Jesus se wil om jou te genees.
Mat 8:1 En toe Hy van die berg afkom, het groot menigtes Hom gevolg;
Mat 8:2 en daar het ‘n melaatse man gekom en voor Hom neergeval en gesê: Here, as U wil, kan U my reinig.
Mat 8:3 Daarop steek Jesus die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil; word gereinig! En dadelik is hy van sy melaatsheid gereinig.
Mat 8:4 En Jesus sê vir hom: Pas op dat jy dit aan niemand vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer die gawe wat Moses voorgeskrywe het, tot ‘n getuienis vir hulle.
Gesondmaking is deel van ons verlossing. Die man het geweet Jesus kan genees, maar wat hy nie geweet het nie is dat dit altyd God se wil is om te genees en gesond te maak. As hy dit geweet het sou hy gevra en gese het Here genees my. Jesus het sy hand uitgesteek en gese Ek Wil. Jesus het gekom om te red en te genees dit is in sy geaartheid en bediening.
Die profesie oor Jesus.
Isa 35:3 Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas.
Isa 35:4 Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos.
Isa 35:5 Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word.
Isa 35:6 Dan sal die lamme spring soos ‘n takbok, en die tong van die stomme sal jubel
1Pe 2:24 wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is. (genees word)
Die probleem vandag in die kerk is ons word onderig in redding van die siel maar bitter weinig in die wil van Jesus om te genees en die wyse waarop dit gebeur. As n ongerede persoon in die kerk sou inkom en Hy vra om die Here aan teneem sal almal opspring om dit te doen, maar as die selfde man inkom met kanker of blind beweeg feitlik niemand nie, daar is geloof om na die Here toe te lei maar bitter weinig geloof om die hande op te le en te bid vir genesing. In daardie opsig misluk die kerk, die probleem is ook dat die liggaam van Christus half in die gees en half in die vlees lewe. Daar is meer geloof in dokters as in goddelike genesing. Elke dokter weet dat geloof nodig is vir jou genesing die meeste sit eerder hulle geloof in die dokter en dit wat hy voorskryf. Het Jesus ooit gese nee ek kan jou nie red nie of nee ek wil jou nie genees nie of Ek kan jou nie genees nie. Dit sou elke kind van God vir ewig laat twyfel het.
Genesing kom as ons deur geloof die genesing aanvaar as gedoen ongeag die uiterlike tekens,
Mat 8:1 En toe Hy van die berg afkom, het groot menigtes Hom gevolg;
Mat 8:2 en daar het ‘n melaatse man gekom en voor Hom neergeval en gesê: Here, as U wil, kan U my reinig.
Mat 8:3 Daarop steek Jesus die hand uit en raak hom aan en sê: Ek wil; word gereinig! En dadelik is hy van sy melaatsheid gereinig.
Mat 8:4 En Jesus sê vir hom: Pas op dat jy dit aan niemand vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer die gawe wat Moses voorgeskrywe het, tot ‘n getuienis vir hulle.
Dit was nog altyd en sal altyd God se wil wees om te genees en daar bestaan nie iets soos wat die kerk leer as dit u wil is genees my nie.
Mat 4:23 En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
Luk 9:6 En hulle het uitgegaan en dorp vir dorp deurgegaan en oral die evangelie verkondig en siekes gesond gemaak.
Luk 9:11 Maar die skare het dit te wete gekom en Hom gevolg; en Hy het hulle ontvang en met hulle gespreek oor die koninkryk van God, en die wat genesing nodig gehad het, gesond gemaak.
Luk 6:19 En die hele skare het probeer om Hom aan te raak, omdat krag van Hom uitgegaan het, en Hy het almal gesond gemaak.
Mat 12:15 Toe Jesus dit bemerk, het Hy daarvandaan weggegaan, en groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak,
Net so graag as wat Jesus wil red en verlos net so graag wil Hy genees. Die kerk ken redding maar bitter weinig toe weiding in die krag van God. Daar is krag in die verkondiging van redding net so is daar ook krag wat van God kom in elkeen se lewe deur die Heilige gees. Daar is n groot verskil tussen die eerste kerk en ons vandag wat die salwing of die volheid van die heiligegees aan betref. Die eerste kerk het n al gehele oorgawe aan God gedoen niks absuliet niks was belangriker nie en het n vaste vertroue en kennis van die Heiligegees besit. Hulle het Hom sien op vaar weg van hulle af en toe die uitstorting van die heiliggees kom het hulle dit verstaan Hy is nou weg wie nou hier is. Vandag praat ons in tale onder die salwing en ons se of dink ons ken die Heiligegees , maar ons ken nie eers die nege gawes van die Heiligegees nie. Die spreking in tale is nie die volheid van die Heiligegees nie. Die volheid van die Heiligegees is die alle gehele oorgawe aan Hom in gees siel en liggaam.
