Christenskap en die Opstanding

Christenskap is nie n godsdiens nie, dit is lewe, in n lewende verhouding, alle ander godsdienste kom uit die denke en vermoe van n mens, dit is mens gemaak uitgedink deur filosowe, wat nie hulle eie leerings en eie godsdiens oorleef het nie, sommige godsdienste het ook met die skepper daarvan verdwyn. Die godsdienste van Indie, hindioisme ,Brahmanisme, budisme, en die leering van Zoraster het heiligmaking deur vuur geleer en dat die siel moes leer aanbid, sy godsdiens was die vuurgod.Hy het probeur om die menslike siel te reinig deur vuur, dit was vir hom en sy geloof en leering die oplossing.

Budda het 500 jaar later gekom met geen beter hoop nie, sy godsdiens was onthouding, en persoonlike op offerings wat verdwyn in die groter realiteit sonder enige bewussyn. Mohammed kom 550 jaar later na Christus, sy hemel is n haarem van 70 maagde met n ewige lewende sensionalityd. So ook die mormonse leer vandag met geestelike huwelike en ook n droom van ewige pologamie, alles godslasterlik teen God en die gees van Christus en Christenskap. Die afgode wat aanbid was gedurende die Romeinse koninkryk, Apollo die god van oorlog en ook die oorlog god mars, jupiter die beskermder van die staat, Mercury die god van handel en boodskapper van die gode, en Isis die godin van vrugbaarheid en baie ander afgode alles mens gemaak.

In hierdie donkerte van die wereld kom Jesus Christus, met n boodskap van n geheiligde lewe, ewige geregtigheid, n hemelse heilige lewe, soos n engelle lewe, en die ewigelewe as n antwoord vir die hopeloose posisie van die mens. Met n gevestigde bewussyn in die christen, Hy bring n persoonlike rein ewige lewe, opstanding uit die dode, en om die werklike God temag ken, Hy bring n kragtige boodskap en maak die mens n seun van God, maak en stel ons gelyk aan Hom, in die selfde gestalte geaartheid karakter en beeld. Toe Jesus Christus in hierdie donker wereld in stap, het alle godsdienste en die hel self verstom gestaan en toe kyk, kan Hy doen wat Hy gese, en preek het. Was daar krag uit die hemel om die natuur van die mens te verander, die donkerte in die wereld weg te neem, en die donkerde uit die menslike siel te vervang met lig, die menslike gees wat in sonde vasgevang is te verlos en te herskep in skoonheid geklee in heiligheid en reinheid wit gewas, met n hemelse heerlikheid in n nuwe geheiligde lewe, kan hy die mens herskep, of gaan die christene ook maar sterf in n soeke na die ewigheid soos almal, besit Hy regtig die ewige lewe, en kan Hy dit vir ander ook gee, of was dit net n groot pratery, is Hy werklik die redder, die lig van die wereld.

Die wereld en die mensdom hoor vir die eerste keer hierdie woorde

Joh 6:38  Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. 

Joh 6:39  En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.

Verstommend gaan HY voort. 

Luk 4:18  Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;

Luk 4:19  om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

Die  wereld en die godsdienste staan verbaas verstom. 

Joh 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe;

Joh 8:32  En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Christenskap het nie in die wereld gekom gesmeek en n plek gevra nie, Hy het ingestap en alles geskud en neer gewerp. Die lig het gekom en die donkerte het weg gevlug.

Joh 1:9  Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.

Joh 1:5  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. 

Mat 4:16  die volk wat in duisternis sit, het ‘n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ‘n lig opgegaan.  

Die nuwe ontwaking en bewussyn is gebring en is gevestig in die christen siel, deur Jesus Christus die Seun van God. Hy is gebore uit God, en n demonstreerder van God se redding. Hy het gekom en kan niks anders wees nie.

Mar 1:27  En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is?

Die hel self is in beroering en verskrik.

Joh 1:1  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 

Joh 1:2  Hy was in die begin by God. 

Joh 1:3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

Deur Hom is ons gemaak en deur Sy wil bestaan ons. Hy het gekom vir ons redding. Soos Hy is, is ons in hierdie wereld, ons het besit geneem van een Here een geloof een doop. Die wereld dink, en is geleer christenskap gaan oor moraliteit. Probeur n goeie mens wees en so n lewe leef, dit is die leering van die moderne christenskap. Jesus het nooit moraliteit gepreek nie, maar n nuwe skepsel, en die ewigelewe as die eienddoel van n christen, dit is die eienddoel van God vir jou en my

Joh 6:39  En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.

