Christus leef in my, is een van die grootste openbaringe van die euw, dit is die grootste ondekking van die mens, en die grootste demonstrasie van God op aarde. Dit het die gees van Godsdiens verander in die wereld en is die krag en verskil van die Christen geloof. Dit is hier die Godelike inwoning en bevrugting in die mens. Die Christen wereld begryp hierdie werklikheid nie altyd nie, dat Christus nie net in die hemel is nie maar ook binne en buite ons is. Christ in You the mystery. Paulus noem dit Christus in jou die misterie.
Die wereld was eens in donkerte gehul vir duisende jare, elektrisiteit het altyd bestaan maar die mens moes dit eers ondek en dit bruikbaar maak. Net so is Christus in die mens een van die grootste misteries en maak die christen Godsdiens n lewende belewenis. Paulus beskryf dit as die grootste misterie en het dit verduidelik en na die gemeentes gebring as die grootste openbaring van God aan die mens, en hierdie ontdekking het Paulus gebring by die grootste wonder wat hy ken Christ in You. Christus in jou.
Christus se doel in jou is om Hom self aan jou te openbaar in jou en deur jou. Die liggaam van Christus die kerk het Hom ontvang, en in hierdie waarheid le die krag daarvan dat die kerk die bestanddeel die lewende bewegende vlees been en bloed geaartheid natuur en gesintheid van Jesus Christus ontvang en besit en God Homself in elke gelowige vestig en Sy doel is om Sy wil in elkeen te werk vir n verlore gaande wereld. As ons dit begryp sal ons Christenskap verstaan.
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Jesus Christus werk deur die gelowige nie afsonderlik van hom nie, maar in hom, die mens en God word een. Dit is die geheim van werklike christenskap. Dit is die werklike eenheid in die God bewusyn tussen die mens en God. Daar is niks anders vir die eenheid in verhouding nie en tog moet jy God nog vind. Daar is net een werklikheid en dit is die werklikheid van God in jou ontdekking.
Die siel van die mens moet in kontak kom met God en tensy die gees van die mens nie in die eenheid is nie is die Christenskap on voltooid. Daar is n voorbereiding proses van die siel totdat die eenheid bereik word en die mens God kan openbaar wanneer Hy inwoon in Sy tempel in die liggaam sodat God besit kan neem van die siel gees en liggaam van die gelowige. Jy word bewus dat jou natuur besig is om te verander en dat dit ge onderwerp word aan God en Sy wil deur die heiligegees. God se werking en doel is om alles in die mens in harmonie tebring met Sy wil en geaartheid.
God wil Sy heilige kwaliteite in jou siel en in jou persoonlike lewe inbring, nie deur dwang of vernietiging nie maar deur verandering en bevrugting van jou persoonlikheid en geaartheid en dit in tebring in die natuur en kwaliteit van God Homself met God persoonlikheid natuur en gesintheid. Die vrug in n mens se lewe sal getuig van die mate van hierdie groei proses. Is daar n innerlike groei proses deur die en verandering of is dit n kerk aangeplakte christenskap.
Maar die inwoning van God in die mens se hart siel en liggaam is nie n nagemaakte proses nie maar n heilige siel en n rein hart met n standvastige gees ‘n werklike seun van God in natuur en wese. Om die regte mens uit tebring in die gedaante en gestalte van Christus. Die regte mens met die kennis van God herskep hervormed in sy bestanddeel in eenheid met die bestanddeel van God. Dit in sigself is die enigste manier waarin Jesus Christus en God ons Vader hulle self kan weerhou om in eensaamheid vir ewig te lewe die mens in God en God in die mens.
God wil ons net so heerlik, net so mooi, net so rein in gedagtes in ons hele wese maak net so liefde vol soos Jesus homself. As jy dit verstaan, verstaan jy Sy verlossing Christus in jou, deur jou oe deur jou aanraking God in jou nie n lewe weg van Jou nie maar twee lewens een gemaak een in natuur twee gedagtes in eenheid Christ in You. Dit is die werk van die potte bakker om die klei tevorm na Sy beeld na Sy gelykenis. Christus in Jou gees. Christus geopenbaar in jou liggaam. Die grootste werk wat God in jou moet doen is om die vlees telaat sterf sodat daar n geestelike ontwaaking in die liggaam kam plaas vind sodat Hy Homself deur jou en aan jou kan openbaar. Moet nie Christus in jou in n tronk sit nie, laat Hom leef en Homself openbaar deur te verlos uit tereik aan teraak en te genees.
Daar is een ding wat die wereld brood nodig het en dit is die liefde van God. Mense se harte beswyk weens die tekort aan die liefde van God. Dit is nie die woorde waarmee jy uitreik nie maar iets groter dit wat in jou siel is wat hulle siel benodig gee dit demonstreer dit Die liefde van Christus. Daar is iets verskriklik en dit is om iemand werklik lief te he maar geen liefde of reaksie terug te ontvang nie geen aanraking nie geen toenadering nie, of enige bewys van omgee of liefde nie. Wat soek n mens en waarna verlang hy dit is om te behoort en wanneer hy uitreik na die stem gee my jou hart en daarop reageer dan kom die vervulling. Dit is in die verhouding en eenheid met die liefde van God gevul met Sy gees en gevul met Sy krag gevul met Sy liefde dan kom die vrede en uiteiendelik die vervulling van die mens se bestaan. Die lewe van God, die Gees van God, die natuur van God vervul elke behoefde van die mens. Werklike christenskap is hy wie se liggaam siel en gees gevul is met die lewe van God. Die lewe van Christus in jou verening jou gees met God vir ewig en die reininging van Jou siel en gedagtes bring die siel in harmonie met die gedagtes van God. Wanneer geregtigheid in die siel gees en liggaam gevestig is in eenheid met God. Dit is wanneer die Heiligegees jou geheel en al besit. Met die besef Christus leef in my.
Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.