Die gawes.
1Co 12:4 Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;
1Co 12:5 en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;
1Co 12:6 en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.
1Co 12:7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
1Co 12:8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;
1Co 12:9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;
1Co 12:10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.
1Co 12:11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
Ons se ons ken iemand maar ons weet nie eers wat is sy naam of van is nie met die kennis oor die Heiligegees is dit net so. Geloof in die Heiligegees , geloof in die krag van God waardeur die gawes werk. Wanneer geloof en die Heiliggegees by mekaar kom is daar n manefestasie wat die krag van God in werking stel.
2Co 4:7 Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid daarvan uit die krag van God mag wees en nie uit ons nie.
Die Heiligegees is die gees van Jesus wat Hy nou op ons uitgestort het.
Col 1:27 to whom God was pleased to make known what is the riches of the glory of this mystery among the Gentiles, which is Christ in you, the hope of glory:
Deur die Heiliggegees.
Act 6:8 En Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen.
Geloof en krag deur die Heiliggegees het in hom n God bewussyn geskep.
Act 7:55 Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.
Act 8:5 En Filippus het afgekom in ‘n stad van Samaría en Christus aan hulle verkondig.
Act 8:6 En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.
Act 8:7 Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met ‘n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.
Act 8:29 Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa.
Ons ken nie die Heiligegees soos die eerste kerk nie en sal Hom nooit so ken nie tensy ons in gebed n nuwe soeke en n oorgawe doen aan Hom wat die vlees geen plek gee nie. Elke wet wat vir die gees in die innerlike mens geld geld ook vir genesing. Genesing vind ook nie altyd op die selfde manier plaas nie soms onmiddelik ander kere neem dit langer n week n maand die gevolg is nie God nie dit is die mens wat nog nie sy innerlike mens ten volle beskikbaar gestel het vir die Heiligegees nie en neem dit langer na mate hy meer en meer ontvangklik word vir genesing in siel gees en liggaam en sy bewussyn oop gemaak het vir God. Wat nodig is n volle oorgawe onder leiding van die Heiligegees.
Hier is genesing op n afstand.
Mat 8:5 En nadat Jesus in Kapérnaüm ingegaan het, kom daar ‘n hoofman oor honderd na Hom toe en smeek Hom
Mat 8:6 en sê: Here, my kneg lê tuis verlam en hy ly hewige pyne.
Mat 8:7 Daarop sê Jesus vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak.
Mat 8:10 Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ‘n groot geloof nie gevind nie.
Hierdie man het Goddelike gesag verstaan Jesus het hierdie selfde gesag wat Hy gehad het vir elke Christen gegee.
Mat 8:8 En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ‘n woord, en my kneg sal gesond word.
Mat 8:9 Want ek is ook ‘n man onder gesag, en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir ‘n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.
Baie het geweet as hulle by Jesus kon kom sal hulle genees word, maar hierdie man het sy Goddelike gesag verstaan.
Mat 8:10 Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ‘n groot geloof nie gevind nie.
Daar is n groei in geloof soos wat daar n groei in gees is ons kan nooit ophou groei nie as dit gebeur het jy gestagneer.
Die opdrag van die Here.
Die kerk het geloof in hierdie waarheid verloor, en sal nooit die krag van die eerste kerk besit nie tensy die kerk terugkeer na die werklike lewende krag van God deur die Heiliggegees nie.
Mat 10:1 En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.
Act 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
Dit het nog nooit verander nie geen skrif se dit het verander nie.
Mar 16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,
Mar 16:18 slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.
Mat 10:8 Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.
Mar 16:19 Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.
Luk 9:6 En hulle het uitgegaan en dorp vir dorp deurgegaan en oral die evangelie verkondig en siekes gesond gemaak.
Jesus se wil om te genees.
Joh 5:6 Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al ‘n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word?
Joh 5:7 Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan ‘n ander een voor my in.
Joh 5:8 Jesus sê vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop.
Joh 5:9 En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop. En daardie dag was dit sabbat.
Die bediening van Petrus.
Die Heiliggegees bevrug selfs die klere wat die mens dra wat vol van die heiliggegees is. Die Heiliggegees is n bestand deel van God se gees en persoonlikheid.
Act 19:12 sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.
Act 5:15 sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en op bedde en draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was dit net sy skaduwee op iemand van hulle sou val.
gesond sal word.
Act 5:16 En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees.
Joh 14:12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.
Mar 16:20 Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen.
Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Die genesing van siekes blindes stommes en gebreklikes is tot vandag deel van die Evangelie en het nog nooit verander nie.
Mat 28:20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
Rev 22:20 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!
Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.