Christen Groei In God Bewussyn Deel 2

DIE CHRISTEN SE GROEI IN GOD  BEWUSSYN.

Wat is ‘n bewussyn? Om ten volle bewus te wees van jou omgewing en situasie waarin jy is om bewus te word van die onsigbare en n ander realityd. God se bewussyn of Goddelike bewussyn:  Dit is wat God binne in ons wil vestig. God se bewussyn is nie dit wat die siel ken nie, en ook nie dit wat jy glo of geloof in het nie, of wat jy hoop nie, maar dit wat deur die geestelike liggaam bevestig word in jou siel. DIT IS ‘N OORHEERSENDE, BEWUS WEES  N BEWUSSYN VAN GOD. God se bewussyn is wat jou siel binne in jou waarneem. God se teenwoordigheid word oorheersend in jou lewe en word bevestig en gevestig in die geestelike realm.Die werklike doel van Christenskap is om deur God, ‘n natuurlike, permanente bewussyn en bewustheid van God binne in jou as mens te skep. Die doel van die verkondiging van die Woord, is sodat die Liggaam van Christus, die volheid van die bewustelikheid van God binne-in hul siel kan besit. Geen ander geloof in die wêreld kan die bewustheid van God wat Christene besit, produseer nie. Dit maak en plaas die Godsdiens in Christenskap bokant enige ander geloof in die wêreld. Die realiteit van die bewustheid van God moet elke oomblik van die dag ‘n realiteit wees in elke kind van God se lewe, nie net as jy in die kerk is of ‘n heilige oomblik ervaar nie. Jy sal nooit die volle bewustheid van God ervaar as jy in die vleeslike en wêreldse bewustheid lewe nie.Elkeen wat in homself sterf, en gevul word met die Heilige Gees, sal groei in die bewustheid van God, totdat dit deel is van jou daaglikse bestaan. Jou eenheid met Christus in Hemelse plekke, laat jou van die vleeslike, natuurlike wêreld weg beweeg na die Geestelike realm.Dit is wat Jesus bedoel het toe hy gesê het ons moet een word in ons, siel en gees en liggaam.

Joh 17: 22   En EK het hulle die heerlikheid geggee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Die heerlikheid van God se bewussyn het op Moses verskyn en gemanifesteer in die vlees.

Eks 34:29   En toe Moses van die berg Sinai afdaal – die twee tafels van die  Getuienis was in die hand van Moses – toe hy van die berg afdaal het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink omdat hy met Hom gespreek het nie. 

Exo 34:30  En toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink! Daarom was hulle bevrees om naby hom te kom.Exo 34:33  Toe Moses klaar met hulle gespreek het, het hy ‘n sluier oor sy gesig getrek.

Exo 34:34  Maar as Moses voor die aangesig van die HERE kom om met Hom te spreek, neem hy die sluier weg, totdat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders van Israel meedeel wat hom beveel is,

Exo 34:35  sien die kinders van Israel die gesig van Moses, dat die vel van Moses se gesig blink; daarop trek Moses dan weer die sluier oor sy gesig, totdat hy ingaan om met Hom te spreek.

Paulus het die volgende gesê:

2Co 3:7  En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheidvan sy aangesig, wat tog moes vergaan,

2Co 3:8  hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?

Christenskap is nie n normale geloof nie, daar is niks normaal in Christenskap nie, dit is geestelik en bo-natuurlik in die gees siel en liggaam van die mens. Dit is gevestig in die bonatuurlike uitvloeisel en siel van die gekruisigde opgestane Christus en is deur hom gemanifisteer. God daal neer uit die Hemel in die liggaam en siel en gees van die Mens, om ons te omskep in Sy natuur en sy bewussyn te skenk, om ons te ontvorm om soos God te word in die skepping wat Hy begeer het.  Hy begeer dat ons Sy geaardheid, Sy natuur en Sy gesindheid moet aanneem. Dit is slegs God se natuur wat aanvaarbaar is in sy skepping en Koninkryk. Dit is die doel van Jesus, om die mens te vat, en n Christus van hom te maak. Sodat ons Sy natuur kan aanneem met dieselfde Goddelike bewussyn, om ons te salf met die Heiligegees Gees, met ons te praat en in ons te leef. Hy verander ons siel ons totale menswees, bloed en vlees om Christelik te maak, om ons ‘n kind van God te maak volkome in eenheid met Sy skeppings doel. Soos Hy is, is ons ook.

Daar het in Jesus se siel ‘n definitiewe bewussyn gegroei, van die bediening van die bonatuurlikheid van kragte, die genesing van alle siektes en dat Hy deur geloof in die graf kon ingaan en deur die Woord van God te aanvaar, het Hy hy die dood oorwin en uit  sy eie bewussyn uit die graf opgestaan.Ek kan my lewe afle en dit weer opneem. Hy  het die graf as Seun van die mens betree, Hy het die krag van die dood gevange geneem en die oorwinning oor die dood verkry! Tot vandag kon niemand die werking van die dood verklaar nie, of wat die dood is nie, die Christen mens deur die heiligegees het die oorwinning oor die dood deur Jesus verkry. Jesus het in die gees van Hemelse oorwinning gewandel en Hy het oorwin! Hy het oorwin, nie net in geloof nie, maar deur die kennis van God se bewussyn gese Dit is volbring! Dit is die Heerlikheid van God bewussyn wat Hy vir sy liggaam wil gee.

