Christus In Ons: Christ In Us

Gal 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en

Homself vir my oorgegee het.

Col 2:20  As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge

Col 2:21  soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? —

Col 2:22  almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense,

Col 2:23  wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees. Die eiesinnigge godsdiens sekere Christen maniere en gebruike om Christenskap te probeur bewys.

Christ in us the mystery. Christus in ons die misterie.

Eph 1:9  making known unto us the mystery of his will, according to his good pleasure which he purposed in him

Eph 1:18  having the eyes of your heart enlightened, that ye may know what is the hope of his calling, what the riches of the glory of his inheritance in the saints,

Col 1:26  even the mystery which hath been hid for ages and generations: but now hath it been manifested to his saints,

Col 1:27  to whom God was pleased to make known what is the riches of the glory of this mystery among the Gentiles, which is Christ in you, the hope of glory:

Col 1:28  whom we proclaim, admonishing every man and teaching every man in all wisdom, that we may present every man perfect in Christ;

Hierdie was een van Paulus se grootste openbarings wat hy ontvang het.

Eph 1:9  deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,

Eph 1:10  om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig—

Eph 1:11  in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

Eph 1:18  verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;

Col 1:26  naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges,

Col 1:27  aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.

Col 1:28  Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel;

Col 1:29  waarvoor ek arbei en stry volgens sy werking wat in my werk met krag.

Christus in ons is ons erfdeel volgens die wil en raad van God. Hierdie verborgenheid word aan ons geopenbaar ons word besitters van die inwonende Christus. God skenk ook Sy seun aan ons. Hy in ons en ons in Hom.

Hoe ontvang ons die Christus saad. Met die wedergeboorte is die saad wat jou geestelike liggaam ontvang Christus. Enige geboorte gaan gepaart met saad. Die saad word in jou geestelike liggaam gestort deur die Heiliggegees net soos wat in Maria gebeur het met haar bevrugting van Jesus.

1Pe 1:23  want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike,

Wat bring hierdie saad voort, saad kan slegs sy eie eienskappe voort bring en ons geaartheid verander in die nuwe wedergeboorte. Na die geaartheid en natuur en gesintheid van Jesus Christus. Die draer van hierdie saad is jou geestelike liggaam. Ons word deur ons geestelike liggaam verander wat ons siel herken en aanvaar. Totdat ons siel gees en liggaam verander is na sy natuur en geaartheid deur die invloed van die Heiligegees. Daarom se die skrif staan op jy wie slaap (Geestelik dood is) en laat Christus oor jou skyn. Wanneer ek die lewe in Christus ontvang die weg die waarheid en die lewe.

2Co 4:10  Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.

2Co 4:11  Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.

Die lewe van Christus in my gees en in my vlees geoepenbaar word. Hierdie verborgenheid in my  as Christen is my erfdeel  ge ontvang van God. SY Seun in ons.

Col 1:26  naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges,

Col 1:27  aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene (Christene) is (ons is), dit is Christus (in) julle, die hoop van die heerlikheid . (My eie insette.) Die nuwe vertaling is inkorrek met die woord (met).

Ek verduidelik net weer.

Die grootste ontdekking vandag in die liggaam van Christus is die verborgenheid van Christus in julle baie weet dit of het dit al gehoor maar verstaan dit nie. Dit is en was nog altyd God se begeerte dat die mens die draer moet wees van Jesus se geaartheid gesintheid en natuur in die mens. Dit kan ook nie anders nie want ons is wedergebore uit die onverganglike saad van die woord naamlik die saad van Christus, wat die gestalte van Christus in ons voort bring, Christus in ons. Dit is die geestelike liggaam wat weer gebore word en in hierdie geboorte plaas God die saad van Christus in die geestelike liggaam. Die groei van die saad bring die natuur en geaartheid van Christus in die mens voor, saad kan net sy eie karakter voort bring, n mielie saad kan slegs n miellie voort bring.

