Al die onreinheid biterheid en hardheid moet uit jou lewe verwyder word.
Rom 8:1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Rom 8:11 En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
God deel hier met ons vleeslike liggaam en deur die Heiligegees wil Hy ons natuurlike liggaam lewend maak. Wat dit beteken is ook dat die vleeslike liggaam in n gesonde toestand behoort te wees. Dit bring ons by die wet van die vlees en die wet van die gees.
Rom 8:4 sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Die wet vervul in ons wanneer ek nie meer in die vlees lewe nie, wat n gesonde liggaam voort bring.
En ook.
Rom 8:13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
Rom 8:14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
Rom 8:15 Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!
Rom 8:17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.
Die vernaamste lewe van die gelowige christen, behoort die begeerte tewees om op tegroei na volwassenskap, en nie meer n kind tebly nie. En deur hierdie posisie van volwassenheid as seuns, is ons nie net seuns nie maar ook erfgename, nie net erfgename nie maar ook mede erfgename van Christus. Dit maak al die beloftes aan jou n werklikheid deur die Heiligegees wat ons ontvang het, en as die gees van Hom wat Jesus uit die dood opgewek het in jou woon, sal die selfde gees jou vleeslike liggaam lewend maak , dit bring ons by die werklikheid van die beloftes n vrymaking van my vleeslike liggaam. En dat my seuns skap in die gees my opbou in die geloof om die beloftesaan teneem en te glo in Jesus Christus.
Joh 17:1 Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik—
Joh 17:2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.
Joh 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
Om God ons Vader te mag ken in ons verhouding kom deur Jesus Christus. Die gees wat in ons is oorheers enige iets anders en bring ons by die geloof van geregtigheid dat wat ons ookal sal vra ons dit sal ontvang. Die oomblik as ek Christus in my ontvang het maak dit my n mede erfgenaam van die hemel. En word ons van gedaante verander na die selfde gestalte van Jesus Christus en groei ons van geloof tot geloof. Deur geregtigheid in my siel gees en liggaam behoort ons die vertroue en geloof te besit dat wat ons God ookal vra ons dit sal verkry.
Joh 17:8 Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.
Joh 17:9 Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.
Joh 17:10 En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik.
Joh 17:11 En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.
Rom 8:17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.
Want die woorde wat u my gegee het, het Ek vir hulle gegee. Ons besit al reeds deur die woorde die heerlikheid en word verander.
2Co 3:18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is
Hoe meer ons in die spieel die beeld van Jesus sien hoe meer word ons verander van geloof tot geloof.
Rom 8:19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders( Seuns) van God.
Elkeen van ons wat uit God gebore is, behoort te verlang na die manifistasie van Seunskap. Paulus stel dit so.
Rom 8:22 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.
Rom 8:23 En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.
Wanneer my geestelike liggaam my vleeslike liggaam oorheers en ek nie meer deel voel van my vleeslike liggaam nie. Ek verlang en begeer die vrymaaking tot volle Seunskap om die volle krag van die opstanding te besit, die Heiligegees bring ons op die plek binne ons wil waar in Hy met ons kan werk.
Rom 8:20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het
Rom 8:21 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders Seuns van God. die woord kinders wat hier gebruik word is verkeerd.
Rom 8:14 For as many as are led by the Spirit of God, these are sons of God.
Rom 8:19 For the earnest expectation of the creation waiteth for the revealing of the sons of God.
Daar is n groter krag in ons aan die werk as wat in die vlees is, wat die vlees onderwerp.
Rom 8:23 En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.
Rom 8:23 And not only so, but ourselves also, who have the first-fruits of the Spirit, even we ourselves groan within ourselves, waiting for our adoption, to wit, the redemption of our body.
Die Heiligegees gee jou die verwagting en geduld om aan tehou en bring die aanmoediging in die siel. Ongeag wat teen jou kom jy is meer as n oorwinnaar ons gaan uit om te oorwin. In die seuns skap is daar gedurig met elke groei proses n aanval van die vyand om jou groei proses te bemoeilik. Die Heiligegees bring ons in die rus en help ons wanneer jy vermoeid is.
