1Th 5:23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
Baie onderskei slegs die siel en liggaam, die mens is egter nie twee demensieel nie, maar word in die skrif as drie demensieel beskryf. Paulus beskryf dit so, Ek lees dit in engels.
“And I pray God your whole spirit and soul and body be preserved blameless unto the coming of our Lord Jesus Christ.”
Ons onderskei nie die verskil tussen siel en gees soos ons behoord te doen nie. Paulus verduidelik dit so
Heb 4:12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.
Die geestelike liggaam is n onbekende by die meeste mense. Baie dink dat as n persoon sterf en sy laaste asem uitblaas dat dit die gees is wat uitkom, dit is slegs nog lug in die longe wat platval se lug wat uit kom. Die geestelike liggaam is nie n gees nie Jesus het dit bewys, vat aan my ge my iets om te eet n gees het nie wat Ek het nie. Die geestelike liggaam is die werklike jy ons is geestelike wesens.
1Co 15:44 Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam.
By die meeste is die geestelike liggaam dormand en is hulle onbewus van hom. Eers wanneer die gees van God, die onverganklike saad van bevrugting deur Christus plant, deur die Heiligegees, in die geestelike liggaam word die geestelike liggaam opgewek uit die slaap en kom daar die herstel en die eenheid met God die verhouding word herstel, en die geestelike liggaam ondek God en Christus en onderskei nou ook sy eie geestelike karakter en word bewus van homself en van die hemelse dinge.
Eph 5:14 Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.
Die geestelike liggaam is die mees wonderbaarlikste skepping van God in die mens. Job se die volgende.
Job 32:8 Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.
1Co 2:11 Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.
1Co 2:10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.
Gees ondersoek gees. Wanneer iemand tot bekering kom is dit die ontwaking van sy geestelike liggaam deur die bevrugting van die Heiligegees, wat die verandering in die geaartheid gesintheid en natuur van die persoon verwek. Die geestelike liggaam ontvang die onverganklike saad en word bevrug. Wat die geestelike lewe nou na vore bring, en hy begin sy godsdienstige lewe met n verhouding, n bewus wording bewussyn in sy siel van wederbeboorte vind plaas, wat die geestelike lewe deur sy gees na vore bring. Jou geestelike liggaam bring die Christelike geaarteheid na vore en jou geestelike liggaam dra al die intelegensie van sy ondekking in die Godheid oor na jou siels demensie en dit word in jou onderbewussyn gestoor.
Jakobus 1:21 Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.
Enige ongeregtigheid bring n bedeking van gods bewussyn, en beskadig die verhouding. Daarom sonde bedek die mens van die liefde en waarheid van God, maar wanneer dit verwyder, en die bedeking oor die siel weggeneem is, ontwaak die geestelike mens en word God ondek deur Jesus Christus. Hierdie verandering bring God in die mens en die mens in God in n eenheid. Dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees.
Joh 17:22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
Joh 17:21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
Die siel die natuurlike verstand word die beoordeelaar tussen die Gees en vlees. Die siel neem besit van die kennis wat die geestelike liggaam verkry het, en weerspieel daardie kennis in die natuur geaartheid en karakter van die vleeslike liggaam. Die siel van die mens is die regerende krag ,in die konstutiesie van die mens,die siel is of n goeie regering of slegte regering. Hierdie aksie van die siel van die mens,in die onderbewussyn is die werkende krag, tussen die vlees en die gees, en voer dit wat die dominanste werking is uit. Hoe meer eenheid in bewussyn hoe sterker die gees kennis. Jou geestelike liggaam het sy geboorte in die Godheid ondek. Die reding van die siel van die mens deur die ingeplante woord bring die wedergeboorte navore en bring skeiding tussen vlees en gees. In hierdie proses gaan die mens deur n self sterf, wat die natuur van die wedergebore gees en sy interaksie met die hemelse dinge navore bring.
Rom 8:5 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
Dit gebeur alles in en deur die siel om die mens.na n Christus beeld tevorm. As daar geen self dood gebeur nie, is die persoon nog steeds ongered. en leef hy in die vlees.
Rom 8:1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Heiligmakng moet in aldrie demensies van die christen gebeur,eerste in die geestelike liggaam dan in die siel en dan die liggaam. Die definisie van heiligmaking is om die besit te verkry van the mind of Christ, and all the mind of Christ. Die volmaakte heiligmaking sal die natuur geaartheid en karakter van Christus weerspieel.,en kan in die optrede waargeneem word. Christene is baie traag om hierdie soort heiligmaking te verkry, en die gewone kerk christenskap word eerder die maatstaf. Die geestelike liggaam bring ons by die plek om God bewussyn te verkry en die toe passing daarvan in ons elkedag lewe, word n werklikheid. gemaak; ek leef in die gees.