God wil dat die liggaam van Christus as n kooperatiewe liggaam dit begryp en verstaan, die nuwe liggaam van Hom Jesus nou die kerk, is weer Hy Jesus net in n ander kooperatiewe liggaam. As ons dit besef dat God nou deur n groter liggaam (kerk) Jesus wil bekend maak deur sy verlossing redding en genesing deur die selfde krag wat Hy besit het sal die kerk werklik besef wat hy besit. Dit was nog altyd Sy kenmerk en Sy opdrag en werklike Christenskap sal en kan dan begryp word.

Christus werk nie afsonderlik van jou nie hy werk deur jou. In n eenheid met God met Christus en met die Heiligegees, ons word een met God, Hy in ons en ons in Hom. Die meeste verstaan Christus is in die hemel maar min begryp die lewe in hom nou. Die inwoning nou van Christus in die mens is die grootste verborgenheid van Openbarings van God, ooit gemaak. Christus in ons die wonder van die bekend maaking. Christus het een doel in jou lewe en dit is om Hom self aan jou te openbaar in jou en deur jou, Sy alles teenwoordige bewussyn in jou lewe. AS jou gees nie in n eenheid met Hom is nie is daar geen christen manifistasie nie. God se wil is volwassenheid na die statuur van Christus en nie Godsdienstige rituele nie.

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;

Daar is altyd die groei en voorbereiding van die menslike siel, met die uitsluitlike doel om uiteiendelik God te openbaar in jou liggaam as Sy woonplek. Totdat jou natuur volkome verander is na die natuur van Christus met die eiendoel om God se wil in jou lewe te bereik. God se eiendoel is om in ons uiteiendelike die harmonie tevestig van Sy wil en begeerte in jou lewe. God wil al Sy kwaliteite in jou gees en siel in n eenheid met Hom bring totdat jou persoonlikheid jou natuur en gesintheid die kwaliteit van God besit en Jou persoonlikheid geheel en al getransformeer is. You became a son of God. Met n helder verstand en n rein hart, n volwasse seun van God in natuur en begrip. God se doel in die wereld is om die regte mens uit te bring in die gestalte van Christus. Alles om die Christus in jou uit tebring totdat daar een manifistering is n volwasse seun. Gemanifisteer deur jou woorde jou handelinge deur jou aanraking net soos wat God deur Jesus gedemonstreer was, nie in n lewe weg nie maar in harmonie met Hom. Nie deur n gedaante van Godsaligheid nie maar in n manifistasie van jou eenheid in verhouding, ek leef nie meer nie Christus leef in my. Christus in ons. Christ in us.

Ons moet altyd bewys lewer van die ontwikkeling die transformasie van ons Christen lewe in Sy geaartheid en natuur Sy lewe in ons. As daar niks meer verandering is nie het ek gestagneer my lamp is besig om dood tegaan sonder dat ek dit agter kom. Ons moet die heiligegees toelaat om ons in tebring deur gehoorsaamheid aan Sy natuur en geaartheid en oplet oor my lewens wandel. Die grootste struikeling vir ons is die vlees ons moet toelaat dat daar n geestelike prosess in my plaasvind waarin ek kan opgroei, sonder die begeerte en wil sal n inkarnasie nooit plaas vind nie en sal ek Christus altyd buite my ervaar. Moet nie Christus buite jou in gevangeskap hou nie laat Hom inkom laat Hom inkom dat Sy natuur Sy liefde Sy teenwoordigheid jou vreugde word. Ontvang Hom in jou natuur jou gesinteid en geaartheid en die lewe wat Hy gehad het het Hy ook  nou vir jou gegee.

Joh 17:21  dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.

Wanneer die soet liefde van God jou siel vul kan jy ander ook aanraak dan kan hulle die teenwoordigheid van Hom in jou raaksien. Christ in us the hope.

Ek maak klaar.

It brings the presence of God, the nature of God the power of God the spirit of God, the love of God to one another and to the world. Die werklike Christen is hy wie se siel gees en Liggaam gevul is met die lewe van God en Hy wie die lewe is wie se saad ons ontvang het wat ons sy natuur gegee het, het ons in n eenheid gebring met die liefde van God.

Joh 17:21  dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees;

Die naam van Jesus Christus die naam bokant elke naam. Christus in ons, Christ in us die hoop van heerlikheid.

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment