging van God bewussyn.

IN Paulus se roeping en bediening kon die mense nie genoeg van die openbaarde woord kry nie, hy het gepraat tot so laat in die nag. Dat n seun aan die slaap raak en van die derde verdieping hom dood val, Paulus se reaksie is om af tegaan en sy lewe in die seun te sit en die seun is opgewek. God se werkende krag is altyd enige tyd beskikbaar.

Die werkende krag van God word sigbaar, wanneer jy in die Heiliggegees lewe, met geen vertroue in die vlees nie. Daar is n groei in genade en kennis van God na n altyd heiliger perfeksie na nog n perfeksie. Die heiliggegees is ver hoe’r as ons denke dit is waarom Hy in ons kom woon om goddelike oomblike in ons te openbaar. Ons het n Goddelike natuur ontvang in ons verhouding met God en Sy natuur Sy liefde en eenheid met Sy Seun Jesus Christus het ons lewe geword. Ons is slegs kragtig wanneer ons die beginsels van die Heiligegees en Sy werking verstaan.

Jesus was dag vir dag saam met die Apostels om Sy visie in hulle oor te dra en dit in hulle tevestig, Hy moes tenvolle SY geaartheid natuur en Gesintheid in hulle oorplant. Om hulle n sukses temaak, Sy omgang met mense en sy bediening aan hulle vertoon en gedemonstreer . Hy het altyd tyd gemaak vir enige een wat Sy hulp nodig gehad het.

Die Apostels sou nooit enige iets kon doen As Jesus dit nie aan hulle gewys en gedemonstreer het nie. Hulle kon dit slegs doen toe hy Sy lewe in hulle gemanifisteer het, en hulle kon slegs dit wat Hy oorgedra het in hulle aan Ander oordra sodat hulle verbaas was en gese het ons het nog nooit sulke dinge gesien nie. Dit is christenskap in aksie. Hy het die diepte van die waarheid aan hulle oorgedra, Sy liefde vir God was om God in die wereld te demonstreer en Sy geaartheid en natuur te bewys.

Baie christene het n verkeerde persepsie van die Heiliggegees. Die doping van die heiliggegees is die inkom van die derde persoon van die Godheid in jou, wat dan die waarheid aan jou openbaar, totdat jou verlange en begeerte gevul is met Hom, sy eendoel is om Christus in jou lewe tevestig  en ons groei daarin van krag tot krag. Ons kan nooit ophou groei nie totdat hy Sy doel in jou lewe bereik het naamlik Godsbewussyn. Hierdie proses is nie vinnig nie, niks gebeur maklik nie.

Die doping in die heiliggegees bring n oortuigende lewe. Dit is wanneer jy jou eiendpunt bereik het en daar niks is wat jy meer kan doen nie en jy jou tenvolle oorgee aan die bonatuurlike krag van God, dit is dan wanneer daar n ingryping van bo Kom. Dit is wanneer lewende geloof diep binne jou in werking kom. As ons net besef hoe ryk ons is en hoe naby jy is aan die fontein van die lewe wat in jou is.

Mar 9:23  En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.       

Niks kan die vloei van die lewe keer vir die wat glo nie, daar is altyd n interaksie van bo, en vir hulle is alle dinge moontlik vir die een wat glo. Geloof is die fondasie en word deel van ons weder geboorte,  dit is die skakel tussen hier onder en daar bo. Jy het moontlik soos Paulus n visioen in die begin van jou bediening ontvang toe jy met die Heiliggegees gedoop is. Daar is n Heiligegees salwing wat jy ontvang met jou bekeering. Die geinspireerde lewe en bediening is altyd n oop deur vir die salwings van die Heiligegees.

Wanneer n mens weergebore word uit God of God is ingebore in die mens, word hy n ontwakende siel wat die oortuigings van die lewe van die gees van God in hom beleef en gehoorsaam jy is nooit weer die selfde nie. Die dag met jou bekeering en wedergeboorte ontvang jy dadelik die lewe wat jy moet leef. Die vraag is hou ek vas aan dit wat ek ontvang het, en leef ek dit wat die Heiligegees na my. Het ek nie dalk die visioen verloor nie, gaan ek voort met volharding in my geestelike lewe met toeweiding aan God, en in gemeenskap en eenheid met Hom. Dit is wat Jesus en Paulus gedoen het, dit is ook wat ons behoort te doen.