Die Heiligegees bring Heiligmaking om n hemelse karakter tevestig in die christen, en word die siel verlos deur Heiligmaking en vestig dit die gedagtes van Chrisus, Sy woorde en geaartheid en natuur.in die siel.en n Heilige lewe gevul met liefde.reinheid sagmoedigheid vrede en krag word gevestig. Dit behoort te weerspieel in die christen lewe en geaartheid. Hierin le die swakheid van baie se christenskap dit word bewys in sy optrede en gedagtes. Werklike Christenskap sal Heiligmaking in die natuur geaartheid en gesintheid van Christus bewys.wanneer die siel n algehele oorgawe gemaak het in n heilige natuur. Ek verkry geregtigheid in my gees geregtigheid in my siel en geregtigheidin my liggaam Hierdie christen het n oorwinnaar geword. Die van ons wat God ken of eerder deur God geken word wat in eenheid met Hom wandel.se verhouding behoort n rein siel, n Heilige natuur n heilige persoonlikheid aan die wereld tewys.
Possessing the mind of Christ and all the mind of Christ. Wat beteken jy besit Sy hele karakter geaartheid natuur en gesintheid. Die effek van Heiligmaking is,reinheid in die siel en liggaam van n mens, die bewys aan wie jy behoort, onreiheid in die siel van n mens word gesien in die optrede van die liggaam, dit weerspieel in die karakter van die mens, sy optrede wys sy gedagtes en sy innerlike. Die Here verduidelik dit.
Mar 7:20 En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein.
Mar 7:21 Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,
Mar 7:22 diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid.
Mar 7:23 Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.
Dit is die beginsel van n innerlike lewe, uit dir hart kom slegte dinge. Die Christen siel het n nuwe lewe in God gevul met die Heiligegees van Jesus wat Sy liefde, Sy reinheid, Sy lewe moet weerspieel, as bewys van Sy krag in n nuwe wedergebore skepsel, die doel van heiligmaking waarsonder ons God nie sal sien nie. Die werkinde krag van transvormasie om onreinheid uit ons uit tewis, behoort ons tebring by sy volheid van Natuur geaartheid en gesintheid. Hierin is die woord duidelik.
Eph 4:13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
Dit is deur die reinigings bloed van Christus,en deur die werking van die Heiligegees in die siel van die Christen,wat ons by Sy beeld uit bring gereinig van alle ongeregtigheid,.en ons bring in heerskappy oor sonde, terwyl ons elke gedagte gevangeneem.
1Pe 1:2 uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus:
1Pe 1:15 Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,
1Pe 1:16 omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.
Hierdie geheiligde lewe sal dan ook in die natuur van n geheiligde liggaam vertoon en hierdie geheiligde liggaam word dan deur die Godelike krag wat uitvloei, uit die geestelike liggaam, dan na die siel, en deur die siel na die liggaam, en daardeur word die vleeslike liggaam dan ook geheilig. Die Geheiligde vlees van Jesus was gereinig en geheilig Sy hele liggaam Sy hande Sy voete Sy hele persoon was net so geheilig deur die gees van God as wat Sy siel en gees was. Die gees van God het deur Jesus gevloei, deur Sy hele geheiligde persoonlikheid. Em ons word nou deur die geheiligde naam van Jesus gereinig van sonde, Siekte en onreinheid. Gelieftes dit was nog altyd die doel deur die redding van Jesus om die mens te heilig in siel gees en liggaam, om ons weer terug tebring in die selfde toestand as wat Adam en Eva was voor die val,om dit wat ons verloor het terug te kry. Geregtigheid in my siel, geregtigheid in my gees, en geregtigheid in my liggaam, laat ons toelaat dat alle geregtigheid ons wese vul.
Eph 4:31 Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.
1Th 5:23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word (tot) by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
Daar sal n stroom van lewe uitvloei uit die christen wat skoon en heilig is, of anders sal daar n besoedelde natuur voortkom en uitvloei.
Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe;
Joh 7:38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei
Joh 4:14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
Heiligmaking vervul jou christenskap en bring die natuur en geartheid die gesintheid en karakter van Jesus na vore. Die wereld kom dit agter en sien Jesus in jou karakter natuur en geaartheid,dit.vertoon in jou liggaam.
2Co 4:10 Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.
2Co 4:11 Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.
2Co 7:1 Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.
1Th 4:3 Want dit is die wil van God: julle heiligmaking;
Heb 12:14 Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;
1Th 4:7 Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.
1Th 4:8 Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.
Die beginsel dan van Heiligmaking is om die geaartheid natuur en gesintheid van Jesus in jou gees, siel en liggaam tevestig waarsonder ons God nie sal sien nie. Heiligmaking die geheiligde natuur van die wedergeborene is die roeping van elke christen.
1Th 5:23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
n Geheiligde gees, n geheiligde siel en n geheiligde liggaam na die geaartheid natuur en gesintheid van Christus
Amen
Soos altyd liefde in Christus
Shorty Van Vuuren M.S.
Gal 5:19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
Gal 5:20 afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
Gal 5:21 afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
Rom 8:5 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
Rom 8:6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,