Niemand Het My Bygestaan Nie

2Ti 4:16  In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie!

2Ti 4:17  Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die leeu verlos.

So baie keer word jy as kind van God teleur gestel deur jou mede gelowige, jy het verwagtinge dat hulle jou sal bystaan in jou probleem jou siekte of nood, en as dit nie gebeur nie dan is jy onsteld en dit voel vir jou jy is alleen, en dat dit nie is soos wat  hulle moes optree nie, jy is kwaad en somtyds voel jy verlate en verlaat jy hulle of nog erger jy verwys na hulle as sogenaamde christene wat dan so maak, andere kan dit nie hanteer nie en is kwaad vir die kerk en hou dan op om die Here te dien. Sommige wat jy geken het se ligie wat eers helder geskyn het is nou dof en ander is weg. Jy is terleur gestel en wou jou hoop op mense sit. Dit is n fout mense sal jou altyd terleurstel rig jou oe op die Here ongeag wat mense se of doen. En niemand het my bygestaan nie. Jy kan die hartseer in Paulus aan voel is daar nie eers een nie.

Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee. Die toets hierin is die Here wil sien op wie jy jou vertroue sit, in die mens of in Hom. Wanneer jy alleen is in jou omstandighede en jy om jou kyk en nie n uitkoms sien nie, dit is dan wanneer jy na die Here roep, soms met baie trane en gebed en jy smeek om hulp. Dan is jy op jou eie dit is net jy en jou geloof dat God jou sal uit red.

Dit is in hierdie omstandighede dat jy jou afhanklikheid van God herken, en jou verhouding met Hom uit jou swakheid versterk word. En as daar geen uit redding kom soos ek verlang nie, moet ek waak teen moedeloosheid en om jou eie planne te begin maak, al wat jy gaan reg kry is die toets weer oor skryf en die probleem gaan net langer aan bly, en jy gaan die toets weer oorskryf. Die oomblik as jy laat los kom die uitredding, die oomblik dat jy oorgee en jy ophou met jou eie planne. en jy God die kans gee en jy geduldig bly, want Hy laat Hom nie aanjaag nie dan eers kom die redding op Sy mannier en nie joune nie. Dit is wanneer jy swak is dat jy eiendelik sterk is om ook alleen daar deur te kan gaan. Paulus getuig daarvan wanneer hy se.

2Co 12:9  En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.

2Co 12:10  Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.

Ons word nie gevrywaar van probleme en sorge in ons lewens nie, en al het almal jou verlaat en niemand jou bystaan nie, sal jy nooit alleen wees nie.

Heb 13:5  ; want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

Niemand van ons word van probleme en toets gevrywaar nie.

Heb 12:8  Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.

Rom 5:3  En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,

Rom 5:4  en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;

Verdrukking versterk jou geloof.

Jas 1:3  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.

Beproefdheid in my toets wat my laat hoop waaraan ek vashou, wanneer ek net na God kyk vir n uitkoms en nie meer na mense nie.

Heb 10:36  Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.

Wanneer ek die toets dan deur staan het en die lydsaamheid, God se ingryping kan eervaar.

Heb 10:35  Werp dan julle vrymoedigheid, wat ‘n groot beloning het, nie weg nie.

Leer die les anders skryf jy dit weer oor, en moet nie murmereer nie.

Paulus getuig van sy lyding en lesse wat hy geleer het, hy het lankal sy oe van mense af gehaal en dit net op Christus gerig.

2Ti 3:11  vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antiochíë, in Ikónium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.

2Co 11:23  Is hulle dienaars van Christus? —ek praat in uitsinnigheid—ek nog meer: in arbeid oorvloediger, in slae bo die maat, in gevangenskappe baie meer, in doodsgevare dikwels.

2Co 11:24  Vyf maal het ek van die Jode ontvang veertig houe op een na.

2Co 11:25  Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, ‘n nag en ‘n dag het ek op die diepwater deurgebring—

2Co 11:26  dikwels op reis, in gevare van riviere, in gevare van rowers, in gevare van my volk, in gevare van die heidene, in gevare in die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op see, in gevare onder valse broeders;

2Co 11:27  in arbeid en moeite, in slapelose nagte dikwels, in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid.

2Co 11:28  Behalwe dit alles my daaglikse bekommernis, die sorg vir al die gemeentes.

2Co 11:29  Wie is swak en ek is nie swak nie? Aan wie word ‘n struikelblok in die weg gelê en ek is nie aan die brand nie?

2Co 11:30  As daar geroem moet word, sal ek in my swakhede roem.

2Co 11:31  Die God en Vader van onse Here Jesus Christus, geseënd tot in ewigheid, weet dat ek nie lieg nie.

2Co 11:32  In Damaskus het die goewerneur van koning Arétas die stad van die Damaskéners laat bewaak om my te vang;

2Co 11:33  en ek is in ‘n mandjie deur ‘n venster in die muur neergelaat en het aan sy hande ontkom.

2Co 12:9  En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.

2Ti 4:16  In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie! En die Here het my uit almal verlos.

Heb 13:6  Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie;

Al kom daar swaarkry,n gebroke hart, of probleme, droefheid en eensaamheid, ek sal nie vrees nie want die here is altyd voor my en aan my regter hand. As jy dan alles gedoen het staan en laat los en laat Sy wil geskied.

Soos altyd liefde in Christus.
Shorty van Vuuren. M.S.

Leave a comment