Die geheim van Christenskap is in die bewussyn van God, en die werklikheid wat dit skep in jou siel. Die vraag is  hoeveel Goddelike bewustheid het jy en het jy God  al ingelaat in jou liggaam. Wie heers in jou siel. Ons leef in n Christelike dimensie wat so ver benede is in dit wat Jesus besit het en dit wat Hy vir ons verkry het. Die bo-natuurlike, geestelike wonderwerkende dimensie is eintlik die mens in Christus se natuurlike dimensie. Ons is geskep deur ‘n wonderwerkende God. Die kind van God het van die vleeslike oor beweeg in die geestelike ons het geestelike wesens geword verbind aan n geestelike God in n geestelike realm. Sonde het die mens van die bo natuurlike die wonderwerkende, geestelike dimensie onttroon, maar deur wedergeboorte en ‘n nuwe skepping in Christus het ons dit weer teruggekry. Sonde onttroon die gees en bekroon die vlees. Deur wedergebore word jou gees weer in heerskappy geplaas. Sodra jy dit besef sal jy in die bonatuurlike, geestelike,  dimensie leef sonder enige twyfel of menslike pogings as jy dit kan verstaan dat jy in Christus Jesus n geestelike wese geword het.

Daar is niks meer normaal aan my nie ek het op beweeg in n geestelike realm en sit nou saam met Christus in n hemelse plek alles omtrent my is nou van bo en nie meer hier van onder nie. Ek het n hemelse burgerskap verkry en my aardse burgerskap verloor.Geloof is nie meer van toepassing nie, Geloof raak sekondêr wanneer daar in God se realm geleef word. Die geestelike realm raak normaal in jou verhouding met God. Wonderwerke is dan deel van die Christelike lewe. Ek het op gespiraal in n intiemer werklikheid en verhouding, ek het werklik my sitplek daarbo ingeneem en gaan sit, in Christus. Daar is nooit ‘n einde aan geestelike groei nie, dit is ‘n aanhoudende proses. elke ontdekking in my geestelike groei vat my dieper in die bewussyn ek smag altyd na meer. Ek soek en verlang na die volmaakte Christen volwassenheid wat God in ons wil vestig. Wanneer God deur Sy bewussyn Sy persona in my kom vestig en inwoon. God in my ,Christus in my, die Heiliggegees in my volkome in besit van die totalle Godheid. In aldrie my demensies gees siel en liggaam.

Die mens is gees, en sy geestelike natuur moet sy basiese natuur raak. Daar moet altyd ‘n deurlopende ontwikkeling wees in die geestelike natuur waar daar gemeenskap met God n dieper realiteit word. Dit is bo die gees, soos God bo die natuur is die heerlikheid van die lewe in God is die werklike bestaans lewe van die wedergebore siel of Christen. Die mens se siel is altyd bewus van bo-natuurlike magte wat hy nie altyd kan verstaan nie. Die geestelike mens smag na die vreugde en Vryheid en kreatiwiteit van die geestelike dimensie. Hierdie dimensie kan nie betree word in die vlees en sondige natuur nie. Eers wanneer die begeerte om die vlees te onttroon oorgaan in aksie eerder as om net die begeerte te koester, dan eers sal die gees oorwinning behaal oor die vleeslike begeertes. Die siel moet ontroon word van sy heerskappy oor die vlees en sy natuur sodat die geestelike liggaam beheer  kan neem van die siel, in hierdie oorlog word die siel ingeneem en verslaan deur my volharding in smeking trane en gebed in my soeke na die hoe’r geestelikheid en teen woordigheid van God . Die oorlog kom tot n eiende wanneer my geestelike liggaam die siel oorgeneem en onderwerp het. Ook wanneer die christen besef hy is nie meer ‘n natuurlike wese nie, maar geestelik, begin die bewus wording van die Heilige Gees in die mens, en hy begin groei in God se bewussyn. Die primere doel van die Heiligegees is om ons in teneem in die bewussyn van God. So lank as wat jy in die natuurlike menswees bly en leef, het die mens meestal net God se bewussyn wanneer hy met mede gelowiges aanbid, as hy daarvan weg gaan verloor Hy die bewussyn en die werklikheid van sy geestelike bestaan.

God is gees, die geestelik realiteit is ‘n werklikheid hoe meer “the mind of Christ” hoe meer God  bewussyn.tot ons kom tot die volle mind of Christ siel gees en liggaam. to the exstent of all the mind of Christ.jDie lewe van Christus was n permanente groei in God se bewussyn. Christenskap het ‘n veel groter bewussyn as enige ander geloof in die wêreld. Geen ander geloof of Openbaring kan vergelyk word met die inkom van die ware God in die liggaam van die Christen nie.

Hoe kom die bewussyn van God in die Christen siel.

Job 32:8  Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak. God blaas sy asem deur die Seun van God in jou lewe en natuur in sodat jy bo-natuurlik kan verander van die ou mens na die geestelike mens.

Gen 2:7  En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas.

2Co 6:16  soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal vir hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

Jesus gee dit wat Hy ontvang het.

Joh 20:22  En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.

Die bewussyn van God sy persoonlikheid kom in ons op die selfde manier word in jou geblaas  word in ge- asem en wanneer jou siel die bewussyn ondek en jou wedergebore gees die teenwoordigheid van God in jou liggaam gewaar gaan hy oor in aanbidding in die bewussyn en gedurende die oomblik is daar die eenheid van die mens met God. Dit is die oomblik van werklike Christenskap, geloof , kennis, of dit wat jy weet het dan geen betekenis nie. Die bewussyn van God is n pemanente teen woordigheid van God in die liggaam wanneer dit in besit geneem is. Ons is die tempel van God , soos wat die ou tempel bestaan het uit n voorhof, heilige plek en die allerheiligste net so bestaan sy tempel nou uit die vlees die voorhof, en die heilige plek is die siel, die allerheiligste is die geestelike liggaam waarin God woon besit van wil neem net soos in die ou tempel God se heerlikheid sy bewussyn die shekanja glorie agter die voorhangsel was in blywend in die allerheiligste  permanent in Sy tempel net so kom God nou na sy tempel die liggaam  om agter die vlees die voorhangsel deur Sy bestanddeel Sy persona deur Sy bewussyn permanent in ons te kom, inwoon.

Die oorlog tussen die vlees en die gees. Ek herhaal die vlees begeer teen die gees en die gees begeer teen die vlees. Dit is alles aan die een gegee wat oorwin. Die oorlog tussen die gees en vlees oor die siel sal altyd daar wees eers wanneer die Christen die wereld bewussyn verwerp en die gees verkies word die siel gedommineer om die gees te gehoorsaam en het die oorwinning die oorlog beeindig die geestelike liggaam wat die natuur en geaartheid en gesintheid van Christus besit het dominant geword in die liggaam. God se regte kerk is nie slegs in die naam nie, maar in die Krag en Mag van die gees en geloof. Die mens kan omskep word, ‘n gedaante verandering ondergaan tot die natuur en glorie van Christus met dit wat God wil he hy moet besit Sy bewussyn Sy bestand deel Sy inwoonende persona n werklikheid.

Die bewussyn van God in Jesus Christus.

Col 2:9  Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; 

Col 2:10  en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;

Joh 17:22  En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.

Joh 17:23  Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

Dus deur God bewussyn kom die volheid van die Godheid in ons liggaamlik die heerlikheid waarvan Jesus praat die heerlikheid wat Ek gehad dat U dit ook vir hulle gee. Paulus verduidelik die volwassenheid.

Eph 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;

Eph 4:13  till we all attain unto the unity of the faith, and of the knowledge of the Son of God, unto a fullgrown man, unto the measure of the stature of the fulness of Christ

2Co 4:10  Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.

2Co 4:11  Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.

Act 3:6  Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!

Wat het Petrus gehad wat hy kon gee die uitvloeisel van die lewende God wat hy besit het. Die groei van Christus in gees siel en liggaam.

Luk 1:80  En die kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees; en hy was in die woestyne tot op die dag van sy vertoning aan Israel.

En ook.

Luk 2:40  En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.

Jesus het gegroei in God se bewussyn en was permanent in daardie bewussyn, wat Hy nou ook vir ons gee deur die Heilige Gees. Dit is  die werklike Christenskap wat die vroeere disipels besit het, wat n gebrek is by die hedendagse se christen en wat in die se lewe kort kom.

Ek maak klaar.

Dit is die Heiligegees wat ons in wil bring in God se bewussyn. God se bewussyn permanent in die gees, siel en liggaam is die geskenk van God aan die mens. Dit plaas die Christen in die geestes dimensie in n hoe’r verhouding in n hoe’r geestelike lewe.God se bewussyn is die realiteit die werklikheid van God as persoon in jou lewe!

Ek maak klaar.

Dit is wat God in jou wil sit die werklike Christenskap. God in die mens en die sondelose mens in God. Die mens uiteiendelik bevry van hom self. Die heerlikheid wat Jesus vir ons verkry het die persona Van God in my liggaam. Die volheid in my vlees siel en gees ek is opgehef en sit saam met Christus in hemelse plek in die geestes realm. Die drie eenheid in my God die Vader Jesus Christus die Seun en God die heiligegees aldrie inwonende in my liggaam .

Mat 28:20  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.

Amen

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren. M.S

Leave a comment