Mar 12:29 En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is ‘n enige Here;
Mar 12:29 Jesus answered, the first is, Hear, O Israel The Lord our God, The Lord is one.;
Joh 14:8 Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.
Joh 14:9 Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?
Ons insig en kennis van Christus is nie so lewendig en werklik as wat dit behoort te wees nie. God se manier om Hom self aan jou te openbaar is deur, en in die manifistasie van Homself in Christus. Die persoon wat die karakter geaartheid en natuur van God wil ken, behoort net na die Here Jesus se geaartheid natuur en gesintheid te let, na Sy woorde te luister, en Sy gees in te neem.
Joh 14:7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.
Joh 14:10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
Reg of verkeerd ek dink die kerk het nog nooit Jesus Christus in die eenheid met God heeltemal begryp nie. Maar dit ingeneem en aanvaar, soos deur die ortodokse kerk aan ons gebring, God is drie persoonlikhede, God, Jesus Christus, en die Heiligegees. Die waarheid van die kerk hierin is aanvaarbaar en ook in n sekere sin waar, maar dit is ver weg van die werklike konsep en die werklike Openbaring van die Christus deur God in die woord. Hoe meer ek dit begin begryp het soos deur die heiligegees aan my gebring, het die besef dat die Godheid in eenheid nog nie deur ons werklik begryp word nie. Jesus Christus was baie meer as net n man, Hy was die Christus van God die Ewige gees.(The eternal spirit). Ons is na die gelykenis van God geskape.
Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis,
Gen 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
Mense na ons beeld en gelykenis dit maak dat ons presies soos God lyk, die mens se hele liggaam is presies na Sy beeld geskape.
Die mens bestaan uit drie komponente eiendlik vier. Ons bestaan uit vlees, siel en het n geestelike liggaam, maar elke mens besit ook n persona, n persoonlikheid wat van mekaar verskil in die selfde konteks. Dus is God in wese ook die selfde, God het n liggaam, siel, gees maar besit ook n persona. Die verskil tussen Christus en God bring ons by die kerk siening dat daar drie God persoonlikhede is, terwyl die gebod se God is een en dit maak dat dit vir die mens moeilik is om teverstaan. God het homself na die mens gebring deur die inwooning in Jesus Christus deur Hom self te openbaar deur Sy natuur geaartheid en gesintheid. God is een soos wat die mens een is.
Joh 1:18 Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.
Ek gaan van my eie ondervindings deel sodat die verduideliking meer verstaanbaar gemaak kan word.
Daar is n aksie wat in my plaasvind deur die Heiligegees wanneer ek slaap. Ek het geen beheer daaroor nie, tog is ek tenvolle bewus van dit wat aan die gebeur is. Wanneer die Heiligegees my geestelike liggaam gebruik om sy doel te bereik en my geestelike liggaam uit my vleeslike liggaam beweeg, is ek ten volle bewus van waarheen die Heiligegees my laat gaan om tepreek of iemand tegenees of tot bekering tebring. My geestelike liggaams bewussyn weet en sien elke persoon en is heeltemal bewus van dit wat om Hom gebeur, en die interaksie tussen my self en wat ookal besig is om plaas tevind. Ek is bewus van om deur die lig tebeweeg en bome paaie geboue ens waarteneem totdat ek kom waar die Heiligegees Sy doel deur my wil bereik.
Soos nou onlangs is ek uit geneem na n klomp jong mense wat na een geluister het wat hulle wou oortuig daar is nie n God nie, hy het openlik erken dat hy n eteis is. Ek het hom gewaarsku dat hy tot die waarheid en insig moet kom oor die werklikheid van God. As hy dit nie doen nie en hy sterf gaan Hy doderyk toe en sal daar dan die werklikheid besef. Ek het hard probeur om hom tot bekering en die werklikheid van God tebring. Van die ander wat daar gestaan het wel na my geluister, hy het egter volhard in Sy ongeloof. Christus wou Hom red maar hy wou nie. Ek is weer terug gebring deur die Heiligegees en het uit my slaap wakker geword, elke detail daarvan is saam met my terug gebring.
Nou wat het hy waargeneem. Hy het my duidelik gesien as n werklike persoon, en as hy my nou sou sien sal daar by hom geen onderskeid wees nie. Die geestelike liggaam is presies soos die vleeslike, daar is so baie wat ek van kan getuig maar dit sal tyd in beslag neem.
Ek was al oorsee geneem na verskillende plekke in ons land altyd met die een doel om met n persoon kontak temaak en Christus teverkondig. Ek was ook nou onlangs geneem na n indier material winkel in Durban. Ek het ingestap en daar was n vrou en haar seun besig in die winkel. Ek het met haar begin praat oor Christus en die evangelie aan haar uit gele. Ek gaan dit kort hou, sy het gevra hoe sy die Here Jesus kan aanneem en was ook terselfde tyd bang. Ons het na n stoor kamer gegaan waar sy en haar seun Jesus aan geneem en tot bekering gekom. Ek is terug gebring en in my bed was ek bewus van alles wat gebeur het ek weet meer of min waar die winkel gelee is.
Een nag was ek na n perde plaas in Amerika geneem, dit was n baie mooi plek. Ek het om die huis gestap, agter was n dogtertjie besig met haar perde. Ek het nader gegaan, gevra of dit haar perd was. Sy het gese ja maar ook dat hy blind was in sy een oog. Ek het my hand op die oog gele en die oog is onmiddelik genees. Haar pa het opgedaag en was onsteld om n vreemdeling by sy dogter te kry, sy het hom onmiddelik gerus gestel en vir hom gese wat met haar perd gebeur het, dat sy oog genees is. Ek hou dit kort, hy was verstom en wou weet hoe ek dit gedoen het. Ek het Jesus aan hom verkondig en hy het net daar neergekniel en die Here aangeneem. Hy wou my wegbring maar ek het geweier, daarna het ek geloop en my geeestelike liggaam is terug gebring ek was bewus van my beweging deur die lug tot by my bed.
Daar was baie ander gebeure ook. Nou kom ons keer terug na die een God.
Joh 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
Joh 1:2 Hy was in die begin by God.
Joh 1:3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Joh 1:4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
Die persson wat vandag in Christus kom, wie se hart en siel Gods bewussyn bekom het, dit wat God wil he ons moet verkry, het deur daardie bewussyn n bediening ontvang van lewe, nie n bediening van woorde nie, maar n werklike bediening van lewe, In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
Ons bediening is n bediening van lewe.
Joh 1:5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
Die mens gemaak na die beeld van God, elke funksie van gees, en siel wat ons waarneem in ons is n replieka van die funksies van God. In ons raamwerk verstaan ons God het nie n liggaam nie Hy is gees, tog is daar n hemelse materie waarlangs Jesus kan sit, en n aardse teenwoordigheid van Gees, Hy ook in Hom self besit n hemelse materie. Ons kan dit nie ontleed as materie wat ons verstaan in die wereld nie, tog deur die heiligegees en God bewussyn verstaan ons dat selfs engele of God Homself het n vorm van n hemelse materie. Die vorm of bestand deel waarvan engele gemaak is volgens wat ek kan waarneem uit die woord is lig,vuur en gees gevestig in n hemelse materie wat homself verskynbaar of on verskynbaar kan manifisteer.
Hoe ookal die woord bevestig dat Christus in die begin by die Vader was en dat deur Hom alle dinge onstaan het, en dat sonder Hom nie eending onstaan het wat onstaan het nie. Hy was die geestelike beeld materie in God van God, die selfde as wat ons die eie geestelike beeld in ons self het.wat die lewe in ons self dra en waarsonder ons niks kan doen nie. Dit is my insig in Christus dat God op verskilende tye volgens die woord verskyn het aan die mens en dat hy wat verskyn het, die Christus was die geestelike indentiteit van God wat uit Hom uit gegaan het en aan almal verskyn het op verskillende tye, net soos wat my geestelike indentiteit soms my liggaam verlaat en n funksie verrig. Die skrif is vol van gebeurtenisse waar hy verskyn het.
Gen 18:1 Daarna het die HERE aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.
Gen 18:17 Daarop sê die HERE: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen,
Gideon
Jdg 6:12 En die Engel van die HERE het aan hom verskyn en vir hom gesê: Die HERE is met jou, dapper held!
Jdg 6:14 Toe draai die HERE na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie?
Die Christus sigbaar in n liggaam .
Jdg 6:22 Toe Gídeon bemerk dat dit die Engel van die HERE was, sê Gídeon: Ag, Here HERE! want ek het die Engel van die HERE gesien van aangesig tot aangesig!
Jdg 13:17 Daarop vra Manóag die Engel van die HERE: Wat is u naam, dat ons U kan vereer as u woord uitkom?
Jdg 13:18 En die Engel van die HERE sê vir hom: Waarom vra jy dan na my naam terwyl hy wonderbaar is?