Ons behoort aan Hom, net soos wat Hy aan ons behoort. Geen godsdiens het ooit n opstanding verkondig nie, of n onderneming gegee van n opstanding nie, watter sterwende wese kon so iets op eis as n geloof. Dit kon slegs gedoen word deur Jesus Christus die Seun van God  wat uit die hemel kom, met die kennis van die ewigheid wat die ewigelewe kon opeis as n werklikheid vir die  mensdom. Al was dit al wat Hy aangebied het was dit genoeg, Hy het die ewigelewe besit.

Joh 11:25 Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; 

Joh 11:26  en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit? 

1Jn 5:11  En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. 

Joh 1:4  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. 

Christenskap staan uniek in die wereld, daar is geen ander geloof wat hierdie bewussyn van lewe hoop of krag besit nie. Die moderne christenskap het die gees van die evangelie verloor,die gees van werklike christenskap, en die diepte daarvan,die oorwinning die krag, die lewe,  die godsvrug daarvan, somige sal selfs verskoning vra vir ons geloof in God, hulle bring ons christenskap om by die wereld en ander gelowe se  aanvaarding in tepas. Redding en n nuwe lewe is die herskeppings krag van God, Jesus het na die wereld gekyk verval in sonde en ongeregtigheid  sonder hoop sonder toekoms. Hy die verandwoordlike skepper sal n dienskneg word om dit wat Hy geskep het, ook as die verantwoordelike verlossser, Hom self op offer as die redder van die wereld.

Joh 3:17  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. 

Joh 5:24  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe. 

As Jesus net op die kruis gesterf het, as die proses van ons redding sal daar tot vandag geen verlossing van sonde gewees het nie met geen toekoms nie. Almal soek n teken dat wat Hy se waar is.

Mat 12:39  Maar Hy antwoord en sê vir hulle: ‘n Slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. 

Mat 12:40  Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.

Dit is die teken aan die mensdom en die wereld. Dit is die Christus van God, dit is die bevestiging van Sy redding en alles wat Hy gese het. Dit was die oorlog tussen die hemel en aarde,nie n oorlog tussen godsdienste nie maar tussen lig en Duisternis, tussen die waarheid en die leuen. Jesus die verlosser van geregtigheid en redding..Hy moes bewys lewer van dit wat hy se, of was Hy maar net nog n philosoof wat uiteiendelik in die graf in die  nuut sal verdwyn, instede van die lewe gewer net nog die verkondiger van n nuwe geloof. Die opstandings dag het gekom, die bewys van Hom self.aan elke godsdiens en aan die wat in Hom glo.

Joh 10:17  Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem. 

Joh 10:18  Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang. 

Jesus het Sy wil uitgeoefen, Hy het die lewe besit dit afgele en opgestaan en daarmee die dood gevange geneem., Jesus Christus die seun van God die oorwinnaar , daar is niemand soos Hy nie Hy het uit hierdie oorlog gekom as oorwinnaar.

Rev 1:17  En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste.

Rev 1:18  en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

Niemand het dit ooit beleef nie, Hy was dood evoudig uniek in die hemel die Aarde en die hel, niemand het nog ooit die dood uit gedaag nie, Hy het die dood en hel gevange geneem en getriomfeer.  Toe Jesus uit die opstanding kom was daar n nuwe realityd  vir die mens die ewigelewe nnuwe hoop en verwagting. Daarna kom Hy met hierdie kragtige stelling.

Mat 28:18  En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. 

Wie in die heelal het al ooit so iets beleef, die Seun van God ons redder en verlosser, die oorwinnaar vir die mens en die wereld. Christenskap het gekom, na n hemelse oorwinning, christenskap is bonatuurlik, alles omtrent christenskap is bonatuurlik, God besit die mens, en die mens besit God.

Joh 17:3  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. 

Net soos Hy die heiligegees op die Apostels geblaas het net so blaas Hy sy oorwinning oor die kerk, en net soos wat God die lewe in die mens geblaas het, sit Jesus nou die ewigelewe in ons.

1Jn 2:25  En dit is die belofte wat Hy ons beloof het, naamlik die ewige lewe.  .

As ons Sy dood in die vlees sal beleef sal ons ook in ons geestelike liggaam Sy lewe beleef. Ek moet ook my aardse natuur laat sterf sodat ek ook Sy hemelse natuuren lewe kan besit en leef. Ons het nou ook Sy gees ontvang.

Petrus se die volgende;

Hy het die belofte van die heiligegees van die Vader ontvang wat Hy nou gestuur het wat julle sien en hoor. Jesus het die redder van die wereld en mens geword En is ons hoe priester vir ewig. God gee die gelowige n twee ledige opstanding, wanneer die sondaar Jesus aanneem as sy Saligmaker ervaar hy n geestelike opwekking van sy geestelike liggaam.n ontwaking van die siel en n nuwe geaartheid iwat die vlees weerspieel.

Eph 2:1  En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 

Eph 2:5  ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— 

Eph 2:6  en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

Ons sit geestelik waar hy is as christen moet jy jou sitplek in die hemel inneem, daarin woon. Dit bring ook Christus  in ons.

Col 1:27  to whom God was pleased to make known what is the riches of the glory of this mystery among the Gentiles, which is Christ in you, the hope of glory: 

2Pe 1:4  waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur,

Dit maak ons deelgenote en familie van die Godheid, en dit gee vir ons n Nuwe Vader, nuwe verlosser, nuwe leidsman, nuwe geneesheer, nuwe vertrooster, nuwe leermeester, n nuwe waarheid, n nuwe vrymaking, n nuwe hoop. Dit vestig in ons, n nuwe hart, nuwe verstand, nuwe genade, nuwe hoop, nuwe geloof, nuwe vrede, nuwe blydskap, n nuwe skepsel, nuwe uitkyk op die lewe, en n nuwe doel vir jou bestaan. Dit word weerspieel in n nuwe geaartheid, gesintheid en karakter, n nuwe liefde, nuwe sagmoedigheid, nuwe goedheid, nuwe blydskap en nuwe beginsels. Hierdie nuwe lewe bring n nuwe krag ,nuwe beskerming, nuwe boodskap,nuwe verantwoordlikheid, nuwe rus en n nuwe oorwinnings lewe.

2Co 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Die tweede is die opweking van die geestelike liggaam uit sy slaap.

1Th 4:14  Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. 

Wanneer Hy kom sal Hy die ontslaapendes wakker maak ,opwek uit die slaap proses waarin hulle nou verkeer, en die wat in die lewe oorbly tot met Sy koms sal niemand voor wees nie. Daar is geen opweking uit die graf nie , die ontslaapendes is alreeds op gewek en is by Christus en sal saam met Hom kom.

1Th 4:16  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

Uit die slaap proses waarin hulle verkeer.sodat die wat lewe en die wat gesterf het terselfde tyd Jesus sal aanskou en vir die eerstekeer die hemel sal sien, niemand is bewus van enige iets voor dit nie. 

1Th 4:17  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. 

1Co 15:51  Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, 

1Co 15:52  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. 

Luk 17:37  En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.

Die geestelike liggaam stap uit die  vleeslike liggaam en word  opgeneem die Here tegemoet, Die liggaam bly net daar le en word kos vir die aasvoels..

1Co 15:51  Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, 

1Co 15:52  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode (Wat Hy saam met Hom bring die ontslape heiliges) sal onverganklik opgewek word (wakker gemaak word); en ons l(wat lewe) sal verander word (die geestelike liggaam stap uit die vleeslike).

1Co 15:46  Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.

1Co 15:44  ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam.

Paulus gebruik n sinoniem die natuurlike liggaam is alreeds gesaai en die vrug wat hy voort bring is die huisvesting van die geestelike liggaam tot die dood van die vleeslike liggaam dan skei die geestelike liggaam van die vleeslike dop of huisvesting.en die silver draad breek wat die verbintenis is tussen die twee, wanneer die geestelike liggaam die vleeslike liggaam verlaat en op sy eie is.

1Co 15:47  Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.

Die geestelike liggaam lyk en fingsioneer. net soos die Here se liggaam na Sy opstanding .

1Co 15:48  Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.

1Co 15:49  En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.

Joh 1:4  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.  

Jesus Christus die redder die verlosser die oorwinnaar, die lig van die wereld, die weg die waarheid en die lewe.

Mat 28:20  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Soos altyd liefde in Christus,
Shorty van Vuuren M.S.  

Leave a comment