Christus in die begin.
Isa 6:8 Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.
God se reddings plan vir die mens vra Hy wie sal ek stuur en wie sal vir ons gaan, toe antwoord Christus hier is ek stuur my hierdie is n parrelle verborgenheid. Christus getuig van Hom self.
Heb 10:7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om u wil te doen, o God.
Heb 10:9 het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel.
Christus nog nie Jesus nie.
Pro 8:22 Die HERE het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af.
Pro 8:23 Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af.
Pro 8:24 Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie;
Pro 8:25 voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore;
Pro 8:26 toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.
Pro 8:27 Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy ‘n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;
Pro 8:28 toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;
Pro 8:29 toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het—
Pro 8:30 toe was ek ‘n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd,
Pro 8:31 en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.
Christus as God se seun stuur My en die belofte.
Psa 2:7 Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.
Psa 2:8 Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.
Psa 2:9 U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot.
Psa 2:10 Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!
Psa 2:11 Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.
Die kant van Christus Jesus wat ons nie ken nie.
Psa 2:12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
Joh 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
Joh 1:2 Hy was in die begin by God.
Joh 1:3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
God se verlossing plan deur sy Seun.
Psa 9:6 (9:5) Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—
Joh 1:4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
Joh 1:5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
Joh 1:6 Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.
Joh 1:7 Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.
Joh 1:8 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.
Joh 1:9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.
Joh 1:10 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
Joh 1:11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
Joh 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Joh 1:13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.
Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
Christus is gebore uit die boesem van die Vader.
Joh 1:18 Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.
Heb 10:5 Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ‘n liggaam berei.
Heb 10:6 Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.
Heb 10:7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om u wil te doen, o God.
Heb 10:8 Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie—wat volgens die wet geoffer word—
Heb 10:9 het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel.
Die liggaam wat God vir Christus voorberei het is die liggaam wat genoem word Jesus Christus.
Heb 10:10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.
Ons is geheilig deur die wil van Christus om te kom stuur my. Die profesie van die die koms van Christus, die reddings plan van God vir die gevalle mens.
Isa 9:6 (9:5) Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—
Isa 9:7 (9:6) tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
Die koms van Jesus Christus.
Luk 1:26 En in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na ‘n stad in Galiléa met die naam van Násaret,
Luk 1:27 na ‘n maagd wat verloof was aan ‘n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria.
Luk 1:28 En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.
Luk 1:29 En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken.
Luk1;30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.
Luk 1:31 En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.
Die liggaam wat God voorberei het.
Luk 1:32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,
Christus sal op sy vader Dawid se troon sit. God is sy Vader en Dawid ook omdat Hy uit die geslag van Juda kom.
Luk 1:33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
Luk 1:34 Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?
Wat ek nou hier verklaar is my eie mening in openbaring.
Luk 1:35 En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.
God neem Christus en maak Hom weer n sperm net een sperm en bevrug Maria met Hom en Hy kry sy liggaam wat God Hom gee waarin Hy nou sou woon die word genoem Jesus. Binne in die liggaam Jesus is die geestelike liggaam Christus. Die siel die vleeslike liggaam Jesus en die geestelike liggaam Christus.
Heb 1:5 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My n Seun wees?
Heb 1:6 En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid.
Uit eiendelik is die mens Jesus en die enigegeborene van God Christus in n een indentiteit een persoon en sit nou saam aan die regterhand van GOD.
Luk 9:20 En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: Die Christus van God!
Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
Col 2:10 en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;
Luk 2:4 En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,
Luk 2:5 om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.
Luk 2:6 En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar;
Luk 2:7 en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
Luk 2:8 En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.
Luk 2:9 En meteens staan daar ‘n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.
Luk 2:10 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,
Luk 2:11 dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.
Luk 2:12 En dit is vir julle die teken: julle sal ‘n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.
Christus se koms om God se wil te doen dit waarvoor Hy gestuur is in God se redings plan.
Isa 61:1 Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart,om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;
Isa 61:2 om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos;
Mat 3:15 Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat.
Mat 3:16 En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.
Mat 3:17 En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.
Mat 9:35 En Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
Act 10:38 met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.
Christus is op die eiende van sy werk waarvoor Hy gestuur was om die mens tered en God te openbaar en Hy se die volgende.
Joh 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
Joh 17:4 Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.
Joh 17:5 En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.
Joh 17:6 Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar.
Joh 17:7 Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom.
Joh 17:8 Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.
Joh 17:9 Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.
Joh 17:10 En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik.
Joh 17:11 En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.
Joh 17:12 Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.
Joh 17:13 Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê.
Joh 17:14 Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.
Joh 17:15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.
Joh 17:16 Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.
Joh 17:17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
Joh 17:18 Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.
Joh 17:19 En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.
Joh 17:20 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo—
Joh 17:21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
Joh 17:22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
Joh 17:23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.
Joh 17:24 Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.
Joh 17:25 Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het.
Joh 17:26 En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.
Die eiende en Sy terug keer van waar Hy gekom het .
Joh 19:15 Maar hulle skreeu: Neem weg, neem weg, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Moet ek julle Koning kruisig? Die owerpriesters antwoord: Ons het geen koning behalwe die keiser nie.
Joh 19:16 Toe het hy Hom dan aan hulle oorgegee om gekruisig te word. En hulle het Jesus geneem en Hom weggelei.
Joh 19:17 En Hy het sy kruis gedra en uitgegaan na die sogenaamde Hoofskedelplek, in Hebreeus Gólgota,
Joh 19:18 waar hulle Hom gekruisig het en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, en Jesus in die middel.
Joh 19:28 Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was—sodat die Skrif vervul sou word—het Jesus gesê: Ek het dors!
Joh 19:29 En daar het ‘n kan vol asyn gestaan; en hulle het ‘n spons met asyn gevul en op ‘n hisopstingel gesit en aan sy mond gebring.
Joh 19:30 En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.
Die opstanding en Sy terug keer.
Joh 19:40 En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe.
Joh 19:41 En daar was op die plek waar Hy gekruisig is, ‘n tuin, en in die tuin ‘n nuwe graf waar nog nooit iemand in neergelê was nie.
Joh 19:42 Daar het hulle Jesus toe neergelê weens die voorbereiding van die Jode, omdat die graf naby was.
Joh 20:1 En op die eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was.
Joh 20:2 Sy hardloop toe en kom by Simon Petrus en by die ander dissipel vir wie Jesus liefgehad het, en sê vir hulle: Hulle het die Here uit die graf weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.
Joh 20:3 Toe gaan Petrus en die ander dissipel uit en kom by die graf.
Joh 20:4 En die twee het saam gehardloop, en die ander dissipel het vooruit gehardloop, vinniger as Petrus, en eerste by die graf gekom.
Joh 20:5 En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lê; maar hy het nie ingegaan nie.
Joh 20:6 Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lê;
Joh 20:7 en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke lê nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.
Joh 20:8 Daarop het ook die ander dissipel wat eerste by die graf gekom het, ingegaan, en hy het gesien en geglo.
Joh 20:9 Want hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Hy uit die dode moes opstaan nie. sy ween, buk sy na die graf toe
Joh 20:12 en sien twee engele daar sit met wit klere aan, een by die hoof en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelê het.
Joh 20:13 En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.
Joh 20:14 En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en sy het nie geweet dat dit Jesus was nie.
Joh 20:15 Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem.
Joh 20:16 Jesus sê vir haar: Maria! Sy draai haar om en sê vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester.
Joh 20:17 Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.
Mar 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
Mar 16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Mar 16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,
Mar 16:18 slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.
Mar 16:19 Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.
Mar 16:20 Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen.
Joh 20:31 maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam.
Act 10:40 Hom het God op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou verskyn
Act 10:41 nie aan die hele volk nie, maar aan getuies wat deur God vantevore verkies was, aan ons wat met Hom saam geëet en gedrink het nadat Hy uit die dode opgestaan het Sy wederkoms waarvoor ons wag en die vestiging van Sy koninkryk.
Mat 24:27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
Mat 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
Rev 8:2 En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en sewe basuine is aan hulle gegee.
Die oordele van God begin op die aard bewoners.
Rev 10:7 maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete.
Die oordele van God lei die begin in van die vestiging van Sy koninkryk op aarde dit gebeur in die sewe jaar van die verdrukking en op die laaste dag Sy wederkoms verskyn Christus.
Rev 14:14 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die wolk sit, met ‘n goue kroon op sy hoof en in sy hand ‘n skerp ekel.
Rev 14:15 En ‘n ander engel het uit die tempel gekom en met ‘n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.
Rev 14:16 En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai.
Rev 14:17 En ‘n ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook ‘n skerp sekel gehad;
Rev 14:18 en ‘n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uit die altaar uitgekom en met ‘n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword.
Rev 14:19 En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God.
Rev 14:20 En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver.
Rev 16:16 En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.
Die vestiging van Christus se Koninkryk wanneer Hy die nasies verslaan in die eiende dan vestig en rig God sy Koninkryk op.
Mar 12:36 Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete.
Dan 2:44 Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—
Sy wederkoms op die laaste dag met die sewende laaste basuin.
1Co 15:52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
Rev 11:15 En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.
Ons is mede erfgename van God se Koninkryk.
Mat 25:34 Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.
Die Heilige stad Jerusalem wat God vir ons voorberei het. Hierdie is die nuwe stad van die heiliges.
Rev 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.
Rev 21:3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.
Rev 21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
Heb 12:28 Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.
2Pe 1:11 Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.
Isa 6:8 Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.
Rev 21:7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.
Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren M.S.