Rom 8:26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met on uitspreeklike sugtinge.
Die Heiligegees kom ons swakhede tegemoed en help jou dat jy nie opgee nie. Dit is waarom die doping in die heiligegees so belangrik is om deur tale vir jou in tetree. Wanneer jy tevrede met jou geestelike groei geword het is jy op n gevaarlike plek.
Mat 5:6 Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
Die hoogste doel wat God is om jou te ontvorm as gelowige in die gestalte van sy Seun. Dit is om die rede dat Hy ons vul met die Heiligegees sodat Hy ons kan vorm na die beeld van Sy Seun. Elke gelowige is geroep vir volwassenheid en seunskap maar nie as n manseun nie die is uitverkies en geroep.
Eph 4:13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
Die manseun saad het Hy vantevore geken het Hy geroep geregverdig en verheerlik.
Rom 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;
Rom 8:30 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.
Rom 8:31 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
Daar is drie soorte gelowiges die Wat kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God wat werklik die begeerte het om tekom tot die volle grootte van Christus en Op tegroei in Sy geaartheid , natuur en gesintheid. Dan is daar die wat tevrede is met hulle huidige kerk Christenskap. Dan is daar die wat in Christus glo en nie noodwendig n toegeweide verhouding het nie tog glo en vertrou die gelowiges God en sal in omstandighede altyd na die Here gaan vir hulp en baie keer dit ontvang, gewoonlik met baie dankbaarheid en getuienis lewer daarvan hulle is ook gewoonlik sorgsaam vir die medemens. Die ding is, waar staan jy op hierdie waarhede van God?
Paulus se die volgende van Homself.
Gal 1:15 Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het,
Gal 1:16 om sy Seun in my te openbaar, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,
Dit is werklike Christenskap Sy natuur geartheid en gesintheid. Dit was die doel van God en was in Sy hart toe hy ons uit verkies het. Daar is die wat glo en die wat nie glo nie. Jy sien dit is n misterie en God het dit besluit voor die grond legging van die wereld. En as jy wil en toegee sit Hy n lewende geloof in jou en bedeel Hy jou met Krag ver bokant jou vermoe, en ontdek jy God bewussyn. Jy ondek en ontvorm so in jou siel dat Jesus se gedagtes ook begin om jou eie te word. Sy beginsels begin ook jou eie word. Dit is God se roeping vir jou volwassenheidin Sy seun se geaartheid natuur en gesintheid. God sal jou oor en oor optel en jou oor en oor vertroos en versterk.
Rom 8:30 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.
Rom 8:31 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
Rom 8:32 Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?
Menselike wysheid moet verdwyn, met die hart glo ons tot geregtigheid. Moet nooit toelaat dat die vyand jou n geestelike kreupel maak en jou bind nie, glo God se woord, daar is n wonderlike plek vir jou in die Heiligegees. Ons het die onvergangklike saad ontvang Christus se natuur geaartheid en gesintheid ons is die koring. Enige iets anders is die onkruit wat wil opkom in jou lewe laat dit nie toe om tegroei nie.
Rom 8:15 Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep:Abba, Vader!
Rom 8:17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.
Die vernaamste lewe van die gelowige behoort die begeerte tewees om op tegroei na volwassenskap, en nie meer n kind tebly nie. En deur hierdie posisie is ons nie net seuns nie maar ook erfgename, nie net erfgename nie maar ook mede erfgename van Christus. Dit maak al die beloftes aan jou n werklikheid deur die Heiligegees wat ons ontvang het, en as die gees van Hom wat Jesus uit die dood opgewek het in jou woon, sal die selfde gees jou vleeslike liggaam lewend maak , dit bring ons by die werklikheid van die beloftes n vrymaking van my vleeslike liggaam. En dat my seuns skap in die gees my opbou in die geloof om die beloftes te glo in Jesus Christus. Strewe dan van kindskap na seunskap.
Soos altyd liefde in Christus
Shorty van Vuuren M.S.