Die moeilikste begrip om in die gees van die Christen vas te lê is om hom telaat verstaan, dat die gees van God ‘n bestanddeel is en dat dit die essensie van God se eie menswees is. Ons is geskep uit ‘n aardse material, Ons bestaan grootliks uit 70% water die ander 30% bestaan uit grond en gas.
Die samestelling van die persoonlikheid van God:
Eerstens God het ‘n persoonlikheid en Hy is ‘n wese met n alom teenwoordige lewe, alle hemelse dinge is van ‘n geestelike stof. Selfs die liggaam van engele is van n sekere stof gemaak, hulle is nie van dieselfde karakter of materiaal gemaak as ons nie, ons menslike samestelling is van n aardse materiaal gemaak, hemelse dinge is egter van n hemelse materiaal, en daardie materiaal is gees wat ook die selfde samestelling van die menslike gees is. Dit is my mening dat die stof en skepping van engele vir hulle n onverganklike liggaam bewerk wat bestaan uit vuur en lig in n natuurlike geestelike liggaam..
Luk 24:39 Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.
Heb 1:7 En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme
Jdg 13:20 toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die HERE in die vlam van die altaar opgevaar; en Manóag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval.
God is gees deur wie alle dinge gemaak is, daarom moet hulle wat Hom aanbid, Hom in gees en waarheid aanbid, die gees van die mens moet weer gebore word om met die Gees van God in aanraaking tekom, om met Hom te verenig en om Hom te ken. Jy kan nie God ken met jou vlees of met jou hande of jou kennis nie, ons ken God in ons gees, of deur ons gees. Hierdie kennis van God deur ons gees word dan oorgedra uit ons gees na die siel. God kom woon in die geestelike liggaam van die mens en word dan deur die verstand of siel geken en aanbid, God in die mens en die mens in God wanneer Hy inwoon in die liggaam van die mens. Hierdie belewende ervaring van die Gees, die werklike aanraking van God in die liggaam , die inwooning in die gees van die mens, word dan gevul met die kennis en persoonlike teenwoordige bewussyn van God self.
HIERDIE BEWUSSYN OF AL OM TEENWOORDIGHEID VAN GOD IN DIE SIEL OF VERSTAND IS WAARNA N CHRISTEN MOET OP GROEI, DIT IS WERKLIKE CHRISTENSKAP. EERS WANNEER JOU SIEL DIE ONDEKKING MAAK VAN GODS CONSIOUSNESS God bewussyn WAT JOU IN DIE WERKLIKE EENHEID BRING MET GOD
DIT IS WAARVAN JESUS PRAAT.
Die lewende bewussyn en teenwoordigheid van God in die gees en verstand is ook in die vlees van die mens, God word geken in al die departemente van ons lewe , in gees, siel en vlees. Die vlees kan God egter nie behaag nie alhoewel die godeloose God erken sonder geen bedoeling om Hom te dien of ken nie.
Rom 1:21 omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.
DIT IS WANNEER EK DIE VLEES VOLKOME GEKRUISIG HET DAT GOD OOK IN MY VLEES VERHEERLIK WORD.
Act 2:26 Therefore my heart was glad, and my tongue rejoiced; Moreover my flesh also shall dwell in hope: (Rejoice)
Act 2:28 Thou madest known unto me the ways of life; Thou shalt make me full of gladness with thy countenance. (presence)
Act 2:26 Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.
Act 2:28 U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig.
God wants to bless His children through transmission of Himself, the spirit of God is His own substance the substance of his being and nature. It is not an influence either spiritual or mental it is the actual life of God transmitted and imparted coming from God into your being and mine.
God se doel is om die mens teseen deur transmissie van Hom self, die gees van God is Sy eie bestanddeel dit is die bestandeel van Sy wese, Sy natuur geaartheid en gesintheid en al omteenwoordigheid. Dit is nie n denke geestelik of vleeslik nie, maar die werklike lewe van God die uitvloei en inwoning wat van God kom in jou wese en myne.
Joh 10:10 I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly.
Joh 10:10 Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
Joh 17:22 And the glory which thou hast given me I have given unto them; that they may be one, even as we are one;
Joh 17:22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
EK KAN TOG NIE NET IN MY GEES IN N EENHEID WEES NIE DIE WERKLIKHEID IS DAT EK OM EEN TE WEES MET HOM DIT IN SIEL GEES EN VLEES MOET WEES. DIT IS HIERDIE WERKLIKE HEERLIKHEID DIE ALGEHELE EENHEID MET HOM WAT DIE VERSTAND TE BOWE GAAN.
Ons lewens is vervul deur die lewende God, deur Sy wese, Sy bewussyn, Sy natuur, en Sy lewe in ons. ‘n Mens moet hierdie lig, die heerlikheid en krag van God ontvang, hierdie eenheid wat Jesus besit het voordat hy of sy dit werklik kan manifesteer. Die wonderlike natuur van die mens is om God te ontvang en die wonderlike vermoë van die mens is om God temag ken en te openbaar.
Paulus ontvang soveel van die bewussyn van God in sy wese dat hulle sakdoeke en voorskote na hom gebring het en die toe gaan neer lê het op die siekes of besetenes. En genesing het gekom hulle is genees deur die gees van die lewende God wat uit die sakdoeke en voorskote na die siekes en besetenes oorgedra is, sodat die siekes gesond geword het en die duiwels uitgedryf was. Jesus demonstreer die mens se vermoë om God te openbaar in al Sy leringe. Die kerk het Jesus in ‘n klas van sy eie gesit, en ons kan vandag nie die voorsiening wat hy gemaak het, die heerlikheid van die dieselfde werkende lewende gees van God wat in Hom geleef het, Hierdie selfde werklikheid in Hom kon ons nooit verstaan herken en beleef, en dit so deel van ons lewens maak, en sodoende dit werklik in ons lewens besit soos Hy nie.
