Wag Op Die Here. Na Jou Gebed En Versoek

Psa 27:14  Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!

Rom 8:25  Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.

Mat 6:6  Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

Dit is makliker gese as gedoen, ons sukkel om te wag terwyl daar eiendelik niks is wat ons daaraan kan doen nie. As ons bid vir finansies , of siekte verlang  jy hulp of n vinnige antwoord, in my ondervinding  met God laat hy hom nooit aanjaag nie. Wanneer jy alles gedoen het staan, en wag op die Here. Baie keer het ons die antwoord nog voordat ons gevra het, is jy onseker oor wat jy wil doen , het jy jou onsekerheid na gegaan, hoekom is ek onseker.

Luk 14:28  Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? —

Luk 14:29  sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot

Luk 14:30  en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.

Luk 14:31  Of watter koning wat optrek om teen ‘n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat met twintig duisend teen hom kom nie?

Luk 14:32  Anders stuur hy ‘n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.

As jy dink jy het n antwoord van God en jy is steeds onseker moenie los dit, as dit van God afkom sal jy gemoeds rus h’e , sonder enige bekommernis in jou gemoed en jy sal rustig wees. Hoeveel materielle dinge vra jy van God, is dit al wat jy vra niks geestelik nie, Bid jy nooit open my oe’ Here, gee my insig , open my verstand sodat ek die dinge aangaande U kan verstaan, leer my deur U  woord. Somtyds vra ons en ons wag en wag en niks gebeur nie, word jy kwaad vir God omdat Hy nie antwoord nie, somtyds toets God ons hart om te sien wat is regtig binne in ons is, dit is dan wanneer ons n die  fout maak om te probeur om die probleem self op te los, op die ou eiende neem jy in elk geval die besluit wat jy wou gehad het, onthou vir Saul wat nie wou wag nie, moet nooit alleen voel nie leer van Dawid.

Psa 69:2  (69:3) Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my.

Psa 69:3  (69:4) Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God.

Op n ander plek se hy my trane het opgedroog.

Heb 10:32  Maar onthou die vorige dae waarin julle, toe julle verlig geword het, ‘n groot lydensworsteling deurstaan het,

Heb 10:36  Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.

Jas 1:3  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.

Jas 1:4  Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

Ek gebruik hierdie lydsaamheid , as lyding wanneer ek hierdie lyding deurstaan het in die beproewing en vas gehou het getoets is dan eers kom die antwoord.

Psa 139:23  Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;

Psa 26:2  Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart;

Moet nie na ander gaan met jou versoek nie, gaan jy alleen in jou binnekamer, en as jy nie een het nie kry vir jou een maak gebruik van n kamer in jou huis Jou bidkamer en dra jou versoek op aan God, en wees dan geduldig en wag.

Psa 71:12  o God, wees nie ver van my af nie; my God, maak tog gou om my te help.

Om te roep na God. U is my berg vesting my God op wie ek vertrou, omdat ek U lief het sal U my uit red. Here luister tog na my stem en my smeking verhoor my gebed, my redder en my God. Dit is wanneer jy geleer het om te laat los dat die uitkoms kom, wanneer jy geheel en al op gehou het om planne te maak die toets deur staan het en laat dan geen twyfel in jou hart toe nie,  en wag op Hom. Laat God toe, in Sy eie tyd om die versoek te voltooi. Die geheim is hoe gouer ek laat los hoe gouer kom die antwoord en my redding kom nooit op die manier wat ek verwag het nie.

Ek maak klaar.

Psa 27:14  Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!

Rom 8:25  Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.

Mat 6:6  Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

Wees geduldig vir die uitkoms

Soos altyd liefde in Christus’
Shorty van Vuuren M.S.

Leave a comment