Wie was Melgisedek .
Gen 14:18 En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring
Gen 14:19 en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.
Gen 14:20 En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.
Kyk hoe groot en belangrik Melgisedek was.
Heb 7:1 Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het;
Heb 7:2 aan wie Abraham ook ‘n tiende deel van alles gegee het—hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem,dit is koning van vrede;
Heb 7:3 sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur.
Heb 7:4 Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, ‘n tiende van die buit gegee het.
Heb 7:5 Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel ‘n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het;
Heb 7:6 maar hy wat nie uit húlle sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes geneem en die besitter van die beloftes geseën.
Heb 7:7 Nou word sonder enige teëspraak die mindere deur die meerdere geseën.
Heb 7:8 En hier neem wel sterflike mense tiendes, maar dáár een van wie getuig word dat hy lewe.
Heb 7:9 En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee;
Heb 7:10 want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het.
Heb 7:11 As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was—want met die oog daarop het die volk die wet ontvang—waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?
Heb 7:12 Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;
Heb 7:13 omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan ‘n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie.
Heb 7:14 Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie.
Heb 7:15 En nog baie duideliker is dit as daar ‘n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek,
Heb 7:16 een wat dit geword het nie kragtens die wet van ‘n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe.
Heb 7:17 Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.
Heb 7:18 Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan,
Heb 7:19 omdat die wet niks volkome gemaak het nie; maar aan die ander kant is daar die invoering van ‘n beter hoop waardeur ons tot God nader.
Heb 7:20 En vir sover dit nie sonder eedswering was nie—want húlle het sonder eedswering priesters geword,
Heb 7:21 maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek—
Heb 7:22 in sover het Jesus van ‘n beter verbond borg geword.
Heb 7:23 En hulle het wel priesters geword in ‘n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly;
Heb 7:24 maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie.
Heb 7:25 Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.
Heb 7:26 Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het;
Heb 7:27 wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het.
Heb 7:28 Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan ,
Heb 8:1 Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele,
Heb 8:2 ‘n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ‘n mens nie.
Heb 8:3 Want elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te bring. Daarom moes Hy ook iets hê om te offer.
Heb 8:4 Want as Hy op aarde was, sou Hy selfs geen priester wees nie, omdat daar priesters is wat volgens die wet die gawes offer,
Heb 8:5 hulle wat ‘n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses ‘n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê:Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is.
Heb 8:6 Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.
Heb 10:1 Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.
Heb 10:2 Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie.
Heb 10:3 Maar in dié offers is daar jaar na jaar ‘n herinnering aan die sondes;
Heb 10:4 want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem.
Heb 10:5 Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ‘n liggaam berei.
Heb 10:6 Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.
Heb 10:7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om u wil te doen, o God.
Heb 10:8 Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie—wat volgens die wet geoffer word—
Heb 10:9 het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel.
Heb 10:10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.
Heb 10:11 En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie;
Heb 10:12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God
Heb 10:13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete.
Heb 10:14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.
Heb 10:15 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis;
Heb 10:21 en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het,
Heb 5:1Want elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan, om gawes en offers vir die sondes te bring.
Heb 5:2 as een wat kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is.
Heb 5:3 En daarom juis moet hy, net soos vir die volk, so ook vir homself vanweë die sondes offer.
Heb 5:4 En niemand neem die waardigheid vir homself nie, maar hy wat deur God geroep word, net soos Aäron.
Heb 5:5 So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar Hy het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.
Heb 5:6 Soos Hy ook op ‘n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.
Heb 5:7 Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs—
Heb 5:8 Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;
Heb 5:9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword
Heb 5:10 en is deur God genoem ‘n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek;
Heb 5:11 waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor.
Die priesterskap van Aaron.
Die priesterskap kon alleenlik verkry word deur die stam van Levi . Geen ander stam kon enige aanspraak maak op die priesterskap nie.
Heb 7:11 As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was—want met die oog daarop het die volk die wet ontvang—waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?
Heb 7:12 Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;
Wie was Melgisedek .
Hy was n Hoe priester van God die allerhoogste en het n hemelse bediening waar hy die tafel die altar vir die engele bedien in die tempel van God in die hemel. Sy doel op aarde was om Abraham te seen op die oog van die toekomstige dinge wat so kom, selfs Levi wat nog in sy saad was het aan Melgisedek tiende gegee , maar het hom ook geseen op die belofte van die saad wat so kom naamlik Christus wat ook die liggaam van Christus sou insluit in die belofte dat sy nageslag so baie soos die sterre in die hemel en die sand van die see sal wees.
Heb 7:2 aan wie Abraham ook ‘n tiende deel van alles gegee het—hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede;
Heb 7:3 sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur.
Daar was nog nooit enige persoon op aarde gebore soos Melgisedek nie n bewys dat hy nie hier gebore is nie , maar vanaf die hemel hierna toe gekom het. Net vir een doel en dit was om Abraham te seen vir die toekoms. In die tyd van Melgisedek was daar nog geen wet nie, sy priesterskap het ook nie sonde vergifnis in gesluit nie of enige offers vir sonde is op aarde gedoen nie sy hemel bediening behels nie sonde nie want daar is nie sonde in die hemel nie en ook nie nodig vir enige offers vir vergifnis nie. Waar daar nie wet is nie is daar ook nie sonde nie daarom was sy priesterskap nie van hierdie wereld nie maar n hemelse wat ek nog meer sal verduidelik. Die wet het eers in Moses se tyd gekom, en nou was daar n priesterskap in gestel onder die wet die priesterskap van Aaron op aarde wat sonde vergifnis met bloed moes offer. Slegs die seuns uit die stam van levi kon die priesterskap van Aaron beoefen.