En baie ander. Ons lees baie van die Engel van die Here nie n engel nie Maar die Engel van die Here. Die geestelike indentiteit van God die geestelike teenwoordigheid van God die Engel van die Here. Die Engel van die Here die sigbare indentiteit van die geestelike van God nou sigbaar gemaak aan die persoon. Die Engel van God Christus wat uit die boesem van die vader kom,Hy wat van die begin daar was is deur God gestuur vir die redding verlossing en versoening van die mens.
Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
En die Christus wat uit God kom, het Homself aan die mensdom geopenbaar, Hy was die geestelike indentiteit van God, wat Homself gegee het.
Joh 1:18 Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.
Daarom kon HY ook God aan ons openbaar as die vader. Daar was nou n kombenasie van die geestelike indentiteit van God in Christus en die mens Jesus wat gebore so word. Om hierdie wat deur die Heiligegees gebring is te begryp is verstommend dit wys die grootheid en beplanning van God.
2Co 5:18 En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,
2Co 5:19 naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.
Hierdie kombenasie van die twee; Christus en die mens kon alles herstel en nou verenig in een liggaam’ was God se doel.
Heb 9:14 hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het,
Eph 1:9 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,
Eph 1:10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig—
Die Christus, die liggaam Jesus word verenig in een Christus. Hy kan dus nou oor die aardse mens as koning regeer deur die liggaam Jesus, en ook oor die engele as die ewige gees Christus albei onder een hoof of persoon nou verenig.
Heb 2:17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.
Rom 11:33 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!
Rom 11:34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?
Rom 11:36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Maar nou wat van die Heiligegees.as n indentiteit weg van Christus af. Daar is n al om teenwoordigheid van God se gees, ons voel dit altyd aan en is bewus van Sy werking in en buite ons. Ons is bewus daarvan wanneer die Heiligegees, van jou persoon na n ander beweeg, nie in die vorm van n indentiteit wat ons bewussyn dra nie. Maar slegs die bewus wees van die uit vloei van n bestandeel van binne na buite. God is dus deur Sy gees sy persona ( Sy persoonlikheid wat Hy dra universieel orals op aarde. Net soos jou persoonlikheid van jou uitgaan, en deur almal bewus van word.
Act 17:28 want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
Elke werking en skeping van die mensllike liggaam, weerspieel God. Ons is in alle opsigte na sy beeld en gelykenis geskep, want ons is ook Sy geslag ons kom uit hom uit. So God die Vader, God die Seun, en God die Heiligegees is een en die selfde wese. God is een, en nie drie individiele persone soos ons verstaan het nie. Net soos wat ek bestaan uit siel, gees, en liggaam besit ek ook n persona n persoonlikheid wat van my uitgaan en deur ander waar geneem word alhoewel ek een persoonlikheid of persoon is. Die Heiligegees is die persona van God wat uit Hom uitgaan wat sy geaargheid karakter en natuur weerspieel, net soos wat elke mens se persona sy geaartheid natuur en gesintheid weerspieel.
Ons word bewus van alles om ons deur ons sintuie wat ons in harmonie daarin bring,s onder dat ons besef dat die geestelike liggaam in ons die God mens die, onverganklike mens, het n liggaam, en ook n bewusyn met geestelike sintuie, presies die selfde as wat die vleeslike natuurlke mens besit. Die menslike siel is die bewussyn, die ego om dit wat ookal in die natuurlike gebeur, of in die geestelike na ons tebring en word dan daar deur, deur ons verstaan en aangeneem. Die grootste ondekking van die mens is wanneer hy ondek dat hy verbind is aan God, dat hy deel is van God, dat jy uit God kom. Hoe wonderlik sal dit wees as ons geestelike natuur op die selfde manier kan ontwikkel as die natuurlike,sodat die geestelike dan net so maklik deur ons ontvang, en verstaan kan word
Christus is dus die geestelike beeld of liggaam van God wat uit hom kom en in n gestalte van God self aan die mens verskyn het. God het self gekom om die mens tered en teversoen.
Eph 1:9 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,
EN het die gestalte van n mens aangeneem om die mens en ook die hemel se wesens in een persoon te verenig as mens vir die Aard bewoners en n hemelse indentiteit vir die hemelse wesens, alles in Christus Jesus.
Joh 14:9 Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?
Joh 1:18 Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar
1Co 15:28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Rom 11:33 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!
Rom 11:34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?
Rom 11:36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Want uit Hom is alle dinge.
Soos altyd liefde jn Christus
Shorty van Vuuren M.S.