Wanneer ons gedoop is met die Heiligegees en as bewys die gawe van spreking in tale ontvang het behoort ek nie daar te bly nie, maar voort te gaan in God met dit wat Hy volgende vir jou het daar moet altyd n konstante groei in jou geestes lewe wees. As jou Christenskap eiendig by spreking in tale sal jy stagneer. God is altyd gereed met n groter geestes belewenes vir jou, as jy die eending bereik het sal Hy jou neem na die volgende platvorm.’

Hoe gebeur dit.

Dit kom deur lering, onderrigting, kennis insig en openbaring van Hom. God bewerk vir ons n al oorheersende heerlikheid in Hom self. Jy moet altyd in jou self n dieper manifistasie van die krag en werking van God ondek deur die leiding van die Heiligegees, en niks toelaat wat die eenheid met God kan besoedel nie. Paulus het n plek bereik en daarin geleef waarin Jesus Hom meer en meer insig in die hemelse dinge en God kon gee. As jy jou gedagtes dag vir dag op God vestig sal hy jou meer en meer kennis en insig gee. As jy voor Hom wandel in geregtigheid met n rein hart en n skoon gewete, sal Hy jou altyd hoe’r en hoe’r lig en jou in n diepte invat wat jy nooit geken het nie.

Rom 12:1  Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. 

Rom 12:2  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is

Ek moet alles op die altar le. Paulus het sy alles sy liggaam en lewe op die altar gele. Dit is daar waar Paulus ou en nuwe dinge kon ontvang. Paulus het in Christus geleef sodat Christus Sy mind in Paulus kon vestig. Deur Sy geaartheid natuur en gesintheid, en dinge deur die Heiligegees kon bekend maak wat nooit voorheen bestaan het nie, waarvan Petrus se dinge wat swaar is om te verstaan. Dinge wat die gedagtes van God bekend maak wat ons vandag lees en beleef. Wat ons met krag beklee, en die krag van God kan ervaar en beleef. Dit kom en ek ontvang dit as ek een in Christus, een in God en een in die Heiligegees is wanneer ek die eenheid bereik het.

Paulus bevestig dat nie een ding in sy lewe wat God gese het on vervul is nie. Paulus het alles gedoen en bereik wat Jesus gese het met sy nuwe gevulde lewe. God wil die selfde met ons doen deur die gawes van die Heiliggegees. Sal ons ophou om op tegroei in die gedaante van die een wat alles vir ons gedoen en gegee het nie. Sal ons nie minder word en hy meer nie ons kruis elke dag opneem en volg nie. Jy is wedergebore uit God jy kan jou self nooit van Hom weerhou nie. Jou lewe is verborge in Christus verborge in God. Hy het soveel meer gegee het as wat ons kon vra.

Heb :11  Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie, 

Hy wil Homself met ons beklee en jou roeping en visioen vol bring. As jy jou roeping verloor het, of moedeloos geword het. Hy is vinnig om tekom na die wat gebroke van hart is. Gaan in jou binne kamer en soek Hom met jou hele hart. Druk en veg hard om die eienddoel te bereik. As jy God nie toelaat om Hom self met jou tevul nie sal HY iemand anders kry om Sy wil te doen.

Ek maak klaar

Ons Het n Jesus wat die woord spreek en dit is gedoen. Dit is die inwonende Jesus wat my geloof bou, wat my altyd versterk en bemoedig. Staan in die geloof en God se wil ons word altyd versterk deur die Heiliggegees. Hou vas aan jou roeping en visioen moet nooit laat los nie, glo dit is vir jou net soos vir enige iemand anders. Jy is geroep en afgesonder vir die Koninkryk van God. Moet nooit afkyk nie kyk op na van waar alles kom, en vir jou gegee word. Jy sit in hemelse plekke saam met Christus. Jou oe gevestig op Jesus die voleiender van jou lewe roeping en visioen. Jy in Hom en Hy in Jou. Jy het opbeweeg in God en God en af beweeg in jou.

Amen

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment