Die ware oorgawe van die wil.
Heb 10:9 Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel.
Joh 17:4 Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.
Die ware oorgawe behels nie net die oorgawe van ons uiterlike lewe nie, maar van die mens se wil, en wanneer jy die oorgawe gedoen het is die oorgawe volkome. Die grootste teenstand in die mens wat ons ervaar is die oorgawe van ons wil aan God , tog forseer God n mens nooit om sy wil oor tegee en soebat Hy ook nooit nie. God sal geduldig wag totdat daardie persoon hom self gewillig aan Hom oorgee, en wanneer die geveg eenmaal gedoen is dit nooit weer nodig om dit te doen nie. Die besluit verander die Christen bewussyn en verhouding met Hom in Christenskap en die skrif ek leef nie meer nie, Christus leef in my word n werklikheid, anders bly dit net woorde. Alles begin met my oorgawe van my wil aan God. Die gevolg van my oorgawe en bevryding van my wil.
Mat 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
Mat 11:29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;
Dit is eers wannneer ons werklik ervaar het wat verlossing beteken, en ons die wil onvoorwaardelik oorgegee het dat ons die rus eervaar. Ongeag wat dit is wat n gevoel van onsekerheid veroorsaak in jou besluit om jou wil oor tegee, dit is in werklikheid n aanspraak van Jesus op jou wil, kom na My toe.
Joh 8:36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.
Die oorgawe van bevryding word gevind in die volle oorgawe van die wil. Ek leef nie meer nie, Christus leef in my. Die oorgawe tot ware aanbidding.
Mat 16:24 Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
Mat 16:25 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.
Hier gaan dit oor die oorgawe van myself aan Hom, met die rus wat ek ontvang in my diepste wese. AS jy my disipel wil wees moet jy die reg wat jy op jou self het aan My oorgee, jou eie lewe afle, en as jy dit eers eenkeer gedoen het, sal jou lewe niks anders wees as n weerspieeling van hierdie oorgawe nie, en jy sal nooit weer bekommerd hoef tevoel oor wat die toekoms vir jou inhou nie, Ongeag wat die omstandighede ook al mag wees, God het jou lewe geword. Jou vertroue is nou geanker in jou verhouding met God en Sy wil.
2Co 12:9 En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
2Co 12:10 Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
Php 4:19 En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
Die oorgawe tot die dood.
Joh 21:18 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en ‘n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie.
Ons moet leer wat dit beteken om vir die dood omgord te wees, waak teen een of ander oorgawe wat jy aan God maak in n ekstatiese oomblik van jou lewe, want jy sal dit waarskynlik weer terugtrek. Ware oorgawe is n saak van een word met Hom in Sy dood, totdat niks meer vir jou van belang sal wees wat nie die lewe van Christus weerspieel word nie, of wat vir Hom van belang is nie. En nou, na oorgawe wat dan, jou hele lewe behoort die getuienis te dra van jou gretigheid om ononderbroke in gemeenskap van God en Sy bewussyn die eenwoording met God te beleef. En indien die Seun van God in my vlees gebore is moet ek toelaat dat Sy eenvoud en eenheid met die Vader net so ook deur my vertoon word. Die ek bestaan nie meer nie, my roem le in Christus.
Joh 17:21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
Joh 17:22 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.
Joh 17:23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.
Die Christen wil volkome in die hande van God. In die ware oorgawe van die wil, in die oorgawe van bevryding, na die oorgawe van aanbidding, tot die oorgawe van die dood. Al vier stappe na n volkome Christen lewe.
Soos altyd liefde in Christus,
Shorty van Vuuren M.S.