Christus as Hoe priester.
Christus kom deur die stam van Juda en kon dus ook nie aanspraak maak op so n priesterskap nie.
Heb 7:14 Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie.
Heb 7:15 En nog baie duideliker is dit as daar ‘n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek,
Heb 7:16 een wat dit geword het nie kragtens die wet van ‘n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe.
Melgisedek se priesterskap en Christus se hemelse priesterskap is nou die selfde gelyk gestel aan mekaar daarom het ons wat uit die heidene is nie n wet nie die wet werk onder Aaron se priesterskap en nie onder Melgisedek se orde nie. Alhoewel die wet op ons harte geskryf word, soos ek verduidelik in die werkstuk die heidene wat nie n wet het nie .
Heb 7:12 Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet ; Onder die priesterskap en orde van Melgisedek en gelyk gestel kan Christus nou ook in die tempel in die hemel vir ons ingaan as Hoe Priester waar hy vir ons swak hede intree.
Let op Hy tree in sy bloed offer die ewig durende offer was eens en vir altyd genoeg hier op aarde vir ons sondes met anderwoorde dit is hier op aarde afgehandel en in die hemel versoen.
Heb 7:27 wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het.
Heb 10:10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.
Daar is geen bloed offers in die hemel nie daarom tree hy vir ons in twee Hoe Priesters gelyk gestel in die selfde tempel ongehoord maar tog die een bedien die engele en die ander Een bedien ons vir ewig, die nageslag van die belofte aan Abraham. As Christus nie die bediening van die Priesterskap van Melgisedek verkry het nie sou Hy geen reg tot toegang in die Hemelse Tempel gehad het nie. En sou dus nie vir ons daar as Priester kon intree nie.
Die liggaam van Christus die kerk.
1Pe 2:9 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom.
As priesters kom ons nou ook uit die stam van Juda. Dit is geestelik ; deur Christus en val ons dus nou ook onder die priesterskap van Melgisedek, wat nie meer enige offers bring nie en wat nie n wet het nie. Met die verandering van priesterskap is daar ook verandering van wet, vir ons het die wet tot niet gegaan omdat die priesterskap verander het. Die wette van Moses sal geen krag in die hemel he nie, die sonde vergifnis daarvan sou op Aarde moes plaas vind wat ook nie kan gebeur nie daar bestaan ook nie n tempel op Aarde nie, dit het alles tot niet gegaan die wet is vir ons deur Christus vervul en n eiende aangemaak. Daarom se Paulus en noem hy dat die heidene nie n wet het nie.
Rom 2:14 Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie;
Deur Christus is ons van ons sonde gereinig, en is ons nou n nuwe skepsel in hom, en val nie onder die priesterskap van Aaron nie wat altyd moes offer vir sonde vergifnis. Daarom se Paulus as jy die wet wil hou het jy van die genade van Christus verval, en val jy weer onder die priesterskap van Aaron. Ons as priesters onder die priesterskap van Melgisedek val nou onder n hemelse priesterskap en ons liggaam is nou die tempel van God en dit gee vir ons toegang na die voorportaal en die heiligste en die Allerheiligste wat die tempel uitmaak binne in ons. Die toegang na die allerheiligste binne in ons kan slegs gebeur as jou gees volwasse geword het. As ons nie priesters gemaak was nie sou ons geen toegang tot die heiligste en allerheiligste in ons liggaam, en ons liggaam nie die tempel van God kon wees nie, dit sou n tempel sonder priester wees, daarom is elkeen van ons die priester van ons eie tempel van God in ons liggaam. Wat ook bestaan uit die voorportaal, Heiligste en die Allerheiligste. Wat ek verduidelik in die werkstuk die liggaam as tempel van God.
Melgisedek die Hoe Priester van God. Melgisedek koning en priester En gelyk gestel, Christus koning en priester, die liggaam van Christus n Koninklike priesterdom.
Ons Priesterskap.
Ons kan slegs koninklike priesters wees omdat ons dit nou verkry deur die saad van CHRISTUS waaruit ons nou gebore is. Ons almal kom dus geestelik deur die stam van Juda waaruit Christus ook kom uit wie ons gebore is en val nou onder die orde van Melgisedek waaraan ons nou ook behoort saam met Christus. Ons almal in Christus behoort dus nou aan die stam van Juda en val onder die orde van Melgisedek en verkry priesterskap wat ons n uitverkore geslag maak, om ook nou as priester van ons eie liggaam in die tempel binne in ons te kan aanbid, die tempel waarin God binne in ons woon waaroor ek in die ander werkstuk verduidelik. Dit is wat Paulus nog wou verduidelik oor Melgisedek wat swaar was vir die eerste kerk om te verstaan en omdat hulle traag geword het om te hoor. Melgisedek was weer opgeneem in die hemel na sy bediening vervul was met Abraham. Niks word verder van Melgisedek gese nadat Hy Abraham geseen het nie, en het weer sy posisie in die hemel ingeneem as Hoe Priester vir die engele nou saam met Christus. En Hy sal steeds nog sy priesterskap vir die engele beoefen , selfs wanneer ons met ons koning hier op Aarde sal woon in die Heiligestad Jerusalem.
Heb 7:1 Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het;
Heb 7:2 aan wie Abraham ook ‘n tiende deel van alles gegee het—hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede;
Heb 7:3 sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur.
Heb 7:21 maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek—
Heb 5:6 Soos Hy ook op ‘n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.
Rev 19:16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.
Rev 20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Rev 1:6 en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!
Amen.
Soos altyd liefde in Christus
Shorty van Vuuren M.S.