Hierdie werkende krag waarvan God Hom self ‘n lewende manifestasie maak, om ook jou en my wese so te bewoon, net soos Hy die wese van Jesus, Paulus en Petrus en die ander bewoon het. Hierdie werklikheid is n soeke wie dit gevind het het die eenheid bereik. die werklikheid van Christus in my die hoop van Heerlikheid. Hierdie heerlikheid ingekaneer gemanifisteer in n mens. Nie net in woorde nie maar in die werklike realiteit. Toe die vrou wat sy kleed aangeraak het, en die lewendmakende stroom, voel haar binne gaan, was Jesus bewus dat krag uit Hom gevloei het. Hy vra vir Petrus wie het Hom aangeraak, hy antwoord: Meester sien jy die skare? Jesus het gesê dat iemand hom aangeraak het want hy kon voel dat krag uit Hom uit gegaan het.
Wat het uit Hom uit gegaan, die bewussyn die bestanddeel van God die inwoonende krag het uit Hom gevloei. Hierdie lewe of geestelike bestanddeel van Sy wese, die lewende krag van God, die aard en wese van God, is na ‘n ander oorgedra. Wanneer ek aan ‘n ander die deug of salwing die teenwoordige lewe van God in my lewe oordra, dan dra ek ‘n gedeelte van die lewende krag van God wat uit my vloei oor na ‘n ander deur aanraking. Soos die krag uit Paulus vloei doen hy net soos Jesus gedoen het. Die sakdoeke en voorskote wat na Paulus gebring was word gevul met die bestanddeel van die Gees van God en die mense word genees sodra hulle dit aanraak. Dit is ‘n demonstrasie dat enige materële stof met die dieselfde lewende gees van God gevul kan word. Selfs jou klere of enige gedeelte van jou liggaam. Dit toon die duidelikste onderskeid van die ware geloof van Jesus Christus en maak ‘n duidelike onderskeiding van Christenskap teenoor alle ander godsdienste en bedieninge.
Die bediening van die Christen is ‘n bediening van die Gees. Die werklikheid is hy bedien nie net met woorde aan ander nie, maar Hy bedien ook met die Gees van God, en dit is die Gees van God wat die krag van woorde salf wat in die gees van ander spreek, en God dan in en deur hom openbaar. Die lewende Gees brood van God voed en seën jou siel deur woorde in die teenwoordigheid van God, en word bevrug deur die Heiligegees en spreek tot die mens se siel.
Joh 17:22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
Die werklike Christelike bediening is altyd ‘n bediening van die gees, as ‘n Christen nie die gees van God in die ware sin kan bedien nie, en as hy nie die Gees van God het nie, het hy niks om te bedien nie. Sommige besit net intellek en kennis, en sal dit gebruik om te preek, maar die woorde van n gelowige is veronderstel om die lewende Gees te besit, iets wat geen ander geloof het nie en die werklikheid is geen ongelowige mens van die wêreld kan dus die gees van die lewende God besit nie. Dit is ‘n geskenk van God aan die ware Christen. Dit is die rede waarom die Christen sy vlees moet oorwin en kruisig God innooi om besit te neem van sy wese, en die bewussyn van God in ons liggaam, in ons siel en in ons gees te verkry, dit vervul jou dan as die ampsdraer die besitter, en verteenwoordiger van die Gees vir altyd. Dit is die geheim tot die bediening van Jesus Christus. Dit is die geheim van Christen wees. Dit is die bediening van die Gees, die bediening van God aan die mens, dat die mens God se dienaar en werker in die bediening van die gees kan en sal wees.
Die kerk is sy liggaam, net soos Jesus Christus die liggaam was deur wie die Lewende Gees van God Hom aan die mensdom geopenbaar het. Net so het God beveel dat die lewende kerk gevul met Sy Lewende Gees, ook moet bedien en ook onder mekaar, en werklike dissipels word, medewerkers van God en Sy Koningkryk. Net soos Jesus, God verteenwoordig het, net so is die kerk ‘n verteenwoordiger van Jesus, en net soos Jesus homself oorgegee het aan die geregtigheid van God, so moet die kerk homself ook verbind om geregtigheid tesoek, en ook die wil van God doen. Die vraag. Is die wil van God in jou lewe, waarna hunker jy, waarna soek jy in jou christen lewe en verhouding.
Ek sluit af.
Hierdie leerstuk het gegaan oor n algehele oorgawe die werklike vervulling van jou Christenskap n bediening in die gees ook in die kerk die liggaam van Christus. Die geheim van Christenskap is om in besiter te wees van die Gees en die natuur van Jesus, dit beteken om die geartheid, karakter en gesintheid van Jesus te hê en Christus te demonstreer deur jou lewe. Om ‘n Christus mens te raak moet daar ‘n oorskakeling plaasvind in alles wat jy doen en sê. Jou lewe moet die wil, woorde en dade van God en Jesus reflekteer. Dit is die wil van ons Vader. Dit is ware Christenskap. Die Christelike lewe is ‘n lewe in die Gees.
Amen
Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.